Header

Jaargang 17 - Uitgawe 01/2020 - Woensdag  15 Januarie 2020

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

2020

Het jy al op die strand gesien hoe ‘n klein kindjie bang is vir die golwe?

Hulle klou verbete aan hul pa of ma – instinktief bewus daarvan dat die golwe baie sterker is as hulself.

Mens kan die vrees in hul ogies sien, en soms hoor mens hulle huil en selfs skree van vrees.

Ek was al male sonder tal op die strand – en het die toneeltjie al tientalle kere gesien - maar ek het nog nooit gesien dat ‘n ouer so kleintjie aan hom of haarself oorlaat in die golwe nie. Waarom nie?

Dis omdat die ouer liefdevol die kind leer hoe om in die golwe op te tree. Daarom – wetende dat hulle te swak is om self in die gemaal te oorleef – hou die ouer die kleintjie stewig vas binne in die golwe.

So leer hulle vertroue in die situasie wat vreesaanjaend is. Leer hulle vertrou op die hande wat hul vashou en so, mettertyd, kry hulle al meer selfvertroue. Leer hulle al gaande hoe om te maak, hoe om te swem, hoe om die golwe te lees en sterker word sodat hulle hulself kan help.

Soos die kleintjies op die strand, is ons lewenswandel as gelowiges baie so – soos ‘n kindertjie wat in die golwe is.

Dikwels, in die middel van ‘n beproewing, word ek verlei om te dink ek kan die “golwe” trotseer. Dat ek hulle net moet ry soos ‘n professionele branderplankryer, dan sal alles reg wees.

Maar ons hoop is daarin dat ek styf vasgehou word in ons Vader se onfeilbare arms, nie in ons eie vermoë om onsself te red nie.

Ons is veilig – nie omrede ons omstandighede so sê nie – maar omrede ons Vader onfeilbaar én getrou is!

Hoop is te vinde, nie in oorwinning oor my vrese nie, maar in vertroue op my Vader.

Beproewings en uitdagings in my lewe moet ons laat soek na ons Verlosser en Sy krag.

Elke keer wanneer ek dit doen en vertroos word deur Hom wat getrou is en Homself getrou bewys ook aan my in my nood, groei my vertroue in Hom. Kom ons pak 2020 aan met die resolusie: Ek gaan in alles op Hom vertrou!

Vader, help my vertrou op U. Ek weet geen beproewing of uitdaging wat oor my pad kom kan U verras nie. En niks daarvan is buite U beheer nie. Dankie dat U soewerein en goed is – dat ek resloos op U kan en mag vertrou – al is die golwe hoe woes en groot! 

 ORSO se nuwe besem

“Ek glo die Hemelse Vader het hierdie besonderse taak, as algemene bestuurder van die twee aftree oorde, oor my pad gebring om in diens te wees van al die inwoners, hulle verblyf so gemaklik en huislik moontlik te maak,  en om die finansiële lewensvatbaarheid van die twee oorde te verseker.”

So gesels die nuwe bestuurder van ORSO – Oude Rust en Schanzenoord – Johan Smit met Feldmuis. Johan het op 2 Januarie ingeval saam met Schalk van der Merwe wat na jare se diens aftree einde Februarie.

Johan (sommiges noem hom deesdae na sy befaamde speurder pa: Jumbo) is ‘n gebore en getoë Namibiër. Hy het sy hele skoolloopbaan in die land deurgebring en het einde 1992 gematrikuleer aan die Hoërskool Windhoek.

Na matriek studeer hy bemarking bestuur aan die Tegnikon Pretoria en verwerf aan die einde van 1995 sy Nasionale Diploma.

Daarna volg ‘n loopbaan (18 jaar) in die farmaseutiese en- gesondheidsorg industrieë in Suid Afrika. In die tyd ontmoet hy sy vrou, Debra Ann. Hulle tree in die in die huwelik op 25 September 2004 in die duine van Swakopmund.

Johan vertel dat die Liewe Vader hulle geseën het met ‘n pragtige tweeling (gebore 17 Augustus 2008 – Pretoria): Jaden en- Jaimee Smit.

In 2014 besluit Johan om terug te keer na die land van sy geboorte. Die gesin het aan die begin van 2015 by hom aangesluit. Sedertdien ht hy senior bestuursposisies in die privaat sektor in Windhoek beklee het tot einde 2019.

Johan vertel dit is vir hom en sy gesin ‘n geweldige voorreg om deel te kan wees van die Oude Rust en Schanzen aftree oorde.

"Ons land, kontinent en die res van die wêreld beleef geweldige uitdagings van ekonomiese en natuurlike aard en ons as mense kan slegs hierdie uitdagings te bowe kom deur ons absoluut te vestig op ons ROTS JESUS CHRISTUS." sê hy.

Johan (Jumbo) Smit kan bereik word by Telefoon: 061-227023 (Werk) of per e-pos by oro.bestuur@ecsos.org

Nuwe jaar - nuwe doomnis

Swakopmund Gemeente verwelkom die naweek hul nuwe dominee. Ds Kenneth McKenzie word Sondag tydens die erediens bevestig.

Sy eggenote Bianca (oud Windhoeker) en hul dogtertjie is saam met hom en die Feldmuis gemeenskap wens hom ‘n geseënde bediening toe en hulle as gesin ‘n sagte landing op Namibiese bodem.

Kenneth is in 2009 georden in die gemeente Muldersdrift in Goudland sinode en was daarna tot met sy demissie in Desember leraar van Rant en Dal Prisma in Krugersdorp.

Familie-nuus

Hulle verjaar

• Hester van Zyl Kunene vir Christus  04/01 081 149 3092     erik@mtcmobile.com.na  

• Jan Theron Pionierpark 14/01 0818 507 409 janpionierspark@gmail.com

• Amanda Viviers  EcSos 18/01 081 147 1242 ceo@ecsos.org

• Rolien Schaaf Suiderhof 22/01 061-252845  hrschaaf@iway.na

• Werner Redelinghuys Hentiesbaai 22/01 081 805 0626   wernervdm@iway.na

Nuwe pastorieseuntjie

Klein Shaun-Samuel van der Walt is Maandag 13 Januarie met ‘n keisersnit in die lewe gebring op 37 weke - al 2.4 kg van hom!

'n Skandering het gewys dat die naelstring om sy nekkie gedraai het en dit is wenslik geag om die prosedure te doen ter wille van sy veiligheid.

Mamma Sharné - leraar van Windhoek Wes - en papa Clinton is dankbaar trots. Dit gaan goed met ma en seun en ons is saam met hulle bly by die koms van die eersteling!

Kan ek u voorstel aan mev Viviers?

Amanda Krüger, hoof uitvoerende beampte van EcSos, is in Desember getroud met Willem Viviers en is nou deeltyds plaasvrou. Sy dien nog as EcSos se HUB en verdeel haar tyd tussen die plaas en die kantoor.

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met ds Wynand Fourie van Windhoek Wes en deeltydse dosent in Nuwe Testament by NETS oor 1Korintiërs 1:10 - 18. Luister Sondag 8 Desember om 12:00 (of Dinsdag 10/12 om 09:30) en kuier saam met ons weer op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303. OF op Potgooi https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

Beskikbaar by Bybelmedia se Jeugfokus 

Here, ek belowe: Prys: R55.00

KOOP HIER

‘n Herinnering aan my belydenisaflegging. Hierdie gids is bygewerk om die feit te ondervang dat die meeste van die katkisante reeds nagmaal gebruik.

Hierdie praktiese boek is ’n baie persoonlike geskenk aan enige jongmens wat belydenis van geloof gaan aflê. Dit berei hulle voor op wat hulle voor God en ander gelowiges gaan belowe, en dit sal hulle na die tyd herinner aan wat hulle belowe het. Só sal hulle aangemoedig, gelei en ondersteun word in hulle geloofsgroei en hulle lewe voor God en in hulle gemeenskap. 

Belydenis van geloof - Gespreksgids

Prys: R90.00

KOOP HIER

ʼn Gids vir jongmense en volwassenes wat belydenis van geloof wil aflê. Hierdie boek fokus op die kern van wat ons glo, en hoe ons dan leef op grond van wat ons glo.  

Belydenis van geloof vir mense van enige ouderdom.

Altyd daar

 Altyd daar bevat 22 ontmoetings vir finalejaarkatkisante wat verhale en stories gebruik om hulle te help om God te leer ken en die Here elke dag in hulle lewe raak te sien. Deur die verhale en stories en die gespreksvrae oor hoe dit jongmense se lewe raak, help die skrywers die jongmense om die Bybel nuut te hoor en God nuut te sien.

Altyd daar werk met stories en verhale wat ons help om God raak te sien. Dit is vir laat-hoërskoolleerders en finalejaar-katkisante ontwikkel, maar kan ook suksesvol gebruik word vir kleingroepe wat uit jong volwassenes bestaan.

Gespreksgids: Prys: 1 tot 9: R110.00; 10 en meer: R95.00

KOOP HIER

Leiersgids: Prys: R150.00

KOOP HIER

Voorbidding

Ons bid vir die AFRIKA

Oppervlakte 30,212,000 vk km 22.3% van die aarde se landoppervlakte.

Bevolking: 1,324,881,107 (Januarie 2020 - WorldOmeter); 16.72% van die wêreld se bevolking - 2e in wêreld naas Asië

* Groei is vinnig besig om af te plat agv Vigs en die terugkeer van siektes soos malaria en tuberkulose,

* die bevolkingsaanwas is nogtans twee keer meer as die wêreld gemiddeld en een van die grootste uitdagings - Afrika kan nie meer sy mense van kos voorsien nie.

* Teen 2000 was 25 miljoen Afrikane met Vigs geïnfekteer, agv intervensie en anti-retrovale medikasie het infeksies en sterftes drasties afgeneem

* Uit die 34 miljoen HIV-positief mense wereldwyd is 69% in sub-Sahara Afrika. Ongeveer 23.8 milj ge-infekteerdes in die hele Afrika en ergste van alles is 91% van HIV positiewe kinders in Afrika. Teen 2010 het dit reeds 12,5 milj wees gelaat, daar is nie tans betroubare statestiek oor wat die syfer nou is nie, maar meer as 1.1 miljoen sterftes per jaar in Afrika is agv HIV / Vigs. 

# Stede Daar is 84 stede in Afrika met meer as een miljoen inwoners, 4 met meer as 10 miljoen.

# Tale 2,110. Bybel vertaling is een van die groot uitdagings - 130 tale het volle Bybel;

* 237 tale het die hele NT en in 250 is daar skrifgedeeltes. In 373 is daar vertalingswerk aan die gang

* Daar is ‘n nood aan vertalers in nog 297 tale

# Godsdiens: Christene 48.37%, Muslim 41.32%.

* Godsdiensvryheid is wankelend maar het sedert die 1990s toegeneem

* Vervolging van Christene deur Muslims het toegeneem in Egipte, Sudan, Nigerië en die Comores.

* Die kerk het vinnige groei in Afrika beleef, militante Islam is die kerk se grootste bedeiging.

* Afrika sendelinge gaan tans na lande wat eens sendelinge na Afrika gestuur het!

# Dank die Here vir:  Groei in die kerk - die meeste bekerings kom vanuit die Animisme;

* die vitale gebedsbewegings van Afrika - die Global Day of Prayer het in Kaapstad begin en betrek bykans die hele wereld tans.

# Bid vir:  Die Groot Mere Oorlog se nadraai. Dit was Afrika se eerste groot internasionale konflik.

* 25 jaar na die menseslagting is daar nog spanning tussen die Hutu en Tutsi in Rwanda en Burundi en geweld het die afgelope paar jaar weer in Burundi opgevlam en derduisende is ontwortel

* Die ooste van die DRK ly steeds onder Hutu militias wat daar gevestig het en die land destabiliseer.

Bid vir: a) Blywende diepgaande vrede en versoening;

* Die vegtende faksies in die DRK om ‘n einde aan hul gevegte te maak en die herstel van vrede.

* Tienduisende vlugtelinge - steeds in kampe in omliggende lande vir versorging en hervestiging

* Herstel van verwoeste lewens, gesinne en nasies.

# Die Horing van Afrika was die toneel van verskriklike voorvalle in die 1990’s en dit duur voort.

* Bid vir Somalië wat in chaos verval het en oplossings vir die situasie wat blywend en regverdig is

* Ook vir blywende herstel en vrede in Ethiopië en Eritrea.

# Die Wes Afrika debakel van die Liberiese burgeroorloë in die laaste dekade van die 20ste eeu het mense lewens en eiendom verwoes het en kinders misbruik as kindersoldate.

* Die konflik het oorgespoel na Sierra Leone en Guinië waar selfs erger wandade gepleeg is.

* ‘n Vredesmag van Wes Afrika en VN troepe om vrede te herstel het was gedeeltelik suksesvol.

* Die konflik het ‘n geweldige impak op die omringende lande gahad en ‘n generasie negatief geraak.

# Die konflik in Mali is steeds nie onder beheer nie;

* Jihad groepe het die land ingeval uit die noorde in 2012

* Die Franse regering het toegetree met lugaanvalle en ‘n vredesmag is ontplooi, maar die situasie is onstabiel

# Die Maghreb konflikte en die Noord Afrika chaos wat in 2011 losgebars het

* Tunisië, Egipte en Libië is in chaos gedompel - met gepaardgaande hernude geweld teen Christene wat steeds opvlam in veral Egipte

* Die Algerynse burgeroorlog met nimmereindigende bloedige menseslagting is onder beheer gebring na die regering verslappingsmaatreels ingestel het, maar die onrus het in 2019 aanleding gegee tot die bedanking van die President en nuwe verkiesings. Dit bly onstabiel.

* Die onopgeloste konflik oor die Wes Sahara onder Marokkaanse besetting sedert 1974.

# Soedan se 40-jarige oorlog met Islamitiese jihad ondertoon waar die Muslim noorde die oorwegend Christen suide wou onderwerp is verby maar die skade aan mense en besittings bly

* Geweld het weer losgebars onlangs en die spanninge is aanvoelbaar in die streek.

# Suid Soedan het onafhanklikheid verkry - nou is die uitdaging om die land te maak werk. Die spanning is hanteer in wye samesprekings en ‘n ooreenkoms is bereik wat die nuwe fase in November 2019 sou inlui – dispute oor interne politieke grense het sake laat vasval en ‘n impasse het ontstaan.

Bronne:  Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World, CIA Factbook en BBC News service; WorldOmeter

Colombië het ʼn lang geskiedenis van misdaad en korrupsie. ʼn Toename in nuwe gewapende groepe en die...Klik om verder te lees >>

Vakatures en Ander Advertensies

Lewensreg Woonstelle in Schanzenoord beskikbaar

Opsie 1 – Lewensreg op 2 slaapkamer woonstel op 4de vloer te koop op tenderbasis. Tenders sluit 4 Februarie om 09:00.

Opsie 2 – Lewensreg op 2 slaapkamer woonstel op 6de vloer te koop op tenderbasis. Tenders sluit 4 Februarie om 09:00.  

Opsie 3 – Lewensreg op 2 slaapkamer woonstel op grondvlak teen vaste prys van N$1 miljoen. Tenders sluit 4 Februarie om 09:00.

• Kontak Frans du Toit by 081 261 7405 vir besonderhede

Giggel

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,