Vir meer as 215 miljoen Christene regoor die wêreld, is vervolging ʼn daaglikse realiteit – hulle verduur intimidasie, gevangenskap en selfs die dood vir hulle geloof. Geopende Deure werk al vir die afgelope 62 jaar in meer as 60 lande om Christene wat vir hulle geloof in Jesus vervolg word, te ondersteun – selfs in van die gevaarlikste plekke ter wêreld.
In 2016 het Geopende Deure 2,5 miljoen* Bybels en Christelike literatuur wêreldwyd versprei, 1 miljoen** mense opgelei, en praktiese en sosio-ekonomiese hulp verleen aan 877 000* vervolgde Christene regoor die wêreld. Die vervolgde Kerk is aktief en groei voortdurend.
*Alle getalle is afgerond.
**455,600 was Christene. ʼn Verdere 597,000 kan bygetel word vir die aantal soekers en Moslems wat saam met vervolgde Christene aangesluit het by aanlynopleidings-/ uitreikprogramme.

Geopende Deure is ʼn Christenbediening wat geestelike en praktiese hulp verleen aan vervolgde Christene in meer as 60 lande wêreldwyd.

Vir meer inligting of om ʼn onderhoud te reël, e-pos media@opendoors.org.za of skakel 011 888 9341.