Header

Jaargang 18 - Uitgawe 04/2021 - Donderdag  04 Februarie 2021

ngkn@ngkn.com.na

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Covid en ons

• Uit die annale

• Uit ander oorde

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Opleidingsgeleentheid

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

PRO BONO REGSHULP met kontrakte gesoek vir ontwikkelingsprojekte 

Oondongi Enterprises is die "social enterprise" – die “besigheidsarm” – van die maatskaplike sambreel organisasie EcSOS.

Oondongi  is besig om Moringa boorde te vestig as landbou ontwikkelingsprojek. Die boom se blare en sade kan benut word om hoë inkomste opbrengste te lewer. Winste word verdeel tussen diegene wat die werk doen en EcSos projekte. Sommige van EcSos se lede is aktief deel van die ontwikkeling en plant self boorde aan.

EcSos is dringend op soek na ‘n regspraktisyn wat verkieslike spesialiseer in kommersiële reg, wat bereid sou wees om pro bono hulp te verskaf met kontrakte in 2021. Die gedagte is dat die praktisyn dan EcSos se voorkeur diensverskaffer sal wees wanneer die projekte begin om kontant te genereer teen 2022 vir EcSos se regswerk.

Kontak Amanda Kruger-Viviers ceo@ecsos.org of 0811471242 as jy kan help.

---

• DEGNOS

Tsumkwe bekeerlinge gedoop

Fotos van Ds Gerrie Cwi wat op Tsumkwe woon en werk se doopdiens. Altesaam is 6 volwassenes en 5 kinders gedoop by die geleentheid.

Die klein seuntjie se naam is Kashe. Die man met die wit hemp is Komtsa, broertjie van kerkraadslid Daqm. Mama Tciqxo met die geel hemp en haar man Cgaesje wat ook ‘n wit hemp dra. Ds Gerrie is op meeste fotos te sien met die swart pak klere.

Finansiële steun vir Degnos word gebruik om die werk te ondersteun. Bank besonderhede: DEGNOS, First National Bank -  Grootfontein Rek. nr 553 24 111 992 Tak Kode 280 173 Andries gousandries74@gamail.com of ngtsumkwe@iway.na

COVID-19 en ons

• 'n Omvattende Christelike perspektief

Covid-19, Immunisasie en Ivermectin

Dr Arnau van Wyngaard is 'n predikant in Swaziland met 'n lang betrokkenheid en kundigheid oor die voorkoming en hantering van MIV. Hy is ook diep ingegrawe in die verspreiding van Covid-19 en 'n gepaste sosiaal-maatskaplike respons daarop.

Arnau het 'n uitstekende artikel op sy blog geplaas waarin hy talle kwelvrae oor Cvoid-19, immunisasie en medikasie soos Ivermectin bespreek. Dit is waarskynlik die enkele mees gebalanseerde en omvattende blik op die uitdaging. Lees dit gerus hier.

Die kerk en die Covid-19-entstof: Ons is aan mekaar verbind

Dit is amper voor die hand liggend dat teologie ’n prominente stem in mediese etiek sal hê; die vraagstukke wat na vore kom handel dikwels oor lewe, dood en gesondheid, en is daarom kwessies waarmee Christin etici en teoloë hulleself besig hou, skryf MANITZA KOTZÉ. Klik op die opskrif om verder te lees.

Uit die annale

• Die "Weleerwaarde Ring van Mariental" het met spyt daarvan kennis geneem dat 'n sirkusgroep elke jaar tydens pinkster die land besoek. Die Sekretaris van Suidwes Administrasie is per brief gevra om daaraan aandag te gee.  - Clem Marais (Argivaris)

Uit ander Oorde

• Dr Coen Slabber in e-kerk leier-nuusbrief

Kenmerke van gemeentes wat opstaan en (weer) sal bou

Dr Coen Slabber is 'n voormalige dekaan van die geneeskunde-fakulteit aan die Universiteit van die Vrystaat en daarna Direkteur-Generaal van Gesondheid. Hy skryf gereeld e-kerk se nuusbrief vir leiers. Hier is die jongste uitgawe, 'n roerende aanmoediging om nou aanpasbaar en moedig te wees en daarby die regte dinge te doen:

Vir die afgelope paar maande doen gemeentes alles moontlik om waarskynlik die moeilikste seisoen in bediening te navigeer. Dit was beslis ‘n ingewikkelde tyd. Nou is dit tyd dat gemeentes weer moet bou.

Die meeste gemeentes se taakspanne werk daaraan om eredienste van ‘n hoë gehalte te lewer. Leiers is uitgeput. Hoekom? Omdat die resultate nie voldoen aan hulle verwagtings nie. Vasberadenheid is nou meer as enige tyd vantevore nodig.

Om weer te bou, verwys nie hier na fisiese geboue nie. Dit gaan oor die bou van die liggaam van Christus - om dit sterker en groter te maak, een persoon op ‘n slag. Dit het niks met self-onderhouding te doen nie, maar alles met God se doel en mag.

Leiers wat bou, treur nie oor hulle verliese nie, maar dank God vir wat hulle het en gebruik hulle gawes en hulpbronne met wysheid.

Gemeentes wat bou, bou nou. Hier is ‘n paar kenmerke van hierdie gemeentes:

1. Hulle meet nie toekomstige resultate deur dit te baseer op prestasie in die verlede nie.

Hierdie is ‘n lokval, wat ons gou kan ontmoedig. Begin met wat jy het en nie met wat jy gehad het nie. Jy mors net jou energie. Ons moet ook versigtig wees om dit wat God in die toekoms kan doen, onderhewig te maak aan ons tydskale. Die kerk is swaar getref, maar sal weer terugkeer. Die potensiaal is daar dat die kerk selfs sterker as vantevore kan terugkom.

2. Hierdie gemeentes neem besluite sonder dat hulle om die hoek kan sien.

Ons hoor dikwels die klagte dat ons nie goeie besluite kan neem, as ons nie weet wat in die toekoms gaan gebeur nie. Lees verder

Familie Nuus

Lief en leed

• Amanda Viviers (CEO EcSos) se eggenoot Willem was dodelik siek die afgelope tyd en na maandelange gesukkel om vas te stel wat fout is, is gevind dat sy galblaas sy liggaam begin vergiftig het. 'n Vyf uur lange operasie het hom hopelik nou op die herstelpad gesit.

• Dr Dirk Louw (Windhoek) het die week begin werk en sê hy sal dit stadig vat. Gelukkig is daar hulp met prediking – Fresh se persoeel gee hand. Tuis is daar baie uitdagings – Dirk se skoonseun Ettienne Steyn spook nog met die nadraai van ‘n leweraantasting wat hom by die dood gehad het oor Desember. Sy swaer Menry Mudge sterk by hulle aan nadat hy 33 dae in die hospitaal was met Covid-19, 27 daarvan in intensiewe sorg. Hy is nog konstant op suurstof.

• Dr Manus Olivier van Swakopmund is weer terug uit die Kaap waar hy net voor Kersfees sy laaste bestralingsessie ter behandeling van die gewas in sy sinusse.

• Met Mariaan Maritz gaan dit ook algaande beter, maar die herstelpad is maar lank en steil.

Ons dink aan hulle in ons gebede 

Hulle verjaar 

• Elida du Toit, Suiderhof  04/02 081 4013261 dbtoit@gmail.com

• Marietjie Poggenpoel, Walvisbaai Meersig 08/02 064-04426 pgpoggenpoel1@gmail.com

• Betsie Serfontein, Elisenheim 13/02 081-129-0123  jfserf@afol.com.na

Feldmuis lesers wens die verjaardagmaats geluk!

Opleidingsgeleenthede


DinkJeug wenk van die week vir leraars

Anriëtte de Ridder vertel dat meer as 100 leraars vir die DinkJeug Wenk van die Week ingeskryf het en die eerste e-pos is Maandag 27 Januarie uitgestuur. "Die reaksie was oorweldigend en ons is opgewonde om op hierdie wyse leraars en jeugwerkers te ondersteun in hulle bediening aan families en die jeug in 2021."

Die e-pos sal weekliks die volgende insluit: 'n intergenerasionele wenk om in die erediens te gebruik; ‘n skakel na die Familie Tuisblad wat in die bulletin gebruik kan word of per WhatsApp uitgestuur kan word; inligting oor die komende week se Dinkjeug Familie App tema en skakel om met families te deel; ‘n skakel na die DinkJeug podcast om kategete mee toe te rus asook nog hulpmiddels om te gebruik in jou bediening.

Leraars, diensleraars en jeugwerkers kan hier klik om op die e-pos in te teken

• Excelsus

African Public Theology

• Datums: 4, 11, 18, 25 Februarie

Neem asseblief kennis dat die datum vir registrasie tot 1 Februarie verleng is. Registreer gerus vir die volgende VBO geleentheid: Kliek hier Kyk gerus na die uitnodiging en dan ook Inligting rakende die boek: Kliek hier

• Hugenote Kollege (VBO Forum):

Uitvoerende kortkursusse van die Skool vir Sosiale Innovasie

• Mensgesentreerde Ontwerpdenke vir Sosiale Innovasie en Entrepreneurskap

Datum: 10 Februarie

• Leierskap vir Sosiale Innovasie en Entrepreneurskap

Datum: 10 Maart

• Mentoring en Afrigting, Persoonlike Meesterskap en Emosionele Intelligensie vir Sosiale Besigheid

Datum: 19 Mei

Inligting/inskrywing is aanlyn beskikbaar: Kliek hier

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met Dr De Wet Strauss van Academia oor 2Kor 4:3 - 6 en ook Aswoensdag Luister eerskomende Sondag 31 Januarie om 12:00 (of Dinsdag 02/02 om 09:30) op Kanaal 7. Kanaal 7 saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF as jy selfs ouer opnames wil luister kan jy gaan na Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7 

Nuwe Publikasies

KATEGESE 2021

Bybel-Media het hulle kategeseprodukte hersien. Die is gereed vir 2021 en kan bestel word. 

’n Mini-katalogus is uitgestuur waarin die laaste twee kategorieë in meer besonderhede uiteengesit word. Klik op die skakels hieronder om daardeur te blaai:

Voorskoolse kategese 2021:  http://jeugfokus.bybelmedia.org.za/voorskool/

Junior fase 2021: http://jeugfokus.bybelmedia.org.za/junior-fase/

Middelfase 2021: http://jeugfokus.bybelmedia.org.za/middelfase/

Senior fase 2021: http://jeugfokus.bybelmedia.org.za/senior-fase/

Daar is produkte beskikbaar in die volgende kategorieë: 

• VOORSKOOL fokus op kleuters van 2-6 jaar oud.

• JUNIOR FASE fokus op katkisante van Graad 1-3 (7-10 jaar).

• MIDDELFASE fokus op katkisante van Graad 4-6 (10-12 jaar).

• SENIOR FASE fokus op katkisante van Graad 7-10 (12-17 jaar).

• BELYDENISFASE fokus op katkisante van Graad 11 en 12 (17-19 jaar).

• HUISGELOOF bemagtig ouers om direk by hulle kinders se geloofsvorming betrokke te raak.

Gaan loer na ons kategeseprodukte by http://jeugfokus.bybelmedia.org.za/

‘House of Mercy’ bied halte vir sterwendes

Toe Shirley Coetzee twee jaar gelede die helfte van haar huis vir sterwendes oopgestel het, was dit grootliks vir een rede: Om te verseker dié mense se laaste dae op aarde is vol vrede, berig JACOBIE M HELENA.

Lees verder in Kerkbode

Foto erkenning: Kerkbode

Covid-19-skeiding: Slim planne vir grootouers

Gesondheidskenners is dit met mekaar eens dat ouer mense kwesbaar is wanneer die koronavirus toeslaan, en dat hulle daarom ekstra voorsorg moet tref. Hierdie waarskuwing beteken egter ook dat oupas en oumas hul kinders en kleinkinders nou “oor ’n afstand” moet liefhê. Dit het tyd geword vir ’n nuwe soort kuier.

-       DEUR SUSAN GOOSEN

Christelle du Plessis, ’n opvoedkundige sielkundige in Johannesburg, bevestig dat die unieke verhouding tussen grootouers en kleinkinders vir almal van groot waarde is.

“Oupas en oumas kan hul kleinkinders se lewe op talle maniere verryk,” sê sy. “Hul onvoorwaardelike liefde, aanvaarding en ondersteuning bied ’n veilige hawe aan jong kinders. Grootouers het dikwels ook meer tyd tot hul beskikking, en dié ekstra aandag laat die kleinkinders gemaklik en geborge voel.

“Die kleinkinders bring op hul beurt ’n nuwe dimensie in die lewe van hul grootouers. Wanneer hulle om die een of ander rede dan nie by mekaar kan kuier nie, is dit belangrik dat hulle op ander maniere sal kontak maak. En wanneer fisieke kontak nie moontlik is nie, is emosionele kontak en ondersteuning van onskatbare waarde.”

Lees Verder: Covid-19-skeiding: Slim planne vir grootouers

VOORBIDDING

ERITREA

Christene van nie-tradisionele denominasies staar die swaarste vervolging in die gesig in Eritrea, beide van die regering en van die Eritrese Ortodokse Kerk (EOK). Die EOK is die enigste Christin-denominasie wat deur die regering erken word en word streng deur die owerhede beheer.

Die regering se veiligheidsmagte monitor telefoonoproepe, fynkam aktiwiteite en voer tallose klopjagte uit wat Christene teiken, beslag lê op Christelike materiaal en huiskerke beskadig. Christene kan gearresteer word en sonder ʼn verhoor in die tronk gegooi word. Talle Christene word in onmenslike omstandighede in tronke aangehou weens hul geloof, en hulle geliefdes weet dikwels nie waar hulle is en of hulle selfs nog lewe nie. In Junie 2020 het die Verenigde Nasies (VN) gerapporteer dat daar geen noemenswaardige verbeteringe in Eritrea is wat menseregteskendings aanspreek nie.

Nie-EOK-Christene en Christene vanuit ʼn Moslem agtergrond ervaar uiterste teenstand van hulle families, gemeenskappe en die staat, en word dikwels noodsaaklike maatskaplike dienste en ander hulpbronne geweier.

Ontmoet vir Musse

“In die tronk was een van my belangrikste doelwitte as ʼn Christin om te evangeliseer. Dis verbode om dit openlik te doen, maar ons het dit in die nag gedoen wanneer almal geslaap het. Mense in die tronk ervaar verskeie frustrasies en is depressief. Dié mense was versot op wat ons hulle geleer en met hulle gedeel het. Sommige van hulle het ons selfs probeer beskerm. Ons het baie bekerings gesien. Die Evangelie kan nie vasgeketting word nie!”

Musse* het jare in die tronk spandeer – en die Evangelie met ander gedeel. As daar een ding is wat Ruth en Musse deur die jare wat hulle die Here en Sy Kerk in Eritrea dien geleer het, was dit dat die Evangelie nie geboei kan word nie. Ongeag hoe donker dinge mag lyk, God se lig oorwin altyd. Musse het jare in die tronk spandeer, maar selfs daar kon hy die goeie nuus van die Evangelie deel. Ruth het getrou vir hom gewag en deurentyd God se goedheid en genade ervaar.

*Naam vir sekuriteitsredes verander

Bid vir Eritrea:

• Bid dat gelowiges se geloof sal groei, dat hulle liefde sal toeneem en dat hulle geloof ondanks vervolging en onderdrukking standvastig sal wees.

• Bid dat Eritrese Christene en kerkleiers wysheid en geleenthede sal hê om in gesprek met hul regering te tree oor die onderwerp van godsdiensvryheid.

• Bid vir dié wat in ondraaglike toestande in die tronk ly weens hul geloof, en vir die Christenvroue en -kinders wie se mans en pa’s in die tronk is. Bid dat die Here Sy genade aan hierdie families sal bewys en in hulle geestelike en fisiese behoeftes sal voorsien.

COVID-19 ontbloot vervolging …

Dit was nie net in Indië nie. In Myanmar, Nepal, Vietnam, Bangladesj, Pakistan, Sentraal Asië, Maleisië, Noord Afrika, Jemen en in Soedan, was daar berigte van Christene in landelike areas wat hulp ontsê is.

Soms, was dit regeringsamptenare wat hulp geweier het, maar meestal was dit leiers van klein gemeenskappe soos stamhoofde, plaaslike komitees of plaaslike leiers wat gelowiges hulp ontsê het. Sommige Christene het selfs gerapporteer dat hul voedsel rantsoen kaarte opgeskeur is, of eenvoudig weggewys is.

In suidelike Kaduna, Nigerië, het families in verskeie klein dorpies gesê dat hulle net ‘n sesde van die rantsoene gekry het teenoor wat aan Moslem families uitgedeel is. In Gunea Bissau, is ‘n noodtoestand afgekondig is, het Christene  gerapporteer dat hul Moslem bure hulle verkla het, terwyl ‘n leier in Gunea gesê het dat die sluiting van kerke veroorsaak het dat die plaaslike animiste die Christin leiers gehoon het.

Die wêreldwye pandemie het vervolging net meer sigbaar gemaak as ooit tevore, bloot omrede soveel mense noodleniging nodig gehad het. Die openlike diskriminasie en verdrukking waaronder gelowiges in 2020 gely het moet nie vergeet word nie – selfs al vervaag die COVID-19 krisis uit ons kollektiewe geheue.

Die Corona pandemie was ‘n een in ‘n leeftyd belewenis. En bo-op die pyn waardeur menigte mense oor die wêreld geleef en steeds beleef, het dit ook die aakligheid van vervolging van gelowiges blootgestel op ‘n nuwe manier.

In Indië, het meer as 100,000 Christene noodlenigings vennote gekry wat hulle deur die pandemie gedra het. Van hierdie gelowiges, het 80 persent gerapporteer aan World Watch List navorsers dat hulle weggewys was by amptelike kos voorsienings punte. Talle het myle ver gestap en hul identiteit as Christene verdoesel om elders kos te bekom. 15 persent het noodleniging in die vorm van kos gekry, maar ander vorme van diskriminasie ervaar, soos om oorgesien te word by werkverskaffing.

Vakatures en Ander Advertensies

VAKATURES IN BEDIENING

Die Gereformeerde Kerk Tsumeb

Vakante Standplaas te Tsumeb

PREDIKANT

Kandidate wat aan die volgende vereistes voldoen is welkom om vir die pos aansoek te doen.

• BTh, BTh Honneurs en ‘n M.Div. grade het, of soortgelyk wat voldoen aan die vereistes soos voorgeskryf deur die Kuratorium vir Teologiese Opleiding van die Gereformeerde Kerke van Suider-Afrika

• 

 ‘n Geordende predikant van die Gereformeerde Kerke van Suider-Afrika

Aansoek Sluitings Datum: 15 Februarie 2021

Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie. Net suksesvolle kandidate sal gekontak word. Rig aansoek met bewys van toepaslike kwalifikasies en u CV aan: Die Skriba – Gereformeerde Kerk Tsumeb, Posbus 267 – Tsumeb espag.lizelle@gmail.com

 

Die Gereformeerde Kerk Tsumeb

Vakante Standplaas te Oshakati

KERKPLANTER (EVANGELIS) VIR OSHAKATI

Kandidate wat aan die volgende vereistes voldoen is welkom om vir die pos aansoek te doen.

• BTh, BTh Honneurs en ‘n M.Div. grade het, of soortgelyk wat voldoen aan die vereistes soos voorgeskryf deur die Kuratorium vir Teologiese Opleiding van die Gereformeerde Kerke van Suider-Afrika;

• ‘n Geordende predikant van die Gereformeerde Kerke van Suider-Afrika;

• Een jaar ondervinding in kerkplanting binne die Gereformeerde Kerke van Suider-Afrika;

• Bereid om in Oshakati te woon.

Aansoek Sluitings Datum: 8 Maart 2021

Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie. Net suksesvolle kandidate sal gekontak word. Rig aansoek met bewys van toepaslike kwalifikasies en u CV aan: Die Skriba – Gereformeerde Gemeenskapskerk Oshakati jaco@oshana-security.na 

 Aftree verblyf by Schanzen Oord - lewensreg 

Lewensreg te koop op 1 slaapkamer woonstel op grondvlak, gelyk area, te Schanzen – Oord teen N$800 000 of naaste aanbod.  Kontak Frans du Toit, sel 081 261 7405 vir navrae.

Giggel

     uit die mond .....

---