Header

Jaargang 18 - Uitgawe 01/2021 - Donderdag  14 Januarie 2021

ngkn@ngkn.com.na

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Uit die annale

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Opleidingsgeleentheid

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

Al die veld is vrolik….

Uitkoms is hier! Dis hoe meeste mense landwyd hul vreugde oor milde reëns verwoord. Oral! Op sosiale media, in die straat, met smse en fotos wat koerante toe gestuur word.

Op die foto is die Neckertal dam wat in 2018 voltooi is te sien - die damme in die land se vlakke is almal aansienlik beter as verlede jaar. Die Hardap se sluise laat water gekontroleerd uit sodat daar nie weer uitloop op oorstromings van Mariental nie en die vlak word die afgelope paar dae op 71% gehou. Daar is steeds goeie inloop.

---

Bly oor die nat afskop…  maar Covid tref ons sleg ...

Die versugting dat ook die pandemie hokgeslaan word is wydlopend soos die vreugde oor die reën!

Maar dit het naby aan ons gekom, predikante en lidmate het begin deurloop. Ons het geliefdes aan die dood afgestaan agv Covid-19. Ander is steeds baie siek.

Onder ons predikante is Dirk Louw (foto) en emeritus Dries Coetzee (tot einde Aprik verlede jaar Keetmanshoop) is tans siek en kry swaar. Pastoor Ron Gardiner, bekende AGS pastoor van Windhoek is die maand oorlede nadat hy voor kersfees ontslaan was uit die hospitaal.

Daarom moet ons almal die saak met meer erns bejeën!

Die opening van die skole wat uitgestel is, was ’n wyse besluit.

Maatreëls skaaf onder die boordjie

Minister Dr Kalumbi Shangule het Woensdag die verlenging van die maatreëls wat die regering ingestel het aangekondg.

Tydens die aanbieding het hy melding gemaak dat die staat se hospitale nou oorvol is en dat hulle sukkel om die Covid-19 gevalle te hanteer. Hy het ook sy dank teenoor die privaat hospitale uitgespreek wat hande gevat het met die staat.

Dr Shangula het ook aangedui dat die staat reeds van die vaksines aangekoop het en verder onderhandel oor meer daarvan van verskillende diensverskaffers.

Kom ons werk saam en doen die regte dinge – ter wille van ons geliefdes, ter wille van ander – die maatreëls help dat ons nie onnodige infeksies kry nie.

Soos Andre Olivier as moderator in sy kersboodskap verlede jaar gesê het: Ons sal saamstem dat 2020 uitsonderlike uitdagings aan elkeen van ons gestel het. Die lysie van wat alles met mense naby en vêr van ons gebeur het is oneindig. As ons terugkyk op die jaar kan ons onomwonde getuig dat die spreekwoordelike dubbelspore meermale ‘n enkelry spore geword het. Hy het ons gedra – tot hiertoe.

Kom ons bedink dit dat ons getroue Heer ons tot hier gelei het, oor ons gewaak het en ons net ‘n bietjie meer geslyp en gevorm het. Ons dank hom vir Sy goedheid en guns, en leef uit die lewende hoop wat Hy bied.

Kom ons beleef Sy hoopgewende teenwoordigheid bewustelik en deel dit uit aan mekaar, soos Christus Homself gebreek en uitgedeel het dat ons elkeen deel kan hê aan Hom.

Mag Kersfees ‘n geseënde ervaring wees en  wat ookal oor ons pad kom, sal 2021 geseënd wees as Hy in ons teenwoordig is.

Ons en inenting teen Covid-19

Baie is op hol oor die entstowwe wat ontwikkel word en sosiale media gons oor die saak. Baie dreef vrees aan met allerlei waarskuwings oor die onder andere dat dit die merk van die dier, en ander sinistêre gevare inhou.

Feldmuis het ’n baie goeie hantering van die saak raakgeloop wat op die NGKN Face Book geplaas is hier:

Dit is dr Isak Burger van die AGS wat praat – jy kan dit ook hier kry: https://www.facebook.com/100045501963180/videos/201045141729852/?sfnsn=wa

Uit die annale

• Uit ons knipsels die beriggie - Clem Marais

Familie Nuus

Lief en leed

• Dr Dirk Louw wat stadig herstel van die effek wat Covid-19 op hom het. Hy kry nog slegte hoesbuie, het soms asemnood en is pap en energieloos.

• Ds Dries Coetzee - emeritus tot April 2020 van Keetmanshoop wat worstel met Covid wat ook organe aangetas het.

• Dr Manus Olivier van Swakopmund is weer terug uit die Kaap waar hy net voor Kersfees sy laaste bestralingsessie ter behandeling van die gewas in sy sinusse.

• So ook is Mariaan Maritz van Okahandja treetjie vir treetjie besig om te herstel – ons dink aan haar en Johannes.

• Ds Dirk de Vos van Grootfontein het 'n heupvervanging voor verlede Maandag en sterk aan tuis  

• Berrie Holtzhausen en sy gesin pas aan by sy diagnose as Alzheimer's lyer - terwyl hulle self demensie en Alzheimer's pasiënte versorg.

Ons dink aan hulle in ons gebede 

ONS Sê TOTSIENS AAN…

• Christo Swarts van Mariental wat ‘n beroep aanvaar het na Schweizer-Reneke – sy afskeidspreek is op 24 Januarie. Ons wens hulle ‘n geseënde bediening toe in die nuwe werkkring

Hulle verjaar - ons spring na Januarie!

• Jan Theron, Pionierspark 14/01 0818 507 409 janpionierspark@gmail.com

• Amanda Krüger, EcSOS 18/01  081147 1242 ceo@ecsos.org 

• Rolien Schaaf, Suiderhof 22/01 061-252845 hrschaaf@iway.na

• Werner Redelinghuys, Hentiesbaai 22/01   081 805 0626    wernervdm@iway.na

Feldmuis lesers wens die verjaardagmaats geluk!

Opleidingsgeleenthede

*Practices of faith in times of national and global crises

The world is in the wake of a global health crisis at the time that we prepare this conference call. This crisis came whilst there were already many other global and national crises facing us, including poverty, inequality and corruption, immigration and xenophobia, gender-based violence, homophobia and more. In the light hereof, the Gender Unit of the Beyers Naudé Centre and Department of Practical Theology and Missiology of the Faculty of Theology, Stellenbosch University, is hosting a conference on 15-17 March, 2021 at the Faculty of Theology, Stellenbosch University.

Excelsus Navrae: Rika van Rensburg [excelsus@up.ac.za; 012-420 6738] 

* Kliek hier vir volledige inligting. v VBO-Forum [Hierdie is ‘n gesamentlike inisiatief van Excelsus, Communitas en al die sinodes.] Verskeie kursusse wat aanlyn aangebied is, is steeds toeganklik. Navrae: Rika van Rensburg by excelsus@up.ac.za of Bridget Leibbrandt, / bleibbrandt@sun.ac.za

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met Willemien van den Berg, veteraan sendeling van Ywam in Nepal oor haar werk, die situasie in Nepal tov die uitbreiding van die evangelie en die effek wat Covid gehad het op die bediening en verwikkelinge daar. Luister eerskomende Sondag 17 Januarie om 12:00 (of Dinsdag 19/01 om 09:30) op Kanaal 7. Kanaal 7 saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF as jy selfs ouer opnames wil luister kan jy gaan na Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

Together in God’s theatre van Prof Ian Nell het vandeesmaand verskyn en is beskikbaar teen R200. Die boek van 170 bladsye in sagte omslag is gemik op studente in die Teologie, predikante, akademici, maar gemeente leiers in missionale bediening sal baat vind daarby.

Die resensie wat ons kon kry sê: Prof Ian Nell’s book “Together in God’s Theatre” – Practical Theology in an African context is opening a new chapter in Practical Theology. It is approaching this important discipline from the (South) African context and taking the faith practices of African Initiated (Independent) Churches seriously, while simultaneously keeping the strong link to the mainline churches and traditional discipline of Practical Theology. In this book Nell is creatively developing a Theo-dramatic approach to Practical Theology. Practical Theology is defined as an endeavour of “faith seeking understanding”: “An important assumption with which faith works is therefore the presence and claim of the O(o)ther, of God and of other people, in and on our lives. We talk of the socalled praesentia Dei.” (p5) This book is well written and beautifully presented; it is highly recommended for theological students, ministers, scholars and to be used in theological training institutions across Africa and further abroad.

Om te bestel: Stuur ’n e-pos na order@clf.co.za (of kontak 021 873 6964), dit is aanlyn beskikbaar - https://shop.clf.co.za/product/together-in-gods-theatre/

VOORBIDDING

Persecution of Christians seriously increases on African continent amid Covid-19 pandemic

Open Doors International released its 2021 World Watch List (WWL) on 13 January. This list, compiled annually, announces the top 50 countries in numeric order where Christians experience the worst persecution for their faith. In this worldwide survey that monitors how difficult it is to live as a Christian, the overall trend shows that the persecution of Christians rises at an alarming rate in Africa and that the coronavirus pandemic has further exacerbated discrimination against Christians.

North Korea tops the list for the 20th year in a row. Since 2002, this country has continuously ranked as the country with the worst persecution of Christians. It is followed by Afghanistan as a close second and Somalia in the third place.

Among the list’s top 50 countries alone, more than 309 million Christians – that is one in every eight Christians – around the world face severe persecution for their faith. Overall, Christians in 74 countries experience a level of persecution measured as extreme, very high or high.

Drastic rise of persecution in Africa

This year’s list reveals that the persecution of Christians has drastically increased worldwide and specifically in Africa. Even some of South Africa’s neighbouring countries, such as Mozambique, appear on the list. A total of 19 of the 50 countries on the list are on the African continent and four African countries are under the top 10. One in every six Christians in Africa now faces severe persecution for their faith. Over the past two years, violence against the Church across sub-Saharan Africa has escalated with 30%.

Lees hier verder: https://www.opendoors.org.za/afr/mediaverklaring-2021wereldwaarnemingslys/

Vakatures en Ander Advertensies

Vakature: N G Kerk Windhoek Moedergemeente

Die Kerkraad van die NG Windhoek Gemeente maak in biddende afhanklikheid van die Here die vakature van ‘n voltydse leraar bekend.

GEMEENTE PROFIEL

Die gemeente is ‘n grenslose middestad gemeente met twee eredienste op ‘n Sondag in Afrikaans en Engels. Plaas wyke asook plotte buite die stad is ingesluit. Die gemeente akkommodeer ‘n oornag skuiling op die kerkterrein, Fresh bediening, dienste by ‘n privaat Ouetehuis ens. Ons is ‘n Missionêre gemeente met plaaslike sowel as oorsee sendelinge. Die bediening is multikultureel en vereis sterk leierskap asook ‘n innoverende bediening styl.

LERAARSPROFIEL

‘n Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wat ongeveer 10 jaar bediening ervaring het, wat oor sterk leier eienskappe beskik, gemaklik in Afrikaans en Engels multikultureel asook pastoraal vernuwend kan werk.

VERGOEDINGSPAKKET: Volgens sinodale riglyne.

AANSOEKE: Belangstellendes kan hul navrae en CV (saam met die besonderhede van drie referente) rig aan Oudl. Theo Klein: kleintg@iway.na; Tel. no. 081 124 1747 Windhoek.

SLUITINGSDATUM: 31 Januarie 2021

Die Kerkraad hou die reg voor om geen aanstelling te maak uit aansoeke verkry nie. Die Kerkraad sal slegs met kandidate op die kort lys onderhandel en terugvoering gee.

Vakature: NG Gemeente Kalkrand

• Vakature:  Vastetermyn leraarspos vir twee jaar (hernubaar).

• Sluitingsdatum:  13:00, Saterdag 30 Januarie 2021

Leraarsprofiel:

• ‘n Gelegitimeerde leraar of emeritusleraar van die N G kerk.

• Afrikaanssprekend

• Namibiese burgerskap is verkieslik en sal voorkeur geniet by beoordeling van aansoeke

Ampspligte:  Soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

• Dienste word  Sondae om die beurt gehou op Kalkrand en Uhlenhorst (80 Km weg van standplaas)

• Die werknemer moet in besit wees van ‘n geldige rybewys en ervaring hê van bestuur op gruispaaie

Vergoeding:  N$ 273 000 per jaar plus

• Gratis gemeubileerde behuising op Kalkrand  (inwoning verpligtend)

• Gemeente betaal verbruikersrekening soos ooreengekom tussen Kerkraad en leraar.

• Gemeentevoertuig  met brandstof en onderhoud ingesluit ( geen privaat gebruik nie)

Aansoeke:  Stuur kort cv van maksimum drie bladsye tesame met ‘n kort beskrywing van wat die aansoeker visualiseer tov die bediening in die gemeente na ngskriba@gmail.com

Diensaanvaarding:  1 Junie 2021

Navrae: Willem le Roux: 063 265328; 0811270972 of Johan Smith: 081 127 0870

Die Kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

---

 Aftree verblyf by Schanzen Oord

Lewensreg te koop op 1 slaapkamer woonstel op grondvlak, gelyk area, te Schanzen – Oord teen N$800 000 of naaste aanbod.  Kontak Frans du Toit, sel 081 261 7405 vir navrae.

Giggel

Inperkings raak soms raaiselagtig....

---