Header

Jaargang 17 - Uitgawe 35/2020 - Donderdag  10 September 2020

ngkn@ngkn.com.na

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Uit die anale

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Uit die anale

• Opleidingsgeleentheid

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

Louis Blom se heengaan laat ‘n reuse leemte by Maerua

Louis Blom wat etlike jare ‘n geliefde huisouer in Huis Maerua was het onverwags gister aan ‘n hartaanval beswyk.

Hy laat sy drie eie seuns en die kinders in sy eenheid by Huis Maerua agter. Uit die kinders se reaksies op sy Facebook blad is dit duidelik dat hy ‘n liefdevolle huisouer was wat ‘n groot indruk gemaak het op die kinders.

Erna von Dewitz, die bestuurder by die tehuis was verslae toe Feldmuis gistermiddag met haar gepraat het. Sy was hartseer, maar het met lof tussen die trane deur vertel van Louis. Wat altyd reg gestaan het om te help, vir wie dit natuurlik gekom het om die ekstra myl te loop. “Hy was ‘n yster!” het sy gesê.

Louis en sy vrou Susan het tot met haar dood ‘n paar jaar gelede as inwonende huisouers diens gedoen. Na sy weg is, het Louis net aangegaan – en die goeie vrug daarvan is oral te sien in kommentaar.

Ons hoop daar kom wéér ‘n “Louis” om oor te neem waar hy die tehuis gelaat het.

---

Die rondte van "Vader Lucas"!

Degnos vra voorbidding vir Lucas - wat die spreekwoordelike rondte van Vader Cloete aanpak weer hierdie week. Hy is op Grootfontein gestasioneer, maar gaan twee Mbukushu sprekende Degnos kleuterskole besoek in die oostelike Kavango. Daarna ry verder aan tot by Omega en Chetto waar hy twee Kwe San skole sal besoek.

Hy sal by Hoko Hoko agt gemeente leiers in die Veritas Module 1 onderrig vir twee dae.

Daarvandaan reis verder ooswaarts na Mushambo waar hy vier gemeente leiers sal onderrig gee in die tweede module van Veritas.

Hulle vra voorbidding vir leermeester en kursusgangers! Ook vir genade en guns op die ver paaie – Lucas sal meer as 1400 afgelê het voor hy weer tuis is!

Die besoek is tipies van hoe Degnos met afstandsonderrig die peil van teologiese vaardigheid opskerp in die klein San gemeentes. Waardevolle insette word ook elke keer aan die onderwysers in die kleuterskole gegee.

Vriende van Tsintsabis help om 'n verskil te maak

---

Crown Financial Ministries Africa Webinar - 15 September

Chuck Bentley HUB van Crown sal die webinaar lei - "Facing the giants - die grootste probleme en beste oplossings vir Afrika". Registreer en neem deel aan die bespreking. Kilik hier - https://www.crown.org/africawebinar/

Uit die anale

Geskiedenis word gemaak as die Finse sendingwerk oorgaan in die stigting van wat vandag Elcin is op 3 September 1958 berig die Kerkbode daaroor. Een jaar nadat die NGK in SWA as onafhanklike kerk gestig is in Windhoek!

Familie Nuus

Aldo Liebenberg kan ry om sy pa te begrawe

Ons het verlede week berig dat Aldo wat op Karasburg predikant is, se pa Barnie (67) onverwags oorlede is. Ons is bly om te berig dat Aldo vandag 'n permit bekom het om te reis na die RSA. Hy vertrek more (Vrydag) sodat hy sy ma Lettie kan gaan bystaan in Johannesburg. Barnie laat drie seuns en vir Lettie na.

• Feldmuis en ons lesers wil ons innige meelewing betuig met Aldo, Lettie en sy twee jonger broers

Hulle verjaar

• Mariaan Maritz, Okahandja 11/09 081-227 5278 jhg@iway.na

• Bianca McKenzie, Swakopmund 17/09 081 282 1543 kenneth.mckenzie07@gmail.com

Feldmuis en ons lesers wens hulle almal geluk en bid hulle die Here se seën in die nuwe lewensjaar toe!

Opleidingsgeleenthede

Lentekonferensie @ Excelsus

Die hoofsprekers by vanjaar se Lentekonferensie is:
· Leon Wessels
· Kabous Meiring
· Ivor Swartz
Die temas wat deur die hoofsprekers aangebied word is:
· Verleenthede kan geleenthede word
Ons moes oor steiltes om by vandag uit te kom. Die haarnaalddraaie was gevaarlik. Onthou hierdie pad wanneer die huidige steiltes en haarnaalddraaie aangedurf word.
· Slegs met huistrots kan ek jou innooi
Is om my eie identiteit af te breek voldoende om jou te vra vir vergifnis? Breek ek egter my hele huis af kan ek niemand meer innooi nie. Met die kultuur van beterweterigheid wat tans heers woon ons almal binnekort alleen in silo’s. Hoe maak ons om dit te keer?
· Die kuns van verlies
Ons is almal bekend met verlies, maar nie altyd gewillig om dit te aanvaar as ’n noodsaaklikheid vir groei nie. Ons klou “white-knuckle” vas aan ons kultuur, ons godsdiens, ons beginsels, maar sluit ons terselfdertyd toe om die kuns- en seën- van laatgaan raak te sien.
Biografie van die hoofsprekers:
Leon Wessels: Leon is verbonde aan Consitution Hill Trust en Raad vir die bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet.
Kabous Meiring: Kabous is 'n televisie-aanbieder van onder meer Megaboere en Prontuit op KykNET. Sy is self ook vervaardiger en regisseur.
Ivor Swartz: Ivor is tans jeugleraar by Oosterlig Gemeente in Pretoria. Sy boek, Die Verlore Seun Vannie Gaatjie, sal teen September beskikbaar wees op alle boeke platforms.

Almal wat inskryf kan tydens die week van die konferensie inskakel by enige van die sessies wat hulle pas. Indien jy nie al die sessies gedurende die week kan inpas nie, kan jy steeds inskryf en na afloop van die konferensie toegang kry tot die opnames van al die sessies en op jou eie tyd daarna luister.

Alle skakels na alle sessies sal voortydig gestuur word. Indien jy nie ingeskryf het nie sal ons nie die skakel vir jou kan stuur nie. Ons benodig ook die bewys van betaling voordat die skakel gestuur kan word. Na die konferensie sal die geredigeerde opnames van al die sessies aan almal wat ingeskryf en betaal het, gestuur word.

As jy ingeskryf of betaal het, maar nog nie bevestiging per epos ontvang het nie, kontak dringend vir Rika by excelsus@up.ac.za sodat ons jou inskrywing kan finaliseer.

Ons sal bly wees as julle voor Vrydag 11 September om 12 uur kan inskryf. Ons sal ons bes doen om laat inskrywings te hanteer.

Gaan na ons tuisblad by www.excelsus.org.za vir die brosjure en aanlyninskrywingsvorm.

---

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met dr De Wet Strauss prinsipaal van NETS en predikant van Academia gemeente. Hulle gesels oor die moontlikheid om aandklasse by te woon en selfs gedesentraliseerd dit te doen met BybelMedia en die Nehemia materiaal waarmee hulle lidmate bemagtig en mense wat wil bedien help om in te faseer in formele studie.  Hulle gesels ook oor Eksodus 16:2 en verder. Luister eerskomende Sondag om 12:00 (of Dinsdag 15/09 om 09:30) en kuier saam met ons weer op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF op Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

---

Spesiale voorverskyningsaanbod vir individue en Bybelstudiegroepe

Bestel Uit die Beek 2021 voor 30 September 2020 om dit teen die spesiale prys van R200,00 te ontvang.

Uit die Beek 2021

Spesiale prys: R200,00

Normale prys: R215,00

KOOP HIER

Uit die Beek 2021 lui ’n nuwe reeks van hierdie klassieke Bybel dagboek in. Die oogmerk is om die Bybel binne die volgende klompie jare deur te lees. Vanjaar verskyn Uit die Beek weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Soos altyd word daar gepoog om die Bybel op ’n verantwoordelike manier te lees, deur die konteks van die betrokke Skrifgedeeltes in ag te neem.

En elke dag word dié lewensvraag gevra: “Wat sê U vandag vir my, Here?” Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudie groepe. Maar mag die Gees van God ons help om tydens ons stiltetyd God se arms om ons te voel. En om Jesus se voetspore duidelik te sien.

GOEIE NUUS VIR BYBELSTUDIEGROEPE

Bybel-Media bied hierdie gewilde Bybeldagboek met ’n verdere uitstekende afslag vir Bybelstudiegroepe aan. Koop 5 dagboeke en kry die 6de een gratis! Jy betaal dus slegs R179,00 per boek. 

Bestel voor 30 September om te verseker dat julle Uit die Beek 2021 teen hierdie uitstekende prys ontvang. 

Klik hier om meer te lees en te koop. Of plaas jou bestelling op een van die volgende maniere:

E-winkel: www.bybelmedia.org.za
E-pos: bestel@bmedia.co.za
Telefoon: 0860 26 33 42
Faks: 021 873 0832

‘Ek gaan nie jok nie, dit gaan moeilik’

“Ek probeer net fisies en emosioneel oorleef.” Só sê Chantelle Britz, radiografis by Intervare Tygervallei BRP Radioloë, oor die effek wat die koronavirus-pandemie op die gesondheidswerkers in die voorste linie het. Lees verder.

VOORBIDDING

Bid vir Tajikistan

Daar is baie min inheemse Christene in Tadjikistan – die meeste is van ’n Russiese agtergrond. Islam is die hoofgodsdiens en die regering plaas swaar druk op alle “afwykende” groepe, insluitend Christene, deur wette te verskerp en bestaande wette streng toe te pas. 

Klik hier om meer te lees, en om nuttige gebedskyfies af te laai, sodat jy saam met ons kan bid vir ons broers en susters in Tadjikistan.

• “Ek dink hulle wou my verneder en wys dat ’n jong Tadjikse vrou wat in Christus glo ’n skande in ons kultuur is.”– Layla* van Tadjikistan

Vakatures en Ander Advertensies

Lewensreg Woonstelle in Schanzenoord

Lewensreg beskikbaar in 'n 2 slaapkamer woonstel op grondvlak.  N$960 000 of naaste aanbod.

• Kontak Frans du Toit by 081 261 7405 of fdutoit321@gmail.com vir besonderhede 

Giggel

• Lyk vir die Feldmuis amper soos die soort vraag wat 'n man in die moeilikheid kan dompel ....

---