Ons bid vir Republiek van Sjina (Taiwan)
Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World
Oppervlak: 36 000 km2 bergatige eiland 160 km oos van Sjina; met die Penghu skiereiland en eilande Matsu en Kinmen. Een van die digsbevolkte nasies met 654 mense per km2
Populasie 23,561,660 (2010)
Onder Japanese oorheersing 1895-1945, waarna dit aan die Nationalistiese regering van Sjina toegeken is.
Met die koms van die Kommuniste in 1949, word Taiwan 'n toevlug vir die Nationaliste wat beweer het dat hulle die hele Sjina verteenwoordig.
Dit bring internationale diplomatieke isolasie en intere politieke polarisasie in Taiwan.
Deur die Sjinese uit Sjina as as eenparty republiek oorheers tot 1987; daarna 'n veelparty demokrasie.
Meer en meer inwoners dink aan hulself as Taiwanese eerste en as Sjinese daarnaas of gladnie!
Resente snelle ekonomiese (in Sjina) en politieke (in Taiwan) veranderinge dui op 'n nuwe rigting.
Ten spyte van militêre-politiese uitdagende houdings is die twee state ekonomies en kultureel nader as ooit.
Ekonomie: Snelle industrialisasie en ekonomiese groei ontwikkel dit tot een van die wêreld se mees dinamiese uitvoerge-oriënteerde ekonomieë, gefokus op tegnologiese handelsware met fabrieke in Sjina!
Verbasende noue ekonomiese bande met China, dit is hul primêre uitvoermark.
Sekulêre staat met godsdiensvryheid. Sjinese gelowe 60.74% , Boediste 28.8%; Christene 5.82%; Nie-godsdienstig 2.31%; Ander 1.9%; Muslim 0.35%; Baha’i 0.05%; Etiese gelowe 0.03%
Tree in vir:
• 'n Nuwe era van Christelike groei is aan die gang na dekades van stagnasie. Meeste van die groei is in mega- én huiskerke, dit is charismaties en konserwatief, en sny oor ethniese, taal en klas grense heen. Baie kerke het begin klem lê op gebed, persoonlike evangelisasie en gemeenskapsuitreike.
Bid vir die volwassewording van die kerk en 'n sendingvisie vir die streek.
• Kerkgroei onder migrante werkers die laaste 20 jaar was merkwaardig onder Fillipyne, Thailanders, Indonesiërs, Viëtnamese en andere. Dit is die resultaat van samewerking tussen Taiwanese en buitelandse bedieninge, wat in sigself lofwaardig is vir die eenheid en samewerking wat dit demonstreer.
Bid dat dit als voortduur en dat die effek sal oordra na die nasies van herkoms as hulle terugkeer huistoe.0
• Taiwan se kontroversiële politieke status – as 'n de facto onafhanklike land, maar as de jure 'n rebelle provinsie van Sjina veroorsaak baie spanning binnelands en internasionaal.
As dit volle onafhanklikheid sou opneem, sal dit waarskynlik aanleiding gee tot militëre reaksie van Sjina.
Binnelands is die fokus op die verbetering van die sosio-ekonomiese omstandighede van die bevolking.
Bid vir wysheid vir die leiers en dat vredevolle en wedersydse bevorderlike verhoudings gevestig raak oor die lang termyn. Onlangse handelsooreenkomste hou belofte in hiervoor.
• 'n Geskiedenis van korrupsie in die politieke sfeer het hardnekkig onder die Nasionalistiese regering voortgeduur en het selfs ander partye gekontamineer. Daar is nou wye reaksie daarteen.
Bid dat die veldtogte suksesvol sal wees; vir deursigtigheid en eerlikheid onder leiers nou en in die toekoms.
* Dit is 'n bastion van Bodisme en Taiwanese volksgodsdiens – politiies is dit oop, maar geestelik geslote. Dit is selfs vir besoekers uit Sjina aanvoelbaar! Dit bemoeilik die bediening in Taiwan en vrugte is moeitevol om te produseer! Die enigste beduidende Han Sjinese bevolking waar daar nog nie groot geestelike deurbrake was nie. Die Christielike geloof het maar onlangs weer begin groei toon na dekades van stilstand – die Christenbevolkingspersentasie van 1965 (5.6%) is maar eers 2008 verbygesteek. Die hoof uitdagings vir die kerk is:
a) Geestelike weerstand teen die evangelie is 'n werklikheid. Sterk teenkanting vanaf ander godsdienste maak die wegbreek uit mens se godsdienstige verlede 'n groot uitdaging.
b) Eenheid sal gekoester moet word. Gereeld groot gebedsbyeen-komste en evangelisasie byeenkomste bevorder eenheid, maar meer moet gedoen word.'n Bybelse wêreldbeeld is ook dringend nodig.
c) Materialisme is een van die grootste uitdagings om die evangelie vandag in Taiwan te verkondig. Meeste fokus op hul loopbane, kinders se opleiding en welvaartskepping vir hulself. Daar is min plek vir geestelike kos, die evangelie en bediening. Bid dat God Sy Gees sal uitstort en by mense 'n honger sal skep vir Hom.
d) Lae vlakke van toewyding en heiliging is kommerwekkend – 'n klein minderheid bekeerlinge word dissipels wat getrou deelneem aan die gemeentelewe en werk en die terugval uit die geloof is kommerwekkend. Dinge soos dobbelary en die seksindustrie is verbreid en is konstante verleidings. Bid vir heiliging en morele standvastigheid.
e) Die dispariteit in die verspreiding van Christene. Die meerderheid Christene is in groter stede en onder Mandarynssprekendes (of mense uit Sjina). Daar is min kerke in die plattelnad en onder die Taiwanees- en die Hakka-sprekendes. Minderheidsgroepe, inheems en onder immigrante, is of hoogs gekersten of totaal onbereik.
• Die gebrek aan leraars bly 'n langtermyn nood. Plattelandse gemeentes ly die meeste hieronder. Tans is daar 'n opbloei in mense wat in voltydse bediening tree. Daar 33 seminaries en Bybelskole, asook goed gevestigde TEE programme. Daar is 'n landswye dryf om nog 1,000 leraars en kerkleiers op te lei.
Bid vir 'n nuwe geslag Christenleiers wat Bybels begrond, kultureel slim, nederig en geestelik sterk is.