Gebedspunte aan die hand van Service in Mission se wêreldwye gebedsaksie met die oog op Covid-19
1 Bid dat die Here ingryp in die verspreiding van die virus beperk. Bid dat die virus sal taan van vandag af en dat die getal van mense wat met die virus besmet word vinnig sal afneem. Bid en vertrou dat die Here vandag sal toetree in sy liefdevolle sorg.
• 1 Johannes 5:14 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. 15 En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.
2 Bid vir die wat siek is, dat hulle toegang sal kry tot die versorging wat hulle nodig het. Bid vir vrede en volharding te midde van lyding. Bid vir die wat in isolasie is, afgesny van die normale roetine van die lewe en hulle ondersteuning sisteme, dat hulle krag en vrede in die Here sal vind. Bid vir die duisende wat onder kwarentyn is, terwyl hulle wag om te hoor of hulle besmet is.
• Psalm 46:2 God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood.
3 Bid vir die gesondheidswerkers wat die versorging waarneem van die Covid-19 pasiënte. Bid vir beskerming teen besmetting, vir stamina gedurende lang intensiewe werksure en dat goeie voorsorg vir hulle beskerming getref en gevolg sal word. Bid vir gesondheidswerkers wat in die tyd roep na die Here.
• Psalm 107:28 Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei.
4 Bid vir die wat treur oor geliefdes wat aan die siekte gestref het. Dat in hulle hartseer hulle die nabyheid en troos van die Heilige Gees sal ervaar. Bid dat hulle die erbarming van die Here sal ervaar en van vriende en familie wat hulle ondersteun, al kan dit nie fisies gebeur nie. Bid dat hulle nie hoop sal verloor nie en vir genade vir elke dag.
• Filippense 4:6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
5 Bid vir die predikante, pastorale versorgers, pastore, priesters, ouderlinge, beraders wat plaaslike gemeentes bedien en moet rigting gee aan mense in die tyd, en wat ook eerste linie trauma begeleiding moet doen. Bid dat geestelike leiers werklik herders sal wees vir hul kuddes en dat hulle wysheid sal kry oor wat om te doen, hoe om te lei en wat om te sê.
• Jakobus 5:14 & 16b As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.
6 Bid vir die liggaam van Christus wêreldwyd om op te staan en die siekes en noodlydendes by te staan en om versorgers te wees en te word wat self-opofferend diens sal lewer soos ons Here Jesus ons veral in die Paastyd kom leer om te doen. Bid dat die kerk lig sal wees vir die gemeenskappe, die hospitale, stede, dorpe en gehuggies waar God hulle geplaas het. Bid vir ‘n vloedgolf van liefde, erbarming en diens in die naam van ons Here Jesus.
• 1 Korintiërs 12: 24b God het die liggaam so saamgestel dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom, 25 sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra. 26 As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. 27 Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan.
7 Bid vir regeringsamptenare en beleidmakers wat nasies en organisasies deur die krisis moet lei. Ons erken dat God elkeen in sy of haar posisie van mag, invloed en leiding geplaas het in hierdie tyd. Bid dat hulle effektief die situasies sal aanspreek soos dit ontvou en hulpbronne ontplooi soos en waar dit die nodigste is. Bid vir die wat moeiteloos agter die skerms swoeg om te sorg dat alles reg verloop. Bid vir die maatskaplike werkers wat aandag moet gee aan die wat weerloos en/of sonder heenkome in ‘n tyd soos hierdie is. Vir goeie gesonde administrasie en besteding van bronne.
• Jeremia 29:7 Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.
8 Bid vir hulle watsonder kennis van God se geande in Christus leef – dat die krisis en alles wat vertel word in die krisis hulle ook aan Sy liefde sal bekendstel. Bid vir die redding van elke mens. Vra om Christus ontwil vir baie om deur die krisis heen gered te word.
• 2 Petrus 3:9 Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.