Ons bid vir Bangladesh
Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World
Oppervlakte 144 000 km2 wat die delta en vloedvlaktes van die Ganges en Brahmaputra riviere in die Baai van Bengale – omring deur Indië aan drie kante!
Bevolking 164,425,491 (2010) in 61 etniese groepe oorheers deur Bengali’s (96,9% van bevolking)
‘n Bittere oorlog om af te skei van Pakistan eindig in 1971 met onafhanklikheid.
Polities onstabiel - na 1971 was daar 18 militêre bewind oornames en talle politieke moorde
Dit word in 1991 ‘n Islamitiese republiek, met beperkte demokrasie
Die BNP en AL partye verwissel telkens tussen 1991 en 2013 as regerings, maar die AL wen weer in 2014 die verkiesing en ly of hulle stewig in die kussings is op die oomblik.
Een van die wêreld se armste lande; geweldige oorbevolking - 164,425,492 mense (2010).
Gereelde oorstromings en siklone vererger sake.
Min hoop om ooit die armoede deur plaaslike hulpbronne en groei.
Tekstiel produkte vorm 80% van die land se uitvoere wat in 2017 meer as 25 miljard VSA $ beloop.
Die invloei van Rohinga-vlugtelinge uit Burma in 2017 het die ekonomie onder hernude druk geplaas
Tot 1988 ‘n sekulêre staat toe Islam as staatsgodsdiens verklaar is.
Vryheid van godsdiens is teoreties gewaarborg; op voetsoolvlak lyk sake anders.
85,63% Muslim; 12,38% Hindoe; 0,72% Christen, Boeddhiste: 0,62%
Loof die Here vir:
• Voortgesette relatiewe openheid vir die evangelie; voortgaande groei;
• Verligting van armoede as gevolg van nasionale en internasionale Nie Regerings organisasies.
• Vir die groei in Christen geloofsgemeenskappe wat beide binne en buite die konvensionele kerkstrukture plaasvind – veral ook vir inheemse kerke wat groei
Tree in vir:
• Bybelgenootskap se geletterdheidsprogram wat deur 100 kerke geïmplementeer is. Dit word gemik op die verbetering van mense se lewenskwaliteit. Dit is ook ‘n evangelisasie tegniek - bid dat dit effektief sal wees in beide doelwitte!
• Verligting van armoede
• Verligting van diskriminasie teen etniese en godsdienstige minderheidsgroepe
• Voortgesette groei in gemeentes en opgeleide effektiewe leierskap
• Geestelike groei en volwasse Christene wat effektiewe getuies kan wees veral oor sosiale grense
• Die onbereikte groepe - veral die Bengali’s wat hoofsaaklik Muslim is
• Die wankelmoedige demokrasie wat steeds onder groot druk verkeer maar nogtans die beste hoop bied vir groter vryhede – bid dat die demokratisering van die gemeenskap sal groei en inslag vind
• Leierskap vir die kerke wat ‘n dringende nood is. Meeste geestelike leiers is deeltyds in die bediening en dit is stremmend op die ontwikkeling van die kerk