Header

Jaargang 15 - Uitgawe 24/2018 - Woensdag 11 Julie 2018

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Radioprogramme

• Familie-nuus

• Voorbidding

• Giggel

Nuusbrokkies

Dankie vir reën!

Die kantoor van die Algemene Sinode het gemeentes gevra om 2 September solank te merk as dankdag vir die reën. Dit volg op die goeie winterreën wat in die Wes-Kaap geval en groot verligting gebring het vir daardie streek.

Die Namibiese sinode het in 2016 gevra dat gemeentes hier te lande hulle voortdurende afhanklikheid voor die Here sal toon deur elke jaar die eerste Sondag in April as dankdag na die reënseisoen te herdenk.

Net so het die sinode gemeentes gevra om die eerste Sondag in Oktober as dag van verootmoediging in te rig met die oog op die komende reënseisoen.

---

Windhoek 5de duurste stad in Afrika?

Windhoek is die vyfde duurste stad in Afrika, volgens die webblad www.numbeo.com.

Die webblad gebruik 'n indeks met New York as basis. Die lewenskoste van New York verteenwoordig 100%. In die tabel hier onder is Windhoek se indeks 45.84. Dit beteken die lewenskoste in Windhoek is 45.84% goedkoper as in New York.

Die vyf duurste Afrika-stede, volgens hierdie indeks, is

• Accra           57.23

• Addis Ababa 49.96

• Harare         47.78

• Pretoria       45.89

• Windhoek    45.84

Mens wonder oor die akkuraatheid hiervan. Onlangse koerantberigte het weer beweer Windhoek se lewenskoste is omtrent 14% hoër as Kaapstad s'n. En Kaapstad is nie eers hier onder die top 5 nie.

Maar dalk is daar rede vir dankbaarheid dat mens nie in Accra bly nie?

---

Kanaal 7 Radiothon

---

Onthou Sondagaand se Sangdiens in Windhoek...

Windhoek-Oos Sangdiens 15 Julie 2018, 18:00.
---

Bybelgenootskap se vroue-ontbyt - save the date

Radioprogramme

Maak dit asseblief bekend in gemeentes?

Onder die Kameelboom

Christus is ons vrede, Hy wat die Jode en nie-Jode een gemaak het. Dit is die kern van Efes 2:11-22 se boodskap. Jan Woest en Clem Marais sit die teks onder die vergrootglas as hulle Onder die Kameelboom kuier. Kuier gerus Sondag om 12:00 (of Dinsdag om 09:30) saam op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303.

---

Godsdiensaktueel op Hartklop FM

Luister elke Sondagmiddag om 16:30 na Godsdiens Aktueel op Hartklop FM, voorheen bekend as die Afrikaanse Diens van die NBC. Die Geref Kerke is hierdie maand verantwoordelik vir die program.

Familie-nuus

Hulle verjaar in die volgende week...

• Johannes de Koning (Tsumeb): Vrydag 13/07, 081 622 7756; tjdekoning@iway.na

• Johann Combrinck (Warmbad): Sondag 15/07, 081-2953090; johannc@iway.na

---

Voorbidding

Ons bid vir Namibië

Stuur asseblief gebedsversoeke aan clem@ngkn.com.na. Bydraes moet hom weekliks teen Woensdagoggend 10:00 bereik.

• Napier en Riviersonderend het vanjaar vir die 21ste keer op 'n uitreik na Kunene vir Christus gegaan. Hulle het 10 skole in Wes-Kaokoland besoek en die evangelie verkondig deur onder andere drama, sang en die Living Ball-boodskap. Bid dat die Here die saad van die evangelie sal laat vrug dra in kinderharte en lewens tot sy eer.

---

Ons bid vir Iran

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

Oppervlak: 1,648,196 km2. Geleë tussen die Kaspiese See in die noorde en die Arabiese See / Persiese Golf in die suide. Bevolking 75,miljoen. 82,021,564 (CIA-Fact Book: Julie 2017 geskat.)

‘n Teokratiese Islamitiese Republiek is in 1979 uitgeroep. Streek lojaliteite en anargie bring die land tot op die rand van burgeroorlog. Kort daarna val Irak in en volg 8 jaar van bittere oorlog en 1 miljoen Iranse sterftes.

Sedert 1990 se demokratiese verkiesings het die invloed van gematigde leiers toegeneem.

Konserwatiewe godsdienstige leiers het steeds deurslaggewende mag.

Menseregteskendings kom gereeld voor.

Agteruitgang in die ekonomie agv sanksies en wanbestuur ontketen opstande in Julie en Oktober 2012 maar die land bly intern stabiel. In Junie 2013 word die gematigde konserwatiewe geestelike Dr. Hasan Fereidun RUHANI tot president verkies en beloof om die gemeenskap te hervorm asook buitelandse beleid.

Die lang stryd met die VN oor uraanverryking en herwinning lei in Julie 2015 tot ‘n ooreenkoms wat verligting van sanksies ot gevolg het in 2016. RUHANI was herkies as president in Mei 2017.

• Herbewapening, najaag van kern bewapening ens. het spanninge veroorsaak.

Iran staar tans internasionale sanksies in die gesig agv weiering om toe te gee tov die kernprogram

Ekonomie: Olie is die grootste verdiener van valuta (75%) en matte dra 11% by.

Welvaart het onder die wanbestedende godsdienstige leierskap getaan en Iran was op ‘n finansiële afgrond teen die einde van die 1980s. Sedertdien was daar stadige groei en herstel.

Snelle bevolkingsgroei veroorsaak dat voedselonafhanklikheid nie gehandhaaf kan word nie.

Die sanksies het die land op die knieë gedwing en die ooreenkoms oor kernkrag materiale van 2015 bring dit tot ‘n einde – daarna groei die ekonomie fluks vir 18 maande waarna dit begin afplat agv ongunstige oliepryse.  

Godsdiens: Shi’a Islam is die staatsgodsdiens en Sunni Islam word gerespekteer, ander vertakkinge word onderdruk.

Die konstitusie beskerm die regte van Jode, Zoroastriane en Christene. Proseliet makery is verbode.

Protestantse kerke was oor die algemeen klein en sukkelend voor die revolusie, daarna volg ‘n kort bloeitydperk.

Die 1990s was gekenmerk deur geweldadige vervolging, verskeie Christene het as martelare gesterf en baie het vir hul lewens gevlug.

Vervolging indeks 9e in die wêreld. Muslim 98.64% -  93% is Shi’a; Baha'i 0.4%; Christian 0.52% Other 0.15% Jewish 0.03%.

Dank die Here:

• Meer as 35 jaar van anti-Westerse, anti-Christen propaganda en ontevredenheid met die Islamitiese rewolusie, het baie na alternatiewe vir Islam laat soek. Iraniërs is meer oop vir die evangelie as ooit tevore, ook agv die ryke Christelike tradisie en lydsaamheid onder vervolging.

• Daar was waarskynlik net 500 Muslim agtergrond gelowiges (MAGs) in 1979. Teen 2000 was daar selfs soveel as 20 000 - waarvan die helfte nog in Iran woonagtig; teen 2010 het sommiges die getal op 1 miljoen geraam!  Baie hiervan is mense wat op grnd van drome, wondertekens en ingrepe van God tot geloof gekom.

• Vir die eerste keer in die geskiedenis is daar meer MAGs as tradisionele minderheidsgroep Christene.

Tree in vir

• Politieke verandering en ‘n regering wat menseregte sal respekteer.

• Ekonomiese herstel binnelands.

• Vir groter openheid vir die Evangelie en dat die evangelie weer vrylik verkondig kan word.

• Diskriminasie marginaliseer van Jode en Christene; die Baha’i, Persies sprekendes en MAGs word openlik en wreed vervolg. Bid vir godsdiensvryheid.

• Bid vir die Christen Armeense en Assiriese minderhede wat streng ingeperk word.

---
Bid saam vir die #26 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Broenei.

Bid saam vir die #26 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Broenei.

Broenei is al vir meer as 600 jaar ʼn sultanaat, en elke belangrike posisie word steeds deur die Sultan homself beklee, insluitende eerste minister, minister van finansies, minster van binnelandse... Klik om verder te lees >>

Read more.

---
Mexican pastor killed nine years after son’s murder

Mexican pastor killed nine years after son’s murder

On 8 June, pastor Eduardo Garcia was shot at least six times and killed by unidentified assailants, believed to be members of the drug trade, which is rife across Mexico’s northern border towns. He leaves behind his wife, Maria, and daughter, Griselda. The Garcia family has faced many trials over the years. Nine years ago, their son, Abraham, was murdered …

Read more.

---

Giggel

Erkenning aan Karl Barth for Dummies.

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,