Ons bid vir die Senegal
Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World
Oppervlak 196,722 km2. Mees westelike staat op die Afrika kontinent. Bevolking (2010) 12,86 miljoen, gekonsentreer aan die suidkus & hoofstad Dakar (2,862,000).
Polities: onafhanklik van Frankryk in 1960 met ‘n vreedsame oorgang na ‘n veelparty demokrasie.
In 2000 het die voormalige opposisie vreedsaam bewind oorgeneem met Pres Wade aan die stuur – hy verander die konstitusie verskeie kere om meer mag te bekom en toe hy in 2012 vir ‘n derde termyn wou staan in weerwil van die konstitusie breek opstande uit en word hy uit die saal gelig deur Macky Sall wat sedertdien president is. Ondertussen is die termyn konstitusioneel verkort na vyf jaar en steeds net twee termyne agtereenvolgens.
Die konflik met separatiste in die SW Casamance provinsie het ontwrigting gebring 60,000 plaaslike inwoners het vlugtelinge in hul eie land geword. Verskeie vredesooreenkomste is gesluit tussen die regering en rebelle wat telkens misluk het; in 2012 is daar weer onderhandel waarna daar ‘n vrede heers tot nou
Ekonomie: Senegal het min grondstowwe, aangewese uitvoere van grondbone, vis en fosfate.
Verder is die ekonomie op bestaansboerdery gebaseer. Dis droog met min natuurlike hulpbronne.
Die 1990 het aansienlike groei gesien maar het afgeneem a.g.v. swak en wisselvallige reënseisoene en die Casamance onrus. Sedert 2015 groei die ekonomie op die rug van veral beter landbou resultate.
Onder Sall se leiding is daar verskeie projekte aangepak om die ekonomie te herstel en aan te blaas, veral die projek om elektrisiteitsvoorsiening te verbreed en verbeter dra reeds by tot groei. Die ontwikkelingsplan onder Sall het IMF steun en hou goeie belofte in.
Godsdiens: ‘n Sekulêre staat met godsdiensvryheid, en spyte van ‘n sterk Moslim meerderheid.
Islam het gegroei van 45% in 1900 tot meer as 92% in 2000.
Drie Moslim Sufi broederskappe - Mouride, Tidjane en Qadiri - het groot invloed in die politiek en die ekonomie.
Moslim 91.05% Christin 6.43% en aan die groei; Tradisioneel etnies 2.22% Baha'i 0.20%
Loof die Here vir: Godsdiensvryheid; al is dit dikwels onder groot druk
Tree in vir: Ontvanklikheid vir die evangelie en die behoud van godsdiensvryheid.
Daar is drie Muslim Sufi broederskappe wat goed georganiseer, ryk en polities invloedryk is - 85% van alle Muslims behoort aan een van die drie.
Bid dat daar deurbrake sal wees vir die evangelie onder die leiers van die drie groepe.
Casamance in die suide is geteister deur ‘n guerrilla oorlog - Die Jola voel ontneem van mag en gemarginaliseer in die Wolof-gedomineerde hoofstad.
Bid dat die politieke oplossing wat gelykberegtiging gegee het gestand gedoen sal word. Christene is beperk tot dele van die Serer, Jola en Kaap Verdiese etniese groepe.
Daar is wel kerke onder van die kleiner etniese groepe in die suide; Hulle invloed is groot a.g.v. hulle bydraes tot gesondheidsorg en onderwys.
• Meeste is net nominele Rooms katolieke, hul lewenstyl is geen aanbeveling vir Christus nie,
• Vir Muslims is Christene ‘those who drink’ eerder as mense wat Christus navolg.
Bid vir vernuwing en verdieping van geloof en toewyding in die Christene se geledere.
• Evangeliese gelowiges is min en hulle groei stadig, Net onder die Serer, Bassari, Balanta en Jola was daar beduidende kerkplanting; tog is daar nou stabiele gemeentes aan die ontwikkel
• Gelowiges is yl verspreid & swak onderrig, verduur konstante druk van Muslims om Muslim te word.
Bid vir die gemeentes en dat hulle die ruggraat sal word van Christin families in elke etniese groep.
Daar is min Christin leiers, maar groter wordende getalle kandidate is besig om klaar te maak met teologiese opleiding op verskillende vlakke.
Bid dat meer manne van God opgerig mag word wat gelowiges kan bedien en begelei tot dissipelskap en effektiewe evangelisasie.