Header

Jaargang 18 - Uitgawe 05/2021 - Donderdag  11 Februarie 2021

ngkn@ngkn.com.na

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Covid en ons

• Uit die annale

• Uit ander oorde

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Opleidingsgeleentheid

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

NG EROS STOP GATE TOE

Dis ‘n week en vele toe-gestopte gate later. Verlede week is oor projek slaggat – ‘n inisiatief van NG Eros – berig.  Die week kan die storie vertel word.

Vrywilligers van oor die stad – veral uit Katutura – het kom aanmeld by dr Fourie van den Berg wat die inisiatief lei. En Fourie lei van voor – self is hy die afgelope dae in die son en aan die pik slaan, lugdrukboor hanteer en sweet!

In ‘n klankgreep wat hy aanstuur vertel Peterson van One Nation in Katutura hoe hy dadelik aangespreek was toe Fourie op Talk of the Nation vertel het wat hulle beoog en gevra het dat vrywilligers moet kom help.

Hy sê: I have come to help make our city proud again! Hy vertel dat Windhoek onlangs ‘n toekenning ontvang het as stad – “let’s keep it that way!” sê hy. En moedig dan ander aan om saam te kom werk!

Hy reken hy het nuwe vaardighede aangeleer – wat hom ‘n wenner maak. Next time you go lookig for a job, you can show the certificate that says you can do this work! So moedig hy almal wat padgebruikers is – en hy sonder die taxis uit – om as hulle verbykom iets vir die mense te gee wat swoeg – “a cold drink or something to eat” sê hy sal sake vir die wat sonder vergoeding werk moedig.

Fourie vertel dat mense kospakkies en drinkgoed kom afgee het. Ook het twee maatskappye hom al genader – die een het aangebied om ‘n afsluitings braai vir die vrywilligers te gee en ‘n ander een wil hampers pak en uitdeel om vir die vrywilligers dankie te sê.

Fourie daag ander kerke en dorpe uit om dieselfde te doen in hulle omgewings – so maak ons ‘n verskil vir almal.

---

Ova-Himbas van Onjuva, Ondije en Okaanga trek nou Opuwo toe waar dit bietjie gereën het.

Maandag kom Erik en Jason laataand op Ongondjanambari 

by ouderling Katetete aan en wys die Jesus-film na 22h00 vir sy familie. Die droogte het nie die dors na Gods Woord verstik nie.

Dinsdagoggend word lekker saamgekuier rondom Gods Woord! Psalm 73 en Job 42 - In God se teenwoordigheid verdwyn ons “hoekom-vrae”! Ons bid vir ’n honger en dors na God!

Katetete vra ’n “Himba-Oral Bible” vir een van sy lidmate.

Groot is ons en hulle dankbaarheid vir ’n kos donasie van donateur  vriende in die VSA. In totaal is ’n driekwart ton mieliemeel uitdeel.

Prys die Here, ons kon nuwe Herero Bybels vir Matteus, Vateelapo en Linus gee. Matteus vra ook vir 2 MP3-megavoice spelers vir sy kinders: ’n “Himba- Oral Bible” en ’n Zemba NT. Ons bid vir reën en vertrek.

Erik skryf: Ek besoek vir Gabriël Kaita by Epupa-valle. Gabriël het in Januarie 2020 tot bekering gekom 2 weke nadat ek vir hom ’n “Himba-Oral Bible” tydens ’n vakansie-besoek aan Epupa gegee het. Sy vrou Mina en sy drie seuns volg nou ook die Here Jesus. Mina is oorstelp van blydskap met haar nuwe Herero Bybel en ons gee ook ’n “Himba-Oral Bible” vir ’n vriend van Gabriël.

Woensdag vertrek Erik en ds Jason Ngambue uit Opuwo na Otjaparakaha, 20km voor Etanga, waar Tjise se tydelike kraal is. Woensdagaand word die Jesusfilm daar vir ’n klein groepie Ova-Himbas vertoon.

Donderdagoggend bring ons ’n boodskap van bemoediging oor God wat sorg vir Sy kinders. Erik gebruik die “Good News” prenteboeke. Ngavetjitevi Hepute, ’n lidmaat van ons kerk vanuit Okamanga, ontvang ’n Herero Bybel.

---

• BYBELGENOOTSKAP VAN NAMIBIë

JAARVERGADERING

LAAI DIE BRIEF, AGENDA EN DIE NOTULE VAN DIE VORIGE VERGADERING HIER AF:

https://drive.google.com/drive/folders/1T1YPz9WwevkidpxpPbd-xMqMptXdtfxs?usp=sharing

Maak seker jou / jul Lidmaatsfooie is opbetaald VOOR die vergadering! Lidmaatskapfooie word benut om die prys van Bybels te subsideer! 

LAAI LIDMAATSKAPSVORMS HIER AF:

https://drive.google.com/drive/folders/1T1YPz9WwevkidpxpPbd-xMqMptXdtfxs?usp=sharing

Lede kan mense nomineer vir verkiesing op die Raad van Direkteure. (Deelnemers aan due Bible Investors Club is outomaties lede)

Daar is drie (3) vakatures op die Raad wat gevul moet word - termyne is drie jaar lank. LAAI NOMINASIEVORMS HIER AF: 

https://drive.google.com/drive/folders/1T1YPz9WwevkidpxpPbd-xMqMptXdtfxs?usp=sharing

STUUR VOLTOOIDE NOMINASIEVORMS OM BYBELGENOOTSKAP SE KANTORE TE BEREIK TEEN 1 MAART 2021!

COVID-19 en ons

Bruikbare gids oor Covid-immunisasie

Klik op die skakel om 'n lekker, bruikbare inligtingstuk oor Covid-19-immunisasie af te laai.

Uit die annale

Sending is belangrik vir die NG Kerk 

Die NG Kerk het in haar diepste DNS 'n sending gerigtheid. Dit blyk ook uit die notule van die stigtingsvergadering van die Ring van Windhoek op  26 Oktober 1953 (foto hierbo). Benewens die administratiewe sake, soos verkiesing van ampsdraers en aanwys van sinodale verteenwoordigers, het net een "bediening-saak" aandag geniet. Dit was 'n besluit "...dat die Voorsitter reëlings sal tref vir 'n gesamentlike vergadering van die drie Ringe van SWA i.v.m. sendingsake."

Ds Jan Steenkamp (Windhoek) was die "Hoogeerwaarde Voorsitter" van hierdie eerste Ring van Windhoek, met ds Sam Murray (Leonard) die skriba.

Clem Marais (Argivaris)

Feldmuis sê: Kyk daardie lopende skrif - die kinders sê dit is "encryption"!

Uit ander Oorde

Hulpbronne en leergeleenthede oor gereformeerde liturgie

Oorgeneem uit die Ooskaap se nuusbrief. Klik op hier om toegang tot die bronne te kry.

Familie Nuus

Lief en leed

• Koos Engelbrecht (Emeritus en aktief nog in #Karas Christi as opleier) moeder is die week op 95 jarige ouderdom oorlede aan Covid-19 verwante komplikasies.

• Dirk Louw het verlede week begin werk terwyl hy stadig maar seker sy kragte herwin na sy Covid-19 episode in Desember. Sy skoonseun Ettienne Steyn spook nog met die nadraai van ‘n leweraantasting en sy swaer Henry Mudge sterk by hulle aan nadat hy 33 dae in die hospitaal was met Covid-19, 27 daarvan in intensiewe sorg.

• Amanda Viviers (CEO EcSos) se eggenoot Willem hestel nog van 'n vyf uur lange operasie om sy galblaas te verwyder en rekonstruksie te doen aan probleme wat oorgestaan het van vorige sjirurgie. Ons vertrou saam met hulle dat hy nou regtig op die herstelpad is na maande van pyn en ongemak. 

• Met Mariaan Maritz gaan dit ook algaande beter, maar die herstelpad is maar lank en steil.

Ons dink aan hulle in ons gebede 

Hulle verjaar 

• Betsie Serfontein, Elisenheim 13/02 081-129-0123  jfserf@afol.com.na

• Peet Poggenpoel, Walvisbaai Meersig  15/02 081-128-5902 pgpoggenpoel1@gmail.com

Feldmuis lesers wens die verjaardagmaats geluk!

Opleidingsgeleenthede

• Excelsus

Koninkrykstyd

Jy word uitgenooi na die die eerste van vanjaar se kreatiewe werkswinkels oor die viering van die kerklike jaar Die jaar van God se genade (Jaar A)
15 & 16 Februarie 2021 

Lydenstyd
Daar word saam gedink en saam gewerk aan die viering van:
• Lydenstyd
• Aswoensdag
• Palmsondag
• Groot Lydensweek
• Goeie Vrydag
Plek: Aanlynaanbieding
Aanbieder: Dr. André Bartlett
Koste: R75
VBO: 15 punte
Sluitingsdatum: 11 Februarie 2021
Skakel vir inskrywing: https://forms.gle/FsgVuWUgVQt63ABj6
Alle navrae kan gerig word aan Rika van Rensburg by excelsus@up.ac.za

• Hugenote Kollege (VBO Forum):

Uitvoerende kortkursusse van die Skool vir Sosiale Innovasie

• Mentoring en Afrigting, Persoonlike Meesterskap en Emosionele Intelligensie vir Sosiale Besigheid

Datum: 19 Mei

Inligting/inskrywing is aanlyn beskikbaar: Kliek hier

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met dr Schalk Botha onder die Kameelboom oor Bybelgenootskap se werk en met die oog op Lydenstyd na die teks wat vir 21 Februarie uitgesit is: Genesis 9:8-17. Luister eerskomende Sondag 14 Februarie om 12:00 (of Dinsdag 16/02 om 09:30) op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF op Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7

Nuwe Publikasies

Die Jaarboek is beskikbaar   

Jaarboek van die NG Kerke bevat die sinodale, rings-, gemeente- enpredikante-inligting van die NG Kerk, NG Kerk in Afrika, Reformed Church in Africa en familiekerkein die buiteland.

Jaarboek van die NG Kerke 2021 verskaf al langer as 161 jaarbelangrike inligting oor die NG Kerkfamilie aan predikante, kerkkantore en lidmate. Bybel-Media, uitgewer van die Jaarboek vandie NG Kerke 2021, wil ook met hierdie publikasie gestalte gee aan sy leuse: Vennoot in geloof en bediening. Die oplaag is beperk - net 150 boeke is gedruk.

1-3 BOEKE teen R365 elk; 4+ BOEKE teen R345 elk; CD teen R285 elk; BOEK EN CD teen R435 per stel KOOP HIER  |  MEER INLIGTING

VOORBIDDING

NOORD KOREA

Die Noord-Koreaanse owerhede gaan selfs verder as die landsgrense. Geheime agente in China het die taak om Noord-Koreaanse Christene wat vanuit die land gevlug het, te vind en te ontvoer.

Sluit by ons aan in gebed vir ons broers en susters in Noord-Korea deur jou gebedskyfie hieronder af te laai.

Bid vir Noord-Korea:

• Bid vir Noord-Korea se geheime gelowiges, dat God sal voortgaan om hulle te versterk, in hulle behoeftes sal voorsien en hulle veilig sal hou.

• Bid vir gelowiges wat in die gevangenis is. Bid vir troos en krag vir hulle, en dat hulle selfs in die tronk God se teenwoordigheid en liefde sal ken.

• Ten spyte van die risiko’s, hoor ons getuienisse van gelowiges wat die Evangelie met ander deel – selfs in Noord-Koreaanse strafkampe. Bid dat Noord-Koreaanse gelowiges soos ligte in die donkerste plekke op aarde sal skyn.

• Vra God om die werk van Geopende Deure se geheime netwerke in China te seën, en dat Hy wysheid en onderskeidingsvermoë sal gee aan dié wat noodleniging en samesyn aan Noord-Koreaanse gelowiges gee.

Laai jou Gebedskyfie af >>

Ontmoet vir Hee-Yol

“Ek vra diegene regoor die wêreld wat vir Noord-Korea bid, om te bid dat dié land die Evangelie sal hoor. Die Noord-Koreaanse burgers is soos slawe. Met die lig van die Here sal hulle bevry word.”

ʼn Noord-Koreaanse vlugteling, Hee-Yol*, het in die 1990’s vanweë die Groot Hongersnood vanuit haar land gevlug. Sy het in China van Jesus gehoor, maar is teruggestuur vir aanhouding in Noord-Korea. In die tronk is haar nuutgevonde geloof op die proef gestel. Agter die siellose ystertralies, en te midde van harde arbeid, trauma en diepe benoudheid, het Hee-Yol lewe en lig by Lydia gevind – ʼn ouer vrou en suster in die geloof wat haar geleer het wat dit beteken om te ly en waarlik te leef, vir Jesus Christus.

Vakatures en Ander Advertensies

Open Doors serves millions of persecuted Christians in over 60 countries, in some of the most dangerous places in the world to be a Christian.

Working with local churches and partners, Open Doors supports persecuted Christians by raising prayer support, providing Bibles, Christian materials, discipleship, livelihood, skills training and in a whole host of other ways. 
It’s about strengthening the body of Christ so that the Church can truly be the Church: making disciples of all nations. 
The below vacancies has become available at Open Doors Southern Africa, please follow the links for more information:

Temporary position: E-Communicator/Webmaster >>

Regional Field Finance Manager >>

Die Gereformeerde Kerk Tsumeb

Vakante Standplaas te Tsumeb

PREDIKANT

Kandidate wat aan die volgende vereistes voldoen is welkom om vir die pos aansoek te doen.

• BTh, BTh Honneurs en ‘n M.Div. grade het, of soortgelyk wat voldoen aan die vereistes soos voorgeskryf deur die Kuratorium vir Teologiese Opleiding van die Gereformeerde Kerke van Suider-Afrika

• 

 ‘n Geordende predikant van die Gereformeerde Kerke van Suider-Afrika

Aansoek Sluitings Datum: 15 Februarie 2021

Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie. Net suksesvolle kandidate sal gekontak word. Rig aansoek met bewys van toepaslike kwalifikasies en u CV aan: Die Skriba – Gereformeerde Kerk Tsumeb, Posbus 267 – Tsumeb espag.lizelle@gmail.com

 

Die Gereformeerde Kerk Tsumeb

Vakante Standplaas te Oshakati

KERKPLANTER (EVANGELIS) VIR OSHAKATI

Kandidate wat aan die volgende vereistes voldoen is welkom om vir die pos aansoek te doen.

• BTh, BTh Honneurs en ‘n M.Div. grade het, of soortgelyk wat voldoen aan die vereistes soos voorgeskryf deur die Kuratorium vir Teologiese Opleiding van die Gereformeerde Kerke van Suider-Afrika;

• ‘n Geordende predikant van die Gereformeerde Kerke van Suider-Afrika;

• Een jaar ondervinding in kerkplanting binne die Gereformeerde Kerke van Suider-Afrika;

• Bereid om in Oshakati te woon.

Aansoek Sluitings Datum: 8 Maart 2021

Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie. Net suksesvolle kandidate sal gekontak word. Rig aansoek met bewys van toepaslike kwalifikasies en u CV aan: Die Skriba – Gereformeerde Gemeenskapskerk Oshakati jaco@oshana-security.na 

 Aftree verblyf by Schanzen Oord - lewensreg 

Lewensreg te koop op 1 slaapkamer woonstel op grondvlak, gelyk area, te Schanzen – Oord teen N$800 000 of naaste aanbod.  Kontak Frans du Toit, sel 081 261 7405 vir navrae.

Giggel

---