Header

Jaargang 17 - Paasuitgawe: Uitgawe 12/2020 - Donderdag  2 April 2020

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Klik op die skakel hierbo om die teks te lees. 

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• SPESIALE berigte rakende die CORONA VIRUS

• Nuusbrokkies

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Wanneer mens in grendel tyd ingeperk is, is die vryheid wat die Paasfees vir ons bewerk het net soveel meer akuut! Mag hierdie Paasfees vir jou een wees van opnuut vasmaak aan die opgestane Here! Die graf is leeg - daarom juig ons en is ons nie vreesagtig nie!

COVID-19: Guidance for Faith Communities & Places of Worship 

FRIDAY, MARCH 20, 2020 klik hier

Ds Christo Greyling het die artikel vir ons gestuur waaraan hy meegewerk het.  

FAITH AND DEVELOPMENT CHURCH AND INTERFAITH HEALTH

Faith communities and places of worship are at the centre of community life and have a central role both in guiding their members towards behaviour change, and provision of spiritual and pastoral and practical support to those in need. Faith communities and faith leaders will continue to have that central role, but it is very important to adapt the way of working to ensure that people are safe and protected, and rapidly adjust their ways of meeting and worship in accordance with the national guidelines and stage of the COVID-19 pandemic. In this guidance faith leaders will find information that will help faith communities to:

• Develop a plan for continuity at different stages of the pandemic

• Understand behaviours and practices that they can undertake to protect their congregations and those most at risk

• Understand how to provide spiritual and pastoral care and support safely

• Understand the guidelines with respect to self-isolation, home-based care, quarantine and hospitalisation.

• Understand who is at the greatest risk from COVID-19

• Ensure that faith & pastoral workers teams maintain their presence as agents of spiritual and pastoral care in a way that both themselves and those in need of their help

CLICK HERE FOR LATEST VERSION

DOWNLOAD PUBLICATION RETURN TO PUBLICATIONS

---

ONS EN CORONA - 'n getuienis en verklaring (Verkort)

As gelowiges is ons in Christus geroep om onsself te onderskei van die wat geen hoop het nie, en behoort ons die situasie sober en kalm te hanteer. Paulus praat van die gemeentes as draers van die waarheid en hoop. Dit is in die eerste plek oor hierdie hoop waaroor ons wil getuig.

Christus, die opgestane Here wat sit aan die regterhand van die Vader, is ons hoop! Hy maak dat ons te midde van wanhoop en verwarring kalm, sodat ons getuigend kan leef, want ons is geborge in Hom wat in die situasie teenwoordig is.

Filippense 4:6-7 herinner ons: “Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom dank vir alles wat Hy doen. En God se vrede, wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes wag hou omdat julle aan Christus Jesus behoort.”

En ook: “Want God het julle nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing” 2Timoteus 1:7.

Die NGKN verbind haarself tot die noodmaatreëls wat President Hage G. Geingob afgekondig het en roep gemeentes en lidmate op om gehoor te gee aan die maatreëls wat getref is. Ons vra ook dat almal op die mees effektiewe wyse saamwerk ter bekamping van die verspreiding van die virus: 

• Gryp hierdie een kans wat ons het om die verspreiding van die virus te beperk, deur so vinnig as moontlik en so beslis as moontlik, maatreëls te tref wat sosiale kontak tussen mense sal verminder.

• Begryp die andersoortigheid van die Corona virus. Dit vra van ons buitengewone deernis en optrede. Deernis beteken in hierdie omstandighede  om nou sosiale kontak te beperk waar en hoe ons ookal kan.

• Tree met groot verantwoordelikheid en selfbeheersing op. Dit word van gelowiges wat draers van hoop is, gevra om hulle te weerhou van onverskillige uitsprake.

• Moedig mekaar aan om te fokus op naastediens en om veral weerlose mense te ondersteun.

• Dink as gemeentes na oor hoe om nie maar voort te gaan met die tradisionele benadering tot die erediens nie, maar tref in plaaslike omstandighede maatreëls sodat die evangelie steeds aan mense verkondig kan word, sonder dat groot groepe mense hoef saam te kom.

• Hou innoverend eredienste op ander maniere deur gebruik te maak van beskikbare elektroniese en sosiale media platforms waarvoor die volgende skakels byvoorbeeld kan help: https://communitas.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Kreatiewe-idees-vir-gemeentes-18.03.2020.pdf; https://www.youtube.com/watch?v=9eSeV27DvhM;

• Versprei as gemeentes materiaal aan lidmate vir huisbyeenkomste deur van potgooi of Face Book plasings en gemeente webblaaie gebruik te maak. Preke kan ook op ‘n selfoon opgeneem word en op die webblad geplaas word as ‘n klankgreep.

• Besin deeglik as kleiner plattelandse gemeentes waar die byeenkomste binne die voorgeskrewe maatreëls kan geskied; en om - indien u kies om voort te gaan met byeenkomste - sorg te dra vir die wat as die mees kwesbare mense uitgewys is om ernstig siek te word – die oues van dae, klein kinders, die wie se immuunstelsel onder druk is en mense met longkwale. Verseker ook dat die moontlikheid vir oordrag beperk word deur oppervlaktes waarvandaan die virus kan versprei gereeld skoon te maak op maniere wat effektief is teen die Corona virus.

• Lig lidmate op ’n verantwoordelike wyse in oor voorsorgmaatreëls, eerste oppervlakkige onderskeiding van die simptome van die virus, aanmeldingprosedures, ens.

Ons bid saam met mekaar dat die Here ons sal beskerm en dat ons lewe in die tyd vir Hom tot eer sal wees.

• Uitgereik deur die moderatuur van die NGKN

Nuusbrokkies

Familie-nuus

Hulle verjaar

Feldmuis wens julle baie geluk:

• Ester Swarts, Mariental 07/04  063-242143 swartsc@iway.na

• Elaine Pienaar, Eros 07/04  081-2266246 zackpienaar25@gmail.com

• Dirk Coetzee, Oewer 13/04 081-7743888 nogemeente@gmail.com

• Dries Coetzee, Keetmanshoop  13/04 081 241 9558 ngkkhoop@iway.na

• Magda Coetzee, Keetmanshoop 16/04  081 241 9558 ngkkhoop@iway.na

• Manus Olivier, Swakoopmund 21/04  081-129-0598  rustics1234@gmail.com

• Thinus Coetzee, Maltahöhe 23/04 +277326715828   thinuslandie@hotmail.com

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met dr De Wet Strauss van Academia en prinsipaal van NETS oor die Groot Week, Goeie Vrydag en Opstandingsondag. Die tekste waarna gekyk word, is Jesaja 52:13 - 53:12 en Johannes 20:1-18. Luister eerskomende Sondag om 12:00 (of Dinsdag 07/04 om 09:30) en kuier saam met ons weer op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF op Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

---

Hartklop FM Paasfees boodskappe

Thijs van der Merwe se Oggendgodsdiens boodskappe vir die Groot Week op NBC se Afrikaanse diens - Hartklop FM saai soos volg uit komende week:

• Maandag tot Donderdagoggend om 06:00.

• Vrydagoggend 10/04 om 09h00 Goeie Vrydag oggenddiens

• Sondagoggend 12/04 om 09h00 Opstandingsondag erediens

Nuwe Publikasies

Pinksterreeks 2020 

Die Pinksterreeks vir 2020 is voorberei te midde van die ontstellende gebeure rondom die Koronavirus. Ons is almal skielik in groot onsekerheid gedompel; al waarvan ons skynbaar seker kan wees is dat ons wêreld dramaties aan die verander is – en dalk ook permanent so! Wat dit alles vir ons inhou, weet ons nog nie. Maar ons besef skielik weer ons gedeelde broosheid en gedeelde mens-wees. Ons voel aan dat ook ons as Christen-gelowiges, saam met al die ander mense (en die natuur), onderwerp is aan die gebrokenheid en lyding van hierdie wêreld.  Ons ontdek weer ons diepe afhanklikheid van God, ons Skepper.
Juis in hierdie tyd van angs en onsekerheid bied die boek Openbaring egter egte en diepe troos.  En dit nooi ons uit – God maak nuwe deure vir ons oop – om met geloofsmoed en entoesiasme, as individue en gemeentes, meegeneem te word in God se sending na die wêreld. 

Dr Coenie Burger het die reeks uitmuntend, en met ‘n deurleefde en gegronde teologiese aanvoeling geskryf. Die preke is bedoel vir Pinkster, maar daar is ook talle ander kreatiewe maniere waarop leraars en gemeentes dit kan gebruik. Die reeks sal ook in Engels verskyn.
Die Pinksterreeks 2020 is op CLF se webtuiste aflaaibaar onder "Resources - Week of Prayer / Pentecost" - https://clf.co.za/christian-resources/

Saam met die reeks verskyn daar DV teen die einde van April ʼn nuwe boek van Dr Coenie Burger: Oop deure – wat Openbaring ons oor die kerk se lewe en roeping leer.
Prof Marius Nel van Stellenbosch skryf oor die boek: “Coenie Burger se genuanseerde lees van Openbaring as gemeenteliteratuur teen die agtergrond van die Romeinse Ryk sal gelowiges en gemeentes se geestelike verbeelding opnuut aangryp oor hoe hulle vandag hul missionale roeping in uitdagende tye konkreet kan uitleef. Dit is ʼn helder, tydige en weldeurdagte uitleg van Openbaring deur een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde kerkteoloë”.
* Die boek kan bestel word by www.clf.co.za of order@clf.co.za, of bel: +27 (0)21 873 6964. Prys: R220.

Voorbidding

Bid vir Jemen en word bemoedig deur Wuhan!

Die voortslepende burgeroorlog in Jemen het in een van die ergste humanitêre krisisse in onlangse tye ontwikkel – dit maak ’n alreeds moeilike situasie vir Christene selfs nog moeiliker. Terwyl die oorlog voortduur, ervaar Christene diskriminasie in die verspreiding van noodleniging – dit word hoofsaaklik deur Islamitiese organisasies en moskeë versprei.

 Klik hier om meer te lees, en om nuttige gebedskyfies af te laai, sodat jy saam met ons kan bid vir ons broers en susters in Jemen.

 Laai Gebedskyfies af >>

 Terwyl ons aan die Kerk in Jemen dink en vir hulle bid, word ons ook herinner aan die talle uitdagings wat die Kerk wêreldwyd ervaar in die aangesig van die Covid-19-pandemie. As deel van die Liggaam van Christus deel ons nie net in mekaar se hartseer nie, maar ook in mekaar se bemoediging en vreugde.

Klik hier en wees bemoedig deur die Kerk in Wuhan gedurende hierdie tyd.

---
---

Ons bid vir ...

In die plek van ons gewone rubriek Bid vir die wêreld plaas ons die 21 dae kalender van Martelare vir Christus.

Vakatures en Ander Advertensies

Vakature – Bestuurder DEGNOS

Diens en Getuienis Noord Ooste Streek of te wel DEGNOS is die missionale arm van die NG Kerk Namibia werksaam in die Noord Oostelikke gedeelte van Namibia. DEGNOS se primêre doel is die ontwikkeling en ondersteuning van plaaslikke gemeentes en die toerusting van gelowiges wat die begeerte het om diensbaar te wees in die koninkryk van die Here.

➢ Die take van die bestuurder sluit in: 

• Opleier, program ontwikkelaar en fasiliteerder

• Mentor vir kerkrade en leraars van San gemeentes.

• Aktiveerder vir dissipelskap doeleindes.

• Skakel beampte om die werksaamhede van DEGNOS bekend te stel aan die breër publiek

• Strategiese Bestuur van DEGNOS

• Kantoor Administrasie en Fondswerwing

➢ Die ideale kandidaat sal oor die volgende eienskappe beskik.

• Dissipel van die Here Jesus Christus.

• Goeie komunikeerder met die vermoë om met alle belanghebbendes op ‘n doeltreffende manier te komunikeer.

• Passievolle opleier.

• Gawe om lief te hê met oorgawe in alle omstandighede oor alle grense

• Strategiese leier wat die organisasie kan lei op die pad wat die Here wys

• Minstens oor NQF vlak 6 (3 Jaar diploma of Graad) beskik

➢ Kwalifikasies en Ondervinding vereistes

• Gereformeerde Teologiese opleiding

• Aktiewe betrokkenheid in kruis kulturele dissipelskap programme.

• Aktiewe betrokkenheidin opleiding.

• Ondervinding in kantoor administrasie, finansiele bestuur en kerk bestuur.

• Ondervinding in mentorskap.

• Ondervinding in leierskap met veral fokus op langer termyn strategie.

➢ Sluitings Datum 15 April 2020 

Belangstellendes kan hul CV tesame met ‘n bekendstellings brief rig aan: 

Die Beheerraad DEGNOS, e-pos aan: hffuls@gmail.com

Lewensreg Woonstelle in Schanzenoord beskikbaar

Lewensreg op 2 slaapkamer woonstel op 6de vloer te koop teen 1 miljoen NAD of naaste aanbod.

• Kontak Frans du Toit by 081 261 7405 vir besonderhede

• Kontak ons gerus as u gemeente of bediening 'n vakature wil adverteer. Thijs van der Merwe by 081 124 3641 vir besonderhede

Giggel



Sê 'n lawwe vriend vir my die week oor Whats App:

Ek moet Dinsdag die asblik uitsit....

Ek is SO opgewonde, ek weet nie wat ek moet aantrek nie...!

---

Met die Khomas en Erongo streke wat in Grendeltyd is wil ons u elkeen bemoedig - veral die wat alleen êrens sal vertoef:

Die genade van ons Here Jesus Chrustus, die liefde van God ons Vader en die troosryke teenwoordigheid van die Heilige Gees is met jou - mag dit jou troos wees en jou dra in die dae! 

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,