Die versugting: Ek wil léwe
Berrie Holzhausen van Alzheimer-Dementia-Namibia (ADN) skryf:
Wat leer Covid-19 ons van Dementia?
Terwyl ek terug ry van ADN care-farm en dink oor al die emosionele debatte die afgelope maande – veral nadat President Geingob aangekondig het die "lockdown" word verleng – het dit my skielik getref!
Ek is al amper 10 jaar besig is met Dementia bewusmaking maar waarskynlik bitter min impak gemaak het in Namibia, terwyl Covid-19 binne ‘n paar maande ‘n wêreld wye huishoudelike naam geword het en dit op almal se lippe is.
Maar meer as dit het die ooreenkoms tussen mense wat met Dementia lewe en Covid-19 se gevolge my getref.
En vir die eerste keer is die teorie van wat mense met Dementia regtig ervaar, prakties sigbaar en voelbaar oral rondom my/ons.
Covid en die gevolge daarvan wat op ons afgedwing is, help ons op ‘n agterstevoor manier. Want nou het jy iets om die wêreld van ‘n Dementia mens mee te verstaan na aanleiding van jou eie belewenis van Covid-19.
GEDIAGNOSEER MET DEMENTIA – WAT GEBEUR DAN?
Wanneer iemand met Dementia gediagnoseer word vind die volgende plaas.
Die dokter, familie en samelewing skryf vir die Dementia persoon " ontkoppeling van die lewe/disengagement of life" voor.
Die dokter en familie neem besluite oor die toekoms van die persoon wat hulle dink vir die dementia persoon en almal om hom/haar die beste is, sonder om hom/haar daarin te ken word dit bloot afgedwing in die naam van: ons weet wat die beste vir jou is!
ONS WEET WAT DIE BESTE VIR JOU IS
Met die uitbreek van Covid-19 het WGO organisasie en regerings besluit wat die beste is vir alle mense in verskillende lande sonder om eers die land se bevolking daarin te ken en nou noem ons dit die geboorte van ‘n nuwe wêreldorde wat ons almal gaan indwing in ‘n polisie staat.
Ewe skielik moet alle mense gereeld hulle hande was en sosiale afstand toepas. Geen drukkies of hand skud nie.
Daar is darem aan ons verduidelik hoekom en dit maak sin, as daar regtig iets soos Covid-19 is sê die conspiracy aanhangers.
Al die moets en moenies van maskers dra, soms handskoene dra, higiëne en sosiale afstand word op TV, radio , sosiale media en gedrukte media oor en oor aan ons verduidelik.
Alhoewel die meeste van ons dit verstaan steur baie hulle nie daaraan nie asof hulle dit nie gehoor het nie. Of dalk as ‘n reaksie van iemand wat ontsteld is omdat hy/sy nie geken is in die besluite, wat nou afgedwing word op almal asof net ‘n paar weet wat goed vir die res van ons is.
En dan kom die inperkings maatreëls. Die meeste van ons moet ons werksplek ontruim, waar moontlik kan mense van die huis af werk. Dit het tot gevolg dat baie mense oornag hulle bron van inkomste verloor het, en dit gaan die wêreld in ń ongekende resessie dompel, waarsku die finansiële kenners.
Ons beweging word beperk.
In Namibia is ons gelukkig want ons kan meer rondbeweeg buite die huis. Gaan stap ,draf of fiets ry en selfs met ons troeteldiere gaan stap. In Namibia ervaar ons iets van darem nog as volwasse denkende mense behandel word.
Wanneer jy met Covid-19 aansteek word jy onmiddellik onder kwarantyn geplaas en verloor jy selfs die beperkte beweging om nou en dan uit te kom, en selfs om van die huis af te werk omdat jy moontlik baie siek kan word. ń sekere presentasie ( baie klein) sterf dan nadat hulle ernstige respirasie uitdagings ontwikkel het en sterf ń baie aaklige dood.
Elders hoor ons, word hospitale so oorlaai dat dokters besluit wie moet sterf en wie se lewe gaan gered word.
Die meeste mense wat siek word genees en herstel weer volkome daarvan en kan weer met hulle lewe voortgaan.
Al bogenoemde maatreëls skep angstigheid , onsekerheid en ongekende frustrasie. Die positiewe is dat ons oor en oor presies ingelig word hoekom en hoe lank moontlik dit gaan duur en dat ons almal die hoop het dat dit stadig maar seker eendag onder beheer sal wees. Daar is ook die hoop dat daar aan ‘n inenting gewerk word wat ons in die toekoms sal beskerm en weer normale lewe tot gevolg sal hê, ten spyte van Covid-19 wat hier is om te bly soos alle ander corona virus van die verlede.
Die persoon wat met Dementia lewe (PMDL) se lewe
Na Dementia diagnose word daar oornag besluit die PMDL moet sy/haar werk bedank, nie omdat jy ander kan aansteek by die werksplek, maar omdat jy glo ‘n gevaar vir jouself en ander inhou en nie meer in staat is om jou produktiwiteit standaard van die verlede te handhaaf nie.
So besluit ander om jou, òòr jou.
Jy word gestroop van alles wat sin gee aan die lewe. Jou motor sleutels word van jou weg geneem, jy mag nie meer jou eie bankrekening bestuur nie. Elke sent waarvoor jy baie hard gewerk het word van jou "afgeneem" selfs dmv ń hofbevel indien nodig.
Jy mag nooit weer alleen iewers heen gaan nie. Jy sal nie weer gaan visvang, ‘n rugbywedstryd bywoon, ‘n paar doppe saam met jou pelle in die kroeg gaan drink, ‘n teater besoek, op reis gaan, of gaan braai saam met vriende wat in elk geval na jou diagnose verdwyn het.
Jou hele lewe word tot stilstand geruk , NIE deur Dementia maar mense om jou wat die meeste van die tyd absoluut of baie min kennis het rakende Dementia. Om jou sogenaamd veilig te hou word jy beperk tot jou eie huis met deure wat gesluit word. Eintlik die meeste van die tyd omdat jy ‘n verleentheid vir jou familie is.
Niemand besoek jou meer, want hulle weet nie wat om met jou te gesels nie en sê agter hulle hande: Dit is nie meer die Berrie wat ons geken het nie of sê: Ek wil my ma onthou soos sy was!
Sosiale afstand word totale sosiale ontkoppeling.
Nooit word jou siekte met jou bespreek, of word jy bygestaan om nog te doen wat jy in staat is nie. Toegelaat om te fokus op wat jy kan en nié meer kan doen nie. Daar word selfs vir jou gekies wanneer om te gaan slaap en wanneer om op te staan, wat jy moet aantrek en wanneer jy uitgetrek en aangetrek word, wat jy mag eet en wat jy nie meer mag drink nie. En sigarette is ongesond... belaglik want ‘n PMDL is ‘n sterwende mens.
Dit is so belaglik soos die moordenaar wat die volgende dag gehang sou word en toe vra om vir oulaas ‘n bier te kan geniet. Hy blaas toe die skuim van die bier af en toe hulle hom vra hoekom hy dit doen, sê hy: My dokter het gesê die skuim is ongesond!
Alhoewel jy gou dit wat vir jou gesê word vergeet, word jy net eenvoudig nooit weer herinner wie en wat Dementia is, en dit terwyl mense wie se geheue baie goed is oor en oor herinner word aan wat hulle mag en nie mag en moet en nie moet doen tydens Covid-19, maar jou geheue verlies word op geen manier ondersteun want daar is nie tyd voor nie.
Jou dementia is progressief en permanent.
Dit is terminaal en niemand oorleef dit nie. Daar word al dekades gesoek na ‘n genees middel maar geen mediese wetenskaplike kon nog daarin slaag om iets te vind nie en tog is dit glad nie aansteeklik nie.
Die meeste PMDL sterf vanweë pneumonie, nie omdat ‘n virus dit veroorsaak het, maar omdat hulle nie meer alles wat hulle eet en drink kan sluk nie en dan infeksie in die longe ontwikkel.
Jy kan dalk nie meer met ‘n mes en vurk of lepel eet, want jy verstaan nie meer wat die voorwerpe is nie. Jy kan nog met jou hande eet maar dit is ontoelaatbaar in die sogenaamde normale samelewing nie en nou word jy gevoer soos ‘n baba.
Wanneer jy frustrasies ontwikkel van nié weke of maande, MAAR jare se inperking – van nie toegelaat word om dit te doen wat jy nog kan doen nie, dan word jy met medikasie tot ‘n zombie gereduseer.
Wanneer jy wel geslaag het om ‘n bietjie weg te glip net om weer vry te kan voel, word jou inperking strenger toegepas en jy word selfs na ’n soort "tronk" oorgeplaas waar "bewaarders" jou baie keer mishandel omdat jy nie presies doen soos hulle sê nie. Wanneer een van jou familie jou dalk besoek kan jy nie kla nie, want jy het nie meer genoeg woorde om dit wat jy wil sê, te kan s nie. Boonop het die besoeker gewoonlik nie die tyd of geduld om die paar woorde wat jy het, te help ontleed om so na jou pyn, verwerping, inperking en vernedering te luister nie.
As jy honger of dors is of pyn het en jy weet nie waar om kos of water te kry nie. Jy kan dit ook nie meer met woorde beskryf nie, want die dementia dief het jou woorde gesteel. Uit frustrasie maak jy dan gebruik van aggressie as liggaamstaal om te verduidelik watter behoeftes jy het, en al wat gebeur is dat jy as gevaarlik beskou word en met medikasie tot die status van "onskadelikheid" verdoof word.
Lank voor jy sterf besoek feitlik niemand jou meer. Of jy alleen gaan wees as jy sterf is baie waarskynlik. Dat jy van dementia gaan sterf is 95% seker, die ander 5% is vanweë ’n ander siekte.
Jou vriende vra dalk na jou bloot om hulle gewete te sus maar besoek jou nooit asof Dementia aansteeklik is soos Covid-19 of dalk is hulle skaam vir jou. Jy weet nie want niks word weer met jou bespreek en jou siening word al jare nie meer erken nie.
COVID EN ONS
En nou dat Covid-19 uitgebreek het, is hulle wat sê dat hulle jou liefhet , nie bereid om jou te beskerm teen Covid-19 nie. Hulle weet daar sal nie gou ‘n inenting teen Covid-19 wees en om hulle inperking wat maar nou eers ‘n paar weke is, op te laat hef, veg hulle vir ‘n "herd immunity" wat beslis die PMDL se lewe op die offer altaar vir geforseerde evolusie vereis. Hoekom? Want die lewe is tydens ’n pandemie, wat wel weer sal verby gaan, nie bedoel vir die swakkes en weerloses nie. Hulle wat in elk geval aan ‘n terminale siekte lei en doelloos ‘n ekstra mond is wat jou geld en hulle erfporsie wegvreet.
Mag ek, ‘n aktivis vir mense met dementia waag om namens Dementia mense te vra:
Aanvaar die inperkings, bly by jou huis ter wille van hulle, want al vergeet hulle baie dinge en herken hulle sommige bekendes nie meer en soek hulle na woorde om vol sinne te kan praat en dink sommige mense hulle sal binnekort ’n gevaar op die pad wees en nie meer my hulle eie geld kan bestuur nie en sal hulle eendag na ‘n dementia versorging plek moet gaan, wil hulle graag nog reis en dit doen waarvan hulle hou en nog steeds mee goed is, maar vanweë hulle onderliggende siekte is hulle weerloos as Covid-19 hulle ontmoet en miskien is jy die een wat Covid-19 aan hulle gaan voorste noem dit LEWE!!
EK HOOP ONS ERVAAR TYDENS ONS INPERKING IETS VAN DIE WÊRELD VAN DEMENTIA EN WANNNEER ALLES VIR ONS VERBY IS HOOP EK ONS GAAN TOTAAL ANDERS DINK OOR MENSE MET DEMENTIA
Jy wil lewe. Hulle sê: Al het ek Dementia wil ook lewe!!!!