Ons bid vir Europa
Oppervlakte 22,978,500 km2 -17% van die wêreld se oppervlakte en 74% daarvan word beslaan deur die Russiese Federasie. 52 lande - al die lande van Europa en die hele Russiese Federasie (met insluiting van Siberië wat tegnies in Asië is sowel as die eiland Ciprus omrede dit deel van die EU is).
Bevolking (2010) 732,758,546.
Tussen 1500 en 1940 die wêreld se mees dominante handels- en industriële streek. Die swaai na 'n duur welsynstaat en beperking op handel en industrie het ontwikkeling begin inperk.
Die Marxistiese ekonomiese beleid in sentraal Europa het selfs ‘n erger impak gehad en veral ‘n negatiewe effek gehad op infrastruktuur, menslike hulpbronne en die ekologie.
Die politieke omwentelinge na 1990 en gepaardgaande veranderinge veral in die ekonomie het gelei tot geleidelike herstel van die oud kommunistiese lande se ekonomieë.
Die sterk EU, die stabiliteit en welvaart wat dit tot gevolg gehad het, maak Europa tans aantreklik vir mense in minder gegoede dele en daar word in instroming van wettige en onwettige immigrante beleef.
Die ineenstorting van die wêreld ekonomie in 2008 het die Euro baie geknou en verskeie lande is op die afgrond van bankrotskap, veral Griekeland was erg getref en is stadig op 'n pad van herstel; ook Italië en Portugal en in mindere mate Spanje was werklik in die knyp.
Die Brexit proses waarin Brittanje aan die EU onttrek, is nou volstoom nadat dit vir lank spanning oor hoe die verhouding tussen die EU en Brittanje vorentoe sal lyk en bestuur sal word in die hand gewerk het. Dit is nog nie oor nie, al is Brittanje nou amptelik nie meer 'n lidland van die EU nie.
Die Muslim invalle van 8e eeu het Christendom uitgewis in die midde ooste en vir lank Europa afgesny van Afrika en Asië en sodoende evangeliese kontak afgesny.
Eers in die Reformasie het die kerk weer ‘n evangelisasie krag geword.
Ten spyte daarvan dat Europa in ‘n sekere sin die bakermat van die Christendom was het die kerk oor die afgelope jare agteruitgegaan in Europa sodat slegs ongeveer 10% vandag meelewend is. Die tempo van agteruitgang is ook aan die toeneem.
Christene 71.34%; Nie godsdienstig 21.45%; Muslim 6.07%; Boeddhiste 0.35%; Jode 0.29%; Ander 0.19%; Hindoe 0.14%; etniese godsdienste 0.08%; Sikhs 0.07%; Ba’hai 0.01%; Chinese godsdienste 0.01%
Loof die Here vir: Die relatiewe vrede oor die afgelope 60 jaar het bygedra tot groei en stabiliteit.
Die ineenstorting van Europese kommunisme wat lande oopgestel het en nuwe groei in die kerk gebring het. Die aanbreek van godsdiensvryheid op ongekende skaal. Die vervolging onder kommunisme was op ongekende skaal en het geweldige impak gehad, onder Stalin in die 1930s is 12 miljoen Christene tereggestel.
Die versterking in die evangeliese teenwoordigheid en getuienis in Europa sedert 1990; die nuwe patrone van aanbidding wat mense trek; jeug netwerke wat besig is om te blom; Post-modernisme se bevraagtekening van die verlede wat groter openheid en selfs ‘n soeke na spirituele oplossings meegebring het.
Tree in vir: Die Balkan state met hulle geskiedenis van etniese geweld waar daar steeds spanninge is;
Kaukasië met etniese en godsdienstige diversiteit, geskiedenis van oorloë, geweld en onderdrukking wat gestel is in die olieryke area en die stryd om dominansie in die area;
Die politieke toekoms van Rusland bly onseker, Putin se sterkman houding maak dat buitelandse sowel as binnelandse beleid vinnig besig is om te lyk soos onder kommunisme en dreig om destabiliserend te raak;
Die instroom van vlugtelinge uit die Midde-Ooste en Afrika plaas geweldige druk en bring spanning mee tussen verskillende lande in Europa; rassisme en etniese konflik is aan die oplaai; daar was nou in meeste EU lande terreur aanvalle uit Muslim geledere en die weerstand teen Midde-Oosterse immigrante laai op – bid vir ‘n nuwe weg, versoening en dat die Muslim bevolking beter sal assimileer,
Areas van konflik: bid vir vrede en versoening in Noord Ierland, die Masque streek van Spanje, Tsjetsjnië in die Russiese Federasie.
Vir die Kerk: Tree in vir: Nuwe vitaliteit en egtheid in ‘n tyd waar mense nuwe oplossings soek vir die lewe en sy uitdagings;
Vir hoofstroom kerke om hulle evangeliese wortels te herontdek en egte getuies te word
Die ontluikende (emergent) kerk in die lande wat uit kommunisme gekom het.
• Bronne: Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World, CIA Factbook en BBC News service; WorldOmeter