Header

Jaargang 17 - Uitgawe 32/2020 - Donderdag  20 Augustus 2020

ngkn@ngkn.com.na

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Uit die anale

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Opleidingsgeleentheid

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

PIETER PIETERSE se lewe gevier

 Die vriende van Pieter wat graag deel wil wees vand ie diens, kan inskakel op Zoom. Sien die besonderhede hier langsaan.

Ons dink aan die agtergeblewenes!

---

Ds Regina doop op Wildevy

Maar ten spyte van die effek van Covid-19 word kinders gebore en gedoop!

Op die meegaande foto doop ds Regina Nauses van Wildevy San gemeente 'n verbondskind. Ons is dankbaar vir elke lewe gewy aan ons Here! 

Regina is een van die leiers wat plaaslik aangewys was vir opleiding by Degnos as standplaasleraar en bedien sedert verlede jaar die gemeenskap met vrug.

---

Covid begin nou sy voet in die deur kry... 

Stad Wiindhoek het die afgelope week al hoe meer gevalle en selfs sterftes begi aanteken. Elke dag staan daar rye mense geduldig en wag om getoets te word. Die realiteit van die infeksie is besig om in te sink.

Ons vra: doen die regte ding! Hou gesonde sosiale afstand, dra jou masker twv jouself, maar ook jou geliefdes en jou naaste! Was hande, saniteer, bly veilig sover dit van jou afhang.

Feldmuis het verneem dat oom Dirk Mudge ook positief getoets het en opgeneem is.

By die Robert Mugabe Kliniek (Foto: Feldmuis) in Windhoek wat sedert einde Maart min of geen gevalle gehad het nie staan die tou nou om die hoek straat af. 

So lyk dit as die land se jong dominees saam praat op Zoom oor die kerk in ons land - die uitdagings, geleenthede, nuwe weë.  

Al die Gereformeerde Kerk se jong leraars het ingesit saam met 'n klompie uit die NGKN. Koos Keyser en Adriaan Grobler van die Taakspan oor volhoubare bediening het na hulle geluister. Kosbare insette was Koos se opmerking na die tyd. Dankie julle manne en vroue wat ons help om nuut te kyk en dink!

Uit die Anale

Die winter is nou darem lank kla mense die jaar - in 'n land waar die winter soms op 'n Woensdag en ander kere op 'n Donderdag val. In Feldmuis se anale kry ons die beriggie oor 2007... 

Familie Nuus

OUDSTE NG LERAAR (99) STERF

Ds Kobus Potgieter is op 18 Augustus in die ouderdom van 99 jaar oorlede.

Hy was die oudste predikant in die NG Kerk. Hy het enkele dae voor sy afsterwe positief getoets vir Covid-19. Sy gebede om na die Vaderhuis te gaan is verhoor. Suster Nicky van Lynnwood-oord skets vir ons die aangrypende toneel toe die begrafnisondernemers hom met sonsopkoms kom haal. Sy staan en kyk hoe hy weggery word in die sonsopkoms in en hoe AVBOB se voertuig in die helder lig inry: “Ek sien hoe hy die helder lig inry …” vertel sy.

Ons dink aan sy ryk en geseënde lewe. Hy was ’n diep gelowige mens wat sy hele lewe aan die Here gewy het. Sy lewe het getuig van diep afhanklikheid en byna kinderlike vertroue in die sorg en goedheid van God. Hy het Christus se kerk sy hele lewe lank passievol gedien, en soos hy ouer geword het veral deur die diens van gebede. Hy was lief vir die lidmate van die gemeentes waar hy gedien het: Dalunie, Pretoria-Oos, Universiteitsoord, Suidoos-Pretoria en Krokodilrivier. By Universiteitsoord was hy studenteleraar en intens betrokke by die bouprojek van die pragtige kerkgebou, en konserttoere om geld vir die bouprojek in te samel. Weltevreden se lidmate onthou ook die Bybelstudies wat hy vir jare aangebied het. Hy was baie geliefd en lidmate het dekades lank kontak met hom gehou.

Ds Kobus was moderator van Noord-Transvaal se sinode vanaf 1975 tot 1983, en ook van die Algemene Sinode vanaf 1982 tot 1986. Iets van sy liefde vir die kerk was aansteeklik: Sy seun dr ST Potgieter is ’n predikant, met sy vrou Eljo. Sy dogter Marthinet is met ’n predikant, prof Nelus Niemandt, getroud. Sy kleinkind Dewald Niemandt is ook ’n predikant en is getroud met ’n predikant, Doret. Sy ander kleinkind Doret is ook met ’n dominee getroud – Marco Koch. Sy ander kleinkinders is Marthinet Niemandt, Kobus Potgieter en Lize Potgieter, en agterkleinkind Thea-Marí Niemandt.

• Feldmuis simpatiseer met ds Marco en Doret Koch van Eros en al die ander wat oom Kobus - soos hy bekend gestaan het - se afsterwe betreur.

• Berig oorgeneem uit Die Kerkbode.

---

Hulle verjaar

• Elana Redelinghuys, Hentiesbaai 21/08 081 805 0626   wernervdm@iway.na

• Dubois du Toit, Suiderhof  24/08  081 4013261   dbtoit@gmail.com

Feldmuis en ons lesers wens hulle almal geluk en bid hulle die Here se seën in die nuwe lewensjaar toe!

Opleidingsgeleenthede

Verstaan die 2020-vertaling van die Bybel in Afrikaans

Wil jy graag meer weet oor die vertalingsmetode agter die Direkte Vertaling van die Bybel in
Afrikaans wat in 2020 verskyn?
Die Departement Hebreeus aan die UV het ’n semesterkursus in Moderne Bybelvertaling op derdejaarsvlak ontwikkel om jou nuuskierigheid te bevredig. Enige persoon met minstens Hebreeus 2 kan inskryf, al het jy dit 30 jaar gelede gedoen en al is jou Hebreeus verroes.
Die kursus word virtueel aangebied (ZOOM). Jy kan dus in jou eie studeerkamer voor jou rekenaar sit en deelneem. Jou klasmaats, die dosent en die PowerPoints sal op jou skerm wys. En hulle sal jou en al jou vrae hoor.
Julle gaan praat oor die invloed van nuwe ontdekkings in die grammatika, literatuur en kultuur op die 2020-vertaling, asook die rol wat ideologie hierin speel. Trouens, verskillende vertalings word uit hierdie hoek vergelyk. En nog baie meer. Die kursus is so prakties dat dit vir jou Bybelstudie en preekmateriaal in die hand sal gee.
Koste is ongeveer R5 515.00 (RSA) en R7 625 (ander SADEC-lande).
Sluitingsdatum vir aansoeke – gedurende Julie 2020.
LW: Die Tweede Semester begin 1 September 2020 en klasse duur tot einde November 2020. Alhoewel aangedui word dat die sluitingsdatum vir aansoeke 31 Julie 2020 is, kan aansoeke nog in Augustus 2020 gedoen word.
Jy sal as geleentheidstudent moet registreer. Prof. Cynthia Miller-Naudé - millercl@ufs.ac.za
of 071 670 1629, Departementshoof van Hebreeus, sal jou hiermee help. Kontak haar so gou as
moontlik.
’n Volledige inligtingspamflet is beskikbaar by: Prof. Jacobus Naudé - naudej@ufs.ac.za of 078 458 9982.

---
---

Lentekonferensie @ Excelsus

Die brosjure vir die konferensie is hier te kry: file:///C:/Users/Thijs/AppData/Local/Packages/Microsoft.Office.Desktop_8wekyb3d8bbwe/AC/INetCache/Content.Outlook/K5SJWOK8/2020LK_Brosjure.pdf 

Om in te skryf, volg asseblief hierdie skakel:

https://forms.gle/kBGxBnYJtyBB2aL89

Vir enige navrae kontak Rika by excelsus@up.ac.za

---

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met dr De Wet Strauss prinsipaal van NETS en predikant van Academia gemeente. Hulle gesels oor die werk van dei Namibiese Evangeliese Teologiese seminarie waar die NGK in Namibië saam met 'n verskeidenheid van kerke predikante oplei. Hulle gesels ook oor Matteus 16:21 - 28. Luister eerskomende Sondag om 12:00 (of Dinsdag 25/08 om 09:30) en kuier saam met ons weer op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF op Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

---

KATEGESE 2021

Bybel-Media is tans besig om ons kategeseprodukte te hersien. Soos altyd, is dit vir ons belangrik om goeie diens aan julle te lewer.

Hou gerus julle e-posse dop. Ons het sopas die vyfde katalogus vir die Belydenisfase en Huisgeloof voltooi. Ons gaan volgende week die laaste mini-katalogus uitstuur. Dit sal julle help om die beste keuses vir elke ouderdomsgroep te maak.

Vir die vyfde katalogus vir Belydenisfase en Huisgeloof kategese: Klik hier om daardeur te blaai

Klik hier vir die katalogus vir Senior Fase kategese. 

Klik hier  vir die katalogus vir middelfase kategese

Klik hier vir die katalogus vir junior fase kategese.

Klik hier vir die katalogus vir voorskoolse kategese.

Gaan loer na al ons kategeseprodukte by http://jeugfokus.bybelmedia.org.za/

Plaas julle betellings by bestel@bmedia.co.za of koop die boeke aan in ons e-winkel by www.bybelmedia.org.za

Here, ek belowe

Prys: R55.00

KOOP HIER

‘n Herinnering aan my belydenisaflegging. Hierdie gids is bygewerk om die feit te ondervang dat die meeste van die katkisante reeds nagmaal gebruik.

Hierdie praktiese boek is ’n baie persoonlike geskenk aan enige jongmens wat belydenis van geloof gaan aflê. Dit berei hulle voor op wat hulle voor God en ander gelowiges gaan belowe, en dit sal hulle na die tyd herinner aan wat hulle belowe het. Só sal hulle aangemoedig, gelei en ondersteun word in hulle geloofsgroei en hulle lewe voor God en in hulle gemeenskap.

VOORBIDDING

Bid vir Burkina Faso

Burkina Faso het die afgelope paar jaar verskeie Islamitiese aanvalle ervaar, veral in die noordelike streek en sporadies in die hoofstad. Verlede jaar is ten minste 20 Christene vermoor in vyf aanvalle wat Christelike gemeenskappe geteiken het. Meer as 100 000 mense is deur die geweld ontwortel.

Klik hier om meer te lees, en om nuttige gebedskyfies af te laai, sodat jy saam met ons kan bid vir ons broers en susters in Burkina Faso.

• “Hierdie aanvalle het die lewens van ons mense verpletter. Ons is ontsteld en gevul met pyn oor die dood van ons familielede.” – Pastoor Samuel Sawadogo, ʼn leier wat toesien oor die wat intern ontwortel is deur die aanvalle in Burkina Faso.­

---

Vakatures en Ander Advertensies

Lewensreg Woonstelle in Schanzenoord

Lewensreg beskikbaar in twee 2 slaapkamer woonstel op grondvlak.  N$990 000 of naaste aanbod.

• Kontak Frans du Toit by 081 261 7405 of fdutoit321@gmail.com vir besonderhede 

---

Giggel

• Feldmuis plaas die storie met respek! Hoop u sal saam met ons die humor van die situasie waardeer! 

---