Header

Jaargang 15 - Uitgawe 2/2018 - Woensdag 17 Januarie 2018

ngkn@ngkn.com.na

Namibiër veg in Mali

Verlede week het Feldmuis vertel van die konflik in Mali wat voortslepend is. Ons het ook vertel van die Franse regering het toegetree het en ‘n vredesmag word ontplooi is.

Ds Hector Jooste (Otjiwarongo) laat weet dat sy seun, Frikkie (links op die foto), juis die 30ste Januarie saam met sy regiment Mali toe gaan. Hulle is tuis basis is op ‘n klein plattelandse Franse dorpie met die naam La Cavalerie. Hulle sal DV daar wees tot aan die einde van Mei.

Hoe klein is die wêreld nie! 

Lees in die Februarie-uitgawe van LiG ...

In LiG se Februarie-uitgawe straal ons van vreugde! Franja du Plessis vertel hoe sy haar sangloopbaan aan God se genade te danke het. Ons gesels met Zanne Stapelberg ná haar tyd van swaarkry.

Ons leer uit die Bybel hoe jy jou vreugde in die Here kan vind. En motiveer jou om ‘n kopskuif in 2018 te maak – jy kán jou gelukkig dink!

Ons gee raad aan ouers:

• Probleme met maats – moet jy terugstaan of ingryp?

• Hoe om ‘n gebroke tienerhart te troos

• 12 gebede om vir jou kind te bid

LiG het ook heerlike resepte vir kos wat nou in seisoen is, en ’n pragtige hekelpatroon vir ’n vrolike kussing.

Maak ’n verskil! 1% van LiG se inteken-inkomste gaan aan projekte wat fokus op vroeëkinderontwikkeling. Teken nou in as gemeente by jeanne@tydskrifte.co.za en kry ook afslag.

Suiderhof Bybelskool

Damesaand by Suiderhof

Onder die Kameelboom

Eerstens, verskoning vir verlede Sondag se uitsending wat weens tegniese omstandighede buite ons beheer nie plaasgevind het nie.

Hoe gemaak met verskil van mening onder gelowiges in 'n gemeente? Paulus gee hieroor raad in 1 Kor 8, en dis hieroor wat Clem Marais en Jan Woest hierdie week gesels wanneer hulle Onder die Kameelboom hulle sit kry. Kuier asseblief saam op Kanaal 7, Sondag om 12:00 of Dinsdag om 09:30. Die stasie saai ook op die web uit by www.k7.com.na asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303

Godsdiensaktueel op Hartklop FM

Luister elke Sondagmiddag om 16:30 na Godsdiens Aktueel op Hartklop FM, voorheen bekend as die Afrikaanse Diens van die NBC. Dr Jan Woest is gedurende Januarie en Februarie die aanbieder en hy gesels met Nicolene Woest oor geestelike verdieping.

Hulle verjaar tot volgende week...

• Amanda Krüger (EcSOS): Donderdag 18/01; 081 147 1242; ceo@ecsos.org

• Rolien Schaaf (Suiderhof): Maandag 22/01; 061-252845; hrschaaf@iway.na

Nog 'n dominee beproef deur die dood

Ds Rudolf Smit (Hentiesbaai) se ma is einde Desember in die RSA oorlede. Rudolf is tans met vakansie daar, en hy het self die begrafnis gaan waarneem. 

Feldmuis betuig graag namens die Feldmuis-familie meelewing aan Rudolf.

Jongste Bybelkor-publikasies

Verwondering ... Jaap Durand

Geloofsrus in ‘n tyd van vertwyfeling

In Verwondering lei Jaap Durand die leser tot die besef dat geloof veelkantig is. Al assosieer ons geloof gewoonlik met dinge soos vertroue en vaste sekerheid, is daar in ons geloofservaring ook ruimte vir vertwyfeling, verlange, soeke, vrae. Want geloof is nie staties of onveranderlik nie. Dit is dinamies, deel van die lewens-avontuur, deel van ʼn pelgrimstog. Dit is nie ʼn probleem wat, eens en vir altyd, opgelos moet word nie, maar ʼn misterie wat keer op keer binnegegaan moet word.

Prys: R 130,00

Bybelstudies / Kleingroepe

Rut ... Kobus Myburgh en Annene Mullins

God deur mense by mense

Die boek Rut gee ʼn mens ʼn rilling van lekkerkry. Dit is ʼn liefdesnovelle met genoeg spanning en humor om jou tydens ʼn Sondagmiddag se lees te boei. En wanneer jy klaar gelees het, kom jy agter jy dink nuut oor mense wat anders as jy is.

Die boek Rut is geskryf in ʼn tyd toe die leiers van die volk vreemde vroue en hulle kinders terug huis toe gestuur het. Rut speel egter lank voor hierdie tydperk af in ʼn tyd van hongersnood toe ʼn familie vir oorlewing na Moab getrek het.

Rut is ʼn Moabitiese meisie wat haar skoonma, Naomi, baie liefhet. Rut weet wat Naomi se hartsbegeerte is en sy beraam planne om dít te verwesenlik.

Prys: R45,00 

Jakobus ... Kobus Myburgh en Annene Mullins

Hoe nou gemaak?

Het jy al vreemd gevoel op ʼn plek en gewonder of jy regtig daar hoort? Dit is hoe die mense wat Jakobus se brief die eerste keer gehoor het in hulle omgewing gevoel het. Vreemd, uitgelewer en met ʼn diep hunkering na hulle plek van herkoms, êrens waar hulle tog net kan tuis wees.

Vir hulle vertel die skrywer van hierdie brief dat behoort-aan-God al hierdie gevoelens relativeer en dat wysheid hulle help om nie selfgesentreerd te wees nie en nie vas te val in hulle eie klein wêreldjie nie.

Prys: R75,00

Jeugfokus

Kleuterkerk 2 – Aanbiedersgids (R120,00)  en Doenboek (R85,00)

Kleuterkerk 2 Aanbiedersgids is ʼn uitstekende hulpmiddel vir enige gemeente se kinderbediening. Die 25 aanbiedings in hierdie boek bevat alles wat jy nodig het om jong kinders van 2-5 te laat ervaar dat Jesus baie lief is vir hulle, om hulle meer van die Here Jesus te leer en om hulle te lei om ʼn persoonlike verhouding met die Here te bou. Die Kleuterkerk 2 Doenboek is ‘n inkleur- en aktiwiteitsgids vir elke kleuter.

Kompas – Rigting vir die lewe (Leiersgids – R80,00 en Gespreksgids – R60,00)

Die Tema-kategesereeks is spesiaal ontwerp vir jongmense

• om aan hulle geloof diepte te gee sodat dit hulle lewe stewig kan anker.

• om aan hulle die hulpmiddels te gee wat hulle sal help om die uitdagings van die lewe suksesvol aan te pak.

• om hulle te help om in hulle verhouding met die Here met ʼn roeping en ʼn droom te leef.

Die 10 temas is ideaal om in kategese, omgeegroepe vir jongmense of by jeugkampe te gebruik. Dit is ʼn wonderlike hulpmiddel vir mense wat in kwartaal-reekse of seisoen-siklusse met jongmense wil werk.

Let the children come to Me – Children’s Sunday school 

Six activity books (3 OT and 3 NT) 

These six activity books offer young children do-it-yourself activities based on core Scriptures from the Old Testament and the New Testament in the Bible. Through these activities the children discover in a playful way more about 90 stories from the Old Testament and the New Testament that play an important role in our faith formation.

Price: R35,00 each 

Inligting, Navrae en Diensverskaffing: 

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za , klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Bid saam vir die #1 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Noord-Korea.

Bid saam vir die #1 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Noord-Korea.

Noord-Korea is weereens gelys as die mees onderdrukkende plek in die wêreld vir Christene, #1 op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys. In hierdie totalitêre Kommunistiese Staat, word Christene gedwing om... Klik om verder te lees >>

Read more.

Ons bid vir Afrika

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

  Die rubriek sal later afsonderlik versend word.

Giggel

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,