Ons bid vir Lesotho
Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World
Oppervlak: 30,355 vk. km. bergagtige land wat omring is deur Suid Afrika. Net 11% is bewerkbaar en padverbinding is taamlik swak ontwikkel. Dele is net te perd bereikbaar. Die enigste land ter wêreld wat in geheel hoër as 1000 m bo seevlak is. Bevolking 2,084,182 (2010) 24% is HIV positief!
'n Britse protektoraat van 1865 tot onafhanklikheid in 1966; daarna volg 'n tragiese geskiedenis van onstabiliteit, diktatorskap en polarisasie.
Agv sy grootte en ligging 'n ekonomiese gevangene.
Die bergagtigheid, swak pad en kommunikasienetwerke en tekort aan landbougrond gepaard met oorbevolking en gronderosie dra alles by tot die armoede in en van die land.
Meer as 35% verdieners werk in die RSA, meeste in die mynbou sektor.
Hoof verdieners van inkomste binnelands is die kontroversiële Khatsedam-projek wat water uitvoer
Verder diamant ontginning en die verkoop van hidro-elektrisiteit.
‘n Inval in 1999 van die RSA weermag om “die land te stabiliseer” was katastrofies.
Dit het verwoesting gesaai, veral in Maseru en aan ontluikende industrieë wat die land verarm het.
Godsdiens
Daar heers vryheid van godsdiens.
Die dominansie van die Rooms-Katolieke kerk en hul beheer van die onderwyssisteem dra by tot die politieke destabilisasie.
Christen 71.85% Tradisioneel etnies 27% Baha'i 1.1% nie-godsdienstig/ander 0.04% Muslim 0.01%.
Tree in vir:
• Lesotho se inwoners is gevangenes van die geografie, die verdeeldheid en magteloosheid van die politieke leiers en 'n gebrek aan hulpbronne. Bid dat eerlike leiers na vore sal tree ter wille van almal se beswil.
• Die seSotho was oorwegend Christene vir geslagte lank al, maar nominalisme en tradisionalisme is wyd verbreid onder die Roomskatolieke en die Lesotho Evangeliese kerk. Lg. is die vrug op die arbeid van die Franse sendelinge van die Paryse Sendinggenootskap. Die snel groeiende nuwere genootskappe daag die hoofstroomkerke uit om meer geestelik relevant en gesond te wees. Bid vir harmonie tussen genootskappe - tans is daar antagonisme; vernuwing van die land deur die Heilige Gees.
• Die ontluikende, evangeliese, Pinkster en charismatiese denominasies het almal vinnige groei ervaar. Bid vir:
* Bybels gefundeerde onderrig. Daar is vier Bybelskole, o a die Apostoliese Kerk Mobiele Skool en die Jesu Evangeli Sentrum wat dit kan verskaf.
* Leierskap. Die hoofstroom, Katolieke en Pinkster kerke funksioneer al dekades lank onder plaaslike leierskap, en in die ontluikende charismatiese kerke is daar 'n nuwe vlak van leierskap wat samewerking ter bereiking van die nasie vir Christus najaag.
* 'n Landswye gebedsbeweging het 'n nuwe dinamika in getuienislewering teweeggebring en moet gehandhaaf word.
* Bemagtiging van vroue in Christen leierskap — die afwesigheid van mans en die proporsioneel laer vlak van toewyding onder Christen mans maak dit essesnsieel vir gemeentes se oorlewing.
Besondere uitdagings vir die bediening:
• AIDS en HIV is 'n verskrikking - 24% is HIV+ en niemand is besig om dit aan te spreek nie - allermins die kerk.
• Die Sephiri, 'n geheime organisasie met lede uit lidmate van alle kerke bevorder heksery en voorvader verering. Dit werk negatief in op die kerk se getuienis. Bid dat die demoniese beweging ontbloot sal word vir wat dit is en dat mense daaruit bevry sal word tot 'n lewende verhouding met die Here.
• Die meer sinkretistiese, inheemse kerke. By talle gaan dit nie om Christus en Sy verlossing nie, maar veel meer oor tradisies, kleredrag en seremonie. Bid dat hulle aan 'n Bybelse teologie blootgestel mag word. \
• Die bergland bewoners - 600,000, meestal nomineel Christen, maar met min blootstelling aan die ware Evangelie. Die afgeleë nedersettings is net per ponie of vliegtuig bereikbaar, wat evangelisasiewerk bemoeilik.
• Trekarbeiders in Suid Afrika. Ongeveer 35% van die mans werk in die RSA as trekarbeiders - meeste in die mynbousektor.
• Arica Inland Mission (AIM) het 'n bediening onder hulle gevestig. Bid vir bekerings wat sal hou en effektiewe dissipelskap opleiding in opvolging daarvan.