Header

Jaargang 17 - Uitgawe 23/2020 - Donderdag  18 Junie 2020

ngkn@ngkn.com.na

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Opleidingsgeleentheid

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

Wildernis Terapie se mentorsprogram weer op dreef

Wildernis Terapie is 'n bediening aan skoolgaande jeug wat aanpassings- en dissipline probleme ervaar. Die kinders word op n 8 dae stap in afgeleë plekke in die Namibiese wildernis geneem. Die eerste blootstelling berei hulle voor vir die pad van 'n jaar of meer waarin die groep saam gementor word. Die ervarings en uitdagings wat hulle saam moet oorkom, brei die kinders en sterk groepskohesie ontwikkel. Dit word dan benut om te belê in elkeen se individuele groei en ontwikkeling. WTN spog met uitstekende resultate met hul program.

Na die inperkings hulle in die wiele gery het, het die mentoraatsprogramme hervat - dit is die hartklop van WTN. 

Lesers wat betrokke wil raak by die stappe, as mentors wil optree of op ander maniere wil betrokke raak kan me Pikkie Hofman kontak 0812933551

Hul kwartaalblad het 'n paar mooi stories wat ons graag deel:

---

Mariaan is tuis na byna 'n maand in die hospitaal

Mariaan en Johannes Maritz predikantspaar van Okahandja is diep dankbaar dat Mariaan na bykans 'n maand in die hospitaal Woensdag huistoe is.

Sy is met sakke vol medikasie huistoe, en daar lê nog 'n lang herstelpad voor van herwinning van kragte. Die verligting was groot dat die internis tevrede was dat sy tuis verder kan aansterk. Ons is saam met hulle dankbaar vir elke klein treetjie van vordering.

---

HONNEURS TEOLOGIE BY NETS

‘n NQA geakkrediteerde Honneurs (afstandsonderrig met kontak weke)

Inligtingsessie

22 Junie 18:00 – 19:00 ‘n inligtingsessie op NETS se kampus

Die koste vir die twee jaar kursus beloop N$ 20,400 en word verdeel oor die tydperk.

Die studie val uiteen in vier groot bane:

• Navorsing, wat insluit metodiek, skryf van navorsingsvoorstel en ‘n mini-verhandeling

• Teologie in Konteks, wat o.a. kyk na Teologiese strome in Afrika, die vroeë kerk, gedurende en sedert die Reformasie

• Bybelse dissiplines, wat in Ou Testament en Nuwe Testament uiteenval

• Keuse vakke, waar spesialisasie velde gekies kan word.

Kontak besonderhede

• Om meer besonderhede word belangstellendes genooi om navraag te doen by NETS. 

• Akademiese dekaan: academicdean@nets.edu.na of vir die B Honneurs kursus: Algemene navrae: administrator@nets.edu.na en oor die inhoud: honours@nets.edu.na

Familie-nuus

Hulle verjaar

• Jossie Koekemoer Windhoek-Oos 19/06 061-231045 hendrikk@iway.na

 Feldmuis wens haar van harte geluk!

Uit ons Annale

JT Potgieter - sy ywer vir 'n Ouetehuis en meer

Ds Johannes Theodorus Potgieter is op 10 Oktober 1905 gebore. Nadat hy eers ‘n ander loopbaan gevolg het, studeer hy in die teologie en word in 1938 gelegitimeer as proponent in die NGK. Hy wy sy hele bediening aan die kerk in Namibië – toe nog die NGK in Suidwes Afrika.

Hy dien eers as predikant van Gibeon (die gemeente sou later die gemeente Mariental word en skuif na waar dit vandag is) en daarna in die gemeente Okahandja.

Hy speel ‘n sleutel rol in die opbou van die kerklike lewe hier te lande en die selfstandigwording van die Sinode van Suidwes Afrika in 1957.

Hy beywer hom vir diens van barmhartigheid en word in 1959 benoem as Saakgelastigde asook Argivaris van die sinode. Hy word in dieselfde tyd ook die Sekretaris van die sinodale kommissie vir Diens van Barmhartigheid. Dit was in die hoedanigheid wat hy die dryfveer was vir die bou van die oue tehuis in Windhoek Wes, wat in 1965 voltooi is.

Hy is op 29 Mei 1966 oorlede in die ouderdom van 60 jaar. Uit erkentlikheid vir sy ywer wat die versorging van bejaardes en die bou van ‘n doelmatige ouetehuis, word dit na hom vernoem in 1967. Die tehuis is in September 2006 herdoop na Oude Rust Oord.

Opleidingsgeleentheid

Die VBO Forum bied aan: Tienerdepressie 

Die VBO-forum bied twee aanlynwebinare oor die onderwerp van tienerdepressie aan, tydens die Covid-19-pandemie. 

Johan Laten is die aanbieder op 17 en 18 Junie 2020, om 10:00. 

Klik hier om te registreer.

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met ds Marco Koch van Windhoek Eros en lid van die Kuratorium wat toesig hou oor ons opleiding. Hulle gesels oor koninkrykstyd met Matteus 10:24 - 42 in gedagte. Luister eerskomende Sondag om 12:00 (of Dinsdag 23/06 om 09:30) en kuier saam met ons weer op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF op Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

Lig bring hoop

"Hierdie maand is LiG vol stories van hoop," sê waarnemende redakteur Conette le Roux oor die Julie-uitgawe, wat pas op die rakke verskyn het.

Ons lees oor voorbladvrou, Sonja Herholdt, wat erken dat rustigheid saam met ouderdom gekom het; van gesinne wat kreatitief kamp en speel tydens die inperking; en van 'n ouma wat gekies het om die plaasmoordenaars te vergewe wat haar kinders en kleinkind uitgewis het.

Ons is dankbaar oor die volgende vlak van inperking, en staan vir 'n oomblik stil om díe te erken wat steeds in die voorste linie van Covid-19 veg om ander aan die lewe te hou. 

Saam met hierdie reuse-wêreldkrisis kom daar ook nuwe geleenthede en ons het by drie vroue-entrepreneurs gaan hoor hoe hul plig en plesier balanseer. Kyk ook uit vir kunstenaar Alisa Günter (25) van Vos & Ink se pragtige waterverf-illustrasies, en lees oor die veranderende landskap van kerkwees waar 'n Johannesburg-dominee vertel: "Ons adres is oral waar ons gemeentelede woon en werk."

Ons vertrou dat jy ook geloof, hoop en liefde deur hierdie uitgawe sal ervaar... Met voete soos dié van 'n ribbok.

Om in te teken op LiG, kliek hier. 

My eerste Bybel Doen en Leer Boek

PRYS: R25.00

KOOP HIER l LEES MEER

In My eerste Bybel Doen en Leer-boek word kinders van 0-6 jaar oud en nuwe lesers van enige ouderdom blootgestel aan basiese geletterdheid deur middel van die ryk skat van Bybelverhale met hulle kleurvolle karakters. Daar word gebruik gemaak van die Doen en Leer-metode wat ’n hele nuwe wêreld van basiese sowel as Bybelse geletterdheid ontsluit. Die boekie word deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika uitgegee en versprei. Ingesluit by die boek: ikone, flitskaarte en ’n leiersgids.

My tweede Bybel Doen en Leer Boek

PRYS: R25.00

KOOP HIER l LEES MEER

My tweede Bybel Doen en Leer Boek word kinders en nuwe lesers van enige ouderdom blootgestel aan basiese geletterdheid deur middel van die rys skat van Bybelverhale met hul kleurvolle karakters. daar word gebruik gemaak van die Doen en Leer-metode wat 'n hele nuwe wêreld van basiese sowel as bybelse geletterdheid ontsluit.

‘Die Here het ons eredienste weer teruggegee!’

Om die terugkeer van eredienste uit die ballingskap van inperking te vier, het die NG Gemeente Haakdoorn in Pretoria alles gedoen wat ons nie mag nie, maar sonder om een wet te oortree, vertel ds Koos Nel. | Lees verder

Miskien moet die deure tog oop!

“Uitnodi­ging na die virtuele troosdiens van oom Dolf.” Ek klik op aanvaar die uitnodiging, vertel prof. Johan van der Merwe.  | Lees verder

---

Voorbidding

Bid vir Mianmar

Om van die Boeddhistiese erfenis van Mianmar af te wyk, word as agterdogtig en potensieel gevaarlik beskou. Die radikale Boeddhistiese beweging Ma Ba Tha gaan steeds voort om Boeddhisme te “beskerm” as die land se nasionale godsdiens. Om die geloof van jou stam te versaak, word as verraad gesien en kan lei tot isolasie in die samelewing of huisarres.

Klik hier om meer te lees, en om nuttige gebedskyfies af te laai, sodat jy saam met ons kan bid vir ons broers en susters in Mianmar.

---

Betogings teen rassisme kring uit

Betogings teen rassisme het in al die Amerikaanse state, sowel as in meer as 50 ander lande, uitgebreek ná die dood van George Floyd in Minneapolis, Minnesota, op 25 Mei.

Die betogings het gou van geregtigheid vir George Floyd verander in ’n wêreldwye oproep vir die beëindiging van rassisme en polisie-brutaliteit.

In baie Europese lande het betogers hulle gewend tot die beskadiging of omgooi van standbeelde van leiers soos koning Leopold in Brussels en Winston Churchill in Londen, wat diskriminerende standpunte gehuldig het. In Hongkong het betogers rasse-onreg by hulle lys van griewe gevoeg; intussen duur betogings by Amerikaanse ambassades in verskeie lande, insluitend die Chinese streek, voort.

Hoewel die meeste betogings in die onderskeie lande vreedsaam verloop het, was daar, sowel in Amerika as in ander lande, etlike gevalle van onluste, plundery en gewelddadige botsings tussen die betogers en polisiemagte. Die kollektiewe betogings het tot gevolg dat die ‘Black Lives Matter’-beweging een van die grootste burgerreg veldtogte in die geskiedenis is. Ten spyte van sosiale distansiëring wat as gevolg van COVID-19 geld, vergader betogers steeds in hulle duisende.

Uit ’n Christelike perspektief skryf die apostel Paulus in 2 Korintiërs dat God deur Christus aan gelowiges die bediening van versoening toevertrou het en daarom moet die Kerk as ambassadeur van Christus optree sodat ons in Christus deur God vrygespreek kan wees. In die bediening van versoening is daar drie stappe, waarvan erkenning die eerste is.

Die Kerk moet die ongeregtigheid wat in die wêreld gepleeg word, erken voordat daar voortgegaan kan word om dit te bekamp.

Die tweede stap is berou. Gelowiges moet elk hulle eie hart ondersoek om uit te vind op watter wyse hulle bygedra het tot die voortgaande ongeregtigheid in hulle samelewings en dan ’n doelbewuste poging aanwend om deel van die oplossing te word.

Die derde stap is om tot aksie oor te gaan om die probleem op te los. Die Kerk is geroep om vredemakers te wees en moet praktiese stappe doen om dié vrede te bewerkstellig. Baie van die betogings oor die wêreld heen word deur godsdiensleiers aangevoer. Die Kerk moet aan die voorpunt van die stryd teen rasse-onreg bly en erken dat alle mense, ongeag velkleur, gelyk en na die beeld van God geskape is. ’n Verenigde front deur die Kerk teenoor rasse-onreg is van kardinale belang om ’n vreedsame oplossing vir die wydverspreide rasse-ongelykheid te vind.

Bid saam met ons vir die volgende:

• Dat betogings vreedsaam sal bly en die doel voor oë te hou; om bewustheid te skep en sleutelareas van ongelykheid en ongeregtigheid aan te spreek;

• dat die Kerk ’n effektiewe instrument in die Here se hand sal wees om ongeregtigheid in die samelewing aan te spreek; en

• dat gelowiges ambassadeurs van vrede en versoening sal wees en dat daar genesing van diep wonde kan plaasvind.

Vakatures en Ander Advertensies

Lewensreg Woonstelle in Schanzenoord beskikbaar

Lewensreg op 2 slaapkamer woonstel op 6de vloer te koop teen 1 miljoen NAD of naaste aanbod in Schanzen-Oord.

Lewensreg beskikbaar op 2 slaapkamer woonstel op grondvlak.  N$990 000.

• Kontak Frans du Toit by 081 261 7405 of fdutoit321@gmail.com vir besonderhede 

• Kontak ons gerus as u gemeente of bediening 'n vakature wil adverteer. Thijs van der Merwe by 081 124 3641 of alg.sekr@ngkn.com.na vir besonderhede 

---

CML UITVERKOPING

CHRISTELIKE MOBIELE LEKTUUR bied tans 50% AFLAG op alle boeke. Koop nou 4 cd's of 2 DVDS  @ slegs 100.00.

TEL NAVRAE:234466 OF 0812426998[EDGAR]

TAKKE IN WINDHOEK by 

• MAERUA MALL - TEL 301600

• BAINES - TEL 243427

• GUSTAV VOIGTS SENTRUM MIDDESTAD - TEL 234466

TAKKE IN DIE RES VAN DIE LAND by

• SWAKOPMUND: TEL 064-403074

• WALVISBAAI TEL 064-220374

• OTJIWARONGO  TEL 067-303915

Giggel

---