Header

Jaargang 15 - Uitgawe 14/2018 - Woensdag 11 April 2018

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Radioprogramme

• Familie-nuus

• Voorbidding

• Giggel

Nuusbrokkies

Pinksterreeks 2018 nou beskikbaar. Laai dit hier af. 

Hemelvaartdiens in Windhoek

Donderdag 10 Mei om 09:00 by Windhoek Moedergemeente

Hoekom gaan jy kerk toe?

Dit is die vraag wat verlede jaar aan 1,500 Amerikaners gevra is. Hulle antwoorde is verrassend!

Respondente is gevra watter rol die volgende 7 elemente van die byeenkoms gespeel het in hulle besluit om die byeenkoms by te woon:

1. Preke of aanbiedings wat mens meer van die Bybel leer;

2. Preke of lesings wat mens help om godsdiens in verband met jou lewe te bring;

3. Geestelike programme gerig op kinders en tieners;

4. Uitreike in die gemeenskap en vrywilliger-geleenthede;

5. Geestelike leiers wat interessant en inspirerend is;

6. Sosiale aktiwiteite wat mens geleentheid bied om ander te leer ken;

7.  'n Goeie koor, lofprysing-orkes, kantors of ander geestelike musiek.

Meer as 9 uit 10 respondente het aangedui die preek was 'n faktor in hulle besluit om die byeenkoms by te woon; 3 uit 4 het dit as 'n "belangrike faktor" aangestip. 

Die musiek het, heel verrassend, laaste gekom. Net 38% van die respondente het aangedui dat die musiek 'n "belangrike faktor" was wat hulle laat besluit het op 'n byeenkoms. Vir 1 uit elke 4 respondente, was dit glad nie 'n faktor nie.

Die volledige uitslag van die opname word in die tabel hier onder aangedui.

Dit laat mens dink, nie waar nie?

Bron: http://www.intellectualtakeout.org/blog/gallup-asked-americans-why-they-go-church-its-not-music

---

Lees in die Mei-uitgawe van LiG ...

... waar Elizma Theron vertel hoe sy kies op om God se goedheid te fokus, ná die huisroof wat haar gesin moes deurmaak.

Ons dink aan Hemelvaart, en wys vyf beloftes uit waarom ons daaroor kan fees vier. Ons help jou ook om die Heilige Gees binne jou te ontdek.

Helena Hugo vertel dat haar skryfwerk haar bediening is. En ‘n sportdominee getuig hoe sokker en gehoorsaamheid die evangelie bring.

LiG praat met kenners oor hoe om jou kind te beskerm teen seksuele misbruik. Ons wys jou ook hoe om in jou kind ‘n diensbare hart te kweek.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

---

Bybel-Media-Cordis Trust-pryswenners

Tydens die prysoorhandigingsgeleentheid op 23 Maart is oorkondes en pryse aan die volgende persone oorhandig:

• Bybel-Media-Cordis Trust-prys vir oorspronklike, Afrikaanse Christelike familie- en/of jeugpublikasie aan die skrywers:  dr Marlena du Toit, ds Braam Klopper en past Justine Pike vir die publikasie:

Leeg ... God se troos na swangerskapverlies of miskraam.

Uitgewer:  Lux Verbi

• Bybel-Media-Cordis Trust-pryse vir bydrae tot spesiale projek(te) met ‘n Bybel-Media verbintenis... met deerniswerk, woordkuns en geestelike groei as vernaamste kriteria: Ds Jaco Strydom – medewerker en skrywer van Kerkbode-artikels (Echo-Jeugbediening) én me Stefné van Dyk – medewerker in LiG-artikel (Hande-vat musiek-projek in Kleinmond).

Baie geluk aan die vyf persone wat by uitsonderlik projekte betrokke is – julle maak ʼn verskil!

---

Liedboek van die kerk ...

(grootdruk en standaard grootte)

622 liedere vir gebruik in eredienste, sangdienste en kleingroepbyeenkomste.

Die navrae oor en aanvraag vir die Liedboek van die kerk het al groter geword, vandaar die herdruk in beide formate. Dit is wonderlik dat méér mense wil sing!

Prys: R161,40 (BTW en posgeld in RSA ingesluit).

Inligting, Navrae en Diensverskaffing

•           Skakel +27 21 864 8210

•           Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

•           Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

---

Laat ons eet en feesvier!

In Laat ons eet en feesvier! word die verhaal van die verlore seun (Lukas 15) gebruik om stil te staan by verskillende fasette van ons lewe, ons verhoudinge en ons geloof. Dit is soos om die verskillende vlakke van ʼn diamant na die lig te draai, sodat jy verras en verwonderd staan oor die skoonheid en kleurvolle rykdom van die verhaal – die verhaal van ’n wagtende Vader, ’n seun wat verlore was en terugkom en ’n ouer broer wat ook na die fees uitgenooi word. Dié Bybelse verhaal word die verhaal van ons elkeen se lewe. In die verhaal van die verlore seun hoor ons die hele evangelie weerklink.

Ds Deon Koeglenberg werk as leraar in plaasgemeenskappe in die De Doorns-distrik. Hy ken die mense vir wie hy skryf, hulle vrae en hulle worstelinge. Hy skryf met deernis en begrip, maklik verstaanbaar.

Die boek is geskryf vir mense wat op plase, maar ook op talle ander plekke in die wêreld van arbeid gebedsgeleenthede en groepsgesprekke lei. Maar die boekie is ook bruikbaar vir self-lees, of vir saamlees en gesprek in gesinne, of vir gebruik in gemeentes se toerustingsprogram.

Die doel van hierdie boekie is om elke dag, al is dit net ’n kwartier, sinvol met die Woord om te gaan.

• Kry ’n tema vir die week. Hierdie boekie help daarmee.

• Hou dit kort en eenvoudig. Weereens help die boekie daarmee.

• Een keer ’n week kan vrywilligers in ’n groepie bymekaar kom. Die groepsbyeenkoms behels onder andere praktiese oefeninge waarmee mense huistoe gestuur word. Moenie hierdie opdragte mis of oorslaan nie.

• Deel van die groepsbyeenkoms is ’n skets waarna mense kan kyk. Vertrou die Heilige Gees om ook deur hierdie skets met mense te praat.

• Gee die boekie vir mense wat belangstel. Miskien met die voorwaarde dat hulle kom saam kuier by die groepie. Moedig hulle aan om weer die waarhede van die week te lees.

• Die boekie bly net ’n riglyn. Laat toe dat die Heilige Gees jou gebruik. Daarvoor is goeie voorbereiding nodig.

Die boek is by CLF beskikbaar en kan bestel word deur +2721 873 6964 te skakel of epos info@clf.co.za.

---

Dink-tenk vir almal betrokke by eredienste...

---

Eros Oesfees Markdag...

---

Bybelgenootskap Namibië - Algemene Jaarvergadering

Radioprogramme

Maak dit asseblief bekend in gemeentes?

Onder die Kameelboom

Wanneer die Here in Psalm 23 die Herder genoem word, dui dit op sy Koningskap. Vir die mense van die Nabye Ooste was dit 'n algemene term om die koning mee te beskryf. Clem Marais en Jan Woest gesels oor hierdie bekende Psalm wanneer hulle Onder die Kameelboom vertoef. Daar kom 'n interessante insig oor die samehang van Psalms 22, 3 en 24 in die gesprek na vore! Luister gerus saam op Kanaal 7, Sondag om 12:00 of Dinsdag om 09:30. Die stasie saai ook op die web uit by www.k7.com.na asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303

---

Godsdiensaktueel op Hartklop FM

Luister elke Sondagmiddag om 16:30 na Godsdiens Aktueel op Hartklop FM, voorheen bekend as die Afrikaanse Diens van die NBC. Die Gereformeerde Kerke is hierdie maand verantwoordelik vir die program.

Familie-nuus

Hulle verjaar tot volgende week...

• Dirk Coetzee (Oewer): Vrydag 13/04; 081-7743888; nogemeente@gmail.com

• Dries Coetzee (Keetmanshoop): Vrydag 13/04; 081 241 9558; ngkkhoop@iway.na

• Magda Coetzee (Keetmanshoop): Maandag 16/04; 081 241 9558; ngkkhoop@iway.na

Voorbidding

Ons bid vir Namibië

Stuur asseblief gebedsversoeke aan clem@ngkn.com.na. Bydraes moet hom weekliks teen Woensdagoggend 10:00 bereik.

• Manus Olivier (Swakopmund) het vandag 11 April by die Panorama Onkologie Kliniek in die Kaap aangemeld vir die beplanning van die bestraling. Op die program was die maak van die bestralingsmasker, 'n scan en 'n MRI-skandering. Die scan en die MRI sit hulle oormekaar, vertel Manus op Facebook. Met die scan sien hulle been, en met die MRI meer weefsel. Die kombinasie maak die beplanning van die bestraling makliker. 

Na verwagting sal die eerste van 5 weke se intensiewe bestraling op Dinsdag 24 April om 11 uur begin.

Bid vir Manus en sy mense. Dit is 'n ingrypende prosedure wat teen die breinstam uitgevoer word.

---

Ons bid vir Sjina II

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

Oppervlak: 9 573 000 km2. Derde grootste land ter wêreld, met die grootste bevolking van enige nasie: 1,379,302,771 (2017 geskatte) in 500 etniese groepe.

Politieke ontwikkeling:  Ryke geskiedenis wat dateer uit 221 vC! Op 12 Februarie 1912 word die Qing / Ching dinastie vervang met ‘n Republiek. Kommunisme onder Mao vervang dit op 1 Oktober 1949

Beide Macao en Hong Kong wat by ooreenkoms uitgesluit was van kommunistiese China is nou ingelyf na die verstryking van die ooreenkomste

Mao se bewind was destruktief beleidsrigtings verwoes die ekonomie & intellektuele ontwikkeling

Kulturele Rewolusie (1966-76) was die mees destruktiewe; 20 miljoen sterf

Nie-kommunistiese leiers is uitgewis, onder andere intellektueles & geestelike leiers

In die 1980s het daar kentering gekom. Waarnemers beskryf die land as ekonomies aan die emansipeer maar polities en sosiologies in die greep van ‘n totalitêre een-party staatsbestel.

Ekonomie: Groeikoers van gemiddeld 10% per jaar word langer as ‘n dekade gehandhaaf tot 2010 en tussen 2013 en 2017 het die ekonomie om en by ‘n 7% rieële groei getoon wat dit steeds die snel groeiendste ter wêreld maak. Teen 2016 het dit die grootste ekonomie ter wêreld geword, maar steeds is die per kapita inkomste onder die gemiddeld van die wêreld.

Daar is ook negatiewe gevolge -  die grootste hiervan is ekologiese rampe onverantwoordelike optrede deur nyweraars; groter wordende probleme agv bevolking wat ontwortel word twv ontwikkeling

Voedselsekerheid is besig om ‘n groterwordende probleem te word.

Groter persoonlike vryhede word geleidelik toegelaat, bewegingsvryheid en selfs beperkte vryheid van assosiasie word toegelaat.

Geloof: Groot beperkinge op geloofsuitdrukking; steng beheer word toegepas; huiskerke is onwettig.

Nie-Gelowig 44.36%; Chinese gelowe: 28%; Boeddhiste: 12.5%; Muslim: 1.87%; Christene: 7.92%

Sjina se mins-geëvangeliseerde mense is ‘n uitdaging. Die wêreld se grootste bevolking – 21% van die wêreld bevolking woon op die Sjinese vasteland – meer as 1,3 miljard. Hiervan is die Han 92% met 8 hoof tale en 600 dialekte. Etniese minderhede is die ander 8% - 104 miljoen, bestaande uit 150 groepe. Sonder dialekte is daar 142 tale in die 8%!

Die Bybel is beskikbaar in 15 van die tale al is verspreiding beperk en soms selfs gevaarlik. Nog 13 het die NT; in nog 26 is daar Skrifgedeeltes beskikbaar

Bid vir Bybelvertalings wat aan die gang is; ook vir verspreiding en guns sodat daar nie vervolging is nie; maar veral ook dat die Bybel as Woord van God mense se lewens sal transformeer.

Eliminasie van alle godsdiens was die doel van die kommunistiese regime, ten spyte daarvan het die kerk gegroei en het die Huiskerk beweging ontstaan wat ‘n evangelisasie ontploffing was. Daar is steeds baie streng beheermaatreëls en ongeregistreerde aktiwiteite is onderdruk.

Loof die Here dat die situasie algaande verbeter asook vir die groei wat voortduur;

Bid vir guns by die staatsamptenare; ook vir wysheid onder die leiers hoe om ten beste te werk te gaan.

Daar is groot openheid jeens die Evangelie - Ten spyte van onderdrukking, valse voorstellings teen die Christelike geloof en vervolging is daar steeds by Sjinese ‘n honger en soeke na God en kom baie steeds na die Here toe. Die Evangelie van verlossing, versoening en vrede kry ‘n gretige gehoor!

Loof die Here vir die openheid vir die Evangelie en bid dat die gelowiges en sendelinge elke geleentheid om die Evangelie te deel sal benut; dat die Gees mense se harte sal oopmaak en verstande sal verhelder!

Een van die groot struikelblokke is bevoorregting van mense wat in die staatsdiens, weermag, polisie, ens. werk asook by party ampsdraers en –werkers. Hulle word uit hoofde van posisie bevoordeel en vrees om dit te verloor

Bid dat hulle ware hoop sal vind in Christus;

In die groot stede Beijing, Tianjin, Taiyuan, Lanzhou and Shenyang is klein Christen teenwoordigheid – Christene en mense wat met hulle assosieer, word fyn dopgehou en die deel van die Evangelie is bemoeilik

Bid dat die gelowiges deur hul lewenstyl mense sal trek en sodoende geleentheid sal kry om te getuig

Daar is hele provinsies wat bykans onbereik is – o.a. Shanxi, Gansu & Jiangxi – waarskynlik minder as 1% Christene; Qinghai, Hebai, Jilin, Liaoning, Hubei and Hunan – met minder as 3% Christene!

Bid vir die mense van die provinsies; maar veral vir gelowiges om weë te vind om die evangelie te deel.

In die outonome streke Tibet; Xinjiang Uygur Zizhiqu; Ningxia Hui; Sentraal Mongolië & Guangxi Zhun word streng beheermaatreëls gebruik om Kommunisme af te dwing deur o.a. die demonisering en onderdrukking van alle geloof-uitdrukking; sommige het sterk bande met van die groot groeperinge soos Islam, Boedhisme.

Bid vir verligting van die druk en beheermaatreëls sodat die Evangelie verkondig kan word.

Families is onder groot druk - die Een-Kind beleid is 40 jaar in swang, dit was drakonies en het negatiewe uitwasse: dogtertjies is doodgemaak by geboorte of weggegooi as ‘n boetie gebore raak.

Bid vir die herstel van mense verhoudings en veral vir gesonde families. 

Sjina is gekonfronteer met ekologiese krisisse op vele fronte, besoedeling van die lug en water is heeltemal buite beheer. Ontbossing met al die negatiewes daarvan, asook probleme om menslike afval te hanteer, maak dit ‘n ekologiese tydbom.

Bid vir wysheid en dat die staat rigting sal gee in die beter hantering van die omgewing.

---
Bid saam vir die #13 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, die Maledive.

Bid saam vir die #13 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, die Maledive.

Die Maledive, ʼn wêreldbekende vakansiebestemming, is ʼn plek van intense vervolging vir Christene. Uiterse druk in elke faset ... Klik om verder te lees >>>

---
Pastor Andrew Brunson set to stand trial in Turkey

Pastor Andrew Brunson set to stand trial in Turkey

Pastor Andrew Brunson from the United States is set to appear before a Turkish criminal court on 16 April on charges related to espionage and terrorism, which could see him jailed for up to 35 years. He was arrested in October 2016, apparently over his alleged missionary activities in support of two terrorist enemies of the Turkish government. What seems …

Read more.

Giggel

Jannie wens sy oupa geluk met sy verjaardag en vra hoe oud Oupa is.

Oupa antwoord, 72. Jannie is 'n rukkie stil en vra toe versigtig: "Het Oupa by 1 begin?My young grandson called the other day to wish me Happy Birthday. He asked me how old I was, and I told him, 72. My grandson was quiet for a moment, and then he asked, "Did you start at 1?" 

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,