Header

Jaargang 17 - Uitgawe 36/2020 - Donderdag  17 September 2020

ngkn@ngkn.com.na

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Uit die anale

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Uit die anale

• Opleidingsgeleentheid

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

Christo se ma se voorbiddingstem verstil...

Ons deel hierdie plasing van Christo Swarts om ons meelewing te betuig met die heengaan van sy ma Sondag en verseker hom van ons voorbidding.

Hy skryf: Met hierdie foto (van so ongeveer 4 jaar gelede) toe beide ons ouers vir ons op Mariental kom kuier het, wil ek net 'n GRÓÓT DANKIE sê aan elke persoon vir elke boodskap en reaksie met my ma se heengaan vanoggend.

In gesprek met die Feldmuis het Christo vertel van sy ma wat 'n bresstaander was. Sy was op haar knieë - nei net vir haar geliefdes nie - maar as iemand wat ingetree het vir vêr en wyd. Sy was selfs in haar ouderdom op hoogte van wat aangaan en haar respons op wat verkeerd is, was om te bid. Nou het haar stem verstil.

Christo skryf op sy blad: 

Ek is jammer dat ek nie vir elkeen afsonderlik 'n boodskap van waardering kon skryf nie, maar wees verseker dat ons elkeen lees en opreg waardeer. Dankie. En by alles en bo alles kan ons steeds net getuig van die goedheid van ons Vader.

• DEGNOS kuier op Mangetti

Ons soek 'n Johannes die Doper wat kan roep!

Andries Gous – nuwe koördineerder van Degnos – het die naweek op Mangetti gekuier by die Luhebo Noord gemeente.

Hy vertel hulle was 15 stuks bymekaar Saterdagoggend om by die Here te hoor en te vra hoe dissipelskap in praktyk in Mangetti duin en Luhebu uitgerol kan word.

Hy is deur die diakens en ouderlinge van die gemeente ontvang en sê van hulle: “Wat ‘n merkwaardige groep gelowiges!”

Hulle is begeesterd om saam te werk vir herlewing in hulle omgewing – nie net die gemeente nie!

Twee prominente gedagtes was geopper deur twee van die ouderlinge:

Lukas Sinonu het gevoel dat die mense vertel moet word van Jesaja se boodskap in Jesaja 1:18' “Kom tog, laat ons die saak uitmaak,” sê die Here. “Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.”

So praat Lukas, ‘n oudstryder wat tot geloof gekom het in ‘n geveg-situasie toe ‘n ander soldaat met hom die evangelie gedeel het, terwyl hulle probeer het om te koes vir die skote wat om hulle geklap het. ‘n Merkwaardige verhaaltjie en ‘n man van geloof!

Broer Costa Swau meen daar is weer ‘n Johannes die Doper nodig – iemand wat die die mense roep tot belydenis en bekering.

Costa is die hoofman van die Mangetti !Kung mense, en was instrumenteel om baie van sy oudstryders na die Here te lei in die ou 31 Bataljon by Omega. Hy dien die Here met toewyding en trots!  

Hulle vra voorbidding om in die moeilike omgewing te werk aan die kos van die Koninkryk!

Elke gelowige is ‘’n gestuurde van God en ons almal behoort dit te hoor. Die Here vra “Vir wie sal Ek stuur” – Wat is jou antwoord my vriend. Bly bid asseblief vir elke gelowige in Boesmanland om hierdie boodskap te hoor en te leef.

BYBELGENOOTSKAP VRA

Kyk asb spesifiek na die volgende en neem deel!

• 18 Oktober: Kom ons bring op hierdie dag HOOP vir mense in ons eredienste. Dis die dag nét na Wêreld Trauma Dag (17de Oktober) waarop ons nadink aan mense wat deur swaarkry gaan.

• 19 Oktober: Die Trauma Healing Network (wat deel van die Bybelgenootskap is) bied ‘n seminaar aan met die tema: Standing Strong in the Storms of Life – by NG Kerk Wes.

• 20 Oktober: Dan die HOOGTEPUNT – ons feesvieringsaand by NG Kerk Pionierspark – ons vier saam fees oor die Bybel in Namibië.

• 21 Oktober: Ons samel geld in op hierdie dag om dit moontlik te maak dat 7,777 mense in Namibië wat nog níé ‘n Bybel het nie, wél een gratis sal kan ontvang.

• 23 & 24 Oktober: Wil julle gemeente dit nie dalk oorweeg om die Bybel vir 24-uur aaneen hardop te laat lees as ‘n fondsinsameling vir die Bybelgenootskap nie?

• 25 October: Dis Bybelsondag! Ons fokus op die Bybel in ons eredienste en vra vir ‘n spesiale bydrae vir ons werk.

NUWE MANIER OM 'N MUNTLEGGING TE DOEN…

Ons kan nie oop die oomblik die tradisionele muntleggings doen nie, maar daar's 'n nuwe manier! Mense vul ‘n pil-houertjie – in die plek van ons tradisionele Muntleggings. Elke gevulde pil-houertjie borg die helfte van ‘n Bybel en 1 kind vir ‘n Trauma Healing kamp! Bestel JULLE gemeente s’n by Veronika: info@nambible.org.na/ 083 333 7778

‘n Andersoortige STAP/ HARDLOOP/ SWEM/ FIETSRY vir Bybels!

Elkeen op sy eie, en elkeen kies ‘n geliefkoosde aktiwiteit. Registrasie vorms is beskikbaar by Veronika: info@nambible.org.na/ 083 333 7778

Die beste SELFIE wen 2 nagte se B&B by ‘n Premium Gondwana Lodge! Óf ‘n tablet, rekenaar of selfs ‘n smart-horlosie, en ook nog ander pryse.

Uit die anale

Oom Argivaris....

Oom Dominee Clem kan maar nie ontslae raak van die sinode nie! Hy is betrap in die Argief by Scahnzenweg waar hy deesdae sy Dinsdae en Donderdae oggende verwyl.

Feldmuis verneem (gladnie vertroulik nie dit word wyd verkondig) dat sy opvolger baie bly is dat Clem die Argiewe van 'n kant regruk - ons kan selfs deesdae al begin navrae hanteer. Maar Clem sê daar's nog BAAAIE werk. Dit is hy wat die stukkies in die anale vir ons opdien terwyl hy werk aan die materiaal wat ontsluit moet word.

Familie Nuus

Hulle verjaar

• Daar's wraggies nerens verjaardagkoek te ete die week nie!

 

Hulle treur

• Christo en Ester Swarts predikantspaar van Mariental wie se moeder hulle ontval het 

• Aldo Liebenberg predikant van Karasburg wie se pa hom ontval het

• Die kinders van Louis Blom van Huis Maerua wat ons verlede week ontval het

Opleidingsgeleenthede

BRUGBEDIENING

Hierdie vlagskipkursus word aangebied deur die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Universiteit van Pretoria.
Datums: Week 1: 09-12 November 2020; Week 2: 22-25 Februarie 2021
Doel: Verandering van predikant in ’n gemeente laat so ’n gemeente in ’n tyd van onsekerheid. Die pad vorentoe is onseker totdat ’n nuwe permanente bediening weer in plek is. Hierdie kursus poog om brugpredikante op te lei vir die fasilitering tydens hierdie oorgangsperiode, en tot voordeel van die gemeente.
Kursusleier: Prof. Malan Nel
Kursuskoste: R2500 (vat inkl)
Plek: Universiteit van Pretoria
Kursus punte : 70
Kontak: Hesmarie Bosman, 012 420 4952 of e-pos: Hesmarie.Bosman@up.ac.za
(André Bartlett Hoof: Excelsus - Sentrum vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling)

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met dr Schalk Botha van Bybelgenootskap. Hulle gesels oor die nuwe Direkte Vertaling in Afrikaans wat binnekort beskikbaar sal raak. Hulle gesels ook oor Eksodus 17:1 en verder. Luister eerskomende Sondag om 12:00 (of Dinsdag 22/09 om 09:30) en kuier saam met ons weer op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF op Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

---

Spesiale voorverskyningsaanbod vir individue en Bybelstudiegroepe

Bestel Uit die Beek 2021 voor 30 September 2020 om dit teen die spesiale prys van R200,00 te ontvang.

Uit die Beek 2021

Spesiale prys: R200,00

Normale prys: R215,00

KOOP HIER

Uit die Beek 2021 lui ’n nuwe reeks van hierdie klassieke Bybel dagboek in. Die oogmerk is om die Bybel binne die volgende klompie jare deur te lees. Vanjaar verskyn Uit die Beek weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Soos altyd word daar gepoog om die Bybel op ’n verantwoordelike manier te lees, deur die konteks van die betrokke Skrifgedeeltes in ag te neem.

En elke dag word dié lewensvraag gevra: “Wat sê U vandag vir my, Here?” Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudie groepe. Maar mag die Gees van God ons help om tydens ons stiltetyd God se arms om ons te voel. En om Jesus se voetspore duidelik te sien.

GOEIE NUUS VIR BYBELSTUDIEGROEPE

Bybel-Media bied hierdie gewilde Bybeldagboek met ’n verdere uitstekende afslag vir Bybelstudiegroepe aan. Koop 5 dagboeke en kry die 6de een gratis! Jy betaal dus slegs R179,00 per boek. 

Bestel voor 30 September om te verseker dat julle Uit die Beek 2021 teen hierdie uitstekende prys ontvang. 

Klik hier om meer te lees en te koop. Of plaas jou bestelling op een van die volgende maniere:

E-winkel: www.bybelmedia.org.za
E-pos: bestel@bmedia.co.za
Telefoon: 0860 26 33 42
Faks: 021 873 0832

Dana Snyman: Gehoor by die basaar: ‘Ons is in nuwe waters’

Met ’n kop vol ou herinneringe ry ek Saterdagoggend Philadelphia toe waar die plaaslike NG gemeente besluit het om tog maar basaar te hou, ondanks die virusbeperkinge en dinge. Weerskante van die pad is die kano­lalande geel in die blom. Dit is net meer as ’n halfuur se ry uit die Kaap uit, met die N7 in Malmesbury se koers. By die basaar loop hy vir ons ou bekende, ds Phillip Davids (foto onder) - voorheen predikant van Walvisbaai - raak wat predikant van Phillepolis is Lees verder

Vir baie van ons was die afgelope jaar soos ’n woestyntyd. ’n Tyd van verlies en hartseer, van wanhoop en alleenheid.

LiG-leser Anelia Heese vertel uit Duitsland oor haar oupa se afsterwe: “Grendeltyd het ons van afskeid en bystand beroof. Nie net vir my nie, maar ook vir my ouma, sy reisgenoot oor ses dekades heen. En vir sy kinders, ander kleinkinders, sy vriendekring en gemeenskap. My ouma kon net vinnig by die hospitaal vir oulaas haar elmboog teen syne druk. Dit voel net so onregverdig.”

Teoloog en skrywer Stephan Joubert sê tereg: “Onsekerheid en ’n siniese ingesteldheid het onwelkome kuiergaste geword.” Máár hy voeg by: “Die Here se goedheid is nie minder werklik hier in 2020 nie. Slegte dinge het nie die alleen-sê óf die laaste sê nie. Die virus is nie ’n finale uitklophou nie. Daarom stuur Hy in hierdie dae, en op sy eie manier, ’n mandjie hemelse kos na ons toe. Ons moet net ons oë oopmaak en dit raaksien.”

Ivor Swartz getuig dat God hemelse trooskos in ’n menslike gedaante na hom toe gestuur het. Mense wat hom kom wys het hoe Jesus se liefde lyk. Selfs al het hy afgedwaal en uiteindelik vyf jaar tronkstraf uitgedien, het hierdie mense nie opgehou bid of hoop nie. Vandag vra dié jeugpredikant hom elke dag af hoe hý hoop kan uitdeel in ’n land wat dit broodnodig het.

En dan vertel Erica Wessels van haar woestynpad en hoe sy die nuwe seisoen in haar lewe met ope arms omhels. Sy sê: “Dit maak nie saak waar ek op my geloofsreis is nie, ek wil nie sonder my Skepper deur die lewe gaan nie.” 

Mag die Oktober-uitgawe - wat pas op die rakke verskyn het - ook vir jou en jou mense ’n brokkie trooskos bied. 

Volg ons op Facebook en Instagram by @ligtydskrif.

Teken nou in as gemeente of individu!

VOORBIDDING

Bid vir Nepal

In Nepal is die grootste bron van Christelike vervolging die radikale Hindoe-groepe, wat Nepal weereens in ʼn Hindoe-staat wil omskep. Hierdie radikale Hindoe-groepe het noue bande met die Hindoetva-groepe in naburige Indië. 

Klik hier om meer te lees, en om nuttige gebedskyfies af te laai, sodat jy saam met ons kan bid vir ons broers en susters in Nepal.

• “Die mense wat ons aangerand het, bly naby aan ons huis. Hulle pik op ons oor kleinighede, maar ons bly eerder stil, want ons is bekommerd oor ons kinders se veiligheid.” – Sunita (skuilnaam) van Nepal

Martelare – Bybels vir Iran

Iran is in die top 10 gevaarlikste lande vir Christine ter wêreld. Ten spyte van erge vervolging groei die getal Christine vinnig aan.

Daar is ‘n geweldige honger na Bybels. Om ‘n Bybel die land in te kry is nie eenvoudig nie en gevaarlik. Daar is baie min eksemplare van die Bybel in die land en meeste Christine het nog nooit die voorreg gehad om die Woord te lees nie.
Hierdie honger na die Skrif, bied ‘n geweldige geleentheid om Iraniërs te bereik en om di ekerk te versterk – hoe wyer die verspreiding kan gaan – hoe meer sal dit die plaaslike kerk versterk. Baie het al tot geloof gekom nadat hulle blootstelling aan die Bybel gekry het.

‘n Bybel reis minstens 1,000km om in die hande van ‘n Iraniër te beland. Iraniese wetgewing het Christin evangelisasie aktiwiteite soos onder meer Bybelsverspreiding verklaar en noem dit “die verspreiding van korrupsie op die aarde”! En die oortreding is strafbaar met hoë boetes en tronkstraf. Nogtans groei Christine se getalle aan teen ‘n tempo wat ongekend is en is daar steeds meer Bybels nodig.

SKENK ‘N BYBEL HIER

Die boek Captive in Iran, is geskryf deur Maryam and Marziyeh, twee jong vroue wat hul 259 in aanhouding in Evin beskryf.

Dit is ‘n ongelooflike verhaal van standvastige geloof – waar verloëning van God vryheid sou beteken het. Dit vertel van ongelooflike meelewing van oor die hele wëreld en hoe die aandrang van mense buite Iran hulle vrylating bewerkstellig het. Maar dit is ook veral die verhaal oor die Lig van God wat in die donkerste plekke lig indra – en hoop aanbied vir diegene wat alles verloor het – en van die hoop waaroor ons moet getuig – en om liefde te betoon vir mense in wanhoop.

Koop hier aanlyn

Vakatures en Ander Advertensies

Lewensreg Woonstelle in Schanzenoord

Lewensreg beskikbaar in 'n 2 slaapkamer woonstel op grondvlak.  N$960 000 of naaste aanbod.

Lewensreg beskikbaar in 'n 2 slaapkamer woonstel in die toringblok.  N$980 000 of naaste aanbod.

• Kontak Frans du Toit by 081 261 7405 of fdutoit321@gmail.com vir besonderhede 

Giggel

• Lyk vir die Feldmuis amper soos die soort van ding wat rerig nou kan gebeur na maande van selfoon kerk! 

---