Header

Jaargang 17 - Uitgawe 28/2020 - Donderdag  22 Julie 2020

ngkn@ngkn.com.na

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Uit die anale

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Opleidingsgeleentheid

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

Brood en Brood van die Lewe in Kaokoland

Retha Olivier sterk mooi aan

Verlede week is berig oor Retha Olivier wat ‘n baie delikate operasie aan die dikderm ondergaan het.

Volgens haar eggenoot André - tans moderator van die NGKN - maak sy goeie vordering. Dit lyk asof die vier uur lange prosedure 'n sukses te was.

Sy sterk aan by haar dogter en skoonseun aan huis in Windhoek. Op die foto ontvang sy die prys as boervrou van die jaar 2016 vir haar gemeenskapswerk met Trots Aranos (Foto: Algemeine Zeitung)  

Hagia Sophia weer 'n moskee

Die Turkse president Erdogan van Turkye het 'n golf van ontsteltenis ontketen toe hy op 10 Julie die Hagia Sophia in Isanbul van 'n museum terug omgeskakel het na 'n moskee. Selfs uit Muslim geledere is daar ontsteltenis uitgespreek oor die stap wat in daardie kringe as anti die Profeet beskryf word. 

Die gebou was eens die hoofsetel van die ortodokse Christen tradisie in wat toe Konstantinopel was.

InContext skryf hieroor: From a Christian Perspective, These are potentially dark times for the Church in Turkey, which has weathered many ‘storms’ and attempts to eradicate them over the centuries.  Read more...

Uit die Anale

• 'n Mooi stukkie geskiedenis van samewerking tussen die Duits Lutherse kerk en die NG Kerk - in 1934 al. 

Familie Nuus

Hulle verjaar

• Zack Pienaar, Windhoek Eros 25/07 081-2266246  zack@ng-eros.com

Feldmuis en ons lesers wens Zack geluk en seën in die nuwe lewensjaar toe!

Opleidingsgeleenthede

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met dr Schalk Botha Hoof Uitvoerende Beampte van die Bybelgenootskap van Namibië. Hulle gesels oor Bybelgenootskap se werk en koninkrykstyd met Genesis 32:22 - 31 in gedagte. Luister eerskomende Sondag om 12:00 (of Dinsdag 28/07 om 09:30) en kuier saam met ons weer op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF op Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

Missionale Bybels en boeke vir gemeentes

Hierdie missionale katalogus is spesifiek saamgestel om gemeentes te help om uit te reik na gemeentelede en mense in nood.

Nog goeie nuus! Bestel voor 30 Julie en ontvang 15% afslag op bestellings van R550 of meer.

Hierdie katalogus bevat Missionale Bybels en kinderboeke wat presies vir hierdie doel aangewend kan word.

Klik hier om jou Missionale Bybels en kinderboeke aan te koop …

God in die gewone

Karen Swart se boek: God in die gewonegewaarwordinge van dinge wat ons nie kan sien nie is op die oog af ‘n vrolike, lekkerlees boek vol stories. Die verhale gaan oor gewone insidente in die lewe van kind-wees en later die van ‘n volwassene, maar dié gewaarwordinge word uit ‘n aweregse hoek bekyk. Die boek bevat vertellings oor ‘unieke’ familielede, gegeur met heerlike tikkies humor en deernis; dit gaan oor die gesukkel om te glo ‘soos dit van jou verwag word’; dit gaan oor gewone dinge in die lewe van ‘n gewone vrou. Maar telkens is daar die verrassing, as God in hierdie gewone, alledaagse ontdek word, en ons gehelp word om God se teenwoordigheid tog in die ‘onsienlike’ raak te sien. Dan kom die verwondering! Die boek is bedoel vir almal van ons wat nie alles verstaan nie en soms bietjie sukkel om binne die gebaande weë te glo.   

Dit is nie in die asemrowende nie, maar in die gewone wat die wonderwerk van die lewe lê.

Gelowige mense is altyd op soek na die asemrowende. Hulle wil snak na hul asems en iets groter as groot ervaar. Die waarheid en die sin van die lewe moet altyd met trompetgeskal aangekondig word. Dit kan nie net rustig na jou toe aan rimpel en oor jou spoel nie. Soms is al wat dit verg om God te sien, om stil te staan en te sien hoe daar in jou lewe vir jou gesorg is. Hoe slegte tye oorleefbaar gemaak is en hoe God altyd net daardie misterieuse teenwoordigheid was met wie jy gestry het, wat jy ontken het, maar wat jou nooit verlaat het nie. God is asemrowend, maar nie omdat Hy in die asemrowende gevind kan word nie. God is asemrowend, omdat as jy jou oë oopmaak, sal jy Hom sien … daar in die gewone.

Koste R200 aanlyn te koop by https://clf.co.za/product/god-in-die-gewone/ of stuur ’n e-pos na order@clf.co.za

VOORBIDDING

Bid vir Mauritanië

Christene in Mauritanië is ’n klein minderheid (net 0.2%) van die totale bevolking van 4,5 miljoen. As ’n Islamitiese republiek is die invloed van ekstremistiese Islam besig om toe te neem. Radikale Islamitiese predikers dra tot ’n groot mate by om die samelewing te radikaliseer en haat teenoor nie-Moslems aan te vuur. Indien iemand se sieninge aangaande Islam as krities beskou word, kan die persoon tot die dood veroordeel word, alhoewel die wet tans merendeels simbolies is.

Klik hier om meer te lees, en om nuttige gebedskyfies af te laai, sodat jy saam met ons kan bid vir ons broers en susters in Mauritanië.

---

Vakatures en Ander Advertensies

Lewensreg Woonstelle in Schanzenoord beskikbaar

Lewensreg beskikbaar in 'n 2 slaapkamer woonstel op grondvlak.  N$990 000.

• Kontak Frans du Toit by 081 261 7405 of fdutoit321@gmail.com vir besonderhede 

VERBLYF BY PIONIERSPARK GEMEENTE

• Ons het die 2e pastorie in Redecker straat, straat-af van die kerk, omskep in ‘n kommune met 8 kamers en ‘n volle toegeruste kombuis, braai ens.

Ons stel die fasiliteit beskikbaar en verhuur individuele kamers: 5 en-suite en 3 met privaat badkamers, vir jong werkendes of studente. 

Oornagverblyf ook beskikbaar- gemeentelede (of vriende /familie) wat Windhoek moet besoek vir sake/mediese redes ens. is welkom om ons te kontak.  Dit is veilig, gerieflik en bekostigbaar.

• Studente/Jong werkendes wat permanente verblyf benodig

• Persone wat dag tot dag verblyf in Windhoek benodig

Beskikbaar vanaf 01 Augustus 2020

Navrae, skakel Cornel Corbett  061-241537 of skryf na cornelpionierspark@gmail.com

---

AlzheimersDementiaNamibia

• Werksgeleentheid in Swakopmund/ Job opportunity in Swakopmund

• Geregistreerde Verpleegkundige / registered Nurse

Stuur Navraag & CV na / Send Enquiries & CV to: berrie.holtzhausen@gmail.com or sufraniuys@gmail.com

• Kontak ons gerus as u gemeente of bediening 'n vakature wil adverteer. Thijs van der Merwe by 081 124 3641 of alg.sekr@ngkn.com.na vir besonderhede 

Giggel

• Erediensbeplanning....

---