Header

Jaargang 17 - Uitgawe 29/2020 - Donderdag  29 Julie 2020

ngkn@ngkn.com.na

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Uit die anale

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Opleidingsgeleentheid

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

P.E.A.C.E Plan wil gemeentes help om gemeenskappe te transformeer

Almal hoop dat die land en ons gemeenskappe sal transformeer. Verskeie opnames wat informeel gedoen is oor tyd en in dagblaaie publikasie gekry het toon aan dat die gemeenskap graag verandering wil sien in die lewe van gemeenskappe.

Verskeie probleme word uitgelig in die proses, onder andere dat rekonsiliasie in die land nog nie 'n realiteit is nie, geweldsmisdade, gesins geweld, geslagsgeweld, vergrype aan drank en dwelms, armoed... Dis 'n lang lys.

Die P E A C E Plan is ‘n humanitêre ontwikkelings program vir kerke en is ‘n evangelies begronde Christin sendingaksie van Saddleback Church in Lake Forest Kalifornië in die Verenigde State van Amerika.

'N STUKKIE AGTERGRON
Die P.E.A.C.E. Plan is aan die gang gesit by die lees van ‘n artikel oor HIV/Vigs weeskinders in Afrika. Kay, eggenote van die bekende Baptiste pastoor Rick Warren was geraak deur die artikel. Daarna, in 2003 ontmoet Rick en Kay Warren ‘n pastoor in een van Johannesburg se swart woongebiede.

Dieselfde jaar is die program gevestig deur Saddleback Church met die doel om vyf groot ontwikkelings uitdagings aan te spreek. Vir 18 maande is loodsprojekte uitgetoets deur verhoudings tussen gemeente kleingroepe en plattelandse gehuggies.

In 2005, is die program geloods in Rwanda wat die eerste permanente vennoot was.  

In 2008, na konsultasie met kerkleiers in verskeie lande oor die effektiwiteit van die program, is verskeie aanpassings gemaak. Een van die elemente wat toegevoeg was, is ‘n versoeningskomponent.

WAT IS DIE PEACE PLAN?

Die Peace Plan het ‘n wêreld op die oog waar die plaaslike kerk die enjin vir transformasie in elke gemeenskap is.

Dit daag gelowiges uit om hulself in te dink hoe lyk so gemeenskap. Hoe lyk ‘n gemeenskap waar gewone gelowiges in plaaslike gemeentes bemagtig is om ‘n die unieke maniere waarop God elkeen gevorm het om ‘n impak te maak op die wêreld.

Dit dra ‘n visie Imagine dat kerke en van alle groottes en denominasies saamkom in ondersteuning van mekaar, om ervaring en lesse geleer met mekaar te deel sodat hulle saam en afsonderlik in eie kring die groot uitdagings in die gemeenskap en die wêreld waarbinne hulle hulself bevind aan te pak.

Dus is die Peace Plan ‘n instrument en proses om die plaaslike geloofsgemeenskap en gelowiges te help om die gedeelde droom van die koms van die Koninkryk van God na te jaag. Elke gelowige, elke gemeente, is uniek deur God begiftig en geplaas sodat die koninkryk kan kom.

Die Peace Plan is nie iets nuuts nie, dis ‘n poging om wat geowiges, leiers en gemeentes reeds weet moet gebeur – en wat dikwels nie gebeur nie – te help om te gebeur. Die groot pluspunt van deel wees hiervan, is dat die wile nie orals elke keer van vooraf uitgevind hoef te word nie.

IN NAMIBIë

Glenn Joseph is in Namibië die sameroeper van die Peace Plan.

Oor die Peace Plan sê hy: Jesus het die kerk gevestig en met Sy outoriteit bemagtig of die agent te wees wat Sy liefde aan die wêreld demonstreer…. In die Groot Opdrag het Hy elkeen van Sy navolgelinge geroep – nie net ‘n uitgesoekte groepie nie – om ‘n lewe te leef van gestuurdheid: “Aan My is alle mag gegee in hemel en op aarde… Gaan dan!” Die  PEACE Plan bewerk volhoubare transformasie omdat dit DEUR die kerk geïnisieer word en DEUR die kerk geskied. Wanneer die plaaslike kerk die sentrum van verandering in die gemeenskap word, is die resultaat is volhoubare transformasie wat toepaslik reproduseerbaar is.”

Vir meer inligting kan hy gekontak word by glenjos@icloud.com of 0811492428 Of gaan loer op die fb bladsy: https://www.facebook.com/groups/2557368801259119/

Retha Olivier en Manus Olivier sterk tuis aan

Verlede week is berig oor Retha Olivier wat na ‘n baie delikate en ingrypende operasie aan die dikderm by haar kinders in Wndhoek aansterk.  Sy het sodanig herstel dat sy Vrydag terug plaas toe kon reis op Aranos - met streng opdrag om vir ses weke haar baie stil te gedra.

So in die stilligheid het Manus Olivier ook 'n operasie ondergaan wat verwant is aan die bestralingsterapie wat hy moes ondergaan verlede jaar. Manus het kanker in die sinus holtes gekry en nadat die aanvanklike behandeling 'n paar jaar gelede suksesvol was, het die gewas weer begin groei verlede jaar.

Die bestralingsroete is gevolg en was weer suksesvol om die gewas te laat krimp. Die kummulatiewe effek van die bestraling - hy het oor die sewentig intensiewe sessies gehad altesaam - het nou komplikasie veroorsaak wat hom baie siek gemaak het. Die been in die sinusholte is aangetas wat hom by die dood laat omdraai het.

Kortisoonbehandeling het gehelp, maar hy moes nogtans in Windhoek 'n prosedure ondergaan om van die been te verwyder. Volgens Manus is hy weer op die been, maar hy het baie uitdagings gesondheidsgewyse. 

Uit die Anale

• 'n Stukkie geskiedenis van 1987 in die Engelse wyk van Windhoek moedergemeente

Familie Nuus

Hulle verjaar

• Christo Swarts, Mariental   02/08  081 3634087  swartsc@iway.na

• Erik van Zyl, Kunene vir Christus 05/08 081 149 3092 Erik@mtcmobile.com.na

• Clem Marais, Emeritus 05/08 081-127-1608 clem.marais@gmail.com

Feldmuis en ons lesers wens die verjaardagmaatjies geluk en seën in die nuwe lewensjaar toe!

Opleidingsgeleenthede

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met dr Schalk Botha Hoof Uitvoerende Beampte van die Bybelgenootskap van Namibië. Hulle gesels oor Bybelgenootskap se werk en koninkrykstyd met Genesis 37:22 - 31 in gedagte. Luister eerskomende Sondag om 12:00 (of Dinsdag 28/07 om 09:30) en kuier saam met ons weer op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF op Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

Missionale Bybels en boeke vir gemeentes

Hierdie missionale katalogus is spesifiek saamgestel om gemeentes te help om uit te reik na gemeentelede en mense in nood.

Nog goeie nuus! Bestel voor 30 Julie en ontvang 15% afslag op bestellings van R550 of meer.

Hierdie katalogus bevat Missionale Bybels en kinderboeke wat presies vir hierdie doel aangewend kan word.

Klik hier om jou Missionale Bybels en kinderboeke aan te koop …

KATEGESE 2021

Bybel-Media is tans besig om ons kategeseprodukte te hersien. Soos altyd, is dit vir ons belangrik om goeie diens aan julle te lewer.

Die eerste katalogus vir voorskoolse kategese 2021 is reeds beskikbaar.

Klik hier om daardeur te blaai

Geloof-speelboek

Prys: R145.00

KOOP HIER

Die Geloof-speelboek bevat 24 prettige en maklike aktiwiteite vir kinders om saam met hulle ouers te doen, of alleen as hulle al ouer is. By elke aktiwiteit word ’n storie uit die Bybel vertel wat kinders se geloof in die Here sal versterk. Die aktiwiteit sluit telkens aan by die Bybelstorie.

VOORBIDDING

Bid vir die Sentraal Afrikaanse Republiek

Sedert 2013 is daar gevegte tussen Seleka (’n ekstremistiese Islamitiese groep) en Anti-Balaka (’n groep wat bestaan uit animiste en nominale Christene) in Sentraal-Afrikaanse Republiek. Christene is ’n teiken vir beide groepe. Die Seleka val Christene aan om invloed te werf en hulle soort Islam deur geweld te bevorder, terwyl die Anti-Balaka kerke aanval wat weier om hulle te ondersteun.

Klik hier om meer te lees, en om nuttige gebedskyfies af te laai, sodat jy saam met ons kan bid vir ons broers en susters in Sentraal-Afrikaanse Republiek.

“Ek bid dat die Almagtige God die aanvallers sal vergewe, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” – Veronique

---

Vakatures en Ander Advertensies

Lewensreg Woonstelle in Schanzenoord beskikbaar

Lewensreg beskikbaar in 'n 2 slaapkamer woonstel op grondvlak.  N$990 000.

• Kontak Frans du Toit by 081 261 7405 of fdutoit321@gmail.com vir besonderhede 

VERBLYF BY PIONIERSPARK GEMEENTE

• Ons het die 2e pastorie in Redecker straat, straat-af van die kerk, omskep in ‘n kommune met 8 kamers en ‘n volle toegeruste kombuis, braai ens.

Ons stel die fasiliteit beskikbaar en verhuur individuele kamers: 5 en-suite en 3 met privaat badkamers, vir jong werkendes of studente. 

Oornagverblyf ook beskikbaar- gemeentelede (of vriende /familie) wat Windhoek moet besoek vir sake/mediese redes ens. is welkom om ons te kontak.  Dit is veilig, gerieflik en bekostigbaar.

• Studente/Jong werkendes wat permanente verblyf benodig

• Persone wat dag tot dag verblyf in Windhoek benodig

Beskikbaar vanaf 01 Augustus 2020

Navrae, skakel Cornel Corbett  061-241537 of skryf na cornelpionierspark@gmail.com

---

KENNISGEWING

Bybelgenootskap van Namibië

Algemene Jaarvergadering

17 Augustus 2020 – 18:00

Stadtmission Windhoek Congregation
61 Esther Brand Street, Olympia (close to Woermann)

LAAI AGENDA EN NOTULES HIER AF
https://drive.google.com/file/d/1BJoMym2r1m1oEwwKIYTYD_d2BDBMPyYe/view?usp=sharing

Please ensure that all Membership Fees are paid BEFORE the AGM.
Membership Fees are used to subsidize the price of Bibles!

DOWNLOAD MEMBERSHIP FORMS HERE
Individuals
https://drive.google.com/file/d/1D-AmLld5-wn24PMRXbc7LE50HDfQvlmp/view?usp=sharing
Churches/ Church-related Organizations
https://drive.google.com/file/d/1kfmyEsM9UygqRXZ6UuX2JifYlg7glbth/view?usp=sharing

---

AlzheimersDementiaNamibia

• Werksgeleentheid in Swakopmund/ Job opportunity in Swakopmund

• Geregistreerde Verpleegkundige / registered Nurse

Stuur Navraag & CV na / Send Enquiries & CV to: berrie.holtzhausen@gmail.com or sufraniuys@gmail.com

• Kontak ons gerus as u gemeente of bediening 'n vakature wil adverteer. Thijs van der Merwe by 081 124 3641 of alg.sekr@ngkn.com.na vir besonderhede 

Giggel

• As jy 'n teks nodig het om mense te oortuig...

---