Ons bid vir Madagaskar
Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World
Die wêreld se 4de grootste eiland met oppervlak van 587,041 km2 in die Indiese Oseaan 600 km van die kus van Mosambiek. Dit het ‘n groot verskeidenheid van endemiese fauna en flora.
Bevolking 20,146,442 (2010) aanwas 2.72%; 25 054 161 (Geraam Jul 2017).
Geannekseer deur Frankryk in 1896; onafhanklik in 1960, die militêre bewindsoorname in 1972 lei tot ‘n mislukte Marxistiese eksperiment.
Populêre protes en aandrang vir verandering is gewelddadig onderdruk;
Dit loop uit op konstitusionele verandering en veelparty verkiesings in 1993.
In 2002 is die voormalige Marxistiese leier deur die nuut verkose president uit die kussings gelig na maande se betogings en militêre konfrontasie.
Dié president poog om korrupsie uit te roei en ekonomiese groei te stimuleer deur uitvoerende gesag te sentraliseer wat met suspisie bejeën is deur talle. Sy regering is op sy beurt in 2009 omvergewerp
Daarna volg maande van politieke storm, mislukte magsdeling en internasionale veroordeling van die situasie. Die Suider Afrikaanse gemeenskap gryp in en uiteindelik is daar in 2013 ‘n VN gesanksioneerde verkiesing gehou waarin Hery Rajaonarimampianina as president verkies is en in 2014 ingesweer word.
Ekonomie: Landbou, vissery en bosbou was tradisioneel die hoofbronne van inkomste
Roofbou het ‘n ernstige impak gehad op inheemse woude en het ernstige erosie veroorsaak.
As die wêreld se 11e armste nasie gelys - meeste leef in diep armoede
Siklone wat gereeld verwoesting saai, gebrek aan skoon water, sanitasie en infrastruktuur strem ekonomiese ontwikkeling.
Die ekonomie is weer stadig maar seker besig om op dreef te kom; kom op die rug van beter onderwys, vervoerinfrastruktuur wat verbeter, mynbou en Eco-toerisme; maar veral ook a.g.v. die groter stabiliteit en die uitvoer van vanilla – 80% van wêreldproduksie – wat buitelandse valuta verdien.
Godsdiens: Vryheid van godsdiens. Volksgelowe is steeds baie invloedryk
Die vier hoofstroom kerke het groot invloed, maar ontluikende charismatiese groepe word met agterdog bejeën.
Christene 53.53%; Ethnogodsdienstiges 37.65%; Muslim 8%; Nie-godsdienstig 0.24%; Ander 0.23% Hindoe 0.15%; Chinese 0.1%; Baha’i 0.1%
Loof die Here vir:
Kerk groei wat voortduur te midde van politieke en omgewings krisisse. Grootste groei tans in charismatiese en neo-Pinkstergroepe t.s.v. teenstand uit verskeie oorde. Groot herlewings onder studente, jong mense en gewone gelowiges.
Die Huiskerk beweging is besig om opgang te maak
Tree in vir:
Madagaskar is vasgevang in die stryd teen armoede t.s.v. natuurlike rykdomme.
Bestaansboerdery en vissery is steeds die hoof ekonomiese aktiwiteit
Roofbou in alle vorme is besig om ernstige ekologiese skade te veroorsaak
Bid vir volhoubare ontwikkeling wat armoede sal verlig op die lang termyn.
Politieke probleme en konflik het geweldige negatiewe impak.
Bid vir ‘n volhoubare politieke oplossing
Bid vir leiers wat die volk sal dien en nie selfgerig sal wees nie
Protestantse Kerke het ‘n ryk geskiedenis van geloofsvolharding; in 1861 was 5000 lidmate, teen 1900 een miljoen en dit het groot herlewing beleef - die laaste in 1980s
Die bediening van bevryding het ‘n groot rol hierin gespeel en voeg steeds nuwe bekeerlinge toe
Bid dat die beweging suiwer sal bly en Skrif gefundeerd sal bly
Bid ook dat die sinkretistiese kenmerke minder sal word en ware geloof sal seëvier
Bid dat die Gees die draer van vernuwing en herlewing sal wees.