Vakature: Leraar - Onbepaalde Termynpos
Die NG KERK SWAKOPMUND is lief vir die Here. Ons glo dat God ons liefhet, toerus en stuur om Sy roeping te vervul. In die lig hiervan wil ons met opgewondheid `n dienskneg van die Here beroep wat gehoorsaam is aan God se roepstem en wat van harte glo in die onfeilbare Woord van God en die gereformeerde belydenis.
Sluitingsdatum: 15 Oktober 12:00 nm
NG Kerk Swakopmund se roeping is om:
• Die Here passievol te aanbid.
• Sensitief te luister na Heilige Gees.
• Lidmate te bemagtig.
• Om te groei in geestelike en emosionele volwassenheid.
• Om mense te help in nood.
• Te funksioneer soos die Here se familie.
• Jongmense óók te omarm en deel te maak van God se sending na die wêreld.
• In kort wil ons Markus 12:30-31 uitleef.
Ons glo dat die volgende verantwoordelikhede jou sal dryf:
• Passievol oor gebed en die Woord van die Here.
• Gesamentlike verantwoordelikheid met kollega vir die prediking.
• Gesinsbediening wat fokus op jongvolwasselidmate en hul kinders.
• Vaardig om kinders van alle ouderdomme te bedien.
• Vestiging en uitbreiding van `n werksplek-bediening.
• Opbou en uitbou van `n dinamiese musiekbediening.
• Vestiging van `n kultuur waar jongvolwassenes welkom is en waar hulle diep verhoudings kan bou.
• Die dra en uitleef van die roepingsverklaring van die gemeente.
• Neem van kreatiewe kanse en evangeliese enterpreneurskap om die bediening uit te bou.
• Vestiging en onderhoud van `n gesonde kultuur onder die leierskap en gemeente, in vennootskap met die huidige leraar.
• Uitreike na die groter gemeenskap (skole, staatsinstellings, besighede ens.).
Pligte: Volledige pligtestaat en roepingsverklaring is op versoek beskikbaar. Pligte word met die Kerkraad ooreengekom.
Vergoeding: Daar word volgens sinodaleriglyne onderhandel.
Voorkeur sal aan Namibiese burgers of persone met status (domicili of permanente verblyf) gegee word.
Aansoek: CV nie langer as 3 A4 bladsye nie, asook `n dekbrief waarin jy motiveer waarom jy geroepe voel om aansoek te doen.
Navrae:
• Karin van Zijl +264813282530 (Leier Ouderling)
• Kenneth McKenzie +264812821543 (Leraar)
• Epos (kvanzijl@africaonline.com.na)
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie