Header

Jaargang 15 - Uitgawe 31/2018 - Woensdag 12 September 2018

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Events

• Jongste Bybelkor-publikasies

• Nuut by CLF

• Radioprogramme

• Familie-nuus

• Voorbidding

• Vakatures

• Giggel

Nuusbrokkies

Kerkbode 7 September voorblad

Lees in die Kerkbode van 7 September ... 

waar berig word oor die Nehemia-Bybelinstituut, wat as “koninkryksbouers in ʼn gebroke Afrika” bestempel is.

Daar is ook ʼn onderhoud met dr Hennie van Deventer wat tien jaar lank aan die stuur van sake by die NBI was, en later vanjaar aftree.

Kerkbode vertel die verhaal agter Kaross, die lieflike Afrika-borduurwerk wat in baie toeristewinkels verkoop word.

Lees ook van die Kosmosgroep van Heidelberg wat glo dit KOS MOS niks om om te gee nie.

Daar is nog ʼn aflewering in die reeks oor hoe die NG Kerk die Bybel verstaan.

In die rubriek “Op die Kerkstoep” wys dr André van Niekerk daarop dat missionaliteit oor meer as bloot barmhartigheid gaan.

Daar is ook kommentare en reaksies op die hofsaak waarby die kerk betrokke is. 

---
Lig Oktober voorblad

Lees in die Oktober-uitgawe van LiG ...

hoe die waarde van niksdoen ontdek word en dat dit ‘n Bybelse opdrag is.

Ons gesels ook met Nádine oor die liefde in haar lewe en Frank Rautenbach vertel oor die ander plan wat God vir sy loopbaan beplan het.

‘n Skrywer vertel hoe hy en sy 4-jarige seun deur die kerkgeskiedenis gereis het. En ‘n paartjie deel hulle storie van verlies, hoop en genade.

LiG ondersoek die humor in die Bybel, ons vra waarom Hooglied in die Bybel hoort en raak weer verwonderd oor God se genade wat nooit ophou nie.

Ons kyk na die waarde van skoolsport en hoe om die regte terapeut vir jou kind te kies.

LiG – vir jou en jou mense

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

---

90-plussers al hoe meer algemeen

• Schalk van der Merwe

By Oude Rust-Oord (ORO) in Windhoek het die 90-plus inwoners in 5 jaar se tyd met 75 % toegeneem.   

In 2013 was daar 16. Vandag is daar 28.

Vermoedelik dra die beter medikasie beskikbaar hiertoe by, maar daar is ook die drastiese markveranderings. ORO word 'n toevlug vir baie ouer persone wat hulle pensioene oorleef.  

Die jonger geslag ouer persone verhuis na plekke soos Omeya,  Auas Hills en Finkenstein.

Slegs 4% van die bevolking tree af met genoegsame pensioenvoorsiening vir 'n sorgelose oudag.

---

Schanzen-Oord verblyf beskikbaar

• 1 slaapkamerwoonstel: Die woonstel is op grondvlak. N$865,000, onderhandelbaar.

• Luukse sorgeenheid-kamer: Eie badkamer en lugversorging.

Kontak Frans du Toit by fdutoit321@gmail.com of +264 812617405.

---

GESOEK: Kleuterskool fasiliteerder

• Ds. Johan Nieuwenhuizen

Namens die DEGNOS Beheerraad neem ek graag die vrymoedigheid om u te nader rakende ‘n behoefte wat ontstaan het vir fasilitering by kleuterskole in die Grootfontein/Tsumkwe area.

Mev. Rosa Nortjé wat geruime tyd in ons diens was, tree einde Oktober 2018 af as fasiliteerder en daar is ‘n behoefte uitgespreek om DEGNOS Vennote te nader om uit te vind of daar nie in die gemeentes dalk ‘n persoon is met ‘n passie/roeping vir hierdie gespesialiseerde bediening nie.

Vir verdere inligting is u welkom om Ds. Hendrik van Zyl direk in hierdie verband te kontak. Sy kontakbesonderhede is: 

• Posbus 700, Grootfontein, Namibië. 

• Tel: + 264 67 243 806,

• Faks: 08861473

• Sel: + 264 813718747

• e-pos: ngtsumke@iway.na

Ons neem verder die vrymoedigheid om te vra dat u ook hierdie saak aan die Here sal opdra, aangesien die werk onder die kleuters vir DEGNOS van kardinale belang is en omdat ons die goeie werk wat begin is, graag wil voortsit.

---

Tyd begin uitloop vir Hendrik Nell Studiefonds-aansoeke vir 2019!

Die Hendrik Nell-studiefonds verleen finansiële aan studente in die vorm van beurse en lenings.

Beurse word voorwaardelik beskikbaar gestel aan lidmate van die Ned Geref Kerk vir opleiding as predikant of maatskaplike werker, sowel as vir goedgekeurde kursusse by die Hugenote Kollege.

Lenings is voorwaardelik beskikbaar vir studente wat nie in teologie of maatskaplike werk studeer nie, en wat lidmate van die Ned Geref Kerk is.

Nuwe aansoeke moet die Sinodale Kantoor voor einde Oktober 2018 op die voorgeskrewe aansoekvorms bereik.

Die volledige Grondreëls vir die Hendrik Nell Studiefonds is hier te lees.

Aansoekvorms vir 2019 is hier beskikbaar, of kontak vir Marelize Erasmus by fin@ngkn.com.na of 061-374350.

---

Events

Kondig dit asseblief aan in gemeentes?

Elisenheim potjiekoskompetisie

Elisenheim gemeenskapskerk is in sy babaskoene en wil graag op 15 September 'n eerste Lentefees hou ter wille van die saamwees en ter wille van fondse.

Die fees neem die vorm aan van 'n potjiekoskompetisie en markdag. Dit geskied alles op die kerkerf, erf 93.  Ons begin om 10:00 en hou aan tot laat.

Ons wil graag al die Windhoek gemeentes uitdaag om deel te neem. Miskien wen julle span een van die pryse!

Vir meer inligting, skakel Johan Roux by 0812178833.

---

Variations on a Blue Bench

Prof Aldo Behrens en David Ndjavera en ADN bring die Teater stuk Variations on a Blue Bench na Windhoek.

Dit handel oor die wêreld van mense wat met Dementia lewe en hoe dit verstaan word in verskillende kulture van ons land.

• 21 & 22 September

• College of the Arts

• N$150

Enquiries

081 283 989,  berrie.holtzhausen@gmail.com

---

Orrelkonsert

Die Suider-Afrikaanse Orreliste Vereniging Namibië Streek nooi u hartlik uit na ‘n besonderse orreluitvoering op Vrydagaand 21 September om 19:00 by die Christuskirche. Ons gasorrelis vir vanjaar is Liesbeth Schlumberger-Kurpershoek – die gevierde  Suid-Afrikaans-gebore orrelis wat tans in Frankryk woon en werk. Ons eie COTA Jeugkoor en dosente van die College of the Arts tree ook op. Toegang N$100 vir volwassenes en N$70 vir pensionarisse en skoliere.

---

2018 FRESH Dragon Boat Tug-of-War

Registration: Teams report to the registration point at the Municipal Swimming pool at 7:30 on Saturday, 29 September. We need a completed entry form and signed indemnity forms for each team member by 10 September 2018 for your team to participate in the event.

Starting time: Teams start at 8:00, so please be on time for registration in order to be on the boats by 8:00.

Clothing: Team members should wear pants that can get wet and a shirt that matches your unique team outfit. The best team outfit will win a prize!

Refreshments: Food and drinks will be available to buy during the day.

Supporters: Supporters are welcome and will pay N$ 10 entrance (no entrance for Tug-of-War participants). There is a children’s area with jumping castles and adult supervision. 

Prices: After all races are completed, prices will be rewarded for the 3 best tug-of-war teams, best team outfits and best team spirit.

Marketing: Please talk to us if you want to market your business on the day through corporate gifts, gazebos/banners, or a time-slot on Channel 7, our media partner for the day.

The Dragon boat Tug-of-War is an initiative of Fresh Namibia and funds will be used for Fresh Namibia’s various projects.

Contact freshnamibia@gmail.com or 0814957145.

Jongste Bybelkor-publikasies

MY DOOPBOEK

PRYS: R60.00

Met ons doop sien en hoor ons God se beloftes. Hierdie beloftes is in die eerste plek vir die babas wat gedoop word, maar dit geld ook vir ons almal wat glo. Dit bevestig God se liefde en trou aan ons, waarvan die doop ʼn teken is.

Die teks bo-aan elke bladsy van My Doopboek is ʼn vrye verwerking van ons geloofsbelydenis in die vorm van beloftes wat God aan ons as gedooptes maak.

Die teks onderaan elke bladsy herinner ons aan wat die doop prakties vir ons in ons geloofslewe beteken.

 PLUSPUNTE    

• ʼn Herinnering aan die doopdag wat gemeentes aan ouers en dopelinge kan gee.

• Eenvoudige teks wat God se beloftes aan ons en ons kinders met die doop verduidelik.

• Kleurvolle illustrasies.

• Vir voorlees en selflees.

• Gegrond in die gereformeerde tradisie.

 SKRYWER EN ILLUSTREERDER

Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wat God bedoel het hulle moet wees. 

Aletta Simpson is ʼn student aan die Universiteit Stellenbosch. 

 TEIKENMARK

• Ouers wat dit as geskenk vir hulle kinders met hulle doop kan gee

• Gemeentes wat dit as geskenk aan dopelinge en ouers kan gee

KOOP NOU

GELOOF-SPEELBOEK

PRYS: R160.00

Die Geloof-speelboek is vir kinders wat wil skep, speel en leer. Die kort Bybelstories en aktiwiteite saam is ʼn wonderlike manier om met kinders te gesels oor wat ons glo.

Al die aktiwiteite is só ontwerp dat kinders van 4-8 jaar oud dit met min toesig self sal kan doen. By elke aktiwiteit is daar ʼn lys van alles wat die kinders sal nodig hê. Stap-vir-stap-riglyne en prentjies help hulle om die aktiwiteite te voltooi.

Ouers kan die Bybelstories lees of oorvertel terwyl die kinders die aktiwiteite doen, of hulle kan eers die aktiwiteit doen en daarna na die storie luister. Ouer kinders kan die stories self lees.

SKRYWER EN ILLUSTREERDER

 Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wat God bedoel het hulle moet wees. 

Aletta Simpson is ʼn student aan die Universiteit Stellenbosch. 

KOOP NOU

FOKUS OP TOERUSTINGSONDAG

Met die oog op Toerustingsondag op 9 September 2018 wil Bybel-Media gemeentes en individue help en toerus om gestalte te gee aan hul missionale roeping in hul gemeenskap en die wêreld. Hierdie hulpmiddels kan ook op 'n later stadium in eredienste of gemeente byeenkomste gebruik word
Die volgende hulpmiddels is beskikbaar:
• ’n Preek oor missionaliteit, spesiaal deur Andries Cilliers (NG Gemeente Sonstraal) geskryf
• ’n Kort video oor die werksaamhede van BM
• ’n Uitdeelstuk oor die werksaamhede van BM                                                                 Klik op skakel:  http://fondswerwing.bybelmedia.org.za/toerusting/    

Bybel-Media is jou vennoot in geloof en bediening.

Inligting, Navrae en Diensverskaffing

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Nuut by CLF

Kaleidoskoop van kerke – wat kerke glo en doen 

• Pieter Verster

Dit is ’n lekkerlees-boek vol wetenswaardighede oor die verskillende Christelike kerke in Suid-Afrika. Dit dwing ons om na te dink waaroor dit in ’n kerk behoort te gaan: oor “Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, Lig uit Lig, waaragtige God …”, wat ons uit genade red, aan ons geloof skenk, ons tot sy kerk versamel en deur sy Woord en Gees regeer. Hierdie boek is bedoel vir elkeen – veral ook lidmate – wat wonder oor die kerk.

https://clf.co.za/product/kaleidoskoop-van-kerke/

Wat is die verskil tussen kerke wat groei en kerke wat sterf?

• Braam Hanekom

Die vraag na die toekoms van die kerk word tans hewig gedebatteer. Sommige wil dit hê dat die einde van die gevestigde en geïnstitusionaliseerde kerk in sig is. Ander wys op die fassinerende groei wat wel in kerke plaasvind. Braam Hanekom kyk in hierdie boek eerlik na die feit dat sommige kerke tans groei en ander sterf. Eerlike en soms konfronterende vrae word gevra oor wat die verskil tussen hierdie kerke sou wees. Braam laat die fokus helder en duidelik val op Christus as die fondament waarop alle volhoubaar groeiende kerke staan, maar kyk ook na die belangrike lesse wat die bedieningspraktyk ons die afgelope jaar geleer het. Dit bevat egter ook verrassende insigte uit die wetenskap van organisasiebestuur waarby die kerk beslis kan baat. Die boek wil graag in gesprek tree met diegene wat ernstig is oor die toekoms van die kerk.

https://clf.co.za/product/wat-is-die-verskil-tussen-kerke-copy/

Hierdie boeke is aanlyn beskikbaar by CLF of kontak ons by (021) 873 6964 of stuur ʼn e-pos na order@clf.co.za

Radioprogramme

Maak dit asseblief bekend in gemeentes?

Onder die Kameelboom

Vrou Wysheid se optrede is 'n toonbeeld van die lewe van iemand wat met ontsag en respek vir God leef. Dit is die storie van Spreuke 31. Clem Marais en Jan Woest sit vandeesweek die teks onder die vergrootglas wanneer hulle Onder die Kameelboom kuier. Sit gerus Sondag om 12:00 (of Dinsdag om 09:30) saam onder die boom op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303. 

Godsdiensaktueel op Hartklop FM

Luister elke Sondagmiddag om 16:30 na Godsdiens Aktueel op Hartklop FM, voorheen bekend as die Afrikaanse Diens van die NBC. Die NG Kerk is in September en Oktober verantwoordelik vir die program. Jan en Nicoline Woest is die gashere en hulle praat oor die spiritualiteit van Henry Nouwen.

Familie-nuus

Hulle verjaar die volgende week...

Ons sal weer die week sonder verjaardagkoek moet oorleef...

Allerlei...

• Manus Olivier (Swakopmund) het vroeër vandeesmaand goeie nuus gekry tydens 'n opvolg-ondersoek. Die kankergewas het gekrimp na die laaste reeks bestraling en hy hoef nou eers oor tussen 4 en 6 maande weer vir 'n ondersoek te gaan. Manus sê dankie vir voorbidding.

Voorbidding

Ons bid vir Nieu Zeeland 

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

Oppervlakte 267,515 km2 bestaande uit twee bergagtige eilande, ongeveer 1600 km suidoos van Australië in die Stille Oseaan. Bevolking (2010) 4,303,570; 4,510,327 (Julie 2017 geskat)

Onafhanklik van Brittanje in 1907 as stabiele parlementêre demokrasie; die Britse Monarg is staatshoof

Die Waitangi verdrag tussen die Maoris en Brittanje in 1840 het die reg om te vestig aan lg. gegee

Die verdrag het waarborge aan die Maori gegee t.o.v. grondgebied asook oor natuurlike hulpbronne.

Die verdrag is dikwels geweld aangedoen ten nadele van die inheemse mense groepe

Daar is ‘n dispuut oor die mate van soewereiniteit wat die verdrag aan die Britte gegee het.

In die onlangse verlede het die regering daadwerklike aandag begin gee aan Maori griewe

Ekonomie: ‘n Effektiewe uitvoer georiënteerde landbou industrie was lank die ruggraat van die ekonomie; in die afgelope paar dekades skuif die klem na industrieë wat nou die grootste drywer is.

Hout en toerisme word al meer belangrik as bron van inkomste.

Die ekonomiese krisisse van 1990s het radikale herstrukturering geverg met gepaardgaande pyn

Die staat het subsidies gestaak en maatskaplike sorg inperk wat mense nadelig geraak het.

Die stappe het nou die uitwerking dat die land weer welvarend is - per capita inkomste styg vir 10 agtereenvolgende jare tot 2007 in reële terme; die ekonomiese krisis van 2008-09 raak dit negatief.

Druk van inflasionistiese verbruikers spandering veroorsaak dat die sentrale bank sleutel koerse geleidelik styg vanaf 2004 – teen 2007 was dit van die hoogste ter wêreld, wat ‘n invloei van buitelandse beleggings in die ekonomie ontlok – die geldeenheid versterk, maar die betalingsbalans glip al verder in ‘n negatief.

Baie kundiges het uitgewyk - veral na Australië; 16% van die bevolking werk in ander lande

Godsdiens: Godsdiensvryheid is gewaarborg. Christene 53.2%; nie-Godsdienstig 41% (grootste groeiende groep); Boediste /Chinese 1.5% Hindoe 2%; Muslim 1.23% Ander 0.6% Joods 0.16% Baha'i 0.06% Sikh 0.31%.

Loof die Here vir: Die Gees het sedert die 1960s herlewing gebring in verskeie denominasies; talle Pinkster en Charismatiese groepe ontstaan; talle hoofstroom kerke het meer evangelies geword, veral die Presbiteriaanse kerk; Gereformeerde kerke het hul kwynende tendens omgekeer in groei.

Die land stuur die vierde meeste sendelinge per capita van die Christen bevolking uit ter wêreld; daar is ‘n steeds groeiende sendingbewussyn

Tree in vir: Sekularisasie het aanleiding gegee tot ‘n afname in getalle van die hoofstroom kerke - die Anglikane, Presbiteriane, Metodiste en in mindere mate Rooms Katolieke kerke het getaan

Nie-Gelowiges het van 1.1% in 1951 tot 26% in 1996 en 41% in 2010 aangegroei!

Die pluriformiteit in die gemeenskap het Christene ook weggelok na ander godsdienste

Die gebrek aan interaksie tussen Christene en die gesekulariseerde meerderheid is ‘n kopseer. Die Willow Creek beweging, die Anglikane se Alpha kursus, ens. is pogings om dit aan te spreek.

Bid dat Christene se getuienis relevant sal wees en dat hulp en uitreike die tendense sal omkeer

Kerkplanting in die afgelope 20 jaar het gemengde resultate gegee

Bid vir die wat deelneem aan die proses

Jong mense word die meeste ge-affekteer deur die sterk klem op sekulêre onderwys van die staat.

Bid dat die tendens afgeswak sal raak; dat kerke en para-kerk organisasies die uitdaging om sinvol met die jeug om te gaan sal aanvaar en effektief sal hanteer.

---
Bid saam vir die #35 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Sentraal-Afrikaanse Republiek

Bid saam vir die #35 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Sentraal-Afrikaanse Republiek

Sentraal-Afrikaanse Republiek, ʼn land sonder ʼn seehawe, is sedert die 2013 krisis erg verdeeld. Die burgeroorlog het die houdings van beide Christene en Moslems verander, en daar is nou baie wantroue tussen die twee groepe. Een van die hooffaksies wat oorlog voer is die... Klik om verder te lees >>

Read more.

Vakatures

Termyn bepaalde pos vir voltydse leraar op Kalkrand

Ds. Roelf de Wet se kontrak met die gemeente verstryk op 28 Februarie 2019.

Die kerkraad wil die pos so gou as moontlik na 1 Maart 2019 vul en nooi alle leraars van die NG Kerk wat sou belangstel in die pos om met Roelf in verbinding te tree by: +264 81 848 2098 e-pos ngkkalkrand@iway.na.

Giggel

Met erkenning aan Karl Bart for dummies

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,