Header

Jaargang 15 - Uitgawe 27/2018 - Woensdag 1 Augustus 2018

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

NEEM ASSEBLIEF KENNIS

Nuwe faksnommer vir Sinodale Kantoor: 088 656 1727

NEEM ASSEBLIEF KENNIS

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Jongste Bybelkor-publikasie

• Radioprogramme

• Familie-nuus

• Voorbidding

• Giggel

Nuusbrokkies

Kerkbode van 3 Augustus

Lees in die Kerkbode van 3 Augustus ...

van ʼn paar merkwaardige reise.

Op die voorblad is daar die staptog van 2750 km wat Nico de Klerk van die Uniegebou in Pretoria tot by die Parlement in Kaapstad aanpak. Dis ʼn pelgrimstog waardeur hy die saadjies van entrepreneurskap in arm gemeenskappe oral langs die pad wil saai.

ʼn Ander reis is deur ʼn groep oud-soldate aangepak Angola toe. Dertig jaar gelede het hulle daar oorlog gemaak en van hulle makkers verloor. Dié slag was dit ʼn vriendskapstoer met versoening tussen ou vyande en heling vir baie van hulle.

Die derde reis is deur ʼn leiersgroep van Bybel-Media Indië toe aangepak. Daar het hulle gaan kyk hoe die ondersteuning wat uit Wellington aan ʼn bediening in Indië verleen word, verstommende vrug oor dié reuseland dra.

Lees ook oor die Verenigende Gereformeerde Kerk se nuwe Algemene Sekretaris, oor die NG Kerk se internasionale ekumeniese bande, oor ʼn interessante skildery, en interessante boeke.

Dié uitgawe bevat ook die tweede aflewering in die reeks oor hoe die NG Kerk volgens sy amptelike besluite die Bybel verstaan.

---

Hector soek nog 'n boek...

Feldmuis het verlede week namens Hector Jooste (Otjiwarongo) gevra vir 3 publikasies. Daar is ook 'n vierde een wat hy graag wil bekom:

DIE KERKREGTELIKE ONTWIKKELING VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN SUIDWES-AFRIKA; ‘N KERKHISTORIES-KERKREGTELIKE STUDIE. Dit is die M-proefskrif van dr. MM Nieuwoudt wat hy in 1967 by die Universiteit van Stellenbosch gedoen het.

Die ander drie is:

1.   KERKORDE IN DIE GESKIEDENIS VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK(E) IN SUID-AFRIKA 1652 – 1970. Dit is die doktorale proefskrif van dr. FAH van Staden wat hy in 1973 by die Universiteit van Pretoria gedoen het.

2.   DIE KERKREGTELIKE ONTWIKKELING VAN DIE KAAPSE KERK ONDER DIE KOMPANJIE 1652 – 1795. Dit is die doktorale proefskrif van dr. JD Vorster wat hy in 1956 by die Universiteit van Potchefstroom gedoen het.

3.   SELFS DIE KERK KAN VERANDER. Boekie van prof. Willie Jonker.

Indien jy kan help, kontak Hector asseblief by hectorfjooste@gmail.com.

---

Kinderkonferensie

11 en 12 September 2018

Kuilsrivier-Suid, NG Kerk

Navrae: +27 21-808 9050, jeug@sun.ac.za

Gemeente-predikante/pastore, jeugwerkers, kinderwerkers, kategete, Kix-leiers, kinderbond-leiers, kinderkerk-aanbieders, ouers of enige ander persoon wat belangstel in kinderbediening, word uitgenooi na die 2018 Kinderkonferensie wat aangebied word deur die Jeugkantoor van Communitas en Kix.

KYK TERUG OM TOEGERUS TE WEES VIR DIE TOEKOMS

Die fokus van die Kinderkonferensie is om almal wat met kinders werk op hoogte te bring met die globale, Suid-Afrikaanse en kerklike tendense wat ons werk met kinders beïnvloed. Luister na kundige sprekers wat gesels oor die toekoms, die kind se wêreld in skole, kinders se binnewêreld en die impak van tegnologie op ʼn kind. Ontmoet en netwerk met ander leiers in die veld van kinderbediening. Kry praktiese toerusting in ‘n wye verskeidenheid relevante en eietydse werkswinkels. Kom, word toegerus met kennis, vaardighede, hulpmiddels, en hope inspirasie!

---

2018 FRESH Dragon Boat Tug-of-War

Thank you for your entry into the 2018 FRESH DRAGON BOAT TUG-OF-WAR!

Below are some arrangements for the day:

Registration: Teams report to the registration point at the Municipal Swimming pool at 7:30 on Saturday, 29 September. We need a completed entry form and signed indemnity forms for each team member by 10 September 2018 for your team to participate in the event.

Starting time: Teams start at 8:00, so please be on time for registration in order to be on the boats by 8:00.

Clothing: Team members should wear pants that can get wet and a shirt that matches your unique team outfit. The best team outfit will win a prize!

Refreshments: Food and drinks will be available to buy during the day.

Supporters: Supporters are welcome and will pay N$ 10 entrance (no entrance for Tug-of-War participants). There is a children’s area with jumping castles and adult supervision. 

Prices: After all races are completed, prices will be rewarded for the 3 best tug-of-war teams, best team outfits and best team spirit.

Marketing: Please talk to us if you want to market your business on the day through corporate gifts, gazebos/banners, or a time-slot on Channel 7, our media partner for the day.

The Dragon boat Tug-of-War is an initiative of Fresh Namibia and funds will be used for Fresh Namibia’s various projects.

Contact freshnamibia@gmail.com or 0814957145.

---

Bybelgenootskap se vroue-ontbyt - save the date

Jongste Bybelkor-publikasie

Sout en lig. Matteus se verstaan van Jesus

KLIK HIER om die produk te koop

Matteus 1-16. Sout en lig. Matteus se verstaan van Jesus.        

In Matteus se weergawe van die Jesus-gebeure is daar baie rolspelers soos:

*  Maria en Josef
*  die sterrekykers uit die ooste
*  Johannes die Doper en koning Herodes
*  Petrus se skoonma
*  Tollenaars en sondaars
*  ʼn Romeinse offisier en ʼn Kanaänitiese vrou.

Die hoofrolspelers is:
*  die dissipels: doodgewone mense wat vir Jesus begin volg het nadat Hy hulle geroep het.
*  die skare: die armstes van armes wat ly onder die Romeine en die Joodse leiers.
*  die Joodse leiers: die Fariseërs, Sadduseërs en skrifgeleerdes is die vooraanstaandes wat God vir die volk verduister.

SKRYWERS

Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek.

Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.

Radioprogramme

Maak dit asseblief bekend in gemeentes?

Onder die Kameelboom

Jesus deel Brood-met-'n-hoofletter uit aan morrende mense. Jan Woest en Clem Marais gesels oor Johannes 6:35-51.  Kuier gerus Sondag om 12:00 (of Dinsdag om 09:30) saam Onder die Kameelboom op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303.

---

Godsdiensaktueel op Hartklop FM

Luister elke Sondagmiddag om 16:30 na Godsdiens Aktueel op Hartklop FM, voorheen bekend as die Afrikaanse Diens van die NBC. Die Geref Kerke is hierdie maand verantwoordelik vir die program.

Familie-nuus

Hulle verjaar in die volgende week...

• Christo Swarts (Mariental): Donderdag 02/08; 081 363 4087; swartsc@iway.na

• Erik van Zyl (Kunene vir Christus): Sondag 05/08; 081 149 3092; Erik@mtcmobile.com.na

• Clem Marais (Sinodale Kantoor): Sondag 05/08; 081 127 1608; clem@ngkn.com.na

Voorbidding

Ons bid vir Namibië

Stuur asseblief gebedsversoeke aan clem@ngkn.com.na. Bydraes moet hom weekliks teen Woensdagoggend 10:00 bereik.

VERITAS: Gert en Jeanette Lubbe (Hentiesbaai-lidmate) gaan tot November vanaf Ondije in die noord-weste tot by Aus in die suide verskeie modules van Veritas aanbied. Hulle gebedsversoeke:

• Veilige reis na elke plek.

• Dat iemand van elke groep na vore kom om as fasiliteerder opgelei te word sodat opleiding in elke gemeente gevestig kan word.

• Dankie dat God deur sy Gees sy Woord vir ons oopbreek.

---

Ons bid vir Noord-Korea

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

Oppervlakte 122,370 km2 waarvan die meeste op die Koreaanse skiereiland geleë is, alhoewel die klimaat slegter is as in Suid Korea.

Bevolking (in 2010) 23 990 703; 25 248 140 (Geskat 2017 -CIA Fact Book)

Van 1910 – 45 onder Japanse besetting, gekenmerk deur verskriklike wandade teen die Koreane.

Na WO2 is die staat gedeel op aandrang van Rusland. In 1948 is ‘n kommunistiese regering ingestel en hulle val Suid Korea in 1950 binne. Die oorlog duur tot 1953 - maar daar is steeds nie ‘n vredesverdrag tussen Noord- en Suid Korea nie.

In 2010 is ‘n Suid Koreaanse aanvalsvaartuig deur die Noorde gesink - met groot lewensverlies. Hulle ontken die insident - wat die Noorde se optrede deurgaans kenmerk. Dit blaas onderlinge spanning aan en ‘n periode van oplaaiende spanning breek aan. Teen 2016 lyk dit of sake weer begin verbeter en die 2017 verkiesing van Moon Jae-Inas president van die suide wat onderneem om ‘n meer positiewe houding in te neem bring baie verligting. Die Winter Olimpiese Spele van 2018 waar die noorde en suide in ‘n verenigde dames yshokkie-span span deelneem, saam marsjeer in die opening en afsluiting seremonies, en bygewoon word deur noordelike hooggeplaasdes het die weg gebaan vir groter toenadering. Op 27 April 2018 ontmoet die twee presidente mekaar in die gedemilitariseerde gebied vir samesprekings. Een van die positiewes uit die gesprek was ‘n gesamentlike onderneming om van kernwapens ontslae te raak.

Pres Trump (VSA) en Kim Jong-un ontmoet in Singapoer in Junie 2018 waar die onderneming van kern-ontwapening herhaal is. Einde Julie is daar egter berigte dat daar hernude aktiwiteit is in die installasie waar Noord Korea se kern en ballistiese vuurpyle vervaardig word. (BBC News 31/7/18)

Die ekonomie is op swaar industrie gebaseer maar agv onproduktiwiteit is die ekonomie in ‘n vryval a.g.v. die koste van bewapening en pogings om ‘n kernmoondheid te word.

Swak landbougrond, gebrek aan water en ander verhinderings veroorsaak dat voedselsekuriteit nie behaal word nie en sanksies veroorsaak dat invoere ook nie kan inkom nie, wat soms hongersnood in die hand werk.

Godsdiens

Pyongyang – tans die hoofstad – was voor WO2 die sentrum van die Christendom in Korea.

Aan die einde van die oorlog in 1953 is derduisende Christene in Noord Korea vermoor en talle het gevlug vir hul lewe. Die getalle het gekrimp van ongeveer 300 000 in 1953 na ‘n duisend of twee tans.

Alle gelowe word erg onderdruk - 16e op die ranglys van mees onderdrukkende state. Pogings om vanuit Sjina sendelinge in te stuur maak van Suid Koreane wat so inkom en gevang word martelare, maar hulle hou steeds aan om die land so binne te sypel.  

Nie Godsdienstig 69.3%; Tradisionele & volksgelowe 15,5%; Chondogyo 13.2%; Boeddiste 0.4% Christian 1.48% (2010)

Bid vir:

Die “Kluisenaar koninkryk” is ‘n onderdrukkende nagmerrie en die algemene bevolking ly geweldig onder die wanadministrasie, spandering van die beperkte bronne op die ophemeling van die voormalige president. Daarnaas tap die kern-bewapening program, vuurpyl program en konvensionele herbewapening van die land die res van die bronne leeg.

Bid dat die Here se Gees sal deurbreek in die leierskap om die nasie te red.

Die leier van Noord Korea het sy ontslape vader,Kim Il Sung, gedeïfiseer. Die Dear Leader Kim Il-Sung word met 70 massale brons standbeelde en tienduisende ander monumente en afbeeldings wat ‘n miljard VSA dollars gekos het vereer.

Bid dat die afgodediens nie mense net nog verder sal verlei nie, maar dat dit hulle oë sal laat oopgaan!

Godsdiensvryheid, wat in die konstitusie gewaarborg is maar waarvan niks tereg kom nie. Ook vir die bewaring van die Christene wat gebuk gaan onder erge vervolging. Noord Korea is waar die groot herlewing plaasgevind het - vandag is daar bykans geen Christene meer oor nie. Christene het suid gevlug of is gedood, kerke verwoes en steeds word hulle vervolg. Daar is drie “vertoonvenster” kerke in die hoofstad, maar meer as 100,000 Christene is in aanhouding.  

Bid dat hulle staande sal bly en getroos sal leef; bid vir guns by die regering – dit sal die situasie omkeer

Die meerderheid het nooit eens die naam van Jesus gehoor nie! Die kennis van God is op Orweliaanse manier uitgewis en die aandrang om heeltemal te konformeer met die staat se ideale en onderdrukking maak mense geestelik-emosionele slawe van die regime.

Bid dat die Gees van die Here mense sal honger maak en sal bevry!

3 miljoen het tussen 1994-2000 van honger omgekom, dit terwyl die staat kos opgeberg gehad het vir eie kaders en die weermag se gebruik. Vloede wat deur ontbossing veroorsaak is, belemmer oeste verder en daar was selfs berigte van kannibalisme.

Bid vir die buitelandse hulporganisasies wat onder moeilike omstandighede diens lewer - ook dat hulle toegelaat sal word om die arm mense te bereik.

Meer as 100,000 Noord Koreane het tussin 2010 en 2014 na Sjina gevlug. Ongeveer 200,000 etniese Koreanse Christene woon indie Sjinese provinsies aangrensend aan Noord Korea. Baie sypel weer saam met Suidelike sendelinge terug na Noord Korea as sendelinge.

Bid vir bewaring van vervolging, guns by die plaaslike bevolking en oop en ontvanklike harte.

---
Bid saam vir die #29 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Ethiopië.

Bid saam vir die #29 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Ethiopië.

Ethiopië het ʼn lang geskiedenis van beide Christenskap en Islam, en oor tyd het beide gelowe al gepoog om hul sfeer van invloed uit te brei. Boonop het... klik hier om verder te lees >>>

---
Pastor Brunson now under house arrest in Turkey

Pastor Brunson now under house arrest in Turkey

Praise the Lord that on 25 July, pastor Andrew Brunson – who has spent nearly two years in Turkish prisons after he was accused of espionage and terrorism – was placed under house arrest. He will not be allowed to leave the confines of his home until his next hearing, scheduled for 12 October. According to Reuters, during his second … Read more.

Giggel

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,