#BID VIR KAMBODJA

Onlangs het ‘n FEBC Kambodja-span na ‘n dorp in die Kampot-provinsie van Kambodja gegaan om met luisteraars te gesels oor een van hul programme, ‘Comfort at Night‘. Daar was meer as 70 luisteraars teenwoordig en almal was opgewonde om die span te ontmoet. Twee mense genaamd Neak en Sedh, het vertel hoe die programme hulle gehelp het om in hul geloof te groei.