Ons bid vir Spanje
Oppervlak 504,783 vk km. Die grootste deel van die Iberiese skiereiland, die Baleariese eilande in die middellandse see en die Kanariese eilande aan die noordwestelike kus van Afrika en die Ceuta en Melilla enklaves aan die noord kus van Afrika. Bevolking 49,331,076 (Julie 2018 geskat)
‘n Konstitusionele monargie met ‘n effektiewe veelparty demokrasie.
Die eens magtige moondheid van die 16e en 17e eeue het beheer oor die oseane afgegee aan Engeland. Dit slaag nie daarin om met die handel- en industriële rewolusies by te bly nie en val al verder agter die groeiende ekonomieë van Brittanje, Frankryk en Duitsland en boet politieke mag in
Dit bly neutraal in Wêreld Oorlog I & II maar ly geweldig onder die burgeroorlog (1936-39).
Na Francisco Franco se dood in 1975 kom daar radikale vernuwing in demokrasie en die ekonomie.
In die onlangse verlede gebuk onder groeiende binnelandse ontwrigting vanweë die Katelane se sug na ‘n onafhanklike Katalonië. Dit vlam op in September 2019 toe nege van die parlementêre leiers wat ‘n referendum uitgeroep het tronkstraf opgelê is – tot 11 jaar vonnisse is gegee.
Na Franco het die ekonomie gebloei onder demokratiese regerings wat moderne ekonomiese vernuwing en modernisering gebring het. Dit sluit aan by die EU in 1986 as dinamiese en snel groeiende ekonomie.
Die diep grypende resessie wat in mid-2008 begin is teen 2017 omgekeer na vier jaar van groei in die BBP bo die EU gemiddeld. Werkloosheid val maar is steeds hoog – veral onder die jong mense. Die Euro Sone se vierde grootste ekonomie.
Rooms katolisisme was die staatsgodsdiens tot na die val van Franco. Nie-Katolieke, veral die evangeliesgesindes is onderwerp aan diskriminasie en selfs vervolgiing. Die 1978 konstitusie waarborg vryheid van geloof en gee alle gelowe en ideologieë gelykberegtiging.
Die samewerkingsooreenkomste wat evangeliese groepe, die Muslims en Jode met di eregering gesluit het in 1992 was ‘n tree vorentoe. Spanje is vinnig besig om te verander van ‘n tradisionele Katolieke samelewing na ‘n sekulêr-gedomineerde, multi-kulturele, multi-godsdienstigheid.
Godsdienste: Christin 77.13%; Nie-godsdienstig19.47%; Muslim 2.4%; Joods 0.7%; Ander 0.1%; Hindoe 0.1%; Boedhiste 0.1%
Transformasie sedert 1978 is verstommend: van diktatorskap tot vryheid, armoede tot welvaart, isolasie tot integrasie in Europa and van Godsdienstige diskriminasie tot godsdiensvryheid. Dank God vir meer as 30 jaar van vryheid; Bid dat gelowiges gebruik sal maak daarvan.
Evangeliese groei het op die vryheid gevolg, veral agv immigrasie. Latyns Amerikaanse, Romeense en Afrika gelowiges het ingestroom en ‘n dinamiese geloof in Christus met hulle saamgebring. Dit het die evangeliese geledere gelig van minder as 40,000 (0.1%) in 1960 tot meer as 450,000 (1%), in bykans 3,000 kerke in 2010. Loof God vir ‘n ware diverse en multikulturele uitdrukking van die Christelike geloof wat nuwe opsies aan Spanjaarde bied tot geloof in Christus.
Die “Filadelphia” beweging onder die Spaanse Romani (Sigeuners) sedert 1966 is rede tot lof!
Dit is die grootste evangeliese liggaam in die land met meer as 200,000 wat daarmee assosieer.
Bid vir: Die transformasie was nie net positief nie - sekulêre materialisme het godsdiensvryheid bewerk en ekonomiese ontwikkeling gebring, maar het tradisionele fondasies en waardes ‘n nekslag toegedien en ‘n geestelike vakuum veroorsaak wat nou met gevaarlike elemente gevul word.
a) Moraliteit en waardes in die algemeen, het gely daaronder. Dekadente gedrag en hedonistiese lewes style gepaard met toenemende materiële besit, het toenemende voorkoms van depressie, verslawing, skuld en rigtingloosheid bewerk. Jonger generasies verwerp absolute waarheid. Bid dat die Christelike geloof ‘n morele kompas sal bied en morele outoriteit sal demonstreer.
b) Geestelike verwarring: Valse lering iander soortgelyke bewegings is besig om hand oor hand toe te neem – ‘n uitvloeisel van die vakuum wat gelaat is by die wat die geloof in God vaarwel toegeroep het. Baie speel met die okkulte asook New Age leringe en oosterse mistieke gelowe en bewegings.
c) Dwelms misbruik eis ‘n tol – een van die lande met die grootste verbruik van Kokaïene, heroïn en marijuana.
d) Dobbel verslawing is ‘n wydlopende probleem met al die negatiewe gevolge op gesinne. ‘n Geskatte 15% van die netto inkomste van die huishoudings word gemiddeld daaraan bestee.
e) Seksuele etiek en gedrag is ‘n slagveld: immoraliteit, prostitusie en aborsies is algemeen.
Bid vir Spanje om wakker te skrik en die leuens wat opgedis is oor godsdiens sal sien en verstaan en sal terugkeer na die waarheid van die evangelie.
Die Katolieke kerk is in ‘n krisis. Eens een van die mees Roomse gemeenskappe, het dit in diskrediet geval. Dit het te kampe met vele uitdagings:
a) Die nalatenskap met ‘n slegte verlede. Die Inkwesisie se skadu val steeds oor die nasie – in die 16e eeu is derduisende gemartel en tereggestel uit die geledere van Jode, Muslims en Protestante of is gedwing om toe te gee of te vlug. Dit is ook in die Amerikas in kolonies gebruik teen inheemse bevolkings. Verder was die verhouding met die diktatuur van Franco een van submissie en deelname. Bid dat hierdie skandvlek hanteer sal word deur belydenis, sodat die Christendom en die kerk in die algemeen weer regop sal kan staan in die gemeenskap.
b) Verlies aan invloed en gesag. Daar is algemene agterdog jeens die kerk wat verstrek word deur die liberale ingesteldheid van die regering en staat.
Bid vir herlewing en dat die kerk weer relevant sal raak.
Evangeliese gelowiges het aangegroei maar veel stadiger was wat gehoop is. Dit sentreer in Katalonië (veral in Barcelona), langs die oos kus, in Andalusië en gebiede rondom Madrid.
Bid vir:a) Herlewing. Sekulêre atmosfeer bemoeilik sake geweldig vir evangelisasie.
b) Groter samewerking tussen groepe en denominasies. Eenheid is ‘n positiewe punt oral, maar samewerking is min.
c) Evangeliese kerke word as vreemdelinge beskou. Baie nuwere groepe het ingekom saam met immigrante wat dus as vreemd en andersoortig beleef word deur die bevolking
Leierskap opleiding. Min kerke kan voltydse leraars bekostig. Dus is tentmaker pastore die norm – wat ‘n negatiewe impak het op die bediening en uitreik werk.
Bid dat die meer as 15 Bybel skole jong Spaanse toekomstige leiers sal oprig en vorm.
Bronne: Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World, CIA Factbook en BBC News service