Ons bid vir Jordanië
Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World
Oppervlak: 89,206 sq. km. landbou en die bevolking is gekonsentreer op die oostelike bank van die Jordaanrivier. Oorwegend woestyn.
Bevolking 6 472 392 (2010)
Politiek: Deel van die Turkse ryk tot 1918. Onafhanklik van Brittanje in 1946.
Konstitusionele monargie met uitvoerende gesag aan die Koning, Abdullah.
Politieke en militêre onrus in die Midde Ooste het die alledaagse lewe beïnvloed a g v verleis aan grondgebied, toestroming van vlugtelinge en ekonomiese ontwrigting.
Hulle het hul aanspraak op die wes-bank opgegee na die sesdaagse oorlog met Israel, maar meer as die helfte van die inwoners is steeds Jordaniese burgers.
Die regering weerstaan druk om die land meer te Islamiseer, maar die Muslim Broederskap se vertakking die Islamitiese Aksie Front, 15 setels in die parlement verower in die 2016 verkiesings, nadat hulle die 2010 en 2013 verkiesings geboikot het.
Die verhouding met Israel oorheers die politieke agenda.
Ekonomie: Ekonomiese vooruitgang is gestrem a g v die politieke situasie. Meer as 25% van die bevolking leef in armoede.
Ekonomie draai om toerisme, fosfate, chemiese produkte en vrugte.
Godsdiens: Islam is die staatsgodsdiens,
Die konstitusie verbied diskriminasie en bevorder vrye beoefening van geloof en aanbidding.
Christene word toegelaat om hulle geloof uit te leef.
Die kerk het ‘n sigbere publieke teenwoordigheid.
Tog lyk dit of dit aan die draai is - onlangse berigte van vervolging ondersteun die vermoede.
Vervolgingsindeks 69e in die wêreld.
Muslim 96.19% Christen 2.75% nie-Gelowig/ander 1% Baha'i 0.03%.
Bid vir:
Die regering. Die oordrag van mag na Abdullah in 1999 het glad verloop; daar is nogtans spanning en die kook elke nou en dan oor veral uit ekstremistiese Islam.
Honderde vlugtelinge plaas groter druk op sisteme en onrus is aan die orde van die dag.
Bid vir vrede en vreedsame naasbestaan tussen die Muslims en ander groepe.
Daar is groot druk om meer Islamities te word en ander gelowe te verban.
Bid vir werklike godsdiensvryheid, en dat Christene om wysheid om so te leef dat die Koning en regering hulle moet beskerm; vir guns by hul mede-burgers.
Die land is strategies van belang is in die Midde-Ooste tov die Kerk;
Verskeie Christen organisasies gebruik Jordanië as afspringplek vir hul werk.
Die Christen gemeenskap verloor konstant mense deur emigrasie, dit impakteer negatief op hul vermoë het om te groei en invloed uit te oefen. Verskeie leiers het al die land verlaat.
Bid vir geskikte plaasvervangers vir die leiers wat emigreer het.
Bid ook vir die handjievol wat oorgebly het - getalle het halveer die afgelope 30 jaar
Christene is tog steeds in alle sfere van die gemeenskapslewe aktief, talle Christene is in posisies van invloed.
Bid dat hulle sout en lig sal wees!