Header

Jaargang 18 - Uitgawe 33/2021 - Vrydag 15 Oktober 2021

ngkn@ngkn.com.na

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Covid en ons

• Uit die annale

• Uit ander oorde

• Familie-nuus

• Op die radio...

• Opleidingsgeleentheid

• Publikasies

• Voorbidding

• Vakatures en ander advertensies

• Giggel

Nuusbrokkies

• Uit die Kantoor

BOERE VRA VOORBIDDING Gemeenskappe ly onder veldbrande

Ons vra voorbidding vir alle boere in die land.

Die verwoestende veldbrande is oral in die land en benewens die verlies aanweiding, is daar vee en wild wat doodbrand en lewensverlies aan arbeiders en boere in die verskillende gemeenskappe.

Daar is die afgelope week duisende hektaar weiding verloor en die voorafgaande weke ook.

Die landbousektor swik onder die situasie, en treur oor die mense wat in die bestryding van die brande ernstig beseer is en ander wat die lewe gelaat het.

Kom ons ondersteun ons vriende wat boere is deur met hulle bemoeienis te maak en vir hulle te bid. 

---

• Uit die Kantoor

SWA Kerkseël gerestoureer

Vir byna 'n kwart eeu het die seël in wind en weer gewaak oor die ingang na die sinodale kantore in Lüderitzstraat. Die direkte sonlig het die effek gehad dat dit begin uitsak het onder.

Met die skuif na Feldstraat het die seël saamgetrek en in 'n binnehofmuur sy plek gekry.

Mat die trek na Schanzenweg, het die seël weer getrek na waar dit waak oor die Raadsaal in nommer 46A. 'n Rukkie gelede het dit geblyk dat die uitsakking al erger raak. 'n Noodkreet en soektog het Thinus van Wyk - wat loodglaswerk as 'n stokpedjie geleer het by mev Allan - wat jare lank die kuns beoefen het, opgelewer.

Om die proses te aanskou het mens oortuig dat die soort werk net deur mense wat regtig 'n liefde daarvoor het gedoen kan word. Daarby het mens SAKKE vol geduld nodig! 

Ons is by dat die seël in ere herstel is.

---

Die gedenkteken by Otjiwarongo gemeente waar die kloktoring - wat ons verlede week gedra het - nou staan. Die soort oudhede herinner mens dat die Here Sy kerk in stand hou!

---

• MODERAMEN

Ringsbesoeke Erongo 16 Oktober

Die moderamen bring by die ringe besoek om te gesels oor knelpunte, vrae te antwoord en vra en ter voorbereiding van die Sinode sitting van Maart 2022.

Erongo Ring op 16 Oktober, die Suide Ring op 30 Oktober en die Windhoek gemeentes en Ooste Ring op 6 November.

Die moderamen het versoek dat afgevaardigdes na dié sinode sitting sover moontlik teenwoordig sal wees. Ander kerkraadslede sal ook deur gemeentes saamgebring kan word – maar daardie besonderhede is in die hande van die ringe afsonderlik.

---

COVID-19 en ons

• Kanaal 7

Neem deel en ondersteun K7

Kanaal 7 - soos meetse bedieninge en gemeentes is erg geknou deur die Covid-19 pandemie. Hulle het die personeelkorps geweldig afgeskaal en werk deurtentyd op 'n begroting wat knyp.

Hulle vra: Help ons en help die stryd teen die pandemie terselfdetyd!

Deur aan te trek soos Gesondheidswerkers op 29 Oktober herinner ons onsself aan di ePandemie - wat dit alles gedoen en verwoes het, die trane en hartseer, pyn en selfs vrees wat dit gebring het.

GESONDHEIDSWERKERS

MAAR die belangrikste is dat dit ons herinner aan die mense wat deurentyd die spit afbyt as die pandemie opvlam. Maar wat tussen-in, as ander mense bietjie ontspan daarvan, steeds pasiënte versorg wat erg siek is, sterf en HULLE SELF BLOOTSSTEL AAN INFEKSIES.

Wat moeg is, geestes uitgeput raak en nie kans het om hulle gesinne te versorg nie - en boonop selfs hulle geliefdes kan aansteek omdat hulle so blootgestel is.

Kom ons neem deel en herinner onsself en ander om die mense in ons gebede te dra!

Skryf jou besigheid hier in / navrae: juanita@k7.com.na

STUUR Jou FOTOs per epos na juanita@k7.com.na  of per WhatsApp na 085 555 1023.

Uit die annale

Windhoek-Noord sou vanjaar 61 gewees het 

Op 29 Oktober 1959 keur die Ring van Windhoek die stigting van Windhoek-Noord as selfstandige gemeente goed. Dit stig van Windhoek-Wes af nadat 357 lidmate aansoek gedoen het om afstigting. Die gemeente ontvang ‘n pastorie plus kerkerwe as bruidskat.

Na onafhanklikheid het die demografie van die gemeente totaal verander. In die loop van die negentiger jare het die ontbind om saam te smelt met Windhoek-Hoogland onder die naam Windhoek-Noordland. 

Ook hierdie gemeente het ontvolk en het 2001 ontbind om weer opgeneem te word in haar "moeder", Windhoek-Wes..  Clem Marais (Argivaris)

Uit ander Oorde

Sirië Noodtoestand

Veertig- tot vyftigduisend (40,00-50,000) Christene is vasgevang in die toenemende konflik in die noorde van Sirië namate Turkse troepe, Koerdies-geleide magte aanval.

Op hierdie oomblik, is Geopende Deure se vennote op grondvlak besig om die situasie te assesseer en te reageer op die onmiddellike behoeftes, en te sorg vir die wat deur die gevegte geaffekteer is.

Ons het kontak gemaak met Pastoor George (bo regs), wie se kerk in Qamishli skuiling voorsien het aan Koerdiese gelowiges wat dakloos gelaat is deur die gevegte. Hy en sy hele kerk het beplan om gister die stad te verlaat. Bid asseblief vir hul beskerming. Een van die families in sy kerk se huis is reeds in die artillerievuur vernietig en minstens een van sy gemeentelede is ernstig beseer.

“Ons is baie besorgd oor diegene wat vir hulle lewens vlug,” sê Geopende Deure se Velddirekteur. “Die Christene het selfs meer om te vrees: nie net die gevegte nie maar die vryheid wat ekstremiste sal hê namate die situasie ontrafel.

“Hulle kort [die hulp] van hul wêreldwye kerkfamilie, om saam te staan in gebed en saam met hulle te staan in die langduur.”

Bid asseblief dringend. Vra jou kerk om te bid. En, indien jy gelei voel, maak ʼn bydra tot Geopende Deure se Sirië Krisisfonds.

Bid asseblief

• Vir ʼn vinnige oplossing en effektiewe ingryping deur die internasionale gemeenskap.

• Vir beskerming vir diegene wat vasgevang is in die gevegte, in besonder die dapper pastore en werkers van die kerk, wat onmiddellike bystand en pastorale sorg voorsien.

• Vir die toekoms van die Kerk in Sirië: dat hulle nie net sal oorleef nie, maar ʼn lig in hierdie donker tye sal wees.

Dankie dat jy vandag saam met ons familie in Sirië staan, en dankie dat jy aan jou familie in Christus wys dat al word hulle vervolg, hulle nooit alleen is nie!

Familie Nuus

Gemeentenuus 

ARANOS GEMEENTE beroep Maandag iemand in die plek van Dr André Olivier wat onlangs ge-emeriteer het.

• Ons dink aan die kerkraad in ons gebede 

Ons dink aan hulle:

TALLE families wat geliefdes aan die dood afgestaan het vanweë Covid. Die vlaag wat nou ons land oorspoel is besig om te maai onder ons mense en ons onthou almal wat hartseer is oor hul verliese die afgelope weke.

• Ons dink aan Mordegai en Toinette Rossouw en hul seun Anton met die onverwagse afsterwe van hul seun en broer Gideon (18) 3 weke gelede.  Hulle is gestuurdes van Windhoek gemeente in Kambodja waar hulle as sendelinge woon en werk in Siem Riep. Hulle sou vandag gereis het na die hoofstad - 7 ure per pad - vir sy verassing.

• Ons dink aan hulle in ons gebede 

Hulle verjaar:

• Jaco Rossouw, Omaruru  20/10 081-149-0725 jpr@iway.na

• Hendrik Koekemoer, Windhoek Oos  21/10  081-127-0917  hendrikk@iway.na

• Baie geluk aan beide!

Opleidingsgeleenthede

e-KERK

Gratis Digitale Learning Community 4 November 

Een lewe van  Integriteit: Die geheime én publieke lewe van ‘n gelowige

Jy word uitgenooi na hierdie Digitale Learning Community toe op 4 November 2021 van 10:00 – 12:00

'n Lewe van integriteit is van kardinale belang vir geestelike leiers asook vir elke gelowige. Die sinkronisering van ons publieke en geheime lewe volgens God se wil. Kom reis saam die oggend van die 4de November waar ons na verskeie geestelike leier luister en kyk die oggend wat gesels oor hierdie tema.


Ons sprekers vir hierdie geleentheid is:

Louie Giglio (Leier, Passion City Church, Atlanta) en hy gaan gesels via 'n video opname die oggend oor sy nuutste boek "The enemy at the table." Tydens hierdie sessie gaan hy 'n uiteensetting gee van maniere om in vrede en veiligheid 'n lewe van integriteit te leef in enige uitdagende omstandigheid of situasie.
Nelis Janse van Rensburg: (leraar: Welgemoed Gemeente) gesels die oggend met ons regstreeks oor "Die geheime lewe van ‘n Christin(leier)".

Lettie Buchner (leraar: Wellington Moederkerk) se tema vir die oggend is "'n Lewe van integriteit: Van agter die skerms tot voor die skerms vir Christus".
Stephan Joubert (ekerk) wat 'n paar riglyne gee van 1 Petrus en sy tema is "Om heilig te leef in ‘n onheilige lewe: Lesse uit 1 Petrus".

Plek: Regstreeks deur middel van video (sodra daar geregistreer is sal 'n e-pos gestuur word met die skakel in asook jou unieke wagwoord om in te teken en saam te kyk die oggend. Indien jy nie die e-pos gekry het nie, asb kyk in jou spam of junk folder. So sal daar ook die oggend van die 4de November 'n sms gestuur word met dieselfde inligting om in te teken en saam te kyk die dag.)
Jy het net ‘n internet-konneksie nodig waar jy saam gaan kyk op video na die regstreekse uitsending van die dag. Die geleentheid is REGSTREEKS en die OPNAME GAAN SLEGS VIR 7 DAE NA DIE GELEENTHEID BESKIKBAAR WEES om weer daarna te kyk. Ongelukkig gaan die VBO punte slegs toegeken kan word indien die regstreekse uitsending die oggend bygewoon word. Neem asb kennis dat alhoewel dit 'n gratis geleentheid is, jy asb moet registreer om die skakel na die geleentheid te kry en so ook na die opname te kyk. Geen registrasie, geen toegang.*

Tyd: 10:00 – 12:00

Datum: 4 November 2021

Koste: Gratis. Neem asb kennis dat registrasie vir die geleentheid sluit 4 November 2021 om 07:00.
* Reg van toegang voorbehou deur ekerk direksie

Registreer by hierdie skakelhttps://www.ekerk.org/digitalelc4nov2021

---

Pat Keifert, Mark Love, Beth Horsch en Nathan Pickard van die Church Innovations Institute gesels in hierdie webinaar oor plaaslike gemeentes en hul rou tydens Covid-19. Die gesprek raak temas aan wat van die uiterste belang vir gemeentelike leiers is. Klik hier om daarna te kyk.

Hierdie is die eerste in 'n reeks van vier webinaars waarin praktiese uitdagings vir gemeentes aangespreek word. Die volgende vind op 20 Oktober plaas en handel oor konflik. Op 10 November word oor geloofsonderskeiding gesels, en op 1 Desember oor aanpassende verandering. Klik hier om te registreer.

---

Pelgrims teologie: Aanlyn kort kursus 

As jy al die Camino de Santiago gestap het of nog wil stap, is die kursus vir jou. Dieselfde geld vir pelgrimstogte op enige ander plek of land. Die kursus dek die geskiedenis, die betekenis en hoe ’n pelgrimstog ten volle benut kan word vanuit die Gereformeerde Teologie. Geen kwalifikasie is nodig om in te skryf nie en mense wat los van die kerk funksioneer, is baie welkom.
Die kursus word vir die eerste keer in Suid-Afrika aanlyn aangebied in Afrikaans en Engels deur dr. Nico de Klerk verbonde aan die Hugenote Kollege, Wellington. Dr. de Klerk bied dieselfde maar meer uitgebreide kurrikulum aan by Princeton Teologiese Seminarium in die VSA, sedert 2020.
Die kursus behels 12 aanlyn sessies van 90-minute en sal begin sodra daar ’n groep gevorm is met die inskrywingsgeld op R2900 per persoon. VBO is in proses. Enige belangstellende kan direk skakel met dr. Nico de Klerk by nico@streetbiz.co.za of 082 566 1484.
(Dr. Nico de Klerk – Hugenote College: Centre for Good Governance in Africa)

BRUGBEDIENING

'n Premier kursus aangebied deur die Sentrum vir Geloof en Gemeenskap by die Universiteit van Pretoria

WEEK 1: 08 – 11 November 2021; WEEK 2: 21 – 24 Februarie 2022

Verandering van predikant laat ‘n gemeente in onsekerheid.

Wanneer ‘n predikant ‘n gemeente vakant laat, volg ‘n tyd van onsekerheid tot die plek weeer gevul is. Daar is ook onsekerheid oor die pad vorentoe.

Die kursus poog om Brug Predikante op te lei wat die tyd kan oorbrug en die gemeente fasiliteer gedurende die oorgang.

• KURSUSLEIER: Prof Malan Nel

• KOSTE - R2 600 (VAT INKL)

• PLEK – Universiteit van Pretoria

• KURSUS PUNTE: 70

• KONTAK - HESMARIE BOSMAN, 012 420 4952 of epos; Hesmarie.Bosman@up.ac.za

---

Opleiding van Begeleiers van ’n Gemeentediagnose

Excelsus gaan in die volgende jaar ’n reeks werkswinkels op verskillende plekke aanbied waar predikante en ander gemeenteleiers opgelei word as begeleiers van ’n Bedieningsdiagnose in gemeentes.
Die werkswinkel berus op die werkboek “Bediening in en van Missionale Gemeentes” wat in 2016 deur Malan Nel en Kennon L Callahan gepubliseer is.
Prof. Malan Nel wat die aanbieder van die werkswinkel is, gee die volgende agtergrond:
Sedert 1991 was dit my voorreg om by ongeveer 150 gemeentes in verskillende denominasies, maar hoofsaaklik in die NG Kerk, prosesse in die ontwikkeling of opbou van missionale gemeentes te fasiliteer. Deel van hierdie fasilitering was groepsdinamiese diagnoses van bedieninge en funksionering in hierdie gemeentes.
Ek is op ’n stadium in my lewe en bediening dat ek graag plaaslike predikante wil oplei om sodanige diagnoses te begelei.
My oortuiging is dat gemeentes wat trots is op hulle geskenkte identiteit in Christus byna logies begin vra: hoe gaan dit met ons? Die bedieningsanalise en -diagnose waarmee ek werk help gemeentes om te soek na die sterkpunte in hulle bedieninge.
Die nuwe werkboek waarmee ek werk (Nel en Callahan 2016) is gebou op teologies gemotiveerde nadenke oor wie ons is en wat ons doen. Daar is by my ‘n besliste keuse teen ‘n bestuurwetenskaplike verskraling van die gemeente tot ‘n organisasie wat met beplanning ‘reg gemaak’ kan word.
Dit gesê: hoe beter ons ons God gegewe identiteit besef, hoe meer noukeurig onderskei ons waar ons is, hoe dit gaan en soek ons saam waarheen ons op pad is. Die verskil is dat dit nie ‘n leiergedrewe evaluering van gemeentes is nie, maar ‘n diagnose deur die gemeente self, ‘n gemeente wat weet dat die bediening hulle s’n is. Die verwagting is dat minstens 20% van die gemiddelde oggenderediens aan die diagnose deelneem.

• Datum: Donderdag 11 November 2021 (14:00 – 17:00)

• Vrydag 12 November 2021 (08:30 – 15:00)

• Plek: NG Kerk Suidoos-Pretoria, (Stellastraat)

• Koste: R 390-00 wat die volgende insluit:

* Werkboek: Bediening in en van Missionale Gemeentes. Gemeentediagnose (word by die werkswinkel beskikbaar gestel).
* Verversings en middagete
Inskrywing geskied deur middel van Google Forms: https://forms.gle/9KYtaWyM7xS9aQRW9
Aanbieder: Malan Nel
VBO-punte: 10

---

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Thijs kuier die week saam met dr Wynand Fourie van die gemeente Windhoek Wes en dosent by die Namibiese Evangeliese Teologiese Seminarie onder die Kameelboom.  Hulle hanteer Psalm 34:1 - 8 (19-22). Luister eerskomende Sondag 17 Oktober om 12:00 (of Dinsdag 19/10 om 09:30) op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303; OF op Potgooi

https://www.k7.com.na/potgooi/#1479900125305-ea521c4e-ddb7

Publikasies

JAARBOEK 2022

1-3 BOEKE teen R385 elk
4+ BOEKE teen R365 elk
CD teen R295 elk
BOEK EN CD teen R455 per stel

Beskikbaar vanaf Desember 2021

Die Jaarboek bevat die sinodale, rings-, gemeente- en predikante-inligting van die NG Kerk, NG Kerk in Afrika, Reformed Church in Africa en familiekerke in die buiteland.

Jaarboek van die NG Kerke 2022 verskaf al langer as 160 jaar belangrike inligting oor die NG Kerkfamilie aan predikante, kerkkantore en lidmate. Bybel-Media, uitgewer van die Jaarboek van die NG Kerke, wil ook met hierdie publikasie gestalte gee aan sy leuse: Vennoot in geloof en bediening.

KOOP HIER | MEER INLIGTING

---

Voorbidding

TADJIKISTAN

 

• Streek                       Asië

• Bevolking               9 475 000

• Christelike bevolking  66 300 (0,7%)

• Meederheidsgeloof      Islam

• 2021 Ranglysposisie    33

In Tadjikistan plaas die regering groot druk op alle “afwykende” godsdiensgroepe deur die verstewiging en streng toepassing van bestaande wette. Alle godsdienstige aktiwiteite moet deur die regering goedgekeur word, en die owerhede slaan gereeld toe op kerke – veral Protestantse Kerke. Kerkleiers en Christene kan aangehou word as enige Christelike materiaal by hulle gevind word wat nie deur die regering goedgekeur is nie. Die land het ook wetgewing wat spesifiek godsdienstige werk onder jongmense teiken, wat Christene onseker maak oor wat hulle wetlik toegelaat word om aan jong Christene te sê.

Polisiebeamptes ontwrig soms byeenkomste en ondervra die teenwoordiges. Die plaaslike owerhede beboet gereeld Christene vir hul geloof en wetlike redes, soos byeenkomste sonder ʼn permit, die besit en druk van godsdienste materiaal sonder ʼn permit, of vermeende bekering. Vervolging deur die staat sluit in deursoeking, aanhouding, ondervraging, konfiskering, boetes en tronkstraf – alles bedoel om druk op Christene toe te pas en hulle in toom te hou.

Die regering van Tadjikistan, ʼn voormalige Sowjet-republiek, is uiters magsbehep en klou aan hul beheer vas, maar die omliggende samelewing is grootliks Islamities. Die Tadjikse etniese identiteit word direk verbind met Islam. Gevolglik ervaar Christene wat vanaf Islam bekeer is erge vervolging deur beide die staat en hul familie, vriende en gemeenskap.

Ontmoet pastoor Bahrom*

“My kerk is vroeg verlede jaar deur bose mense aangeval en die kerkgebou is deur die hof gekonfiskeer. Ons kerk kom nou in ʼn 40-ton goederehouer bymekaar. Ons bid vir ʼn nuwe kerkgebou. Ons versoek julle om saam met ons te bid en ons te ondersteun. Die Here het gesê: ‘Roep my en Ek sal jou antwoord…’ (Jeremia 33:3).”

*Naam vir sekuriteitsredes verander.

Bid vir TADJIKISTAN

• Bid vir pastore en kerkleiers in Tadjikistan, veral dié wat deur die regering gemonitor en aangehou word. Bid dat hulle veilig sal wees en nie onregverdig geteiken sal word nie, en dat God hulle en hul families se geloof sal onderhou.

• Bid vir bekeerlinge na die Christendom vanaf Islam wat in gebiede van Tadjikistan bly waar bekering tot intense druk van familielede en gemeenskappe lei. Bid dat hulle sal besef dat hulle ʼn wêreldwye familie het wat oor grense en situasies strek, en dat hulle sal weet dat hulle nooit alleen is nie.

• Bid vir die regering van Tadjikistan sodat hulle harte sal versag teenoor Christene en ander godsdienstige minderhede, en dat hulle alle godsdienstige bedrywighede sal toelaat om te floreer. Bid dat die waarheid en hoop van Jesus deur die teenkanting in Tadjikistan sal breek.

Geopende Deure verskaf onmiddellike hulp aan gelowiges in Sentraal-Asië wanneer hulle weens hul geloof gevange geneem word, deur hul families en gemeenskappe verwerp word, en van hul lewensmiddels en werk ontneem word. Geopende Deure versterk ook die vervolgde Kerk in Sentraal-Asië deur literatuurverspreiding, gebedsondersteuning, opleiding vir Christene, sosio-ekonomiese hulp en vervolgingsvoorbereidheid-seminare in samewerkung met plaaslike vennote, help Geopende Deure Christene in Burkina Faso met noodleniging en traumasorg, leierskap- en dissipelskapsopleiding, vervolgingsvoorbereiding-opleiding en volgehoue gebedsondersteuning.

Vakatures en Ander Advertensies

Lewensreg Huise/ Wooneenhede beskikbaar!

Noem ‘n veilige, sentraal geleë plekkie binne ‘n gemeenskap met christelike beginsels jou eie!

Bly lekker sonder die ergernis van oordragskoste; maandelikse munisipale rekeninge; instandhouding van perseel & tuin; skoonmaak van swembad; weeklikse vullisdromme uitry; ens, maar ook met die wete dat jy ‘n bekostigbare heffing betaal vir ‘n tuiste met alle denkbare geriewe op die perseel, en ook die gemoedsrus van moontlike versorging.

Kontak gerus vir Frans du Toit by Schanzen Oord: (061-224025/ 081 261 7405 of fdutoit321@gmail.com.)

1 & 2 Slaapkamer Woonstelle, asook verskillende kamers in die Sorgeenheid beskikbaar.

---

Giggel 

'n Laaste Woord