Dit voel of sinkretisme besig is om die oorhand te kry in Tsumkwe. N!aici vertel van ‘n kind wat op Aasvoëlnes oorlede is, kort nadat hy sy suster se baba begrawe het. Volgende wat hy hoor, is dat hy die kind getoor het om te sterf. Op die ou end laat kom hy die polisie om te verduidelik waaraan die kind oorlede is. Ds Gerrie het weer mense tereggewys ivm die grawe van duiwelsklou en kort nadat hy weg is, loop twee leeus verby hulle kamp. Toe is dit Gerrie wat die leeus gestuur het. http://Die Boesman nedersettinkie dink toe dis die dominee wat die leeus gestuur het; Bid saam vir die vervolgde kerk