Header

Jaargang 17 - Uitgawe 41/2020 - Donderdag  22 Oktober 2020

ngkn@ngkn.com.na

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Uit die annale

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Uit die anale

• Opleidingsgeleentheid

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

• GEWELD en ons

OOR GEWELD, VERKRAGTING, MOORD EN KINDERMISHANDELING

Die Sinode van Namibië neem met groot hartseer en ontsteltenis kennis van die vlaag van geweld in ons streek. Hieronder veral geslagsgeweld, verkragting, moord, plaasaanvalle- en moorde en die mishandeling van kinders.

Die Sinode het sedert 2014 hulle uitgespreek teen alle vorme van geweld deur te benadruk dat: “Ons glo die lewende God wat ons aanbid, is hartseer oor wat ons as mense aan mekaar doen in ons lieflike land.” Verder is die Sinode oortuig daarvan “dat hierdie afgryslike gebeure, optredes en dade in werklikheid simptome is van 'n dieperliggende en ernstige siekte van morele verrotting en geestelike verval in ons samelewing.” Daarom spreek die Sinode hulle opnuut uit oor die volgende:

PLAASMOORDE, MOORD EN GEWELD:

Die Sinode veroordeel die wreedaardige en afgryslike aanslag op boere en plaasgemeenskappe ten sterkste in Namibië, sowel as in Suid-Afrika. Die Sinode is bewus daarvan dat landbouers van alle rasse deur die geweld geraak word.

Die aanslag op menselewens deur misdaad is boosaardig en lynreg in stryd met die Skrif.

Die NG Kerk in Namibië wil lidmate maan om nie kwaad met kwaad te wil vergeld nie, maar om die bose deur die goeie te oorwin (Romeine 12:17-21). Lidmate word aangemoedig om deel te neem aan vreedsame protesaksies. Die kerk is 'n verkondiger van Jesus Christus se evangelie van vrede. Lidmate word aangemoedig om tydens sulke protesaksies leiding te neem ten opsigte van gebed, bemoediging en onderskraging van die slagoffers se families.

GESLAGS- en GESINSGEWELD:

Die Sinode spreek hulle ondubbelsinnig uit teen enige vorm van geslags - en gesinsgeweld. Die fisieke en emosionele mishandeling van vroue en kinders is onaanvaarbaar.

Ons verneem ook met ontstetenis van 'n toename in die verkragting ook van mans.

Die NG Kerk in Namibië word gewalg deur die aanranding, verkragting, mishandeling en moord van vroue en kinders, en spreek haar ten sterkste uit teen hierdie misdade.

Die Kerk herinner haarself dat die Redder van die wêreld, ons Here Jesus Christus, deur die buik van 'n vrou gekom het. Vroue behoort hanteer te word met respek en waardigheid.

Lidmate word aangemoedig om die stilte oor geslagsgeweld te verbreek. Ons mag nie stilbly oor hierdie aanslag van geweld en ongeregtigheid nie. Dit is lidmate se verantwoordelikheid om enige kennis van sulke afstootlike misdade aan die polisie en maatskaplike dienste deur te gee.

Verder word lidmate aangemoedig om enige onsmaaklike en laakbare grappe oor die mishandeling van vroue en kinders ten sterkste af te keur.

---

• Foto bo: Die kerkie op Bravo - foto verskaf

• Foto links: Johannes Kapanza - foto:  Degnos

Troue werker in die akker

Ontmoet vir Johannes Kapanza, een van die besigste evangeliste wat jy ooit sal teëkom!

Jy kan nêrens in die noord ooste van Namibia kom waar jy nie die spoor van ou Johannes se evangelie verkondig optel nie. Waar Johannes gaan plant hy kerke.

Hy is ouderling vir meer as een denominasie! En hy het n passie vir dissipelwees. Johannes praat die meeste van die Namibiese tale vlot en is n prediker en ouderling van die NG kerk sedert 1972.

Tyd staan nie stil nie en Johannes se oë wil nie meer lees nie. Nou lees sy dogters die Bybel en hy preek.

 Bid vir sy werk op Bravo waar hy tans bly.

Finansiële steun vir Degnos word gebruik om dié werk te ondersteun.

Op die kaart onder word die bedieningspunte van Degnos in die kring met sterretjies aangedui.

Andries gousandries74@gamail.com of Rita Haccou ngtsumkwe@iway.na

• Bybelgenootskap

DIREKTE VERTALING 2020 

Die goeie nuus is dat die lang-verwagte Direkte Bybel Vertaling (2020 Afrikaanse Vertaling) eersdaags bekendgestel word.

Hierdie bekendstelling word in beide SA en in Namibië op dieselfde dag beplan, naamlik 29 November 2020.

Hier in Namibië, is die amptelike bekendstelling in die Gereformeerde Kerk Windhoek (Luther Straat) tydens die oggend erediens om 09:00 op 29 November. 

Aangesien getalle steeds beperk is, (slegs 200), moedig die Bybelgenootskap gemeentes aan om hulle eie ‘mini bekendstelling’ te doen op dieselfde dag: 29 November 2020

• Die Bybel 2020-vertaling is nou beskikbaar - BESTEL JOUNE

Spesiale openingsaanbod vir Bybel 2020

Die Bybel 2020-vertaling, is die nuutste, Afrikaanse vertaling gebaseer op die beste brontekste beskikbaar.  Die vertaling maak erns daarmee om so naby as moontlik aan die grondtekste in Hebreeus, Grieks en Aramees te bly in die vertaling.

Die vertalers en taalversorgers in Afrikaans het probeer om lesers te laat voel asof die Bybelskrywers van ouds in hul eie woorde self die wonderlike liefdesverhaal van God en die mens aan hulle oordra.

Die teks is in baie leesbare - en luisterbare - idiomatiese Afrikaans geskryf. Dit beskik oor omvattende, beskrywende voetnote. Dit is geskik vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik.

BESTEL VOOR 29 November om die SPESIALE AANBOD PRYSE TE BENUT! Gratis versending in Namibië

Die Bybels is in die volgende bindstyle en uitgawes beskikbaar:

AFRIKAANS 2020-vertaling bruin luukse verwerkte leer       PRYS: R500,00

• Volledige Bybel

• Mediumgrootte

• Hoofletteruitgawe

• Goud-op-snee, duimindeks en merklint

• Voorwoord, kruisverwysings, voetnote, verantwoording, woordelys en kaarte

AFRIKAANS 2020-vertaling swart hardeband                        PRYS: R200,00

• Volledige Bybel

• Mediumgrootte

• Hoofletteruitgawe

• Voorwoord, kruisverwysings, voetnote, verantwoording, woordelys en kaarte

Die Bybels sal egter eers ná die 29ste versend / afgehaal kan word.

---

Huis Maerua vra hulp:

---
---

Uit die annale

Die uitnodiging na die diens van die RSA premier kom uit dokumentasie van die gemeente Otavi, 9 September 1966. 

Familie Nuus

Lief en leed

• Johann en Hannie Combrinck het afgelope Sondag hul huwelik kerklik laat inseën en ‘n onthaal gehad – hy rapporteer dat hulle nog gelukkig is! Baie geluk aan hulle twee!

• Met Amanda Viviers – hoofuitvoerende beampte van EcSOS – wat onlangs onder die mes was gaan dit algaande al beter. Met haar man, Willem, ook waar hy aansterk op die plaas aan na spinale sjirurgie drie weke gelede.

• Dit gaan goed met Retha Olivier wat verlede week onder die mes was in Windhoek. Dr André het haar Vrydag al plaas toe geneem in die Aranos distrik waar sy verder aansterk.

• Wendy Wilson, pas aangestelde maatskaplike werker by die Thinus Bakkes Skuiling en Windhoek gemeente is Donderdagoggend leweloos aangetref in haar woonstel. Ons dink aan haar oorlewende suster en twee dogters vir wie sy agterlaat.

• Hector Jooste van Otjiwarongo was in die hospitaal vir ‘n biopsie.

Ons dink aan hulle in ons gebede 

Hulle verjaar

• Thijs van der Merwe, Sinode 24/10   081-124-3824 thijs@afol.com.na

• Ilana Mouton, Otavi  25/10 067-222978    dmouton@iway.na

• Johannes Maritz, Okahandja 28/10 081-127-0495 jhg@iway.na

Ons Feldmuise sê lekker verjaar!

Opleidingsgeleenthede

BRUGBEDIENING

Hierdie vlagskipkursus word aangebied deur die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Universiteit van Pretoria.
Datums: Week 1: 09-12 November 2020; Week 2: 22-25 Februarie 2021
Doel: Verandering van predikant in ’n gemeente laat so ’n gemeente in ’n tyd van onsekerheid. Die pad vorentoe is onseker totdat ’n nuwe permanente bediening weer in plek is. Hierdie kursus poog om brugpredikante op te lei vir die fasilitering tydens hierdie oorgangsperiode, en tot voordeel van die gemeente.
Kursusleier: Prof. Malan Nel
Kursuskoste: R2500 (vat inkl)
Plek: Universiteit van Pretoria
Kursus punte : 70
Kontak: Hesmarie Bosman, 012 420 4952 of e-pos: Hesmarie.Bosman@up.ac.za
(André Bartlett Hoof: Excelsus - Sentrum vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling)

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met dr Schalk Botha, Uitvoerende Hoofbeampte van die Bybelgenootskap in Namibië. Hulle gesels oor die Bybelsondag van 25 Oktober en Josua 3:1 - 17. Luister eerskomende Sondag om 12:00 (of Dinsdag 27/10 om 09:30) en kuier saam met ons weer op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF op Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

November uitgawe van Lig

Die wêreld het eensklaps verander. Wat ons gekenmerk het as eenvoudig, is skielik kompleks. Ons is van ons gemaksone gestroop.

In LiG se November-uitgawe word ons geïnspireer deur lesers wat vertel van hoop en opstaan ná die groot verliese wat hulle gely het.

Die pragtige Donnalee Roberts vertel hoe ouerskap haar lewe vir altyd verander het en hoe die Covid-pandemie haar gedwing het om stil te staan en weer oor haar lewe te besin. "Hierdie vreemde tyd het eintlik ’n groot lig op die heel belangrikste dinge in ’n mens se lewe laat skyn: jou geliefdes en jou gesondheid."

Skrywer en joernalis Jeanne Els deel haar getuienis van aanvaarding en heel-word ná sy en haar man hul huwelik van 36 jaar beëindig het. "Ons het na verskillende bestemmings begin reis," skryf sy.

Die jong akteur Alex van Dyk vertel van sy rol as Don Steenkamp in Griekwastad en dat die donker tonele emosioneel uitmergelend was. "Die baie donker tonele het my maande later steeds gepla. Maar as gelowige kon ek vashou aan my waardes en weet wat my Christelike beginsels werklik is. Ek het met die Here daaroor gepraat en dit met Hom uitgeklaar."

LiG se November-uitgawe is propvol stories oor mense wat die onmoontlike oorkom het en met dieper geloof aan die ander kant uitgekom het.

VOORBIDDING

Bid vir Broenei

In Broenei word die sultan as die beskermer en verdediger van Islam gesien. As gevolg van sy invloed word die staatsbeleid, wat Islam voorkeur gee bo ander godsdienste, wettiglik uitgevoer en toegepas deur alle regeringsamptenare. Bekering van Islam is hier onwettig en lei tot moeilikheid vir Christelike bekeerlinge, met die doel om hulle te dwing om terug te keer na hul voormalige geloof.

Klik hier om meer te lees, en om nuttige gebedskyfies af te laai, sodat jy saam met ons kan bid vir ons broers en susters in Broenei.

• “Ek wil hê dat Christelike kinders ’n soliede fondasie in Christus moet ontvang, en vir diegene wat Hom nie ken nie om Hom deur ons te ervaar.” – Joyce*, ’n skoolhoof van Broenei

---

• 'n Getuienis

HOOP AAN HOOPLOSE

Ek deel met jou die briefie wat ons ontvang het van ‘n vennoot in Suid Korea. Dit is geskryf deur ‘n man uit Noord Korea om dankie te sê en te getuig oor die Covid-19 masker en Oudio Bybel wat hy gekry het dmv ‘n projek uit die suidelike buurland.

Die brief beskryf die oorweldigende troos en hoop hy in Christus gevind het: “Ek het hoop gekry vir die lewe terwyl ek gebid het. Ek dink ons mag dalk almal omkom van die infeksie of hongersnood. Beide is dodelik en maak mens wanhopig. Maar nadat ek Hom leer ken het, het my vrees verdwyn. Baie dankie!”

Wat opvallend is, is dat die man nie fokus op die erns van sy situasie nie. Allermins, hy is dankbaar dat hy hoop in die Woord kon vind! Terwyl sy fisiese omstandighede hopeloos is en dalk net verder agteruit mag gaan, is hy getroos deur die geestelike kos wat hy gekry het. Dit het hom lewe gegee.

Kom ons dank die Here vir dié effek en bid dat deur hom dit sal uitkring daar waar hy saam met ander fisiese ontbering ly. Dat die hoop en troos waarvan hy getuig, ook ander sal inspireer en bring tot 'n lewende verhouding met die Here!

Get your prayer resources for IDOP

Vakatures en Ander Advertensies

Lewensreg Woonstelle in Schanzenoord

Lewensreg beskikbaar in 'n 2 slaapkamer woonstel op grondvlak en in 'n 2 slaapkamer woonstel in die toringblok.  N$980 000 of naaste aanbod.

• Kontak Frans du Toit by 081 261 7405 of fdutoit321@gmail.com vir besonderhede 

Pionierspark gemeente bied huisvesting: veilig, gerieflik en bekostigbaar

• Studente/Jong werkendes wat permanente verblyf benodig

• Persone wat dag tot dag verblyf in Windhoek benodig

• Individuele kamers, 5 en-suite en 3 met privaat badkamers

• Oornagverblyf ook beskikbaar - gemeentelede (of vriende /familie) wat Windhoek moet besoek vir sake/mediese redes ens. is welkom om ons te kontak.  

Vir navrae, skakel met Cornel Corbett, Bedryfsbestuurder / Tel:  +264 61 241537 / Email:  cornelpionierspark@gmail.com

Giggel

Wees maar eerlik - heb jij ook gedaan!

---