Header

Jaargang 16 - Uitgawe 22/2019 - Woensdag 3 Julie 2019

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Op die radio...

• Familie-nuus

• Voorbidding

• Vakatures

• Giggel

Nuusbrokkies

Die tragedie van Kwa Sizabantoe

• Koos Greeff - koosgreeff@gmail.com 

Ek was een van hulle wat vir lank op Kwa Sizabantoe gewerk het. Om presies te wees vanaf 1977 tot 1994. Aanvanklik met my hele hart en siel maar teen later jare het ek begin besef ietsie is verkeerd hier. So is ons voort in skynbare vrede en het ons ‘n nuwe lewe kom ooptrap teen die Olifantsrivier. Selfs baie in Namibië gekom en oral oor gepreek – selfs op die draadloos.

Kort voor die wentel van die eeu het ek besef dinge loop skeef op die eens sieraad van die Evangelies-gesindes. So begin ek bronne bymekaar maak en handig ek ‘n navorsing-tesis in oor Kwa Sizabantoe. My bevinding destyds was dat daar ‘n oorbeklemtoning van sekere skrifgedeeltes was ten koste van die onderbeklemtoon van ander waarhede. Die gevolg was ‘n skeeftrekking van die Evangelie. Ons word mos opgeroep om die volle Evangelie te verkondig! As mens verder sou wou gaan kon jy net eenvoudig kyk na die sogenaamde 5 “Solas” van die kerk. Daardie waarhede wat ons vasklou wat soos bakens ons op koers hou. Hier het KSB totaal begin skeeftrek want vir die “Solas” van genade en die kruis alleen was daar nie meer plek nie.

Baie predikante en ander vriende het probeer waarsku maar ongelukkig tree KSB toe terug in ‘n “laer-trek” mentaliteit. In plaas daarvan om in eerlike gesprekke te tree en grondige selfondersoek te doen, beveg die leierskap alle broederlike teregwysings hand en tand. So was dit tot laasjaar.

Meteens begin Dr Peet Botha voorheen registrateur van die kollege op KSB skrywe. Aanvanklik pleitend en met “versigtige” stappe. Weereens gaan die leierskap van KSB in die “laer-mentaliteit”. Soos te wagte, ontstaan daar toe ook binne-gevegte en verval die hele werk in spanning en skeuring.

Een van die groot probleme is natuurlik rondom die leierskap van mnr Erlo Stegen. Enige mens met bietjie onderskeiding kon sien hoe hy verstandelik agteruitgaan. Die eens vurige prediker wat sommer so uit die vuis gemaklik kon praat staan nou star en lees vanaf ‘n dokument. Ongelukkig is hy onsamehangend en dikwels herhaal hy sinne. Soveel so dat andere al moes ingryp tydens die erediens want mnr Erlo Stegen kom nie tot by die einde van die voorbereide dokument nie. Dit is so ‘n tragedie en laat dink mens aan die ou sprokie van die koning wat almal om hom oortuig het van die lof van sy pragtige kleed – intussen was hy kaal. Slegs die hofnar het die moed gehad om hom op sy naaktheid te wys. Miskien is ek ‘n nar – dit kan uself oordeel.

Die hartseer van die saak is dat ‘n sekere Lidia Dube wat beweer sy het eenmaal gesterf en Jesus gesien in die hemel, op die pas afgelope Hemelvaartdag, ‘n skreiende toespraak gelewer het in die pragtige kerkgebou van KSB. Vir ure aaneen besing sy haar eie lof en doen daarna ‘n skokkende aanval op onder andere menere Friedel en Arno Stegen. Laas Vrydag kon die twee eerbare manne nie meer die druk hanteer nie en bedank hulle beide uit leierskapposisies van KSB. So dryf die bootjie nou roederloos verder.

Intussen word daar in-diepte ondersoeke gedoen na die finansies en bestuur van KSB en skokkende bewyse kom na vore. Miljoene rande se fondse wat net “verdwyn” het, moontlike geldwassery en reuse kontant bedrae wat in sakke heen en weer gevlieg word om aan agente van die “Hollandse koningin” af te lewer. Aan die een kant is dit lagwekkend maar dan kyk mens na die erge hartseer en diepe ontnugtering van baie lidmate en mede-werkers van KSB. In hope verlaat hulle nou die sinkende skip. KSB het verval tot ‘n toksiese kultus.

Mag die Here ons almal genadig wees en mag ons waak en bid en let op ons leer en lewe.

U kan gerus meer lees oor die hartseer verhaal op die blog van Dr Botha by  https://themissionary.blog

Daar is ook baie goeie inligting beskikbaar op die webwerf van mnr Albert Pillon in die Nederlande by www.ksb-alert.com.

U is ook welkom my persoonlik te kontak (koosgreeff@gmail.com ).

---

Aftree-woonstel in Windhoek

In Schanzen-Oord, Windhoek, is die lewensreg op 'n eenslaapkamer woonstel beskikbaar teen N$770,000 of naaste aanbod.

Kontak Frans du Toit by 081 261 7405 vir besonderhede.

---

Kanaal 7 Radiothon 2019

Sal julle kans sien om die Radiothon-advertensie vir die maand van Julie in jul gemeente nuusblad / WhatsApp groep en kennisgewingborde te plaas?

Ons besef die ekonomie druk en is hierdie die moeilikste jaar wat ons nog gehad het weens ons droogte, en daarom glo ons dat die Here dit op ons harte lê om jul te nader om ons te help. Ons weet en glo dat dit ‘n verskil sal maak.

Kom help, asseblief? 

Vra asseblief in die gemeentes vir vrywilligers wat die week van Radiothon in Windhoek kan help en bel vir donasies. 

---

Namibiese proponent beskikbaar vir hulp

Proponent Gerhard Enslin skryf uit Oshakati:

"Ek is tans in Namibië en help bietjie by my ouers se skool uit terwyl ek wag vir vakante poste om aansoek te doen. Intussen is ek ook met deeltydse studies besig.

Ek het dit goed gedink om vir Ds. te laat weet dat ek hier is, indien ʼn gemeente opsoek is na ʼn proponent, al is dit ook net om uit te help."

Kontak vir Gerhard by 0816152807 of gerhardenslin@gmail.com .

---

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Die verskil tussen "religious"-wees en "rightious"-wees. Dis wat die skaapboer uit Tekoa, Amos, ons leer. Clem Marais en Jan Woest gesels oor Amos 7 wanneer hulle Onder die Kameelboom kuier. Kuier gerus Sondag om 12:00 (of Dinsdag om 09:30) saam op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303. 

Familie-nuus

Hulle verjaar tot volgende week...

Daar is hierdie week wééreens geen pastorie-verjaardae nie!

Voorbidding

Ons bid vir Indonesië

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

Oppervlak: 1,919,317 km2 wat oor 17 000 eilande strek - 4000 is bewoon - en strek oor 6400 km landmassa en 9.5 miljoen km2. Stille Oseaan. Bevolking 260,580,739 (Julie 2017 geskat) die wêreld se 4 e grootste bevolking, en grootste Muslim bevolking. Die hoofstad is Jakarta met 10 miljoen inwoners.

Politiek: Onafhanklik van Holland in 1949, ook ‘n kolonie van Portugal (1511-1605) voor Holland oorneem in 1605, met Engelse (1807- 1815) en Japannese (1942 - 45) beheer tussendeur.

Na onafhanklikheid onder die Sukarno (22jr) waarna die president diktator Suharto oorneem in 1965.

Hy bring ekonomiese vooruitgang, maar ontneem die mense van hul nuutgevonde vryheid.

Die 1997 ekonomiese krisis bring hom tot ‘n val; in 1999 kom ‘n demokraties verkose regering aan bewind. Groot onrus volg, veral uit Muslim geledere en die weermag.

Menseregte skendings bedreig die voortbestaan.

In 2004 en 2009 is suksesvolle demokratiese verkiesings gehou wat die basis gevorm het vir relatiewe stabiliteit; die jongste verkiesing van 2014 sit die tendens voort. Pres Joko Widodo is tans aan bewind.

Ekonomie: Ekonomiese agteruitgang was astronomies, maar is omgekeer

• In 1996 het 11% onder die broodlyn geleef, in 2000 48%; daarna het dit gedaal na 16% in 2010.

• Inflasie is onder beheer; ander faktore strem ekonomiese groei, veral grootskaalse korrupsie.

• In 2012 en verder het die ekonomie afgekoel a.g.v. die afswaai in kommoditeitspryse maar t.s.v. die druk is staatsbesteding en korrupsie beter onder beheer gebring en in 2017 is Standard & Poor die laaste krediet agentskap wat die land na Beleggings Graad opgradeer.

• Die buitelandse valuta is positief met groter uit – as invoere.

Godsdiens: Monoteïsme en gemeenskap vrede is die norme wat aangelê word

• 5 godsdienste word erken: Islam 87,2%; Christene (Katoliek en Protestants) 9.9%, Hindoe 1.3%; Boeddhisme 0.4%, ongespesifiseerd 0.4% (2010 geskat)

• Ten spyte hiervan is daar vervolging, veral Christene ly daaronder. 

Dank die Here vir: Voortgesette groei in kerk oor die 50 jaar tot 2010, groei het baie afgeplat daarna a.g.v. vervolging en gepaardgaande emigrasie; die getalle is steeds ongeveer staties,

+ evangeliese Christene het gegroei van 1.3% van die bevolking tot 5.6% / 13 miljoen tans,

+ die kerk se groeiende invloed a g v getroue getuienis en positiewe invloed in gemeenskappe;

+ die mislukking van die kommunistiese staatsgreep het talle simpatiseerders na Christus laat keer;

Gewelddadige Moslem reaksie op die kommuniste het baie nominele Moslems na Christus laat keer in veral Java; die ekstremisme in Islam maak Christendom meer aantreklik vir andere;

Die geslaagde oorgang na ‘n demokrasie.

Tree in vir:Christene dat hul lewens getuienis sal stand hou

+ Dat hulle getroue getuies sal wees; waar hulle in botsing kom met ekstremistiese Moslems;

+ Dat hulle bewaar sal word van die vervolging op talle plekke; veral in Timor Lorosae en Ambon waar 600 kerke verwoes is in die dekade 2000 – 2010 en tientalle Christene gedood is

Bid vir geestelike leiers wat werklik die waarheid van die evangelie sal voortleef en mense sal help daarmee om dit ook te doen;

Bid vir die opheffing en oplossings vir armoede, veral dat die korrupsie en nepotisme van die verlede uitgewis sal word.

Tree in vir die brose demokrasie en die politieke leiers wat vorm moet gee aan die jong demokrasie.

---
Bid saam vir die #24 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Mali.

Bid saam vir die #24 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Mali.

Mali is hoofsaaklik ʼn Moslemland. Meeste Christene leef in die suide en baie staar toenemende druk in die gesig as gevolg van... Klik om verder te lees >>

Read more.

---
PRAY FOR SUDAN AS SITUATION REMAINS TENSE

PRAY FOR SUDAN AS SITUATION REMAINS TENSE

In April this year, President Omar Hassan Ahmad al-Bashir of Sudan was overthrown after months of protests. In the interim a Transitional Military Council (TMC) was setup. Ever since, civilians have been putting pressure on the council to hand over power to them. The situation remains tense and is affecting daily life. According to the New Humanitarian news source, most …

Read more.

---
BLASPHEMY CHARGES AGAINST PAKISTANI CHRISTIANS CONTINUE DESPITE ASIA BIBI RELEASE.

BLASPHEMY CHARGES AGAINST PAKISTANI CHRISTIANS CONTINUE DESPITE ASIA BIBI RELEASE.

The date of an appeal hearing for a Pakistani Christian man accused of blaspheming the prophet Muhammad in 2013 has reportedly been set. Sawan Masih was accused of insulting the prophet Muhammad—punishable by death in Pakistan—in a 2013 conversation with Muslim friend Shahid Imran, a dispute that Masih later claimed was ultimately about a land dispute. The alleged offense was …

Read more.

Vakatures

MEDE-LERAAR: NG GEMEENTE SWAKOPMUND 

In biddende afhanklikheid van die Here word aansoeke ingewag vir die pos van mede-leraar

GEMEENTEPROFIEL:

• ‘n Plattelandse, kusgemeente, geleë in die middedorp van Swakopmund met ongeveer 1500 lidmate.

• Verskeie voorbereidende-, laer- en hoërskole, asook aftree-oorde, wat ‘n goeie balans tussen jeug en ouer volwassenes skep.

• Aantal aktiewe bedienings onder leiding van gemeentelede.

KANDIDAAT:   

• Sal verantwoordelikheid aanvaar vir funksies/pligte soos uiteengesit in Art 9 van die Kerkorde.

• ‘n Sterk gereformeerde teologiese uitkyk met spesifieke klem op die suiwerheid van die leer soos verwoord in die kerk se belydenisskrifte.

• Die suksesvolle kandidaat moet ‘n gestruktureerde, gedissiplineerde persoon wees met ‘n warm, nederige persoonlikheid en verkieslik tussen 35 – 45 jaar oud wees.  Hy/sy moet met persone van alle ouderdomme kan saamwerk, maar moet oor ‘n besondere vermoë beskik om die hoërskool jeug en jonger mense tussen die ouderdomme van 19 – 35 jaar te bereik en deel te maak van die gemeente.

• Moet ‘n passie hê vir die bediening van die Woord en ‘n entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak.

VERGOEDING: 

‘n Onderhandelbare vergoedingspakket volgens die Sinodale skaal en ander voordele en riglyne word aangebied. Kandidate word daarop gewys dat die gemeente nie oor ‘n pastorie beskik nie, maar dat daar in die vergoedingspakket voorsiening gemaak word vir ‘n behuisingstoelaag om die bekleër in staat sal stel om ‘n eie woning te bekom indien hy/sy wou.

AANSOEKE:

• Aansoeke moet vergesel word van ‘n volledige CV, minstens twee onlangse getuigskrifte en die name van vier referente.

• Sluitingsdatum: 31 Julie 2019 @ 12:00.

• Kandidate moet beskikbaar wees vir ‘n onderhoud indien daartoe versoek.

• Voorkeur sal gegee word aan `n Namibiese burger.

RIG AANSOEKE AAN: 

DIE VOORSITTER: PRE-ADVIESKOMMISSIE

NG KERK SWAKOPMUND

E-POS:  fralo777@gmail.com

Giggel

Clem het hierdie op Oude Rust Oord se Facebook raakgeloop. Hy sê hy sien uit na die aftrede...

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,