Eros gemeente het die nood van boere raakgesien en lidmate aangemoedig om bydraes spesifiek daarvoor te maak. Volgens dr Fourie van den Berg het hulle met die gemeente se jaarlikse Oesfees gevra dat mense ook spesifiek vir die droogte hulp sal skenkings maak. Die onderstaande beriggie was die resultaat daarvan.

Henriette le Grange van Boere Droogtehulpfonds laat weet ons per whatsapp:
Vertrou dit gaan goed
Wil net vir jou ook laat weet dat Fourie v d Berg hulle vir ons 26,000 inbetaal het en ons met dit 163 sakke voer kan koop wat na boere rondom Windhoek sal gaan
Vriendelike Groete
Henriëtte
Op die fotos sien mens hoe die diere ook in die kommunale gebiede ly – die fotos kom van Charlie Uatavi Hianja af en is by Etanga geneem.
Miskien kan ons iets doen om die nasionale kudde te help red! Ons plaas die besonderhede hierbo by.