Header

Jaargang 15 - Uitgawe 4/2018 - Woensdag 31 Januarie 2018

ngkn@ngkn.com.na

---

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Vakature in Sinodale Kantoor

• Nuusbrokkies

• Konserte en so...

• Gholfdae

• Radioprogramme

• Familie-nuus

• Voorbidding

• Giggel

---

Vakature in Sinodale Kantoor

Nam-gemeentes, maak asseblief bekend op die volgende twee Sondae?

Vakature: Bedryfsbestuurder

Die Sinodale Kantoor van die NG Kerk in Windhoek het ‘n vakature vir ‘n Bedryfsbestuurder.

Die doel van die pos is om doeltreffende funksionering van die Finansiële en Administratiewe funksies van die sinodale kantoor te verseker en die posbekleër rapporteer aan die Algemene Sekretaris.

Die sleutel prestasie-areas vir die pos is:

• Oorhoofse finansiële bestuur – hoef nie finansiële spesialis te wees nie

• Bestuur van personeel-aangeleenthede

• Bestuur van sinodale eiendomme

• Bestuur van Sinodale Argief

• Administratiewe bestuur van die sinodale kantoor

Kwalifikasies: Die suksesvolle kandidaat sal toepaslike kwalifikasies en ondervinding hê in die sleutel prestasie-areas vir die pos. Voorts sal sy/haar lewens- en wêreldbeskouing ‘n Christelike etos openbaar.

Vergoeding: ‘n Totale koste-van-indiensneming-pakket, met medies en pensioen, is onderhandelbaar.

Aansoek: Skriftelike aansoeke, vergesel van ‘n CV met verwysings, moet die Algemene Sekretaris bereik voor of op 16 Februarie 2018 by die Sinodale Kantoor, Schanzenweg 46A of per epos by clem@ngkn.com.na

Diensaanvaarding: so gou as moontlik

Navrae: Ds Clem Marais, 061-374350 (kantoor), 0811271608 (sel)

Nuusbrokkies

Algemene Sinode Moderatuur ontmoet Solidariteit

• Bron: Facebook-profiel van ds Nelis Janse van Rensburg

Die NG Kerk Algemene Sinode se moderatuur het Maandag ‘n baie goeie gesprek met Solidariteit se Flip Buys, Dirk Herman, Afriforum se Kallie Kriel en Helpende Hande se Danie Brink gehad. Duisende van ons lidmate is ook lede van hierdie organisasies. Ons het gepraat oor ons roeping in die land, Afrikaans, versoening in SA, hulp aan armes ens. Ons glo dat dit baie belangrik is dat die getuienis van die kerk ook in hierdie geledere gehoor is. Ons het ook ons waardering betuig vir goeie werk wat gedoen word.

---

CLF lees Kinderbybel stories op radio

CLF nooi alle gemeentelede uit om in te skakel op Radio Kansel en CLF se storietydvoorlesing uit die Desmond Tutu kinderbybel “God se kinders”.

Uitsendings vind plaas op Sondagmiddae vanaf 13:00 in Afrikaans, Sondagaande vanaf 17:00 in isiXhosa en Maandagaande in Engels vanaf 19:00.

Verander ‘n kind se lewe en bestel die Desmond Tutu kinderbybel aanlyn by https://www.clf.co.za/ of per epos by order@clf.co.za

Hoewel Namibië nie Radio Kansel se uitsendings ontvang nie, gaan CLF die materiaal ook op hulle webtuiste en toepassing (App) laai. Dan sal dit ook toeganklik wees vir mense buite Radio Kansel se reikwydte.

---

Namibiese Bybelgenootskap stel oudio-vertaling bekend

Die geleentheid is by Suiderhof-kerk en begin 09:00.

Konserte en so...

Fresh Namibia bied aan: Nostalgie

• 16 Februarie

• Lemon Tree - Liliencronstraat, Windhoek

• 18:00

• N$200 per persoon

• Kaartjies: 081 6021394; gebaardewaarheid@gmail.com

---

Adam Tas - Windhoek-Wes

Gholfdae

Fresh

---

Kanaal 7

Radioprogramme

Maak dit asseblief bekend in gemeentes?

Onder die Kameelboom

Die verhaal van Jesus se verheerliking op die berg (Markus 9) bevat moontlik een van die mees dramatiese tonele en bewyse van Jesus se verhouding met God. Tog kan dit steeds nie die noodsaaklikheid van sy lyding ongedaan maak nie. Dit verskerp die paradoks van die kruis. Clem Marais en Jan Woest gesels hierdie week hieroor wanneer hulle Onder die Kameelboom hulle sit kry. Kuier asseblief saam op Kanaal 7, Sondag om 12:00 of Dinsdag om 09:30. Die stasie saai ook op die web uit by www.k7.com.na asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303

Godsdiensaktueel op Hartklop FM

Luister elke Sondagmiddag om 16:30 na Godsdiens Aktueel op Hartklop FM, voorheen bekend as die Afrikaanse Diens van die NBC. Dr Jan Woest is gedurende Januarie en Februarie die aanbieder en hy gesels met Nicolene Woest oor geestelike verdieping.

Familie-nuus

Hulle verjaar tot volgende week...

• Elida du Bois, (Suiderhof): 04/02; 081 4013261; dbtoit@gmail.com 

Hans Steyn se ma sterf

Ds Hans Steyn (Wildevy) se ma is skielik op 29 Januarie oorlede.

Hans skryf op Facebook: "My Ma, bel my vanoggend 7:00 om te sê my nuwe Lappieskombers is klaar (ander een is verwoes in ‘n brand)......sy sit vanmiddag saam met haar vriendinne en brei, kyk op haar horlosie en sê: “....dit is een minuut voor vyf, ons moet gaan eet...” Haar kop buig agtertoe en daar onder die boom is sy weg.....hemel toe!!"

Feldmuis spreek graag die groter "Feldmuis-familie" deernis en meegevoel uit teenoor die Steyns.

Voorbidding

Ons bid vir Europa

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

Oppervlakte 22,978,500 km2 -17% van die wêreld se oppervlakte en 74% daarvan word beslaan deur die Russiese Federasie. 52 lande - al die lande van Europa en die hele Russiese Federasie (met insluiting van Siberië wat tegnies in Asië is sowel as die eiland Ciprus omrede dit deel van die EU is).

Bevolking (2010): 732,758,546.

Tussen 1500 en 1940 die wêreld se mees dominante handels- en industriële streek.

Die swaai na 'n duur welsynstaat en beperking op handel en industrie het ontwikkeling begin inperk.

Die Marxistiese ekonomiese beleid in sentraal Europa het selfs ‘n erger impak gehad en veral ‘n negatiewe effek gehad op infrastruktuur, menslike hulpbronne en die ekologie.

Die politieke omwentelinge na 1990 en gepaardgaande veranderinge veral in die ekonomie het gelei tot geleidelike herstel van die oud kommunistiese lande se ekonomieë.

Die sterk EU, die stabiliteit en welvaart wat dit tot gevolg gehad het, maak Europa tans aantreklik vir mense in minder gegoede dele en daar word in instroming van wettige en onwettige immigrante beleef.

Die ineenstorting van die wêreldekonomie in 2008 het die Euro baie geknou en verskeie lande is op die afgrond van bankrotskap, veral Griekeland was erg getref en is steeds nog nie op 'n pad van herstel nie; ook Italië en Portugal en in mindere mate Spanje is werklik in die knyp.

Die Brexit proses waarin Brittanje aan die EU onttrek, bring spanning oor hoe die verhouding tussen die EU en Brittanje vorentoe sal lyk en bestuur sal word.

Die Muslim invalle van 8e eeu het Christendom uitgewis in die midde ooste en vir lank Europa afgesny van Afrika en Asië en sodoende evangeliese kontak afgesny.

Eers in die Reformasie het die kerk weer ‘n evangelisasie krag geword.

Ten spyte daarvan dat Europa in ‘n sekere sin die bakermat van die Christendom was het die kerk oor die afgelope jare agteruitgegaan in Europa sodat slegs ongeveer 10% vandag meelewend is.

Die tempo van agteruitgang is ook aan die toeneem.

Christene 71.34%; Nie godsdienstig 21.45%; Muslim 6.07%; Boeddhiste 0.35%; Jode 0.29%; Ander 0.19%; Hindoe 0.14%; etniese godsdienste 0.08%; Sikhs 0.07%; Ba’hai 0.01%; Chinese godsdienste 0.01%

• Loof die Here vir:

• Die relatiewe vrede oor die afgelope 60 jaar het bygedra tot groei en stabiliteit.

• Die ineenstorting van Europese kommunisme wat lande oopgestel het en nuwe groei in die kerk gebring het. Die aanbreek van godsdiensvryheid op ongekende skaal. Die vervolging onder kommunisme was op ongekende skaal en het geweldige impak gehad, onder Stalin in die 1930s is 12 miljoen Christene tereggestel.

• Die versterking in die evangeliese teenwoordigheid en getuienis in Europa sedert 1990; die nuwe patrone van aanbidding wat mense trek; jeug netwerke wat besig is om te blom; Post-modernisme se bevraagtekening van die verlede wat groter openheid en selfs ‘n soeke na spirituele oplossings  meegebring het.

Tree in vir:

• Die Balkan state met hulle geskiedenis van etniese geweld waar daar steeds spanninge is;

• Kaukasië met etniese en godsdienstige diversiteit, geskiedenis van oorloë, geweld en onderdrukking wat gestel is in die olieryke area en die stryd om dominansie in die area;

• Die politieke toekoms van Rusland bly onseker, Putin se sterkman houding maak dat buitelandse sowel as binnelandse beleid vinnig besig is om te lyk soos onder kommunisme en dreig om destabiliserend te raak;

• Die instroom van vlugtelinge uit die Midde-Ooste en Afrika plaas geweldige druk en bring spanning mee tussen verskillende lande in Europa; rassisme en etniese konflik is aan die oplaai; daar was nou in meeste EU lande terreur aanvalle uit Muslim geledere en die weerstand teen Midde-Oosterse immigrante laai op – bid vir ‘n nuwe weg, versoening en dat die Muslim bevolking beter sal assimileer,

• Areas van konflik: bid vir vrede en versoening in Noord Ierland, die Masque streek van Spanje, Tsjetsjnië in die Russiese Federasie. 

Vir die Kerk: Tree in vir:

• Nuwe vitaliteit en egtheid in ‘n tyd waar mense nuwe oplossings soek vir die lewe en sy uitdagings;

• Hoofstroom kerke om hulle evangeliese wortels te herontdek en egte getuies te word

• Die unlikened kerk in die lande wat uit kommunisme gekom het. 

---

Bid vir deurbraak in Afganistan

Die mense van Afganistan is oor die afgelope paar dae weereens deur ‘n golf van terreuraanvalle deur beide die Taliban en die Islamitiese Staat (IS) geteister. Op Maandag 29 Januarie het ‘n groep militantes ‘n weermagpos naby een van Afganistan se militêre akademies in Kaboel aangeval wat die lewens van minstens 11 soldate geëis en 16 ander gewond het. Dis slegs twee dae nadat ‘n persoon met ‘n selfmoordbom ‘n ambulans gebruik het om ‘n toestel in ‘n drukbesige straat in die middel van Kaboel te laat afgaan wat die lewens van meer as 100 mense geëis het. Net meer as ‘n week tevore het ‘n aanval op die Hotel Intercontinental die lewens van meer as 20 mense geëis. Op Woensdag 24 Januarie het ‘n aanval op die kantore van Save the Children in Jalalabad ses mense gedood.

Die Amerikaanse president Donald Trump het in reaksie op Saterdag se aanval aangekondig dat die VSA se troepontplooiing aan die beleërde nasie gaan toeneem. Ontleders en kenners meen egter dat ‘n veel meer drastiese, verreikende poging nodig sal wees binne die Afgaanse regering, weermag en samelewing om ‘n aansienlike verbetering in die veiligheidsituasie binne die oorlogsvoos nasie te sien.

Bid asseblief saam met ons vir ‘n groot deurbraak in Afganistan.

Giggel

Dit was mos die opdrag?

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,