Header

Jaargang 17 - Uitgawe 39/2020 - Woensdag  07 Oktober 2020

ngkn@ngkn.com.na

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Uit die anale

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Uit die anale

• Opleidingsgeleentheid

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

God is getrou: die son wat sak kom weer op.

Een van die ligstrale is die NG Kerk Heidelberg-uitreikspan wat sedert 2000 die mense van Orumana met die liefde van Christus bedien. Erik, ds Jason en Getty Tjivikua het Orumana se mense besoek namens die Heidelbergspan wat vanjaar vanweë Covid-19 nie kon kom nie.

Ten spyte van vervalle geboue vind ons oral mense, briewe van Christus geskryf deur die Gees van God op die harte van mense.

Party van die briewe is lank terug geskryf. Oom Hennie Petrus Muundja het in 1959 tot bekering gekom deur die eerste NG kerk sendelinge van Orumana: ds van der Spuy en ds van Wyk. Ds Jason en Getty bring hulde aan oom Hennie, hul oud-onderwyser op Orumana en sing vir hom ’n lied wat hy vir hulle op skool geleer het. Oral word groete oorgedra aan die Heidelberg span, ds Heinie, Danie, Driekie...

Vakongorerako, haar dogter en kleindogter dien die Here: sy is jare terug deur ds Jakob Schoeman gedoop. Dankbaar ontvang sy en haar kleindogter, Tjindeeta, die “Himba Oral Bible”.

Woensdagaand wys ons die Jesus-film by die Orumana Combined School en Donderdagaand wys ons die Jesus-film op Okamungunde by hoofman David Kavari se kraal (sittende links voor).

Die dood van sy kleindogter, ’n onderwyseres, het die hele gemeenskap tot stilstand gebring. Met hoofman Kavari se toestemming kon ons ten slotte die evangelie van hoop bedien aan ’n groepie begrafnisgangers op Okamungunde. 

Bid vir die Here se kinders in Orumana, vir Jonas en Erica Humo, oom Hennie Muundja, juffrou Kounongwe Mumbuu, matrone Ututjiua Hartley asook vir Vakongorerako, haar dogter en kleindogter dat hulle getrou sal bly aan Jesus Christus.  Bid vir hoofman David Kavari dat die Heilige Gees hom sal troos en sy geloofsoë sal oopmaak vir Jesus Christus.

---

Huis Maerua vra hulp:

---

DOPPERS VERGADER

Die Klassis Etosha bestaan uit die 11 Gereformeerde gemeentes in die land. Hulle het voor verlede naweek saamgetrek op Okahandja en elke gemeente was verteenwoordig deur die deputate wat afgevaardig was.

Thijs het die aanvang meegemaak en vertel van die gemoedelike atmosfeer, erns met die Woord en heerlike saamsing.

Die agenda was redelik wyd en het selfs ‘n voorstel gehad dat daar aanpassings aan die Nederlandse Geloofsbelydenis gemaak moet word. Die voorstel is vir verdere studie en rapport terugverwys na die gemeente wat dit ingesien het.

Ds Werner van den Heever van Gobabis was die voorsitter en Hentiesbaai die gashere of roepende gemeente.

---

BYBELMAAND

Oktober is Bybelmaand – nie dat dit nie elke DAG Bybeldag is nie, maar tog! Ons vier die vryheid om Bybels te hê, te lees, te versprei in Namibië. Ons vier die Woord as waarheid - die waarheid wat vrymaak.  Wees deel daarvan!

• Hier is ‘n VIER moontlikhede:

1: Trauma dag en hoop

Die 17de Oktober is dit wêreld-wyd Wêreld Trauma Dag waartydens ons dink aan der-duidende mense wat deur trauma geraak word.

Om saam met ons Trauma Healing Network iets hiervan te maak, kan julle byvoorbeeld op Sondag 18 Oktober in julle erediens/ prediking fokus op HOOP.

Julle sou ook ‘n kers kon aansteek ter nagedagtenis aan mense se emosionele pyn, maar ook aan die lig en hoop wat in Jesus en die Bybel is.

2: Vier die beskikbaarheid van die Bybel in Namibië

Op 20 Oktober vier ons die Bybel se bestaan in Namibië maar ter wille van die COVID-19 regulasies doen ons dit virtueel! Ons gaan ons program opneem en virtueel versprei.

Gemeentes kan steeds op 25 Oktober – Bybel Sondag – iets beplan om hulde te bring aan die Here dat ons die Bybel in Namibië beskikbaar het in heelwat tale.

Kombineer dit met ‘n 24-uur Bybellees geleentheid waartydens julle die Bybel dwarsdeur lees van Genesis tot Openbaring! (In aflosse natuurlik – behalwe as jy baie dapper is en kan deurdruk!)

Dit kan terselfdertyd ‘n fondswerwing wees vir die Bybelgenootskap as lidmate per tarief betaal vir elke vers wat hulle lees…

3: Verprei Bybels

Ons mikpunt is om gedurende Oktober, meer speifiek: 17-25 Oktober, 7,777 Bybels te versprei met die hulp van kerke/ gemeentes.

Die eerste N$7,000 het ingekom om hiermee te begin!

Hier is die plan: 1) Identifiseer ‘n ‘Bybellose’ gemeenskap/ instansie in julle midde; 2) Samel die fondse in; 3) Kontak ons vir die Bybels; 4) Gaan versprei dit dan gratis.

4: Stap/hardloop/swem/fiets vir Bybels

Laastens, moet asb nie vergeet om mekaar aan te moedig om deel te neem aan die STAP/ HARDLOOP/ SWEM/ FIETSRY vir Bybels nie!

Hierdie skakel neem jou na al die informasie: https://mailchi.mp/6c9ff2e9cc91/bible-celebration-week

Elkeen op sy eie, en elkeen kies ‘n geliefkoosde aktiwiteit. Registrasie vorms is beskikbaar by Veronika: info@nambible.org.na/ 083 333 7778

Die beste SELFIE wen 2 nagte se B&B by ‘n Premium Gondwana Lodge! Óf ‘n tablet, rekenaar of selfs ‘n smart-horlosie, en ook nog ander pryse.

NUWE MANIER OM ONS WERK TE ONDERSTEUN…

Mense kan ‘n pil-houertjie vul – is in die plek van ons tradisionele Munt Leggings. Elke gevulde pil-houertjie borg die helfte van ‘n Bybel en 1 kind vir ‘n Trauma Healing kamp!

Bestel dadelik JULLE gemeente s’n by Veronika: info@nambible.org.na/ 083 333 7778

• DEGNOS

Wes Caprivi gemeente 

Die Gelowiges in die Wes Caprivi laat my baie dink aan die gemeente van Pergamum in openbaring, waar die gemeente reg in die middel van die setel van die duiwel geleë is. 

Voor my besoek is ek gewaarsku dat dinge rof is en dat dit nie 'n maklike ding is om 'n navolger van Jesus Christus te wees in hierdie omgewing nie. Die gebied is bekend vir okkultiese bedrywighede, maar gelukkig weet ek dat die Satan al reeds verslaan is op Golgota.

Ek het die wonderlike geleentheid gehad om twee dae te spandeer saam met Ouderlinge Josef Kapinga, James Kwada Kombothi en Bertie Bherego. Ons kon die dinge van die gemeente mooi deurpraat en ek kon hulle harte aangaande die bediening hoor.

Ons sal rondom middel November ‘n nagmaal geleentheid hê te Bagani waar die gelowiges die eerste keer in ’n baie lang tyd weer die geleentheid sal hê om Nagmaal te gebruik. Bid vir hierdie drie besonderse manne (ek het ongelukkig net ’n foto geneem van Josef en James) en bid dat die Here die gemeente sal herstel en dat hierdie geloofs- pioniers se werk staande sal bly. 

---

Uit die anale

Die Vrouesendingbond van SWA is in 1957 gestig - die foto verskyn die eerste bestuur is verlede week geplaas. Teen 1964 was hulle sterk aan die gang en hou Kongres in Windhoek - so het 'n program gelyk daardie dae. Alles nog met 'n tikmasjien op wasvelle getik en dan met 'n roneo drukker wat mens ink uit buise moes in smeer, gedruk! Op die foto hieronder is 'n mooi voorbeeld van so masjien.

Familie Nuus

Lief en leed...

Amanda Viviers – hoofuitvoerende beampte van EcSOS – was onlangs onder die mes en sukkel nog met die nadraai daarvan en die infeksie wat die toestand meegebring het.

Haar man, Willem, sterk op die plaas aan na spinale sjirurgie verlede week.

Feldmuis wens hulle spoedige herstel toe

Sy verjaar

•  Jaco Rossouw, Omaruru 20/10 081-149-0725 jpr@iway.na

• Hendrik Koekemoer, Windhoek Oos 21/10 081 127 0917 hendrikk@iway.na

Ons Feldmuise se lekker verjaar!

Opleidingsgeleenthede

Digitale Learning Community15 Oktober 2020


Ekerk bied met trots ’n volgende Digitale Learning Community aan op Donderdag 15 Oktober 2020.

Ivan Illich is een keer gevra wat hy dink die doeltreffendste manier is om die samelewing te verander. Sy antwoord...

"If you want to change society, he said, then you have to tell an alternative story."

Klik hier: https://www.ekerk.org/digitalelc15okt2020

Dit is met hierdie gedagte van Ivan Illich dat ons die dag wil saam dink oor hoe so 'n ander verhaal sal lyk. Ons is bevoorreg om Prof Leonard Sweet as 'n gas spreker te hê die oggend. Hy is 'n internasionale spreker en skrywer waar hy die gawe het om te kommunikeer hoe belangrik so 'n alternatiewe narratief is vir die kerk, asook hoe so 'n moontlike narratief kan lyk.

Ons wil egter ook baie klem plaas die oggend oor hoe so 'n anderse verhaal kan lyk in Suid Afrika. Ons het ook 'n klompie kenners vanuit Suid Afrika wat saam gesels die dag.  Ons het vir Prof Jan-Albert van den Berg en Prof. Kobus Schoeman beide van die Fakulteit teologie en Religie, Universiteit van die Vrystaat. Ons het vir Callie Roos, Leierskapkonsultant, Skrywer as 'n spreker asook vir Ds Michelle van Tonder, leraar te Kempton-Kruin. Ons het ook vir Dr Roelof Botha wat 'n bekende ekonoom is om saam te gesels oor hierdie tema die oggend. Prof Stephan Joubert gaan die dag vir ons fasiliteer asook 'n sessie behartig tydens die oggend.

Moet nie hierdie unieke leergeleentheid misloop nie!
 
Tema: Vertel en leef 'n ander verhaal - Christus S'n!
Plek: Regstreeks deur middel van video

Jy het net ‘n internetkonneksie nodig waar jy saam gaan kyk op video na die regstreekse uitsending van die dag. Die geleentheid is REGSTREEKS en die OPNAME GAAN SLEGS VIR 4 URE NA DIE GELEENTHEID BESKIKBAAR WEES om weer daarna te kyk. Neem asb kennis dat jy moet betaal en registreer om deel te neem. Geen betaling of registrasie, geen toegang.*

Tyd: 10:00 – 13:00
Datum: 15 Oktober 2020
Koste: R50 pp (kry jou kaartjies hieronder)

 Neem asb kennis dat die kaartjieverkoope sluit om 15 Oktober 06:00.

 Sprekers vir die oggend:

• Prof Leonard Sweet (USA):  The Gospels as alternative, life-changing narratives.

• Prof Jan-Albert van den Berg (Faculty of Theology and Religion, UFS): In conversation with Len Sweet.

 Len Sweet se sessie is in Engels, die ander in Afrikaans.

• ​Prof. Kobus Schoeman (Fakulteit teologie en Religie, UFS). Gemeentes en predikante -  skuiwe in die bediening tydens ‘n pandemie. 

• Callie Roos, Leierskapkonsultant, Skrywer: Die "In Christus" lewe, die alternatief.  

• Ds Michelle van Tonder, Kempton-Kruin:  V(i)r-ander-ing bring Verandering.

• Dr Roelof Botha, Bekende ekonoom: Ekonomiese herstel is op spoed. Nuwe moontlikhede wag. 

• Prof Stephan Joubert: By Jesus se vuur is daar hitte en veiligheid.

 Daar sal 5 VBO-punte toegeken word vir die bywoning van hierdie leergeleentheid. Daar gaan slegs VBO punte toegestaan kan word indien jy 'n kaartjie gekoop het.

* Reg van toegang voorbehou deur ekerk direksie

BRUGBEDIENING

Hierdie vlagskipkursus word aangebied deur die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Universiteit van Pretoria.
Datums: Week 1: 09-12 November 2020; Week 2: 22-25 Februarie 2021
Doel: Verandering van predikant in ’n gemeente laat so ’n gemeente in ’n tyd van onsekerheid. Die pad vorentoe is onseker totdat ’n nuwe permanente bediening weer in plek is. Hierdie kursus poog om brugpredikante op te lei vir die fasilitering tydens hierdie oorgangsperiode, en tot voordeel van die gemeente.
Kursusleier: Prof. Malan Nel
Kursuskoste: R2500 (vat inkl)
Plek: Universiteit van Pretoria
Kursus punte : 70
Kontak: Hesmarie Bosman, 012 420 4952 of e-pos: Hesmarie.Bosman@up.ac.za
(André Bartlett Hoof: Excelsus - Sentrum vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling)

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met ds Wynand Fourie, predikant van Windhoek Wes en dosent aan NETS wat die honneursprogram lei. Hulle gesels oor 1Tessalonisense 1:1 - 10. Luister eerskomende Sondag om 12:00 (of Dinsdag 13/10 om 09:30) en kuier saam met ons weer op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF op Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

CUM

CUM spog met topverkoper produkte van welbekende skrywers soos Melanie Prinsloo, Stephan Joubert, Dr Arnold Mol, Angus Buchan en Nina Smit. 

Daar is oordenkings, dagstukkies, Bybelstudies, huwelikshulp, Kinderbybels en nog vele meer om van te kies… vir jou gerief in een katalogus.

KLIK HIER vir CUM se 50 topverkopers katalogus.

Bestellings kan ook by bestel@bmedia.co.za of telefonies by 021 864 8211 geplaas word.

Jesus is lief vir klein hartjies

PRYS: R179.00

Jesus is lief vir kindertjies en sorg graag vir hulle, dit is duidelik in die Bybelverhaal waarin Jesus die kindertjies na Hom toe nooi. In Jesus is lief vir klein hartjies ontdek peuters presies hoe lief Jesus hulle het. Van die bekendste stories oor Jesus en sy liefde word eenvoudig oorvertel sodat kleingoed dit maklik sal verstaan. Die kleurvolle illustrasies tesame met die unieke manier hoe die kartonbladsye gesny is om sommer ook ’n handvatsel te skep, sal hierdie kartonboekie gou ’n gunsteling maak van kinders tussen 0 en 3 jaar.

KOOP HIER   l   LEES MEER

VOORBIDDING

Bid vir Kazakstan

In Kazakstan is daar is twee groot redes vir Christelike vervolging: die  regering en die Moslem–kultuur. 

Die regering is voortdurend besig om sy beheer oor die samelewing te handhaaf en te verskerp deur mense dop te hou, klopjagte en aanhoudings. Christene word amper die hele tyd dopgehou en die bedreiging van militante Islam word as ’n verskoning gebruik om vryhede in te perk, met die gevolg dat die situasie vir die Christelike minderheid versleg. 

Klik hier om meer te lees, en om nuttige gebedskyfies af te laai, sodat jy saam met ons kan bid vir ons broers en susters in Kazakstan.

“Ek het vir die eerste keer gehoor van ’n God wat my liefhet."– Roman*, ’n Gelowige vanuit ’n Moslem–agtergrond 

Vakatures en Ander Advertensies

Lewensreg Woonstelle in Schanzenoord

Lewensreg beskikbaar in 'n 2 slaapkamer woonstel op grondvlak.  N$960 000 of naaste aanbod.

Lewensreg beskikbaar in 'n 2 slaapkamer woonstel in die toringblok.  N$980 000 of naaste aanbod.

• Kontak Frans du Toit by 081 261 7405 of fdutoit321@gmail.com vir besonderhede 

PIONIERSPARK BEHUISING

• Studente/Jong werkendes wat permanente verblyf benodig

• Persone wat dag tot dag verblyf in Windhoek benodig

 Onmiddellik beskikbaar

Ons stel die fasiliteit beskikbaar en verhuur individuele kamers, 5 en-suite en 3 met privaat badkamers, vir jong werkendes of studente.  Oornagverblyf ook beskikbaar- gemeentelede (of vriende /familie) wat Windhoek moet besoek vir sake/mediese redes ens. is welkom om ons te kontak.  Dit is veilig, gerieflik en bekostigbaar.

Vir navrae, skakel met Cornel Corbett, Bedryfsbestuurder / Tel:  +264 61 241537 / Email:  cornelpionierspark@gmail.com

Giggel

Voel soos familie!

---