Header

Jaargang 17 - Uitgawe 09/2020 - Woensdag  11 Maart 2020

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Klik op die skakel hierbo om die teks te lees. 

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

Interafhanklikheid tussen mense, gemeenskappe en nasies

Die Wêreld Maatskaplike werk dag word op 17 Maart wêreldwyd gevier met die tema “Die Bevordering van Mense verhoudinge”.

In Namibië is daar ‘n enorme nood aan maatskaplike dienste.

Die staat het tien talle poste gevries agv begrotings wat nie klop nie – en so ook die kerk. Dringend aandag hieraan is nodig ten einde lewegewende ruimtes te skep vir die wat verwaarloos of misbruik word.

Daar is nie genoeg kapasiteit om verwaarlosing van kinders, die effek van armoede, drank- en dwelmmisbruik, gesinsgeweld, geslagsgebaseerde geweld, en vele meer aan te spreek nie. Daar is nie genoeg geld, personeel of fasiliteite nie. Die staat kan nei die nood aanspreek nie en het die inkoop van gelowiges nodig om weer barmhartige samaritane te word.

Barmhartige Samaritane

In so situasie word gelowiges, die kerk, die gemeenskap geroep om deur eie intervensie ‘n bydrae te lewer.

Daar moet ook weer gekyk word na hoe en in hoe mate die kerk se programme soos Huis Maerua, Wildernis terapie, die tehuise vir bejaardes, Erongo Social Services ensomeer versterk, ondersteun en befonds kan word deur individue, gemeentes en ringe.

Kans om Maatskaplike dienste te vier

Die wêreld maatskaplike werk dag gee geleentheid vir die kerk om op 15 Maart gemeentes bewus te maak van die werk wat gedoen word, en om voorbidding te doen vir die wat in nood is en diegene wat die nood aanspreek.

Interafhanklikheid tussen mense, gemeenskappe en nasies

Die tema is gekies om te fokus op hoe interafhanklik mense eintlik van mekaar is. Verder is dit ‘n bewusmaking van die dringende behoefte om houdings, beleid en dienslewering aan te pas.

Die houding dat diegene wat in nood verkeer amper “skuldig” is moet verander. Beleid moet aangepas word om die bevordering van mense se menswaardigheid deur middel van maatskaplike dienste in die oog te hê as deel van intervensie en terapie. Om die houding ook jeens die wat wel as skuldig aan die situasie uitgewys kan word – wat ook nood het aan maatskaplike dienswerk.

Die verbande waarin mense saam leef, moet ook benut word ter bevordering hiervan. Die menings is uitgespreek in ‘n praatjie oor die dag.

Die Sekretaris-Generaal van die Internasionale Federasie van Maatskaplike Werkers, Rory Truell het onder andere gesê: “Die geïntegreerde temas van die wêreldwye agenda verwoord en bring momentum vir ‘n volhoubare wêreld. ‘n Wêreld ondersteun deur gelykheid, waar elkeen vaardighede om by te dra tot hulle omgewings ten goede van almal en die planeet."

Hy het voortgegaan en gesê: "Vanjaar se tema laat die lig val op die feit dat mede-determinerende verhoudings tussen mense, gemeenskappe en nasies is onontbeerlik ten einde sosio-ekonomiese en ekologiese uitdagings aan te spreek.”

Jurgens Hendriks het die naweek by Widnhoek gemeente en Fresh opgetree met samewerking van Suiderhof. Saterdag het hy saam gekuier by die onthaal wat gehou was vir sendelinge van ver en naby. 45 gaste is getrakteer met kuier met mekaar, lekker ontbyt en voordragte deur sendelinge wat in Namibië werk. Dit was 'n ongelooflike geestelike ervaring vir almal wat deelgeneem het. In die foto bo bid die sendelinge vir mekaar. In die foto onder kuier Jurgens en Dirk Louw van Moedergemeente; langsaan is Martelare vir Christus se uitstalling.

Go-to-person groet CLF

“Ons kan ons nie indink dat die CLF sonder jou moet wees nie. Jou vriendelikheid, deeglikheid, stiptelikheid … ʼn mens kan eintlik nie vir iemand daarvoor dankie sê nie, want dit is baie meer werd om iemand te hê wat jy weet op wie jy 100% kan staatmaak.” So het ds Willem Botha, voorsitter van CLF se beheerraad, afskeid van Amanda Carstens geneem na bykans 15 jaar diens.

Amanda, op die foto regs, saam met Danny Fourie vir wie sy eens opgetree het as PA, het saam met CLF gegroei en het die vele veranderinge in die organisasie deurgemaak. Gedurende haar laaste paar jaar het sy die pos van produksiebestuurder beklee en nou met die redakteur saamgewerk.
Menigte CLF publikasies, soos pamflette, literatuurveldtogte, kinderboeke, Kinderbybels en talle selfpublikasies het deur Amanda die lig gesien. CLF se jongste publikasie Net voor die droogte my breek was vir haar die hoogtepunt aangesien die boeregemeenskap haar na aan die hart lê. Haar ouers wat in die Sutherland distrik boer, word ook deur die droogte geraak.
Amanda was ʼn ware “Jack of all trades”. Met haar indiensneming was een van haar eerste take om die interieur van die nuwe CLF gebou te rangskik. Aanbouings en verbouings, IT-kwessies (die rekenaarnetwerke, die kragvoorsieners, internettoegang en so meer) en die reël van funksies was maar ʼn paar van die “ander” take wat deel van haar CV geword het.
Amanda het oor die jare heen die korporatiewe geheue van CLF geword. Charmaine Stoffberg, CLF se algemene bestuurder verwys na Amanda as haar “go-to person”. “Wie gaan ek vra waar om ʼn skakelaar af te sit? Of as die ouditeure inligting soek van jare gelede, roep ek net ‘Amanda’ en sy antwoord!”

Familie-nuus

Hulle verjaar

• Aldo Liebenberg, Karasburg 14/03 085-641-6581 aldolieb@gmail.com

• Christo van Heerden, Aroab 17/03 081-299-0478        christohendrik5@gmail.com

• Jacolet de Koning, Tsumeb 20/03 081-622-7756 tjdekoning@iway.na

Ander familie nuus

Hendrik van Zyl van Degnos is verlede week opgeneem in die Onkologie hospitaal in Windhoek vir behandeling. Hy het baie verswak.

Ds Lukas Coetzer, emeritus van Outjo gemeente, het 'n operasie ondergaan om kankerkolle op sy lewer weg te sny en dit gaan goed op die herstel pad. Hy was afgelope Sondag in die kerk op Outjo.

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met ds Wynand Fourie van Windhoek Wes en deeltydse dosent in Nuwe Testament by NETS oor 1 Samuel 16:1 – 13. Luister eerskomende Sondag om 12:00 (of Dinsdag 17/03 om 09:30) en kuier saam met ons weer op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303. OF op Potgooi https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

Gevangenis bediening

Valerie Hamann is die Sending Departement koördineerder by die Nehemia Bybel Instituut (NBI) – a filiaal van Bybel Media in Wellington. NBI het jare lank ‘n Gevangenis Bediening waarby Val aktief betrokke is.  Sy was ook lid van twee ander soortgelyke organisasies waar sy altesaam nege jaar ervaring opgedoen het, te wete Andrew Murray Sentrum en Kairos Internasionaal.

Die kursus is gerig daarop om mense op praktiese wyse te begelei om ’n gevangenis bediening te ontwikkel. Dit val in vier dele uiteen.

Part 1: Opening group discussion; Reflection; Complicated personality types; Biblical group discussion; Prison ministry leadership teams

Part 2: Leadership team traits, skills and requirements; Statistics; Reasons people go to prison; Challenges and issues prisoners face; Suggested topics to teach in prisons; Suggested ice breakers for prisoners

Building a healthy prison ministry

9 Golden rules; Before entering prison, during prison ministry, after leaving prison; Conducting and analysis for the need; Screening procedures for all volunteers – ACRP; Training of prison ministry leaders; Gangsterism awareness; Problems that may arise

Part 3: Starting your own prison ministry group / organisation; Prison ministry team meetings; Feedback forms for DCS; Record clearances; Programs to choose from; Marking tests that prisoners complete; Certificates (Ceremony); Christmas card drive; Importance of aftercare; Counselling

Part 4: God would say to you; In conclusion; Other books published by the same author

Bestel by Berlise Louwrens berlise@clf.co.za

Voorbidding

Pakistan het ’n sterk Islamitiese samelewing. Radikale Islamitiese groepe oefen al meer invloed uit en politieke partye, die weermag en regering probeer om hulle guns te wen. Christene is die teikens van gewelddadige aanvalle deur ekstremiste en word oor die algemeen as “onrein” behandel.

Klik hier om meer te lees, en om nuttige gebedskyfies af te laai, sodat jy saam met ons kan bid vir ons broers en susters in Pakistan

Ons bid vir Brasilië:

Oppervlakte 8 512 000 km2 geleë aan die noordoostelike kus van Suid-Amerika.

Bevolking: 211 715 973 (2020 se geskatte syfer)

Onafhanklik van Portugal sedert 1822 en word in 1889 ‘n federale republiek.

Outoritêre militêre regering tussen 1964 en 1985 se nalatenskap van staatseienaarskap van groot dele van die ekonomie, sosiale ongelykheid en oneffektiewe burokrasie, kniehalter ontwikkeling. Demokrasie is in 1985 herstel. 

Die toekenning van die 2014-FIFA-Wêreldbeker en die 2016-Somer- Olimpiese Spele, die eerste ooit op die kontinent, word as simbolies van die land se opgang beleef.

Sedert 2013 beleef die land 'n kwynende ekonomie, groeiende werkloosheid en stygende inflasie. Politieke skandale en klagtes van korrupsie lei tot die afsetting van President Dilma Rousseff in Augustus 2016. Haar visepresident, Michel Temer, het die termyn tot einde 2018 as president uitgedien.

Hy ontplooi in Februarie 2018 federale troepe in Rio de Janeiro om die geweld wat met dwelms verbind word en die daaglikse oorlog tussen bendes in die Favelas onder beheer te bring.

In Oktober 2018 is Jair Bolsonaro as president verkies en op 1 Januarie 2019 in die amp bevestig.

Ekonomie: Geweldige inflasie gedurende die 1980’s het die ekonomie groot skade berokken. In 1989 was die inflasiekoers 1 386% per jaar! Dit is onder beheer gebring en die land in een van die ontluikende ekonomiese reuse omskep.

Die korrupsie, staatsoorspandering en -beheer wat die ekonomie gekniehalter het, is omgekeer.

Die groeiende ekologiese krisis in die Amasone- en Pantanal-streke verg aandag.

Sterk groei deur 2007/2008 toe die wêreld- ekonomiese krisis tref – tog hanteer die ekonomie dit goed.

Teen 2010 bereik groei 7,5% per jaar, maar begin daarna geleidelik afneem as gevolg van oormatige afhanklikheid van kommoditeite, wat 'n wisselvallige mark is, lae produktiwiteit, hoë produksiekoste en hoë inflasie.

Dit is die agste grootste ekonomie ter wêreld nadat dit in die 2015-16-periode deur een van die ergste resessies in sy geskiedenis gegaan het. In 2017 was die groeikoers 1%, en dit is stadig besig om te versterk. Inflasie het tot die laagste vlak ooit gedaal.

Godsdiens: Daar heers godsdiensvryheid met 'n streng skeiding tussen kerk en staat. Nie-godsdienstig: 2.24%; Spiritiste: 5,4%; Boeddhiste: 0.26%; Muslim: 0.29%; Jode: 0.06%; Christene: 91,4%, met 'n groei van 1,1%.

Loof die Heer vir: Geweldige en voortdurende groei in evangeliese kerke maak die land een van die grootste evangeliese bevolkings ter wêreld.

• Die Goiás-streek was bekend vir spiritisme, maar volgehoue voorbidding is besig om dié mag te verbreek.

• Die Brasiliaanse sendingbeweging se volgehoue groei.

• Loof die Here vir sukses met die herstel van die ekonomie, die omkeer van korrupsie en nepotisme. Tree daarvoor in dat diskriminasie teen armes en inheemse bevolkingsgroepe beëindig sal word.

* Bid dat die opbloei sal voortduur en dat die effek na die arm gemeenskappe sal deurwerk.

Tree in vir: Armoedeverligting. Die BIG-inisiatief het aanvanklik goeie vrugte afgewerp, maar dit lyk of dit nie volhoubaar die gewenste uitwerking het nie – diep armoede bly 'n uitdaging!

• 'n Antwoord op die geweldige dwelmsmokkelary en probleme met dwelmmisbruik wat 'n geweldige negatiewe invloed op die gemeenskap het.

• Uitdagings vir die evangeliese kerke. Om relevant en profeties in die gemeenskap te wees. Evangelisasie ywer word bykans nooit deur 'n soeke na geregtigheid in die samelewing gerugsteun nie. Die gemeenskap gaan gebuk onder armoede, vigs, geweld en misdaad.

* Bid dat hulle hulle invloed sal gebruik om antwoorde vir die uitdagings te vind.

• Geestelike diepgang. ‘n Suksesmentaliteit oorskadu die werk, met die resultaat dat oormatig aandag gegee word aan 'n soort welvaartsteologie —genesing en finansiële voorspoed word beloof, in plaas daarvan dat aandag gegee word aan ‘n heilige lewe voor God en met mekaar. Die gevolg is dat baie ontnugter raak, nie net met godsdiens nie, maar met God.

• ‘n Terugkeer na God onder leiers — baie kerkleiers soek selfverheerliking, invloed en mag. Dit het verwoestende gevolge vir die Koninkryk!

• Effektiewe opleiding vir bediening.

• Eenheid onder gelowiges — verdeeldheid is diepliggend.

• Die Katolieke Kerk is in krisis. Ongeveer 10% van alle RK-gelowiges woon in Brasilië. Slegs 13% van hulle is egter aktief in hulle uitlewing.

• Ander algemene uitdagings: Amerindiane en ander armes val maklik terug op spiritisme.

• Daar is ‘n groot nood aan sendelinge — veral mense wat vertaalwerk kan doen.

• Uitreik na die stedelike armes — hulle is die meeste blootgestel aan sosiale euwels, dwelms en geweld.

• Bronne:  Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World, CIA Factbook en BBC News service; WorldOmeter

Vakatures en Ander Advertensies

Lewensreg Woonstelle in Schanzenoord beskikbaar

Lewensreg op 2 slaapkamer woonstel op 6de vloer te koop teen 1,1 miljoen NAD of naaste aanbod.

• Kontak Frans du Toit by 081 261 7405 vir besonderhede

• Kontak ons gerus as u gemeente of bediening 'n vakature wil adverteer. Thijs van der Merwe by 081 124 3641 vir besonderhede

Giggel

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,