Header

Jaargang 17 - Uitgawe 49/2020 - Woensdag  16 Desember 2020

SPESIALE KERSBOODSKAP UITGAWE

ngkn@ngkn.com.na

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Uit die annale

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Opleidingsgeleentheid

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

Geseënde Kersfees en 'n geseënde 2021!

Dit is ‘n behoefte van die hart om so aan die einde van 2020 uit te reik na ons kollegas, gemeentes en lidmate.

Ons sal saamstem dat 2020 uitsonderlike uitdagings aan elkeen van ons gestel het. Die lysie van wat alles met mense naby en vêr van ons gebeur het is oneindig. As ons terugkyk op die jaar kan ons onomwonde getuig dat die spreekwoordelike dubbelspore meermale ‘n enkelry spore geword het. Hy het ons gedra – tot hiertoe.

Nou loop die jaar uit, en ons is in Advent, en Kersfees is ‘n paar slapies weg. Daarmee saam begin dit stiller en rustiger word in onssself en ons reflekteer op alles. Ons leef net ‘n bietjie meer bewustelik.

Kom ons bedink dit dat ons getroue Heer ons tot hier gelei het, oor ons gewaak het en ons net ‘n bietjie meer geslyp en gevorm het. Ons dank hom vir Sy goedheid en guns, en leef uit die lewende hoop wat Hy bied.

Kom ons beleef Sy hoopgewende teenwoordigheid bewustelik en deel dit uit aan mekaar, soos Christus Homself gebreek en uitgedeel het dat ons elkeen deel kan hê aan Hom.

God het  gekies om Sy seun aan ons bekend te stel as nuutgebore baba, - ‘n simbool van nuwe lewe en ‘n nuwe toekoms is. Hy kom weer hierdie Kersfees so, om te genees en die hoop op ‘n beter 2021 met ons te deel. Hy verseker ons net weer dat Hy God-met –ons  is.

Hierdie tyd is ook die’ seisoen om fisies en geestelike te rus, en familie en vriendskapsbande te versterk.

Mag Kersfees ‘n geseënde ervaring wees en  wat ookal oor ons pad kom, sal 2021 geseënd wees as Hy in ons teenwoordig is.

Andre Olivier

Namens die Maderatuur

---

Covid 19 Kelder weer eredienste!

Die nuutste maatreëls wat President Hage Geingob vandag aangekonig het, raak ons kersfees eredienste – slegs 50 persone mag binnehuis en 100 buitenshuis saamkom.

Al die ander maatreëls wat onlangs veslap was, is heringestel. Daar moet weer register gehou word van almal wat bywoon. Temperature moet weer geneem word en aangebring word op die registers. Handsaniteerders is verpligtend by alle ingange en die dra van maskers streng van toepassing.

Ons is saam in die bootjie – kom ons aanvaar die maatreëls en hanteer dit ten beste!

SWAKOPMUND DIENSTE

Kersdag 25/12/2020: by die NG Kerk

• Eerste diens - 08:00 

• Tweede diens - 09:30

Nuwejaarsdiens 31/12/2020: by die NG Kerk

• 18:00

- Nadia Lambrechts, Skriba. 064-404040 / 081 830 2410  ngkswkskriba@gmail.com

KERKGEBOU: h/v Daniel Tjongarero & Lüderitz Strate, Swakopmund

---

• DEGNOS

FOTO boDs. Josef Gevers van die NG gemeente Wildevy op Tsintsabis stuur vir ons hierdie foto aan. Die kerk is vol, prys die Here.  Hoe het dit gebeur want die kerk was leeg oor die afgelope paar maande? 

Ds. Josef vertel dat die kerkraad na die laaste Degnos Dissipelskap seminaar besluit het om die daad by die Woord te voeg en om te begin om die kerk se mure spreekwoordelik af te breek.

Daar word amper elke dag ‘n opelug diens gehou iewers in die omgewing en die tendens is dat daar so vir drie dae lank op die selfde plek ‘n diens gehou word, dan skuif die opelug diens na die volgende plek.

Vandat die kerk uit begin gaan het na die gemeenskap toe het die gemeenskap begin terug kom na die ere diens op ‘n Sondag.

Mieliesaad en kunsmis verspreiding reik wyd

Daar is Mieliesaad, koekies en die Evangelie van Jesus Christus afgelewer by Bravo - die FOTO bo wys hoe almal sit en wag vir die diens en die uitdeel van die saad! Om en by 120 mense bymekaar was.

Bravo is n hervestigings area 100 km Noord van Tsumeb op die Nkurenkuru pad. Die span vra: Bid asseblief dat die boodskap sal groei in die harte van die aanhoorders. 

FOTO regs bo: Ds. Gerrie Cwi en sy vrou Tiqae van Tsumkwe en een van hulle klein kinders /xoan Angela.

Ds. Gerrie Cwi berig uit Tsumkwe dat daar goed gevorder word met die aflewering van saad. Hy vertel dat Groot mense   en  kinders  geniet  die woord  en  mielie  sade...... hy hoop  die  oes  sal  baie  mense   red. 

Die nedersettings en/of wyke waar saad afgelewer is, sluit die volgende plekke in:  #om!o!o., !ao#a, Mountain pos,  Eagle post,  Den/ui, G/aqo!oma,  N#amtjoha,  N#animeh,  Xamsa, N#ama, Qabace  south, //auru,  !ukoarama , Maxaimis, Makuri, Bense kamp, Paradise,  !omdi,  Namapan, Tamboti,  Baraka,  Witbos,  Djokhoe,  Gautcha, De#ua, //xa/oba,  Djamta!ae, Mooiplaas, G/uageru, #abace north,  N#otjakxae,  !om/om en Raotspost. Dit is moeisame werk - want dit is tweespoor paadjies in DIK sand waaroor die vrag gekarwei moet word.

Die nuwe ECD sentrum op Omatope is geopen deur die Minister van Armoede verligting. Degnos was n eregas by die geleentheid. Hier is juffrou Hendrina van die Degnos klein skooltjie besig met haar klas en die woordlose boekie. "God is king" sê die kinders. Die Degnos klei. Skooltjies is n gemeenskapsontwikkeling aksie van Degnos tot eer.an God. 

Finansiële steun vir Degnos word gebruik om die werk te ondersteun.

Andries gousandries74@gamail.com of ngtsumkwe@iway.na

---

A Sacred Christmas with Galilei

SINGER:                Galilei Uajenenisa Njembo

PIANO                   Retha-Louise Hofmeyr

WALVIS BAY:        VENUE: International School

       TIME Saturday 19th December 1900 hrs

SWAKOPMUND:    Sunday 20th December 1900hrs

TICKETS:              N$150,00         ADVANCE BOOKING: webticket/PnP

Galilei Uajenenisa Njembo (20) is a young and aspiring Opera singer from Windhoek, Namibia. He is currently studying his Bachelor of Music in Voice Performance (Opera Stream) at McGill University, one of the world's leading performing arts tertiary institutions. Having been a member and regular soloist of internationally acclaimed College of the Arts Youth Choir, he has truly flourished in the classical music industry in Namibia. He has shared the stage with the Namibian National Symphony Orchestra at the annual Baroque and Concerto Festival since 2017 and has been awarded the top Trinity College London Student in Namibia in 2018. In 2019, he was selected for the College of the Arts Prize of Excellence and was later accepted to take part in the 2020 Immling Opera Festival in Germany. With so much promise in his future, he wishes to not only become the country's first opera singer, but ultimately enhance the milieu of culture across Namibia. 

Retha-Louise Hofmeyr was the Director of Arts in the Namibian government from 1990 to 2105, responsible for the development of arts education and the creative industry development. Prior to that she was a music lecturer at the Academy for Tertiary Education (1985-1990), a music producer for the former SWABC (1983-1985) and repetiteur for PACT Ballet. She holds a BMus, Teachers Diploma, MPhil in Entrepreneurship from the University of Pretoria, a Performer's Licentiate from UNISA, and diplomas from Oporto and Salzburg. She is a music examiner for UNISA and has performed in South Africa, Namibia, Portugal, Italy, Germany, Austria and the USA.  She is recipient of several awards including  the Chevalier de l’Ordre des Artes et des Lettres (1999) and Officier dans l'ordre des artes et des lettres (2015) from the French government

Uit die annale

• Feldmuis vra GROOT om verskoning! Verlede week het die vorige week se prentjie gebly! 

• Die byskrif sal nou sin maak: So met die vakansie op hande, in 1977 wou die Ring van Keetmanshoop vakansiedienste aanbied op Ais-Ais....  - Clem Marais

Familie Nuus

Lief en leed

• Dr Manus Olivier van Swakopmund kry bestralings om die gewas wat weer in sy sinusse teruggegroei het die stryd aan te sê. Hy is baie moedig, maar die proses en behandeling is uitdagend. 

• Dr André Olivier se herstel goed na sy operasie drie weke gelede - hy sterk goed aan. 

• Ds Dirk de Vos van Grootfontein het 'n heupvervanging voor verlede Maandag en sterk aan tuis  

• Amanda Viviers van EcSOS  se herstelproses na die operasie is baie stadig, maar sy is darem al weer op dreef met haar werk.  

• Mariaan Maritz se herstelpad is moeisaam - dit is nou sewe maande sedert sy brein sjirurgie ondergaan het wat haar lewe gered het. Sy vorder treetjie vir treetjie – en hulle is dankbaar vir elkeen van die treetjies vertel Johannes.

• Berrie Holtzhausen en sy gesin pas aan by sy diagnose as Alzheimer's lyer - terwyl hulle self demensie en Alzheimer's pasiënte versorg.

Ons dink aan hulle in ons gebede 

Hulle verjaar - ons spring na Januarie!

• Hester van Zyl, Kunene vir Christus, 04/01  081 149 3092 erik@mtcmobile.com.na  

• Jan Theron, Pionierspark 14/01 0818 507 409 janpionierspark@gmail.com

• Amanda Krüger, EcSOS 18/01  081147 1242 ceo@ecsos.org

Ons lysie vir Desember is leeg, Feldmuis lesers wens die Januarie verjaardagmaats by voorbaat geluk!

Opleidingsgeleenthede

*Practices of faith in times of national and global crises

The world is in the wake of a global health crisis at the time that we prepare this conference call. This crisis came whilst there were already many other global and national crises facing us, including poverty, inequality and corruption, immigration and xenophobia, gender-based violence, homophobia and more. In the light hereof, the Gender Unit of the Beyers Naudé Centre and Department of Practical Theology and Missiology of the Faculty of Theology, Stellenbosch University, is hosting a conference on 15-17 March, 2021 at the Faculty of Theology, Stellenbosch University.

Excelsus Navrae: Rika van Rensburg [excelsus@up.ac.za; 012-420 6738] 

* Kliek hier vir volledige inligting. v VBO-Forum [Hierdie is ‘n gesamentlike inisiatief van Excelsus, Communitas en al die sinodes.] Verskeie kursusse wat aanlyn aangebied is, is steeds toeganklik. Navrae: Rika van Rensburg by excelsus@up.ac.za of Bridget Leibbrandt, / bleibbrandt@sun.ac.za

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier eers weer in die nuwe jaar met 'n gas onder die Kameelboom. 

As jy reis - onthou Kanaal 7 saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF as jy selfs ouer opnames wil luister kan jy gaan na Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

LIG

IVrede op aarde! het die engele tydens Jesus se geboorte gesing. Ons weet vandag dat dit geen kitsoplossing vir ’n wêreld vol konflik sou wees nie; eerder ’n oproep tot ’n lewenslange leerproses. ’n Soort toewyding waarvan ons alles by Jesus sou leer. Hemelse vrede is 'n leeftyd se oefen, sê Stephan Joubert. Klik hier om verder te lees

Kom klink ‘n glasie jogurt, en sien watter voordele dit vir jou gesondheid inhou. Daar is ook ‘n koekresep met drie idees – perfek vir Kersfees!

LiG verskyn in 2021 kwartaalliks. Die nuwe verskyningsdatums val saam met vier belangrike feestye in die Christelike jaar: Paasfees, Pinkstertyd, Koninkrykstyd en Advent/Kersfees. Die nuwe LiG sal dikker wees, met meer inhoud wat verryk en inspireer, en mooier foto’s. En steeds al die diepte en egtheid waarvoor LiG bekend en geliefd is. Dis natuurlik ook die perfekte geskenk! Om namens iemand anders in te teken, stuur ’n e-pos na lig@onthedot.co.za, whatsapp na 087 353 1292 of skakel 087 353 1291. Ons benodig daardie gelukkige mens se naam en adres, en jou naam, e-posadres en selnommer.

Ons is in die pylvak van 2020. ’n Jaar wat ons almal iewers aan ons hart gepluk het. Ons lewe op vreemde maniere tot stilstand geruk het. Iewers wens ons ons kan dié hoofstuk van ons lewe op die boekrak van gister bêre en met ’n nuwe een begin. Een met hoop. Lees Milanie Vosloo se rubriek hier verder.

Ons benodig jou adres, selnommer en e-posadres om die intekening te aktiveer. Jy betaal R59,90 kwartaalliks per debietorder, en dit word outomaties hernu. Om in te teken, stuur ’n e-pos na lig@onthedot.co.za, whatsapp na 087 353 1292 of skakel 087 353 1291.

---

Together in God’s theatre van Prof Ian Nell het vandeesmaand verskyn en is beskikbaar teen R200. Die boek van 170 bladsye in sagte omslag is gemik op studente in die Teologie, predikante, akademici, maar gemeente leiers in missionale bediening sal baat vind daarby.

Die resensie wat ons kon kry sê: Prof Ian Nell’s book “Together in God’s Theatre” – Practical Theology in an African context is opening a new chapter in Practical Theology. It is approaching this important discipline from the (South) African context and taking the faith practices of African Initiated (Independent) Churches seriously, while simultaneously keeping the strong link to the mainline churches and traditional discipline of Practical Theology. In this book Nell is creatively developing a Theo-dramatic approach to Practical Theology. Practical Theology is defined as an endeavour of “faith seeking understanding”: “An important assumption with which faith works is therefore the presence and claim of the O(o)ther, of God and of other people, in and on our lives. We talk of the socalled praesentia Dei.” (p5) This book is well written and beautifully presented; it is highly recommended for theological students, ministers, scholars and to be used in theological training institutions across Africa and further abroad.

Om te bestel: Stuur ’n e-pos na order@clf.co.za (of kontak 021 873 6964), dit is aanlyn beskikbaar - https://shop.clf.co.za/product/together-in-gods-theatre/

VOORBIDDING

Bid vir Kenia

Al is Kenia ’n land met ’n Christen-meerderheid, is daar verslae wat aandui dat ’n groeiende teenwoordigheid van Al-Shabaab in die noordoostelike en kusstreke Christene se aktiwiteite dophou. Georganiseerde korrupsie en misdaad is ’n ernstige probleem. Korrupte amptenare tree nie op teen diegene wat Christene vervolg nie, wat verdere vervolging aanmoedig. 

Klik hier om meer te lees, en om nuttige gebedskyfies af te laai, sodat jy saam met ons kan bid vir ons broers en susters in Kenia.

“Ek weier om tou op te gooi. Ek en my kinders sal Jesus bly vertrou. Ons is so dankbaar vir al jul ondersteuning.”– Esther*, ’n Gelowige uit ’n Moslem-agtergrond

Ons herhaal die beriggie

Vakatures en Ander Advertensies

Vakature: N G Kerk Windhoek Moedergemeente

Die Kerkraad van die NG Windhoek Gemeente maak in biddende afhanklikheid van die Here die vakature van ‘n voltydse leraar bekend.

GEMEENTE PROFIEL

Die gemeente is ‘n grenslose middestad gemeente met twee eredienste op ‘n Sondag in Afrikaans en Engels. Plaas wyke asook plotte buite die stad is ingesluit. Die gemeente akkommodeer ‘n oornag skuiling op die kerkterrein, Fresh bediening, dienste by ‘n privaat Ouetehuis ens. Ons is ‘n Missionêre gemeente met plaaslike sowel as oorsee sendelinge. Die bediening is multikultureel en vereis sterk leierskap asook ‘n innoverende bediening styl.

LERAARSPROFIEL

‘n Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wat ongeveer 10 jaar bediening ervaring het, wat oor sterk leier eienskappe beskik, gemaklik in Afrikaans en Engels multikultureel asook pastoraal vernuwend kan werk.

VERGOEDINGSPAKKET: Volgens sinodale riglyne.

AANSOEKE: Belangstellendes kan hul navrae en CV (saam met die besonderhede van drie referente) rig aan Oudl. Theo Klein: kleintg@iway.na; Tel. no. 081 124 1747 Windhoek.

SLUITINGSDATUM: 31 Januarie 2021

Die Kerkraad hou die reg voor om geen aanstelling te maak uit aansoeke verkry nie. Die Kerkraad sal slegs met kandidate op die kort lys onderhandel en terugvoering gee.

Vakature: NG Gemeente Kalkrand

• Vakature:  Vastetermyn leraarspos vir twee jaar (hernubaar).

• Sluitingsdatum:  13:00, Saterdag 30 Januarie 2021

Leraarsprofiel:

• ‘n Gelegitimeerde leraar of emeritusleraar van die N G kerk.

• Afrikaanssprekend

• Namibiese burgerskap is verkieslik en sal voorkeur geniet by beoordeling van aansoeke

Ampspligte:  Soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

• Dienste word  Sondae om die beurt gehou op Kalkrand en Uhlenhorst (80 Km weg van standplaas)

• Die werknemer moet in besit wees van ‘n geldige rybewys en ervaring hê van bestuur op gruispaaie

Vergoeding:  N$ 273 000 per jaar plus

• Gratis gemeubileerde behuising op Kalkrand  (inwoning verpligtend)

• Gemeente betaal verbruikersrekening soos ooreengekom tussen Kerkraad en leraar.

• Gemeentevoertuig  met brandstof en onderhoud ingesluit ( geen privaat gebruik nie)

Aansoeke:  Stuur kort cv van maksimum drie bladsye tesame met ‘n kort beskrywing van wat die aansoeker visualiseer tov die bediening in die gemeente na ngskriba@gmail.com

Diensaanvaarding:  1 Junie 2021

Navrae: Willem le Roux: 063 265328; 0811270972 of Johan Smith: 081 127 0870

Die Kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

---

Giggel

Die nuwe inperkings voel so!  

---