Ons bid vir Republiek van Kongo Brazzaville
Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World
Oppervlakte 342,000 km2. Noordwes van DRC. Tropiese reënwoude bedek die grootste deel van die land, met grasveld en bosveld in die noorde.
Bevolking: 4,954,674 (Geskat 2018). Hoofstad: Brazzaville 1.53 milj inwoners.
Politiek: Onafhanklik van Frankryk in 1960, onder Marxisties-Leninistiese beheer tussen 1968 en ‘91.
Konstitutionele hervormings en verkiesings in 1992 lei tot die ontseteling van Pres. Sassou.
Burgeroorlog breek uit en lei uiteindelik tot die terugkeer van Sassou as president in 1997, tot hede!
‘n Burgeroorlog breek uit in 1997 en die Suide gebaseerde rebellegroepe aanvaar ‘n vredesooreenkoms in Maart 2003.
Ekonomie: Die binneland is onderontwikkel as gevolg van die beperkings op vervoer.
Ryk olie en ander minerale neerslae. Oormatig afhanklik van olie en die val in wêreldpryse in die 1990s en weer na 2014 tesame met massiewe geldverduistering in regeringskringe en die effek van die burgerlike onrus en burgeroorlog het negatiewe impak gehad op staatsbesteding en lewenstandaarde.
Aardgas word al meer benut vir opwekking van elektrisiteit wat die energie lewering baie verbeter het.
Nuwe mynbou projekte, veral van ystererts, wat in produksie gekom einde van, kan soveel as $1 miljard toevoeg tot die regering se inkomste.
In 2017 het die toestande so versleg dat die staatskas nie amptenare meer kon betaal nie wat tot onrus lei. Die IMF het streng voorwaardes geplaas op enige verdere intervensie en hulp – op die oomblik beloop die buitelandse skuldlas 120% van die BBP!
Godsdiens: Twintig jaar van Marxisme het die kerk skade berokken:
Die jeug sterk geïndoktrineer teen godsdiens,
18 denominasies en meeste sendingorganisasies is verban.
Alle beperkinge is uit die weg geruim en vryheid van godsdiens is in 1992 verklaar.
Christen 89.72% Etniese gelowe 5.2% nie-Godsdienstig/ander 2.8% Muslim 1.58% Baha'i 0.6%
Tree in vir:
Vrede en ‘n regering wat die welvaart van die bevolking najaag.
Twee dekades van kommunistiese diktatorskap gevolg deur ‘n brose wankelende demokrasie en gevolglike burgeroorlog het die land verwoes.
Bid vir versoening en die bekering van die wat wandade gepleeg het in die gevegte en geweld.
Bid ook vir die hervestiging van die 300,000+ vlugtelinge wat tydens die burgeroorlog ontwrig is.
Herlewing en herstel is die grootste nood van die kerk. Die ontwrigting van die bediening en verwoesting van kerkgeboue, duisende gelowiges wat vlug gedurende die oorlog het die kerk swaar getref. Baie is ontmoedig en ontgogel. Talle het hul geloof gekompromitteer tydens die burgeroorlog.
Tree in vir nuwe lewe en geloofsvertroue.
Kerklike leierskap. Talle leiers het die land verlaat.
Die ontwikkeling van samewerking tussen evangeliese en charismatiese kerke wat struikelblokke vir die evangelie uit die weg geruim het, het net voor die uitbreek van die burgeroorlog op dreef gekom, maar is negatief daardeur geraak. Daar is ligpunte van hoop op die oomblik.
Bid dat die kerk weer geestelik geïnspireerde leiers sal oprig en toerus vir die uitdagings.
Leierskapsopleiding. Bid vir die volle ontplooiing van die drie Bybelskole wat deur die oorlog ontwrig was, sodat leiers weer opgelei kan word vir die kerk.
Die minder bereikte groepe.
• Die bloeityd van evangelisasie tussen 1920s en die 1960s het nie alle gebiede bereik nie.
• Baie van die sentraal en noordelike stamme is prakties onbereik: a) dele van die groot groep Teke is onbereik. b) Die Pygmie stamme is semi-nomadiese oerwoud mense wat moeilik bereikbaar is. c) Ander stamme — Punu, Nzebi, Pol, Tsaangi, Pande — is ook prakties onbereik.
Bid dat die Here menses al roep om na die groepe te gaan en kruiskultureel onder hulle te woon en te werk – dis die enigste manier waarop die agterstand uitgewis sal raak.