Header

Jaargang 17 - Uitgawe 02/2020 - Woensdag  22 Januarie 2020

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

GEBED VIR DIE JAAR WAT VOORLÊ

Here Jesus,
U sit aan die regterhand van God.
Dit is die eerste en laaste ding
wat regtig saak maak vir my bestaan.
Watter voorspoed ek vandag ook al beleef,
of watter teenspoed my ook mag tref,
wát ook al op my lewenstoneel verskyn
of uit my lewe mag verdwyn:
Één ding staan onveranderlik vas,
een saak kan nooit verander nie
en dit sal my vandag en altyd troos.
En dit is, Here,
dat U aan die regterhand van die Vader sit.
Wat U gedoen het , is genoeg.
Vir vandag, vir môre, vir altyd.

Na 'n uitspraak van KARL BARTH
(Uit: Die Groot Gebedeboek, Piet Naudé, 2014) oorgeneem by Bybel Media

Eerste Kerkbode-uitgawe vir 2020 is in die pos 

Kerkbode skryf: Baie dankie aan elke lidmaat en gemeente wat weer vanjaar sy / haar steun vir Kerkbode se joernalistieke doelwit gewys het deur in te teken op die gedrukte koerant. Dis heerlik om te werk aan 'n produk wat van Bredasdorp tot Otavi stories vertel! Hierdie subskripsies is steeds 'n noodsaaklike deel van ons sakemodel. Dit laat ons toe om te belê in digitale platforms soos www.kerkbode.co.za en die Kerkbode-app wat tans gratis aan alle gebruikers beskikbaar is. 

Die syfers waarna ons kyk wanneer dit by Kerkbode se webwerf kom, is die groei in klieks (bladlese) en unieke gebruikers. Ons het in 2019 altesaam 1,1 miljoen klieks gekry, wat sowat 400 000 meer is as die aantal klieks in 2018. Meer as 178 000 unieke gebruikers het ons stories, rubriek of vakatures kom lees en ons hoop om hulle almal weer deur die loop van 2020 te sien.   

Familie-nuus

Hulle verjaar

• Rolien Schaaf Suiderhof 22/01 061-252845  hrschaaf@iway.na

• Werner Redelinghuys Hentiesbaai 22/01 081 805 0626   wernervdm@iway.na

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met ds Wynand Fourie van Windhoek Wes en deeltydse dosent in Nuwe Testament by NETS oor 1Korintiërs 1:18 - 31. Luister eerskomende Sondag om 12:00 (of Dinsdag 28/01 om 09:30) en kuier saam met ons weer op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303. OF op Potgooi https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

WOORD EN FEES

PRYS: R350.00

Woord en fees – Advent 2019 tot Koninkrykstyd 2020 – is ʼn hulpmiddel vir die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit volg die seisoene van die kerkjaar en maak gebruik van die teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar C.

Die liturgiese voorstelle gee riglyne wat die gebruiker sal help om weeklikse eredienste makliker voor te berei. Woord en fees sluit aan by die seisoene van die kerkjaar. Vir elke seisoen is daar ʼn basisliturgie wat as raamwerk vir die hele seisoen dien.

Agter in die boek is daar liturgieë vir spesiale geleenthede, soos die doop, die nagmaal, begrafnisse en dankoffertyd.

Woord en fees kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik Leesrooster vir lidmate.  KOOP NOU

LEESROOSTER VIR LIDMATE

PRYS: R140.00

Leesrooster vir lidmate bied aan lidmate die geleentheid om die erkende teksrooster Revised Common Lectionary (RCL) elke week in hulle persoonlike stiltetyd, met huisgodsdiens of in groepbyeenkomste te volg. Só help dit lidmate om die boodskap van die Bybel oor ’n tydperk van drie jaar in sy groter omvang te lees en te leer ken. Leesrooster vir lidmate is vanjaar gegrond op Jaar A van die RCL.

Omdat Leesrooster vir lidmate aansluit by die seisoene van die kerkjaar, moedig dit lidmate aan om al die feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te vier en te ervaar. Voor elke seisoen van die kerkjaar begin, is daar agtergrondinligting oor daardie spesifieke seisoen.

Leesrooster vir lidmate sluit ook aan by die Seisoen van Luister se Luistersiklus en behandel elke week ’n ander teksgedeelte. Elke dag van die week word daar vanuit ’n ander hoek op hierdie teksgedeelte gefokus. Dit help lesers om ’n leesmetode te ontwikkel wat hulle help om die Bybeltekste vanuit verskillende perspektiewe te oordink. Dit ontwikkel by lesers die besef dat verskillende perspektiewe op die teks verskillende vrae ontlok, om uiteindelik verskillende insigte en antwoorde te bied. Deur die fokusteks bring Leesrooster vir lidmate ook eenheid tussen die erediens, huisgodsdiens en groepgesprekke. KOOP NOU

In LiG se Februarie-uitgawe … 

Vertel Riana Nel dat sy weer ma gaan word. Sy sê ook dat sy gereeld by God kerm.

Akteur en pastoor Johan Scholtz inspireer ons om elke dag dankbaar en nederig te leef. En ons vertel die ware verhaal van ‘n vrou wie se man sterf en wie se tweejarige ‘n hartoperasie moes kry –deur dit alles getuig sy hoe God haar dra.

Anna Oberholzer is blind en ‘n fisioterapeut. Sy sê: “Dis hóéveel jy leef terwyl jy op aarde is wat saak maak.”

Ons kry raad by kenners oor gesonde grense in die klaskamer: Wenke vir ouers en onderwysers. Ons gee ook raad oor hoe om vir jou kind te bid wat die pad byster geraak het.

Die eerste aflewering van ons reeks oor onvrugbaarheid begin in ons jongste uitgawe.

LiG – vir jou en jou mense. Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za 

2020 Jaarboek

Jaarboek van die NG Kerke bevat die sinodale, rings-, gemeente- enpredikante-inligting van die NG Kerk, NG Kerk in Afrika, Reformed Church in Africa en familiekerke in die buiteland.

Jaarboek van die NG Kerke 2020 verskaf al langer as 160 jaarbelangrike inligting oor die NG Kerkfamilie aan predikante, kerkkantore en lidmate. Bybel-Media, uitgewer van die Jaarboek vandie NG Kerke 2020, wil ook met hierdie publikasie gestalte gee aan sy leuse: Vennoot in geloof en bediening.

Daar is verskillende formate beskikbaar:
1. Hardeband               R 340 per boek
2. 4 boeke of meer       R 320 per boek 
3. CD                            R 260 per CD
4. CD en hardeband    R 410 vir beide KOOP NOU

Voorbidding

Ons bid vir Noord Amerika 

Area: 21,779,847 vk km - nearly 16% van die wêreld se landmassa en tuiste van drie van die grootste lande ter wêreld: Kanada (2de grootste), VSA (4de) en Groenland (13de). Meksiko, alhoewel geografies deel van die continent en streek word nie hier hanteeer nie, maar vanweë kulturele, taal en demografiese redes saam met Latyns Amerika getel

Bevolking: 351,659,164   Jaarlikse Groei: 1.00%      Tale: 443     Stedelinge: 82%        Grootste Godsdiens: Christin

Bid vir Amerikaanse opvoedkundiges en leerders.

Ongeveer 20% van Amerikaanse kinders leef in armoede. Die nimmer eindigende stry om oorlewing en om net in die basiese behoeftes te voldoen is ‘n ewige stryd en kweek maklik ‘n ervaring van hooploosheid. World Vision het ‘n program om skole en leerders in hoë risko areas te voorsien van die noodsaaklike tov skryfbehoeftes, boeke en ander benodighede dmv onderwyser’s bronne sentrums landswyd.

Here ons bid dat jong mense uit di egreep van armoede sal groei tot produktiewe lewens; gee bedieninge soos World Vision guns sodat hulle ‘n voortgaande impak kan maak sodat leerders kan gedy.

Bid vir wyse besteding en rentmeesterskap van bronne.

Donateurs in die VSA en Kanada het gesamentlik bykan die helfte van World Vision se werk in bykans 100 lande; die twee lande is die toonaangewende donateurs wêreldwyd aan ‘n verskeidenheid Christin organisasies vir uitreik, bediening en armoede verligting end at die prosesse ‘n algemeen gesonde uitwerking sal hê,

Dit is ‘n geweldige seen vir die kinders en families wat voordeel geput het uit die geborgde projekte en programme in hul gemeenskappe; ook vir die agentskappe en kerke aan wie die geld toevertrou word ten einde wyse rentmeesterskap en getroue finansiêle ondersteuning.

Here ons bid vir gulhartigheid in die harte van gelowiges wat bydra tot die sort werk. Ons bid ook vir wyse rentmeesterskap. Ons vra ook om wysheid, en oordeelkundigheod by die spandering daarvan.

Bronne:  Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World, CIA Factbook en BBC News service; WorldOmeter

Vakatures en Ander Advertensies

Lewensreg Woonstelle in Schanzenoord beskikbaar

Opsie 1 – Lewensreg op 2 slaapkamer woonstel op 4de vloer te koop op tenderbasis. Tenders sluit 4 Februarie om 09:00.

Opsie 2 – Lewensreg op 2 slaapkamer woonstel op 6de vloer te koop op tenderbasis. Tenders sluit 4 Februarie om 09:00.  

Opsie 3 – Lewensreg op 2 slaapkamer woonstel op grondvlak teen vaste prys van N$1 miljoen. Tenders sluit 4 Februarie om 09:00.

• Kontak Frans du Toit by 081 261 7405 vir besonderhede

Giggel

Gedagtig aan al die nuwe graad 1tjies!

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,