Header

Jaargang 15 - Uitgawe 35/2018 - Woensdag 10 Oktober 2018

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Klik hier vir die 2019-datumlys.

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Pitkos

• Events

• Trauma Healing Network training

• Radioprogramme

• Familie-nuus

• Voorbidding

• Jongste Bybelkor-publikasies

• Nuut by CLF

• Vakatures

• Giggel

Nuusbrokkies

VGKN- en NGKN-moderature vat kuratorium-hande

Ten einde 'n geloofwaardige getuienis in die land te hê, is dit nodig dat die familie van NG Kerke gesamentlik en afsonderlik 'n meer konkrete teenwoordigheid in plaaslike gemeenskappe sal vertoon.

Dit was onder meer van die geluide wat opgeklink het tydens 'n gesamentlike vergadering van die Namibiese Moderature van die NG- en VG-kerke hierdie week in Windhoek.

Om sommer ook die daad by die woord te voeg, het die Moderature besluit om in 2019 twee gesamentlike predikantekonferensies vir die twee kerke se predikante aan te bied. Die VGKN se Ministry Forming Task Team (MFTT) en die NGKN se Kuratorium het opdrag gekry om die twee geleenthede te beplan.

Nog 'n opdrag wat hierdie twee liggame gekry het, is om koppe bymekaar te sit oor plaaslike teologiese opleiding. Beide kerke het 'n nypende tekort aan gelegitimeerde werkkragte, veral in kleiner en afgesonderde gemeenskappe. Die potensiaal wat opgesluit lê in die bemagtiging van kerkraadslede om bepaalde dienswerk te kan doen, sal ook gesamentlik verder ondersoek word.

Die twee sekretarisse, Di Dawid Mouton (VGKN) en Clem Marais (NGKN), het opdrag om hierdie wa aan die loop te kry.

Van links: Di Ernst Coetzee, Johannes Maritz, Thijs vd Merwe, Edwin Matundu, Attie du Plessis, Martin Mombela, Soraya Moster-Gertse, Dr André Olivier, Mev Christa Louw, ds Dawid Mouton, dr Jan Woest.

---

Kom ons reis nadenkend en reflekterend saam...

 Nadat daar oor jare heen reeds baie energie ingesit is in die bou van verhoudinge tussen die Namibiese Moderature van die VG- en NG-kerke, het dit nou tyd geword om die kring daadwerklik groter te maak.

Daaroor was die twee Moderature van die twee kerke dit eens tydens 'n onlangse vergadering in Windhoek.

Na aanleiding van 'n baie positiewe ervaring wat die gesamentlike taakspan vir die bekenstelling van die Tussenorde gehad het rondom so 'n reflektiewe gesamentlike reis, was dit maklik om die volgende tree te gee. Kom ons beplan daadwerklik om nadenkend en reflekterend saam te reis.

Die twee Aktuarii, Di Attie du Plessis en Thijs van der Merwe, het die opdrag gekry om 'n beraad te belê waar predikante en kerkraadslede van die VG- en NG-kerke op so 'n reflekterende reis begelei kan word. Vanweë die uitgestrektheid van Namibië word die moontlikheid van streeksberade nie buite rekening gelaat nie.

Dit was verfrissend om uit 'n gesamentlike vergadering van die twee denominasies in Namibië te stap met die wete dat daar nie net gepraat is nie. Daadwerklike stappe is geneem om te begin pactice what we preach!

---

Lees in die November-uitgawe van LiG …

waar Tanya van Graan vertel dat haar roeping is om te dien.

Ons gesels ook met Survivor-predikant, Werner Joubert oor sy geloof en sy gesin.

‘n Dominee van Port Elizabeth vertel hoe hy die Goeie Nuus aan seemanne bring. En ‘n gesin wat in vyf verskillende lande woon, gee raad wanneer jou geliefdes ver is. 

Ons gee wenke vir ouers oor hoe om ‘n visser(tjie) van mense groot te maak, en hoe jou kind met sy kop én sy hart kan leer.

Kry inspirasie om die storms in jou lewe te trotseer en hoe om jou drome vandag nog uit te leef.

 LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

---

Suiderhof Gemeente verjaar

Jy word uitgenooi om die feesvieringe saam met ons te kom geniet.

Vrydagaand,26 Oktober om 18:00 begin ons met ‘n heerlike ete.

Daar gaan hamburgers @ N$30, hotdogs @ N15 en chips @ N$10 te koop wees.

Om 19:00 begin die fliek. Ons gaan na Susters kyk. N$50 vir volwassenes en N$30 vir laerskoolkinders.

Saterdagaand 27 Oktober om 19:00 gaan ons heerlik saam met Joshua na die Reën kuier.

Die kaartjies is N$250. Dit sluit ‘n ligte ete in.

Kaartjies is by Marieta in die kerkkantoor beskikbaar. Navrae: Tel 061-251414 voormiddae.

---

Hendrik Nell Studiefonds - beurse/lenings vir 2019!

Die Hendrik Nell-studiefonds verleen finansiële aan studente in die vorm van beurse en lenings.

Beurse: voorwaardelik beskikbaar aan voornemede teologie en maatskaplike werk-studente.

Lenings: voorwaardelik beskikbaar vir studente in ander rigtings.

Aansoeke moet die Sinodale Kantoor voor einde Oktober 2018 op die voorgeskrewe aansoekvorms bereik.

Die volledige Grondreëls vir die Hendrik Nell Studiefonds is hier te lees.

Aansoekvorms vir 2019 is hier beskikbaar, of kontak vir Marelize Erasmus by fin@ngkn.com.na of 061-374350.

Pitkos

Tien Gebooie in 'n eietydse baadjie

@Erkenning aan Jaco se Bybelkoerant 

1.  Ek is die Here jou God wat jou uit die greep van Satan en sondedood bevry het. Jy moet My alleen aanbid en dien. Onthou dat niks of niemand anders jou kan red nie: nie jou geld of jou werk of jou sport of jou vriende nie. Ek het jou deur die bloed van Jesus Christus Myne gemaak, en Ek wil jou vir My alleen hê.

2.  Moenie self besluit hoe jy wil hê Ek God moet wees nie, want Ek is groter as wat jy jou ooit kan voorstel. Jy moet my vereer en liefhê soos Ek jou in die Bybel leer.

3.  Moenie ligtelik my Naam op jou lippe neem om krag aan jou woorde te gee of as jy skrik nie. My Naam is heilig, en jy moet dit net gebruik as jy My aanroep in gebed, of as jy oor My getuig. Onthou ook dat jy as Christen die Naam van my Seun Jesus Christus dra. Leef só dat sy Naam in jou lewe geëer word.

4.   Sondag is die dag waarop Jesus opgestaan het uit die dood. Op dié dag wil Ek hê jy moet die opstanding vier. Rus van alles wat jou so besig hou in die week, sodat jy tyd het vir My en vir jouself en jou mense.

5.   Eer jou ouers, en sien na hulle om as hulle oud geword het.

6.  Mense is vir My kosbaar, en hulle moet vir jou ook kosbaar wees. Moenie iets doen wat ander se lewens in gevaar stel nie, en moenie hulle te na kom deur jou woorde of jou dade of gedagtes nie.

7.   Die huwelik is heilig, en jy moet alles in jou vermoë doen om jou eie huwelik en ander s’n in stand te hou.

8.   Elke mens het die reg om dinge te besit, en jy moet dié reg respekteer.

9.   Praat altyd die waarheid. Moenie leuens oor ander versprei nie; nie openlik nie, en ook nie agteraf nie.

10.  Moenie só op jouself ingestel wees dat jy nie ruimte in jou hart het vir ander nie. Gun ander mense hulle vreugdes en suksesse en wees saam met hulle daaroor bly, want dit is Ek wat dit vir hulle gegee het.

Events

Kondig dit asseblief aan in gemeentes?

The Journey - 'n Kanaal 7 fondsinsameling

• Vrydag 19 Oktober, 18H00, Roman Catholic Parish Hall, Windhoek.

• Heerlike ete, aanbidding en Drama (met - alfabeties - Cas Bekker, Herbie Burmeister, Winston du Toit, Paul Kisting, Elfrede Kloppers, Lina Ilse, Dirk Louw, Clem Marais, Stefan Saayman, Johann Serfontein, Neal van der Berg, Eddie & Linda van der Merwe en Ilana van der Westhuizen op die verhoog.) 

• N$250 per persoon.

• Kontak Lina vir kaartjies by 081 220 8645 of linailse9@gmail.com.

Hierdie gaan iets besonders wees. Doen asseblief moeite met verkoop van kaartjies?

---

National walk for Bibles

Kontak Esmé vir inligting en inskrywing: 083 3333 7787 / 081 200 4878, fr@nambible.org.na

Click here to add a title or text.

Trauma Healing Network Training

Hope and Happiness conversations

11 October

How to deal with grief and loss - Windhoek

---

Healing Retreat Tumeb

12 - 14 October

---

Care for the caregiver

18 October, Windhoek

---

Healing Retreat Gobabis

19-21 October

---

Stress management workshop

25 October, Windhoek

---

Healing Retreat Oranjemund

Radioprogramme

Maak dit asseblief bekend in gemeentes?

Onder die Kameelboom

Ons vra verskoning dat verlede week se program weens tegniese redes buite ons beheer te vroeg uitgesaai het.

God is die Skepper, Onderhouer en Gewer van nuwe lewe. Clem Marais en Jan Woest gesels vandeesweek oor Ps 104 wanneer hulle Onder die Kameelboom kuier. Sit gerus Sondag om 12:00 (of Dinsdag om 09:30) saam onder die boom op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303. 

Godsdiensaktueel op Hartklop FM

Luister elke Sondagmiddag om 16:30 na Godsdiens Aktueel op Hartklop FM, voorheen bekend as die Afrikaanse Diens van die NBC. Die NG Kerk is in September en Oktober verantwoordelik vir die program. Jan en Nicoline Woest is die gashere en hulle praat oor die spiritualiteit van Henry Nouwen.

Familie-nuus

Hulle verjaar die volgende week...

• Marelize Nortje (Sinodale Kantoor): Dinsdag 16/10; 061-374350; fin@ngkn.com.na

 

Voorbidding

Ons bid vir die Russiese Federale Republiek

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

 

Oppervlak: 17,075,400 km2. Die wêreld se grootste land wat strek oor nege tyd sones tussen die Baltiese see en die Stille oseaan.

Bevolking (2010) 140 366 561 wat besig is om toenemend af te neem en geweldige verliese word voorspel tot by 2050. Rusland het sedert die 8e eeu bykans net tirannie en outokrasie geken.

In 1917 stort die Tsaar se ryk in duie, gevolg deur die Bolshevik rewolusie en die stigting van die USSR in 1922. Daarna het die patroon van onderdrukking voortgesit en selfs vererger onder kommunisme.

Met die ineenstorting van laasgenoemde kom 'n sogenaamde demokratiese staat in 1990 tot stand.

Dit lui intense tyd van verwarring en disorganisasie waar ou kommunistiese leiers oorneem.

Putin word president in 2000 en sy administrasie is 'n eggo van die ou Sowjet Staat. In 'n onderduimse verkiesing volg sy protégé hom op in 2008 om weer net na een termyn weer oor te gee aan Putin!

Xenofobiese nasionalisme en erodering van basiese vryhede is die patroon van die administrasie tesame met bedreiging van omringende voormalige USSR state – bykans in 'n staat van oorlog tans met Oekraïne, maar gespanne verhoudings ook met die Weste, Belarus en ontluikende Asiatiese state.

Geweldige natuurlike hulpbronne wat insluit gas, olie, hout en minerale en groot areas vrugbare landbougrond hou beloftes van ekonomiese potensiaal. Ingeburgerde gebruike belemmer groei – waaronder korrupsie, sentrale inmenging en gebrekkige infrastruktuur wat saam belemmerend is.

Sterk gesentraliseerde regering, tesame met 'n vervaardigingsektor wat hervestig is tesame met hoë oliepryse het die ekonomie omgedraai tussen 2000 en 2010. Dit het nou afgeplat.

Daar is egter steeds 'n geweldige werkloosheidsyfer en diep armoede wat onveranderd bly.

Die kerk in Rusland het geweldig gely onder kommunisme en die Ortodokse kerk was een van die min sisteme wat enige weerstand gebied het – maar selfs die magtige kerk was geknou.

Ongeveer 20 miljoen Christene het vanweë hul geloof omgekom het in straf kampe 1920 – 1990.

200,000 Christin leiers is gedood en bykans geen van die 100,000 kerkgeboue was teen 1940 meer in die kerk se hande nie.

In 1990 word geloofsvryheid afgekondig en ingeskryf in die konstitusie, maar die sg. gelykheid van godsdienste is blote lippediens en die Ortodokse kerk het suksesvol gepoog om ander vorme in te perk.

Dit loop uit op wetgewing in 1997 wat geweldige beperkinge plaas op ander godsdienste.

Christene 66.9%; Nie-godsdienstig 19.15%; Moslim 12.5%; Boeddhiste 0.71%; Tradisionele godsdienste 0.4%; Jode 0.2%; Ander 0.1%; Hindoe 0.03%; Baha’i 0.01%

Loof die Here vir:

• Die val van die Ystergordyn wat Oos Europa en sentraal Asië oopgemaak het vir voorheen ongekende toegang tot die evangelie met vele geleenthede wat beskikbaar geword het vir evangelisasie, kerkplanting, heroprigting van Christin infrastrukture, netwerke vir samewerking tog evangelisasie, Bybelvertaling, teologiese opleiding en skoling. Kerke het gedy en ateïsme val met 50%

• Evangelie-gesindes het begin opgang maak van 'n beleërde minderheid tot 'n erkende speler in die godsdiens arena – dit duur voort ten spyte van die beperkende wetgewing.

• Baie onbereikte mense groepe – Moslim, nominele Ortodokse lidmate, heidene en Boeddhiste – het die geleentheid gekry om die evangelie te hoor vir die eerste keer en talle kerke is geplant

Tree in vir:

Rusland is 'n trotse nasie maar dit werp nie noodwendig goeie vrugte af nie!  Dit bly 'n misterie met baie kontradiksies en buitelanders vind dit moeilik om die volk en interne prosesse te verstaan. Vir die nostalgiese ouer generasie was die stabiliteit onder Kommunisme verkieslik bo die hedendaagse onsekerheid! Vir die jonger generasie bied die moderne lewe min hoop.

Bid spesifiek vir die volgende uitdagings wat lang termyn sake sal bly:

a) Demografie bewys dat die land in bykans dodelike afwaartse spiraal is. Die bevolking neem af met meer as 500,000 per jaar. Dit het 'n negatiewe uitwerking op gemeenskappe. Daar is meer aborsies as lewendige geboortes tans.

b) Gesondheid uitdagings neem krisis afmetings aan. Dit is ontoereikend, onderbefonds en geweldig duur wat dit onbereikbaar maak vir meeste; uitdagings sluit in: geweldige hoë vlakke van alkoholisme; hoë selfmoord syfer; dwelmmisbruik en verslawing; HIV/Vigs wat geweldig toeneem; tuberkulose wat hand uitruk.

Bid dat die sake aangespreek sal word en die gemeenskapslewe sal herstel.

c) Russiese nasionalisme en die effek daarvan. Sterk nasionalistiese sentimente was deel van die landskap vir eeue maar in die kompleksiteite van die 21e eeu lei dit tot: i) Rassistiese nasionalisme wat aan die opbloei is en onder verregse groepe tot geweld lei; ii) Nasionalisme in buitelandse beleid  en die Russifisering binnelands wat onder Putin se leierskap toeneem, het gelei tot hardhandige optrede in Tsjetsjnië, Oekraine en ander Kaukasiese streke.

Bid vir beter verhoudings met die naburige onafhanklike lande en erkenning van hulle reg tot interne soewereiniteit, asook in die minderheid republieke wat deel is van die federasie.

Die huidige godsdienstige klimaat is ongunstig, bid vir groter openheid.

---
Bid saam vir die #39 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Mexiko.

Bid saam vir die #39 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Mexiko.

Ten spyte daarvan dat Mexiko ʼn land is met ʼn Christen-meerderheid, is vervolging steeds ʼn probleem. Mexiko het een van die mees ongelyke samelewings in die wêreld. Hierdie ongelykheid het baie mense gedryf om betrokke te raak by georganiseerde misdaad. In baie plekke oefen bendes en kartelle... Klik om verder te lees >>

Read more.

Jongste Bybelkor-publikasies

BEELDDRAER - gespreksgids

PRYS: R55.00

Beelddraer vorm deel van die reeks Tema-kategese en is saamgestel uit die Real lewe-reeks.

Die 10 ontmoetings in hierdie boek skep vir die jongmense die geleentheid om saam te dink en te gesels oor hulle identiteit as beelddraers van God en hoe hulle dié mense kan word wat God hulle geskep het om te wees. Dit sal hulle toerus om in die wêreld te gaan leef as beelddraers van hulle Skepper.

Die app
Beelddraer gaan saam met ʼn app. Klik hier om die app af te laai. Daar is videogrepe, klanksnitte, foto’s en ander hulpmiddels op die app beskikbaar om die jongmense in hulle geloofsgeloofsgroei te ondersteun.

SKRYWERS
Die inhoud is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk vir die geloofsvorming van graad 7- en hoërskoolleerders.

KOOP NOU

BEELDDRAER - leiersgids

PRYS: R85.00

Beelddraer vorm deel van die reeks Tema-kategese en is saamgestel uit die Real lewe-reeks.

Die Tema-kategesereeks is spesiaal ontwerp vir jongmense

• om aan hulle geloof diepte te gee sodat dit hulle lewe stewig kan anker.

• om aan hulle die hulpmiddels te gee wat hulle sal help om die uitdagings van die lewe suksesvol aan te pak.

• om hulle te help om in hulle verhouding met die Here met ʼn roeping en ʼn droom te leef.

Die 10 temas is ideaal om in kategese, omgeegroepe vir jongmense of by jeugkampe te gebruik. Dit is ʼn wonderlike hulpmiddel vir mense wat in kwartaal-reekse of seisoen-siklussse met jongmense wil werk.

Die app
Beelddraer gaan saam met ʼn app. Klik hier om die app af te laai. Daar is videogrepe, klanksnitte, foto’s en ander hulpmiddels op die app beskikbaar om die jongmense in hulle geloofsgeloofsgroei te ondersteun.

SKRYWERS

Die inhoud is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk vir die geloofsvorming van graad 7- en hoërskoolleerders.

 KOOP NOU

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Nuut by CLF

Christianity in Eurafrica

Christianity in Eurafrica is 'n formidabele boek, noukeurig nagevors en goed geskryf deur 'n professionele geleerde.

In die eerste gedeelte volg die boek die geskiedenis van die kerk in Europa, wat die oorsprong van teologiese diversiteit tot vandag toe verduidelik.

In die tweede gedeelte van die boek vertel die skrywer hoe die Christelike geloof suid beweeg het, wortel geskied het in Afrika en onafhanklik gegroei het, maar altyd in verhouding tot die wêreldwye liggaam van Christus. Baie prente en illustrasies dien om die gebeurtenis verder te verlig.

Steven Paas was vir baie jare dosent in Malawi; Hy skryf vanuit 'n grondige kennis van en liefde vir die Here se kerk, veral in Afrika.

Christianity in Eurafrica word sterk aanbeveel vir studente en geleerdes en almal geïnteresseerd in die geskiedenis van die kerk van God.

Christianity in Eurafrica is beskikbaar by CLF vir slegs R317,80. Kontak ons by +2721 873 6964, e-pos info@clf.co.za of koop dit hier  aanlyn.

Vakatures

Maltahöhe soek emeritus

'n Twee-weeklikse pos vir Maltahöhe-gemeente is beskikbaar vanaf Januarie 2019. Die Kerkraad vra dat afgetrede leraars wat belangstel asseblief so gou moontlik hul CV sal stuur na die volgende eposadres: magdaoelofse4@gmail.com. Aansoeke sluit op 31 Oktober 1918. Vergoeding is onderhandelbaar.

---

Vakature : Orrelis/pianis/ musiek begeleier

NG Kerk Outjo

NG kerk Outjo verwag aansoeke vir die pos van Orrelis/pianis/ musiek begeleier.

Verantwoordelikhede:

• Begeleiding van oggend diens met vooraf sang, asook spesiale dienste.

• Die persoon sal moet kan inpas by ‘n meer moderne musiek bediening, waar al hoe meer gefokus word op Flam liedere en ander moderne christelike begeleiding.

• Die persoon is verantwoordelik vir die jaarlikse Kerssangdiens.

• Die persoon sal in span verwant moet kan saam werk met ons klank span sowel as ons voorsang span.

Salaris: Die vergoeding is onderhandelbaar

Sluitingsdatum: 30 Oktober 2018.

As belangstel kontak: Serieka Sowden: ngoutjo@iway.na/ 0811279360

---

Admin-pos: Suiderhof

NG Kerk Suiderhof beskik oor 'n 5/8 ste  pos by die kerkkantoor vanaf Januarie 2019. 

Verantwoordelik vir:

• Gemeente projekte en funksies – bv. basaar

• Kommunikasie / Tegnologie bv. webwerf, Facebook, WhatsApp

• Gemeente data en Lidmaatregister

• Bemarking en verhuring van eiendomme.

• Hanteer van Bybelskool en Helplift

Vereistes:

• Graad 12 en 3 – 4 jaar administratiewe ondervinding

• Goeie organisatoriese vermoëns

• Goeie kennis van rekenaars

• Taal / Kommunikasievaardigheid

• Vermoë om goed met mense te kan skakel

Kantoorure:  25 uur per week waarvan tenminste 3 middae  van 14H00 tot 16H30 is, die res is in die oggend (spesifieke dae/tye onderhandelbaar).

Skakel met Francie vir meer inligting by ngks1@afol.com.na / 061 251414. 

Sluitingsdatum 22 Oktober 2018

Giggel

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,