Header

Jaargang 15 - Uitgawe 13/2018 - Woensdag 4 April 2018

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Radioprogramme

• Familie-nuus

• Voorbidding

• Giggel

Nuusbrokkies

Aroab kry nuwe dominee

Ds Christo van Heerden word DV op 15 April as Aroab se nuwe dominee bevestig.

Christo was voorheen verbonde aan Newtonpark-gemeente in Port Elizabeth en het die beroep na Aroab aanvaar as brugleraar.

Sy bevestiging vind tydens die oggenddiens van 15 April plaas. Dit begin om 09:30.

Radioprogramme

Maak dit asseblief bekend in gemeentes?

Onder die Kameelboom

"Bekering" beteken om nuut te begin dink en dan ook nuut te begin leef. Dit blyk uit twee woorde wat Petrus in Handelinge 3 gebruik as hy oor bekering praat. Clem Marais en Jan Woest staan by hierdie hoofstuk stil wanneer hulle Onder die Kameelboom vertoef. Kuier gerus saam op Kanaal 7, Sondag om 12:00 of Dinsdag om 09:30. Die stasie saai ook op die web uit by www.k7.com.na asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303

---

Godsdiensaktueel op Hartklop FM

Luister elke Sondagmiddag om 16:30 na Godsdiens Aktueel op Hartklop FM, voorheen bekend as die Afrikaanse Diens van die NBC. Die Gereformeerde Kerke is hierdie maand verantwoordelik vir die program.

Familie-nuus

Hulle verjaar tot volgende week...

• Ester Swarts (Mariental): Saterdag 07/04; 063-242143; swartsc@iway.na

• Elaine Pienaar (Eros): 07/04; 081-2266246; zack@ng-eros.com

Voorbidding

Ons bid vir Namibië

Stuur asseblief gebedsversoeke aan clem@ngkn.com.na. Bydraes moet hom weekliks teen Woensdagoggend 10:00 bereik.

 

1. Veritas Namibië se program hierdie maand:

• 10-12 April: Module 1-opleiding te Kamanjab

• 13-14 April: Module 1-opleiding by Kunene for Christ Pentecostal Church

• 17-22 April: Module 2-opleiding met DEGNOS-studente

• 24-26 April: Module 1-opleiding met Fresh-jeugwerker

• 27 April - 2 Mei: Woon Veritas Sub-Sahara Kongres in Lusaka by

• 2-3 Mei: Sit Module 1-opleiding met Fresh-werker voort.

Bid vir... 

• ...goeie gesondheid en energie veral vir Jeanette Lubbe vir die opleiding wat sy gaan doen;

• ...veilige paaie en dat die voertuig teen breke beskerm sal word.

• ...die Deelnemers - vir ontvanklike harte en helderheid van verstand sodat hulle kan inneem en weer aan ander kan gaan vertel.

 

 

2. EcSOS se EU-projek-voorstel

Bid vir 'n gunstige uitkoms op die projekvoorstel wat aan die Europese Unie voorgelê vir 'n program ten bate van kwesbare kinders. Indien dit slaag, kan dit 'n groot hupstoot wees vir dienslewering aan kwesbare kinders in Namibië.

---

Ons bid vir Sjina

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

Oppervlak: 9 573 000 km2. Derde grootste land ter wêreld, met die grootste bevolking van enige nasie: 1,379,302,771 (2017 geskatte) in 500 etniese groepe.

Politieke ontwikkeling:  Ryke geskiedenis wat dateer uit 221 vC!

Verskeie opeenvolgende dinastieë het vir ryk kulturele ontwikkeling gesorg.

Op 12 Februarie 1912 word die Qing / Ching dinastie vervang met ‘n Republiek.

Die word na die kommunistiese sukses onder Mao vervang op 1 Oktober 1949

Groot omwentelinge volg, die Kumingtan of nasionalitiese beweging wyk uit en stig Taiwan.

Beide Macao en Hong Kong wat by ooreenkoms uitgesluit was van kommunistiese China is nou ingelyf na die verstryking van die ooreenkomste

Mao se bewind was destruktief beleidsrigtings verwoes die ekonomie & intellektuele ontwikkeling

Kulturele Rewolusie (1966-76) was die mees destruktiewe; 20 miljoen sterf

Nie-kommunistiese leiers is uitgewis, onder andere intellektueles & geestelike leiers

In die 1980s het daar kentering gekom. Waarnemers beskryf die land as ekonomies aan die emansipeer maar polities en sosiologies in die greep van ‘n totalitêre een-party staatsbestel.

Ekonomie: Beperkte vrye mark ekonomie is onder Deng ingestel en bring ‘n omwenteling

Tussen 1980 en 2000 het die ekonomie vervierdubbel in BBP.  

Groeikoers van gemiddeld 10% per jaar word langer as ‘n dekade gehandhaaf tot 2010 en tussen 2013 en 2017 het die ekonomie om en by ‘n 7% rieële groei getoon wat dit steeds die snel groeiendste ter wêreld maak. Teen 2016 het dit die grootste ekonomie ter wêreld geword, maar steeds is die per kapita inkomste onder die gemiddeld van die wêreld.

Daar is ook negatiewe gevolge -  die grootste hiervan is ekologiese rampe onverantwoordelike optrede deur nyweraars; groter wordende probleme agv bevolking wat ontwortel word twv ontwikkeling

Voedselsekerheid is besig om ‘n groterwordende probleem te word.

Groter persoonlike vryhede is ook geleidelik toegelaat, bewegingsvryheid en selfs beperkte vryheid van assosiasie word toegelaat.

Geloof: Groot beperkinge op geloofsuitdrukking; steng beheer word toegepas; huiskerke is onwettig.

Nie-Gelowig 44.36%; Chinese gelowe: 28%; Boeddhiste: 12.5%; Muslim: 1.87%; Christene: 7.92%, met 2,7% groei per jaar Ander 0.3 %.

Loof die Here vir:

Die groei in die kerk sedert 1977 het geen gelyke in die geskiedenis nie. 4.5 milj Christene in 1949, wat dan deur vervolging agteruit gegaan het, groei tot 108 miljoen tans.

Die Atiëstiese leiers het instrumente geword om die weg te baan vir groei; hulle pogings om van alle gelowe ontslae te raak het bygeloof en struikelblokke vir die evangelie uit die weg geruim!  Hulle wandade dryf mense om na waarheid en lewensin te soek

Die openlike mislukking van kommunisme en praktyke oor 45 jaar heen het verder bygedra tot ‘n klimaat waarin die evangelie kan gedy. Die kerk in Sjina is tans groter as die kommunistiese party!

Die geloofsgetrouheid van Christene onder vervolging het bygedra daartoe dat die Evangelie vertrou word; liefdevolle getuienis van gewone gelowiges het ook ‘n groot impak gehad

Die media het ‘n groot bydrae gelewer in die verspreiding van die evangelie - veral radio uitsendings en tans ook die internet. 

Tree in vir:  

Groter gefokusde aksie van gelowiges om die geleentheid wat dalk mag wegval - veral agv materialisme - om nog-nie-gelowiges met die evangelie te bereik  Al is daar baie veranderinge en meer openheid is die land steeds ‘n kommunisties / ateïstiese land met alles wat dit omvat!

Bid vir Eenheid onder gelowiges en dat valse leringe sal wegval;

Opgeleide leiers en die opleiding van bestaande leiers, die tekort beperk die groei van die kerk tans

Bid vir Beskerming van gelowiges en geestelike leiers teen vervolging - wat steeds algemeen voorkom.

Bid Dat die Here die kommunistiese leiers sal aanraak met Sy Gees van Waarheid en hulle sal verander sodat die evangelie vrylik verkondig kan word. 

Bid vir Sendelinge wat die land kan ingaan - veral mense wat na Sjinees en ander tale vertalings kan maak.

---
Bid saam vir die #12 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Saoedi-Arabië.

Bid saam vir die #12 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Saoedi-Arabië.

Die profeet Mohammed is afkomstig van Saoedi-Arabië, en vandag stroom duisende pelgrims na Mekka om die Hadj (ʼn geloofsritueel wat ... Klik om verder te lees >>

---

Nuwe geweldpleging in Gasa

Geweld het weer uitgebreek en spanning loop hoog in die deurgaans betwiste Gasastrook, die Palestynse grondgebied wat sedert 2007 deur Hamas beheer word.

Op Vrydag 30 Maart is minstens 17 Palestyne deur die Israelse weermag gedood (en meer as ‘n duisend is na bewering gewond) nadat duisende Palestyne opgeruk het na Gasa se oostelike grens aan die begin van beplande ses weke protesoptrede. Volgens Israelse amptenare het soldate losgebrand (en traangas gebruik) nadat geweld onder die betogers uitgebreek het. Die betogings het plaasgevind voor die 70ste herdenking van Israel se stigting (op 15 Mei 1948) en die daaropvolgende uitsetting van meer as 750,000 Palestyne uit hul huise.

Verskeie internasionale leiers en groepe het die Israelse weermag veroordeel oor die skietery, veral die president van Turkye, Recep Tayyip Erdogan, wat in ‘n “woordestryd” met Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu betrokke geraak het. Israel het egter aangevoer dat Hamas die betogings gebruik het (en beplan om dit te gebruik) om “terreur te kamoefleer” en aanvalle op Israel te loods en dat die weermag geskiet het op ‘n groep betogers wat die organiseerders se opdrag om weg te bly van die grens geïgnoreer het en petrolbomme en rotse gegooi het.

Soos dikwels in die geval van onrus tussen Israel en Palestina gebeur, kom teenstrydige inligting van beide kante af. Bid asseblief saam met ons vir die streek in hierdie spannngsvolle tyd (ook vir die komende weke), dat die waarheid oor die situasie reg en regverdig gerapporteer sal word.

"Ons gebede mag dalk onbeholpe voorkom. Ons pogings mag swak wees. Maar aangesien die krag van gebed in die Een lê wat dit hoor en nie in die een wat dit sê nie, maak ons gebede wel ‘n verskil." (Max Lucado)

---

Renewed persecution in Nepal

ATHMANDU, April 3: Home Minister Ram Bahadur Thapa has said that the new government will get tough with secessionist forces and those involved in religious conversion, as such elements were trying to push the country into conflict.

He said that all forces attempting to create conflict in the country in the name of ethnicity, religion and geography should be overcome in order to protect national unity. 

“Attempts are being made by elements like CK Raut to push the country into conflict in the name of an independent Madhesh, or through Christianity. A new strategy should be devised to consolidate national unity,” he said while unveiling an 82-point work plan for the improvement of home affairs administration,  at Singha Durbar on Monday. 

The work plan also states that the ministry will take the initiative to draft necessary laws and amend existing legal provisions if these steps are required to contain secessionist activities in the country. According to ministry sources, the ministry is mulling a monitoring mechanism to keep an eye on foreign nationals involved in illegal religious publicity and conversions, and also other crimes.

Follow this link for more.

Giggel

"Waarom het u die klaer met 'n potplant gegooi?"

"As gevolg van 'n advertensie, U Edele."

"Wat se advertensie?"

"Sê dit met blomme, U Edele."

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,