Ons bid vir Sirië
Oppervlak: 185,180 vk. km. vrugbare vlakte aan die kus van die middellandse see; 60%~ woestyn in die sentrale dele, deurkruis deur die Eufraat rivier. Bevolking: 19,454,263 (July 2018 geskatte syfer) – af van 22,505,091 in 2010.
Politiek: Antieke dinastie en beskawing. In moderne tyd onafhanklik van Frankryk in 1946.
Tot onlangs redelike stabiliteit onder ‘n Alawite minderheid se militêr-siviele sosialistiese regering.
Beheer is behou deur onderdrukking van alle teenstand deur die Assad regime.
Sirië was betrokke by oorloë en konfrontasies met die omringende nasies die afgelope 50 jaar.
Sedert 1973, poog Sirië om politieke dominansie in Libanon, sy kleiner buurman, te bekom
Na Assad se sy dood in 2000 volg Bashar Assad, sy seun en erfgenaam hom op as leier.
Ontevredenheid met die onderdrukking bars uit vroeg in 2012 en duur steeds voort. Aleppo word deur die rebelle beset en eers nadat Rusland sy steun toesê aan die Assad regime draai sake weer in die regering se guns. Die regering het openlik oorlog gevoer teen sy eie burgers
Die bevolking ly geweldig onder die burgeroorlog en hul lewe is totaal ontwrig - 400,000 en tot soveel as meer as 500,000 laat die lewe. Teen Desember 2018 was ongeveer 6.2 miljoen Siriërs ontwortel. Ongeveer 13 miljoen het humanitêre bystand nodig.
Ekonomie: Olie en landbou is ook belangrik maar agv die oorlog het alles tot stilstand geruk
Militêre spandering in dekades van konfrontasie met Israel, kortwiek ontwikkeling.
Swak ekonomiese infrastruktuur & groeiende kwesbaarheid van die streek agv water tekort het ook ‘n negatiewe impak gehad voor die burgeroorlog. Lg verwoes infrastruktuur wat daar was!
Godsdiens: Voor 1973 was Islam die godsdiens van die staat. Sedertdien is dit ‘n sekulêre staat wat Islam erken as die geloof van die meerderheid,
Minderheidsgroep regte en voorregte waarborg, met beperkte godsdiensvryheid.
Christin minderhede is aanvaar & toegelaat om te aanbid, maar ingeperk wat evangelisasie betref.
Die Siriese kerk bestaan sedert die NT tyd - in Antiogië (Hand 13) en het talle onderdrukkende ryke en regerings oorleef. Meeste Christene is Arabiere maar daar is ook ‘n groot Armeniese gemeenskap.
Hulle het groot impak in stede, is invloedryk & beklee hoë posisies in professies, politiek & weermag
Hul getalle neem af vanweë emigrasie. Die burgeroorlog van die afgelope
Muslim 90.32% Christin 5.12% nie-Godsdienstig 2.9% Ander (Druse, ens) 1.55% Baha'i 0.1% Joods 0.01%
Tree in en bid vir: ‘n Beëindiging van die burgeroorlog; politieke & godsdienstige vryheid daarna.
Die evangeliese gemeenskap; dat hulle leer hoe om Christus ten beste met ander te deel.;
Die Muslim meerderheid wat ‘n valse persepsie van Christenskap het agv nominele Christene wat nie toegewyd leef nie. Bid dat hulle blootgestel sal word aan gelowiges wat Christus navolg en so as getuies sal kan optree met woord en lewe.
Bid dat die toewyding van die ou gemeente van Antiogië wat Paulus en Barnabas uitgestuur het as sendelinge, weer in die kerk in Sirië sal posvat. Bid vir oop harte en toegeneëndheid teenoor hul Muslim bure, sodat hulle diensbaar kan wees.
Meer voltydse werkers - daar is baie min voltydse geestelike werkers en die nood vir leiding is groot. Bid ook vir die Teologiese Opleiding deur Ekstensie kursusse wat mense toerus.
Daar is min bekerings vanuit die Islam, maar dit is aan die toeneem. Bid dat die sosiale en ander struikelblokke wat bekering tot Christus bemoeilik, uit die weg geruim sal word - aan beide kante!
Bronne: Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World, CIA Factbook en BBC News service