Header

Jaargang 17 - Uitgawe 34/2020 - Donderdag  3 September 2020

ngkn@ngkn.com.na

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Uit die anale

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Opleidingsgeleentheid

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

---

TOE TROU HULLE SOMMER!

Johan Combrick predikant van Warmbad vertel:

Ek en Hannie het Sondag getrou. Lockdown en aandklok het dit vir ons onmoontlik gemaak om te kuier. Die besluit was in elk geval geneem! Toe het ds Koos Koës het ons gehelp!

Ons gemeente troue is DV 17 Oktober op Warmbad.

---

Die Here bou self Sy koninkryk!

Twee broers staan op as geestelike leiers by Okapupa in die groter area van Otjimuhaka. Kakuiimuka Ruhozu en sy vrou Laurinda, saam met sy broer Muandira Ruhozu en sy vrou Elina en hul gesinne, dien die Here Jesus.

Die verbondsboodskap van die evangelie aan Cornelius (Handelinge 11:14; 16:31), “ waardeur jy gered sal word en jou huisgesin”, het die Here waar gemaak vir die twee broers! Watter heuglike dag toe hul gesinne gedoop is en ons ook die tekens van die Heilige Nagmaal kon gebruik.

Donderdagaand na die feesgeleentheid het ons heerlik saam geëet en gekuier!   Vrydagoggend groet ons met ’n belofte, “Soek julle krag in die Here en in sy groot mag” (Efesiërs 6:10). Net God hou ons staande teen die duiwel! Ons oorhandig sewe Megavoice Himba “Oral Bibles” en een Dhimba NT Bybel aan Kakuiimuka en Muandira vir mede-gelowiges.

Ons vertrou hul aan die Here toe en vertrek.

---

Crown Financial Ministries Africa Webinar - 15 September

Chuck Bentley HUB van Crown sal die webinaar lei - "Facing the giants - die grootste probleme en beste oplossings vir Afrika". Registreer en neem deel aan die bespreking. Kilik hier - https://www.crown.org/africawebinar/

---

BIDDAG VIR DOWES - 06 SEPTEMBER 2020

Vir meer as 139 jaar lewer die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) dienste aan Dowes en persone met gehoorverlies. NID is ‘n nie-winsgewende organisasie en is afhanklik van die ondersteuning van die publiek om hul in staat te stel om voortdurend hierdie dienste soos onderrig, opleiding, sorg en maatskaplike dienste te kán lewer.

Dit gebeur dikwels dat hul gekonfronteer word met die vraag: “Waarom het Dowes ondersteuning nodig?”  Die uitdagings wat Dowes het is hoofsaaklik in die area van taalverwerwing en kommunikasie - sonder dit is daar beperkings op hul algemene menslike dag-tot-dag bedrywighede en het dit ’n geweldige impak op hul lewens. Dit verminder geleenthede, affekteer hul werksituasies, persoonlike lewens sowel as sosiale lewe – nie omdat hulle nie in staat is om hier te floreer nie, maar bloot omdat hul beperking aan voldoende kommunikasie in ’n dikwels ontegemoetkomende horende wêreld, hul nie die ruimte bied om deel te wees nie. Verskeie pogings en projekte word deur NID geloods om die horende gemeenskap meer bewus te maak van hierdie kwessies en hul toe te rus om met Dowes te kan kommunikeer en hul meer tegemoet te kan kom.

Sondag, 06 September 2020, is Biddag vir Dowes, en September is ook Maand vir Dowes.

‘n Maand waarin ons spesiaal fokus op bewusmaking ten opsigte van Dowe kultuur, die uitdagings wat Dowe persone elke dag in hulle lewens ervaar, asook die pogings wat nasionaal aangewend word sodat Dowe persone en persone met gehoorverlies op gelyke vlak met horende persone die samelewing kan betreë.

God ken ons harte en ons tekortkominge, en daar waar twee of meer in gebed saam kom is baie krag. Baie dankie dat u ook NID en Dowes en persone met gehoorverlies in u gebede opdra. Vir meer inligting besoek www.nid.org.za

---

Hoop op vrede in Suid Soedan

https://peoplesdispatch.org/custom/regions/africa/

Op Maandag 31 Augustus het Soedan se magsdeling regering en leiers van vyf rebelle groepe 'n beduidende stap in die rigting van versoening gemaak toe hulle 'n vredesooreenkoms onderteken het wat daarop gemik is om 17 jaar van konflik in Darfoer te beëindig.

Die finale konsep van die ooreenkoms dek kwessies van grondbesit, magsdeling, oorgang-geregtigheid en die aftakeling van rebelle faksies. Die regering sit drie setels opsy in die regerende raad, vyf bedienings en 25% van die 300 wetgewende raad setels vir rebelleleiers. Verder het die regering onderneem om te betaal vir die terugkeer van miljoene mense wat ontwortel is. 'n Nuwe fonds sal opgerig word om $750 miljoen per jaar aan verarmde streke van Soedan uit te betaal.

Daar is egter kommer dat die regering nie die befondsing sal kan voorsien wat nodig is om sy verpligtinge na te kom nie.

Noorweë, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State het Maandag 'n gesamentlike verklaring uitgereik en gesê hulle verwelkom die vredesooreenkoms as 'n "eerste stap in die herbou van stabiliteit in die land."

Meer as 300,000 is na raming dood, en meer as 2,5 miljoen mense verplaas in die voortslepende konflik wat in 2003 begin het. Twee groot rebelle faksies het nie die ooreenkoms onderteken nie, een van Darfoer en een van die Suid-Kordofan-streek.

InContext se kommentaar op die ooreenkoms lees: Indien dit slaag, sal hierdie ooreenkoms 17 jaar van konflik eindig wat gekenmerk is deur wrede geweld, etniese “reiniging” en volksmoord. Die verskil tussen die mees onlangse vredesooreenkoms en vorige pogings is die insluiting van die ontworteldes in versoeningspogings.

Abdallah Adam Khatir, 'n professor aan die Zalingi Universiteit in Darfoer het gesê, "As die oorgangsregering, rebelle en weermag dit eerlik implementeer, kan dit lei tot 'n groot deurbraak in Soedan se hele dinamiek. Volle deurvoer van die transaksie het egter die inkoop van Darfoer se intern ontwortelde mense nodig. Ons wil hê die vrede moet van onder af opgebou word, en nie net deur onderhandelinge van die hoogwaardigheidsbekleërs nie."

Die aanspreek van die byna twee-dekades lange oorlog - die verslegtende standaard van die lewe in Darfoer - kan voorsiening maak vir 'n herbou van gemeenskappe en meer gelyke verspreiding van hulpbronne vorentoe beweeg. Vrede in Soedan het die potensiaal om ander Afrika-lande in konflik te beïnvloed, aangesien dit strategies geplaas word waar die 'Islamitiese noorde' en die 'Christelike suide' ontmoet.

Bid saam met ons vir die volgende:

• Vir alle kante om hulle deel van die ooreenkoms te handhaaf, en vir blywende vrede in Soedan

• Vir die regering om genoeg fondse te verkry om hulp en repatriasie van die intern ontwortelde

• Vir gelowiges om voort te gaan om 'n rol te speel in die vredesproses dwarsdeur Soedan

Foto: Peoples Dispatch https://peoplesdispatch.org/custom/regions/africa/

Familie Nuus

Aldo Liebenberg se pa oorlede 

Ons het met hartseer verneem dat Aldo wat op Karasburg predikant is, se pa Barnie (67) gister onverwags oorlede is. Hy was in vir roetine ondersoeke, wat hom in die hospitaal laat beland het en tydens 'n prosedure het by beswyk agv 'n aneurisme. 

Aldo probeer om 'n permit te bekom sodat hy sy ma Lettie kan gaan bystaan in Johannesburg. Barnie laat drie seuns en vie Lettie na.

• Feldmuis en ons lesers wil ons innige meelewing betuig met Aldo, Lettie en sy twee jonger broers

Hulle verjaar

• Hein Schaaf, Suiderhof   08/09  081-297-7653 hrschaaf@iway.na

• Mariaan Maritz, Okahandja 11/09 081-227 5278 jhg@iway.na

Feldmuis en ons lesers wens hulle almal geluk en bid hulle die Here se seën in die nuwe lewensjaar toe!

Opleidingsgeleenthede

Lentekonferensie @ Excelsus

Die hoofsprekers by vanjaar se Lentekonferensie is:
· Leon Wessels
· Kabous Meiring
· Ivor Swartz
Die temas wat deur die hoofsprekers aangebied word is:
· Verleenthede kan geleenthede word
Ons moes oor steiltes om by vandag uit te kom. Die haarnaalddraaie was gevaarlik. Onthou hierdie pad wanneer die huidige steiltes en haarnaalddraaie aangedurf word.
· Slegs met huistrots kan ek jou innooi
Is om my eie identiteit af te breek voldoende om jou te vra vir vergifnis? Breek ek egter my hele huis af kan ek niemand meer innooi nie. Met die kultuur van beterweterigheid wat tans heers woon ons almal binnekort alleen in silo’s. Hoe maak ons om dit te keer?
· Die kuns van verlies
Ons is almal bekend met verlies, maar nie altyd gewillig om dit te aanvaar as ’n noodsaaklikheid vir groei nie. Ons klou “white-knuckle” vas aan ons kultuur, ons godsdiens, ons beginsels, maar sluit ons terselfdertyd toe om die kuns- en seën- van laatgaan raak te sien.
Biografie van die hoofsprekers:
Leon Wessels: Leon is verbonde aan Consitution Hill Trust en Raad vir die bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet.
Kabous Meiring: Kabous is 'n televisie-aanbieder van onder meer Megaboere en Prontuit op KykNET. Sy is self ook vervaardiger en regisseur.
Ivor Swartz: Ivor is tans jeugleraar by Oosterlig Gemeente in Pretoria. Sy boek, Die Verlore Seun Vannie Gaatjie, sal teen September beskikbaar wees op alle boeke platforms.
Om in te skryf, volg asseblief hierdie skakel: https://forms.gle/kBGxBnYJtyBB2aL89

Vir enige navrae kontak Rika by excelsus@up.ac.za

---

How to Read Scripture to a Camera

Dr Jeffrey Arthurs is Professor van Prediking en Kommunikasie in die departement praktiese teologie by die Gordon-Conwell Theological Seminary. Die volle artikel is op die web beskikbaar – klik op die skakel onder aan die beriggie.

4 ways to help the Word of God reach the souls of our hearers.

Are you getting used to preaching to a camera? How about reading Scripture to a camera? The nonverbal channel of face, eyes, and voice are always important in oral communication, and when speaking to a camera, the nonverbal channel takes on even more significance. This is because the camera reveals what may be hidden when speaking on a platform separated from the listeners by 15 or 150 feet.

William Sangster’s words written almost 70 years ago, sound both a warning and an encouragement for this day of camera-mediated ministry:

Bible reading offers the widest scope for the enrichment of public worship and it is a great pity that the Scriptures are often so badly read. When the book is well read and made to live for the people, it can do for them what sermons often fail to do: it can be the very voice of God to their souls. (Approach to Preaching, 1952).

How can we redeem this moment when Covid-19 forces us to read to a camera?

Practice

Remember that when we read Scripture aloud, we are performing “oral interpretation.” Our reading is a kind of exegesis on the emotions and ideas of the text.

Lees die volledige artikel hier: https://www.preachingtoday.com/skills/2020/august/how-to-read-scripture-to-camera.html

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met dr De Wet Strauss prinsipaal van NETS en predikant van Academia gemeente. Hulle gesels oor die werk van die Namibiese Evangeliese Teologiese seminarie waar die NGK in Namibië saam met 'n verskeidenheid van kerke predikante oplei. Hulle gesels ook oor Matteus 18:21 - 35. Luister eerskomende Sondag om 12:00 (of Dinsdag 08/09 om 09:30) en kuier saam met ons weer op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF op Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

Moenie hierdie finale aanbod om jou gunsteling Geopende Deure boeke teen 'n verlaagde prys te koop misloop nie.
Ons voorraad beskikbaar is beperk, maar kontak Jaco  jacow@od.org  oor beskikbaarheid en om jou bestelling te plaas. Of kontak ons kantoor 011 888 9341. 

---

Le Roux Schoeman, redakteur: Kerkbode skryf:

Ons is dankbaar dat ons via www.kerkbode.co.za en die Kerkbode-app ’n vinnige en eenvoudige manier het om selfs in grendeltyd ons stories by lesers te kry en briewe te ontvang. 

Ons het weer die jongste uitgawe uitgelê vir intekenaars wat verkies om hul nuus in e-koerantformaat te lees: Klik hier: https://kerkbode.christians.co.za/e-koerant/

By hierdie skakel kan jy die e-koerant aflaai om via Whatsapp na lidmate te stuur: https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2020/05/KB_15-Mei-2020-1.pdf

Intekenaars met navrae kan gerus ’n e-pos stuur aan Viona Ross of Jeanne van Niekerk by viona@tydskrifte.co.za of jeanne@tydskrifte.co.za

 Lekker lees en bly veilig!

VOORBIDDING

Bid vir Sri Lanka

Sri Lanka is ’n land met ’n Boeddhistiese meerderheid. Hoewel Christene van meer historiese kerke ietwat meer vryheid geniet om hul geloof uit te leef, word Gelowiges vanuit ’n Boeddhistiese agtergrond as tweedeklas burgers behandel en ervaar hulle kwaadpratery en aanvalle.

Klik hier om meer te lees, en om nuttige gebed skyfies af te laai, sodat jy saam met ons kan bid vir ons broers en susters in Sri Lanka.

"Gedurende die tyd wat ek vervolg is, was ek depressief. Ek was regtig mismoedig, maar Jesus het my verseker dat Hy met my sou wees deur daardie tyd. Soos wat Jesus met my was, sal Hy met julle wees, diegene wat ook ly.” – Nalaka*, ’n pastoor van Sri Lanka

Vakatures en Ander Advertensies

Lewensreg Woonstelle in Schanzenoord

Lewensreg beskikbaar in 'n 2 slaapkamer woonstel op grondvlak.  N$960 000 of naaste aanbod.

• Kontak Frans du Toit by 081 261 7405 of fdutoit321@gmail.com vir besonderhede 

Giggel

• Lyk vir die Feldmuis amper soos die gemiddelde erediens! 

---