Header

Jaargang 15 - Uitgawe 40/2018 - Woensdag 14 November 2018

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Jaarboek 2019 - klik hier vir bestelvorm

3% korting vir bestellings voor 1 Desember 2018

Klik hier vir die 2019-datumlys.

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Events

• Radioprogramme

• Familie-nuus

• Voorbidding

• Nuutste Bybelkor-publikasies

• Giggel

Nuusbrokkies

Die Afrikaanse Week van Gebed 2019...

is nou op CLF se webtuiste beskikbaar onder Resources (https://clf.co.za/christian-resources/).

Die tema is "Die priesterskap van Christus se kerk in ’n tyd soos hierdie". Die Bybel se klem op die priesterlike funksie van diens en offer wil gemeentes herinner daaraan dat Christus sy kerk na die wêreld stuur om die wonderlike boodskap van God se heerskappy en verlossing te verkondig.

Om hierdie missionale roeping geloofsgetrou uit te voer, moet elke gelowige en elke gemeente van Christus die oog deurentyd op Jesus Christus hou. Hy is ons uitnemende Hoëpriester. Daarvoor het ons mekaar se gebede en ondersteuning nodig.

Daarom moedig ons mekaar aan om die praktyk van die Week van Gebed voort te sit en by die getuienisse van die Bybelskrywer te leer hoe ons in 2019 vir mekaar en die wêreld kan bid.

---

Lees in die Kerkbode van 9 November ... 

van onbeheerde brande wat die afgelope tyd paniek en verwoesting op baie plekke gesaai het: Khayelitsha, Plettenbergbaai, George en meer.

In Kerkbode kan u lees van die kerk se betrokkenheid by hierdie gemeenskappe se nood.

Braam Hanekom skryf ook oor die kerk se betrokkenheid by ander soort “brandpunte” in gemeenskappe.

Lees verder die geloofsverhaal van twee jong predikante wat hulle bediening nou wy aan kerkplanting.

Daar is ʼn onderhoud met Frederick Marais oor die geloofspad wat hy loop en Jan Viljoen skryf oor ʼn manier om mense te help om verby hulle trauma te beweeg.

Daar is nuus oor ʼn kamp wat die NG gemeente Elarduspark vir huiswerkers hou, asook nuus uit die sitting van Goudland se sinode

---

In die Desember/ Januarie-uitgawe van LiG …

vier ons fees! Ons kuier rondom ‘n Kerstafel met Juanita du Plessis en haar mense. En nooi koninkrykwerkers om te vertel van hul lewe tussen armes en gebrokenes.

Ons vra waar pas Kersfees in die Bybelse feeste in, gee aan ouers idees vir geskenke wat geld nie kan koop nie. En bied oulike planne vir gesinne om speel-speel hierdie vakansie herinneringe te maak.

Louis en Hettie Brittz vertel van hulle geloofsprong tot in Amerika. En ‘n entrepreneur vertel hoe haar passie haar pyn se baas is.

Kundiges gee raad om uit die kloue van trauma te kom. Stephan Joubert skryf oor hoe God oor armoede en rykdom dink. En ons handwerkpatroon is ‘n uitstekende idee vir ‘n Kersgeskenk.

LiG – vir jou en jou mense

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

---

Taizé kom in 2019 Kaap toe!

Die bekende Taizé-geloofsgemeenskap in Frankryk bied weeklikse retraites vir jongmense aan waar meer as 50 000 mense jaarliks saamkom. Die GROOT NUUS is dat Taizé in 2019 Suid-Afrika toe kom en van 25-29 September bied hulle 'n byeenkoms in Kaapstad aan waar sowat 8 000 deelnemers tussen 18 en 35 jaar verwag word.

Gemeentes dwarsoor die land kan nou reeds die datum op hul 2019-kerkkalender merk en jong volwassenes hiervan vertel.

Rig navrae aan Maryke by jeug@sun.ac.za.

---

Huis Maerua Fundraiser...

29 November 2018

Huis Maerua Children’s Home is hosting a fundraiser on 29 November at Lemon Tree.  Food, wine and fabulous entertainment will be served all to the benefit of the Children’s Home.

This wonderful  “Black Tie” event will be hosted by Soli Philander, one of South Africa’s top and most versatile performers. With his stylishly dread locked crown and typically Cape Colored humor, Soli will bring flavor between the drumming band and dancers ensuring this an event not to be missed.

Contact Liana at 383250 or 0815869095 to book your ticket that will be delivered at your door. 

---

Huis Maerua Skoenboks-projek 2018

---

YWAM - mooi kampterrein op Brakwater

Youth with a Mission is 'n wêreldwye beweging van gelowiges vanuit verskeie kulture, ouerdomsgroepe en Christelike tradisies, wat toegewy is om Christys oor die wêreld heen te dien.

Hulle Discipleship Training School (DTS) is 'n ses maande-program van "...personally experiencing God and living the adventure of taking His message to the nations."

YWAM-Namibië het 'n pragtige basis op Brakwater, net noord van Windhoek. Daar is onder andere 'n doelmatige kampterrein wat tot 100 kampeerders kan huisves.

Die volgende kontakbesonderhede kan help om meer besonderhede te kry oor:

• YWAM in die algemeen: Nicol, 081 474 9986, info@ywamnamibia.com

• Kampe: Salomé, 081 698 9142, ywambrakwaterbookings@gmail.com

• DTS: Anthea, 081 444 3772

---

L'Amour Heelword Sentrum in 2019...

L’Amour Heelword Sentrum beplan weer verkeie kursusse in 2019 waarin hulle persone wil toerus om mee te help in die begeleiding van mense in hulle heelwordproses.

Die kursusse word deur Edgar Philips en dr Bertie Hanekom van Perspektief Kollege aangebied. Die aanbiedingstaal is Afrikaans. Sertifikaat van Perspektief Kollege word uitgereik. Kursusse is baie prakties ingestel, sodat jy dadelik daarna die vermoë het om iemand in die heelwordproses te begelei.

Die kursusse word by die Sentrum in Okahandja, Plot 31, aangebied. Die kursusgeld sluit in : kursusmateriaal, etes en verversings. Verblyf en vervoer moet self gereël word.

• Multi-Level Neuro-Processing (Basiese Beradings Opleiding): Datum : 4 – 6 Februarie 2019 en 23 -25 September 2019 (Kostes : N$4500.00). Hierdie kursus is ‘n vereiste vir die bywoning van al die ander kursusse, behalwe die Life Coach kursus wat dit insluit.

• MLNP Trauma Opleiding: Datum : 10 – 12 Junie 2019 (Kostes: N$4500.00) 

• MLNP and Ego-States: Datum: 13 – 15 Junie 2019 ( Kostes: N$4500.00)

• MLNP & Addictions (Verslawings): Datum: 24 – 25 Mei 2019 (Kostes: N$2500.00)

• MLP and Relationship Dynamics: Datum : 22 – 24 Julie 2019 (Kostes: N$4500.00)

• MLP Life Coach: Datums : 25 – 30 Maart 2019 of 21 – 26 Oktober 2019. Hierdie kursus kan ook oor ‘n jaar gedoen word. Jy doen dan drie sessies van 2 dae elk. Datums : 7 – 8 Februarie 2019 / 25 – 26 Julie 2018 / 26 – 27 September 2019. Kostes: N$16000.00

Kontak Dr Theuns de Klerk (tcdk@iway.na) of Marna Schimper (info@lamourhealing.com) vir meer besonderhede.

---

Woestyn- en Oasetye

Suidwesherinneringe

Marie Conradie is 'n predikantsvrou wat 12 jaar in Namibië gewoon het saam met haar man, Pieter. Met humor en erns vertel sy van die Dorsland soos sy dit onthou uit die jare 70 en 80 van die vorige eeu.

Events

Kondig dit asseblief aan in gemeentes?

Warrior Week: Be a real man!

Radioprogramme

Maak dit asseblief bekend in gemeentes?

Onder die Kameelboom

Net soos God, is Christus ewig, sonder begin of einde. Christus het God sigbaar gemaak. Daarom word Christus ook aanbid. Clem Marais en Jan Woest dink na oor Openbaring 1:4-8 wanneer hulle Onder die Kameelboom daaroor gesels. Sit gerus Sondag om 12:00 (of Dinsdag om 09:30) saam onder die boom op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303. 

Godsdiensaktueel op Hartklop FM

Luister elke Sondagmiddag om 16:30 na Godsdiens Aktueel op Hartklop FM, voorheen bekend as die Afrikaanse Diens van die NBC. Die Geref Kerke is in November en Desember verantwoordelik vir die program.

Familie-nuus

Hulle verjaar die volgende week...

• Dries Burger (Pionierspark): Saterdag 17/11; 081-251-8088; dburger@iway.na

• Ilse Steyn (Wildevy): Maandag 19/11; 067-242386; wildevy@iway.na

Voorbidding

Ons bid vir Thailand

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

Oppervlak: 514 000 km2 vrugbare en waterryke land wat grens in suidoos Asië.

Bevolking: 68,139,238 (2010) en groei teen 1,4%. 81 etnies-linguistiese groepe.

Sedert die 13e eeu ‘n koninkryk en is nooit aan westerse kolonialisasie onderwerp nie.

‘n Konstitusionele monargie waarin die koning PHUMIPHON Adunyadet ‘n stabiliserende rol speel; hy sterf na 70 jaar van regering in Oktober 2016, sy seun WACHIRALONGKON word in Desember 2016 gekroon.

Die weermag oorheers die land vir 60 jaar - gee aanleiding tot korrupsie, prostitusie en dwelmhandel.

Pro-demokrasie betogings in 1992 breek die weermag se mag en lei tot demokratiese verkiesings

Een na die ander siviele regerings het net gefaal tussen 2006 en 2013 om werklike vernuwing teweeg te bring en korrupsie is die norm, die gee aanleiding tot opstande en militêre ingrepe. Die laaste omverwerping is einde Mei 2014 met Genl. PRAYUT Chan-ocha word premier.

Sy regering doen baie om hervorming te bevorder en stel ‘n nuwe konstitusie op wat per referendum aanvaar word in 2016. Verkiesings is tentatief bepaal vir mid-2018.

Thailand beleef ook geweld wat geassosieer is met ‘n etnies-nasionalistiese insurgensie in die suidelike Maleis-Muslim meerderheid provinsies sedert Januarie 2004 sterf duisende a.g.v. die geweld.

Ekonomie: Produktiewe landbou ekonomie; rys, suiker, pynappels & rubber is valuta verdieners.

Roofbou van woude & ‘n siklus van afwisselende droogtes & vloede het landboupotensiaal baie geknou

Snelle industrialisasie en ontginning van minerale bronne is die draers van ‘n ekonomie wat blom.

Veral elektroniese produkte, ook tekstiel & klere vervaardigingsbedryf dryf industrialisasie.

Probleme met sosiale euwels belemmer ontwikkeling: Dwelmsmokkelary in die verre noordooste, prostitusie en die seks industrie berokken groot skade aan die gemeenskap.

Godsdiens: Boeddhisme is die staatsgodsdiens. Ander godsdienste word deur die koning beskerm.

Boeddhiste 92.34% Muslim 5.24% Christene 1.62% Chinese 0.4% Ander 0.4%

Loof die Here vir:  Die werk van die Thai Protestantse Koördineringskomitee en hulle sending visie; die groeiende belangstelling in die Christelike godsdiens en kerk groei gedurende die 1990s en vroeg 2000’s. Bid vir die deurbrake wat lank verwag word, om nou plaas te vind.

• Christen radio, die JESUS film, drama en ‘n groeiende gebed beweging is alles deel van ‘n nuwe vlak van geestelike gewaarwording en lewe.

Bid vir: Mense wat vasgevang is in Boeddhisme met erge fatalistiese lewenshouding;

• Die prostitute en seks werkers - 1 miljoen in Bangkok - en 4 miljoen met Vigs besmet; dat hulle bevry sal word en ander vorme van inkomste sal kry;

• Christene om heilig maar medelydend te wees in ‘n verskeurde werklikheid;

• Sendelinge - hulle kry swaar, tog is die land redelik oop - bid dat toegewyde sendelinge die land sal help om Christus te ontdek;

• Die ryk Sjinese sakelui is die sleutel om stede te bereik - hulle is meestal Christene; bid dat hulle die uitdaging sal aanvaar en ook die geleenthede wat hul status bied sal benut

• Die werk onder die Muslim Maleiers in die suide waar daar groot weerstand is.

• Politieke stabiliteit en normalisering van die land se sisteme is dringend nodig

• Kinders in krisis. ‘n Beraamde 20% van alle dogters 11 – 17 word ontvoer / verkoop in prostitusie— wat erge mishandeling en selfs ‘n vroeë dood insluit. Daar is meer as 35,000 hawelose straatkinders. Meer as 5 miljoen kinders is ingetrek in kinderarbeid.

Bid vir almal wat betrokke is in uitreike na en wat die tragiese kinders probeer red.

Bid vir die kerke en haar lidmate om heilig en tog met medelye te leef en te werk 

---

Bid saam met DEGNOS...

• Bid asb. steeds vir elke gelowige in ons bedieningsarea: dat die Heilige Gees hulle sal help om geestelik te groei en sterk te staan in die Here; dat Hy aan hulle die gawe van onderskeiding sal gee om Sy Woord suiwer te hoor en te gehoorsaam; dat daar nog geestelike leiers na vore sal kom sodat hulle die jong predikante kan bystaan in die werk. Daar is besluit dat die 15 belangstellendes deur die predikante self by hul tuistes met Vaste Fondasies onderrig sal word volgende jaar. Daarna sal verder besluit word oor teologiese opleiding.

• Bid vir die kinders wat dikwels so broos staan in die gemeenskappe. Dat hulle ‘n veilige hawe sal vind by die gemeentes en dat die Here hulle beskerm en dat hulle ook deur die werking van die Gees hulle lewens aan Hom toevertrou.

• Sê saam dankie vir al die mooi en goeie dinge wat in die gemeentes gebeur, maar bid ook saam teen die onreg wat soms lyk of dit die oorhand wil kry en veral die predikante wil moedeloos stem. Bid dat hulle hul oog op ons Vader sal hou en vasstaan in Hom onder die leiding van die Heilige Gees.

• Bid asb ook vir goeie reëns in Boesmanland, maar so ook oor die hele  Suider-Afrika.

• Bid vir die Beheerraad en Bestuurskomitee van DEGNOS.

---
Asia Bibi on a plane out of Pakistan?

Asia Bibi on a plane out of Pakistan?

Asia Bibi, the Christian farm labourer whose blasphemy case has triggered violent protests and assassinations in Pakistan, has been freed from jail but remains in protective custody, a week after the country’s supreme court overturned her conviction. Officials said that she left a detention facility in the Punjab province amid tight security on Wednesday and was flown to Islamabad, where …

Read more.

Jongste Bybelkor-publikasies

GENOOI OM TE VOLG

BEKENDSTELLINGS-AANBOD van 1-15 NOVEMBER 2018

PRYS: R110.00

Ervaar die lewe van die aardse Jesus

Mense maak vir hulleself prentjies van Jesus. Gewoonlik is dit prentjies wat hulle pas. Dit is dikwels prentjies wat min of meer na hulle eie beeld geskilder is.

Maar ken ons Jesus werklik? Ons het geen foto van Hom nie, niks wat Hy geskryf het nie, geen video wat wys hoe Hy opgetree het nie. Ons kan Hom nie vasgryp nie.

Ons het wel genoeg betroubare gegewens om ’n oortuigende beeld van sy omstandighede en lewe op te bou. Dit doen ons in hierdie boek, en só stel ons ons oop vir sy greep op ons. Want Jesus kan óns vasgryp.

Hierdie boek wil jou help om Jesus beter te leer ken. Onthou egter dat lees net ’n begin is, want ons leer Jesus werklik ken deur Hom te volg. Hy nooi ons dan ook om agter Hom aan te kom en neem ons stap vir stap deur die lewe. Dikwels lei Jesus anders as wat ons verwag; telkens neem Hy ons waar ons nie wil wees nie.

Só kom ons agter dat Jesus anders is as wat ons gedink het. Só leer ons Jesus ken deur ons eie ervaring, dikwels deur vir Hom en saam met Hom te ly.

Dis ’n waagstuk om ja te sê vir Jesus. Hierdie boek wil jou daarom help om nie net meer oor Jesus en jou beeld van Jesus na te dink nie, maar om Hom ook al hoe meer by jou lewenservarings in te laat en Hom daar te volg

Ook beskikbaar om saam met die boek -Genooi om te volg (Gespreksgids) te gebruik: 

SKRYWER 

Willem Nicol het ʼn doktorsgraad in Nuwe Testament en in Sistematiese Teologie. Hy was 33 jaar lank studenteleraar vir die NG Kerk in Pretoria.

Daarna het hy ʼn vryskutpredikant geword om op die kontemplatiewe kant van spiritualiteit te fokus.

Hy het reeds nege boeke oor hierdie onderwerp gepubliseer. Willem het ʼn passie vir ʼn leefstyl met ʼn bewussyn oop vir die Here. Hy is getroud met Joke en hulle het drie getroude kinders.

KOOP NOU 

GENOOI OM TE VOLG (GE-SPREKSGIDS)

BEKENDSTELLINGS-AANBOD van 1-15 NOVEMBER 2018

PRYS: R80.00

Dis ’n waagstuk om ja te sê vir Jesus. Dié 12 Bybelstudies wil jou daarom help om nie net meer oor Jesus en jou beeld van Jesus na te dink nie, maar om Hom ook al hoe meer by jou lewenservarings in te laat en Hom daar te volg.

Geskryf en geskik om saam met hierdie Gespreksgids te lees: Genooi om te volg

SKRYWER

Willem Nicol het ʼn doktorsgraad in Nuwe Testament en in Sistematiese Teologie. Willem het ʼn passie vir ʼn leefstyl met ʼn bewussyn oop vir die Here. 

KOOP NOU

KATEGESE-REEKSE VIR 2019

Bybel-Media stel ons kategese-reekse vir 2019 bekend.

KLIEK HIER en kyk gerus na die keusegids. ʼn Gedrukte weergawe van dié keusegids verskyn ook in Kerkbode van 2 November 2018. Dit is in die middel van die koerant geplaas sodat jy dit maklik kan uithaal en gebruik. Ons Jeugkatalogus vir 2019 is ook reeds beskikbaar. Al ons kategeseprodukte verskyn in hierdie katalogus. Skakel ons gerus indien jy nog nie ʼn katalogus ontvang het nie.

Bybel-Media se kategeseprodukte vir 2019 is in drie hoofreekse ingedeel om in gemeentes se uiteenlopende behoeftes ten opsigte van kategese te voorsien. Die aanbieding en inhoud van die verskillende reekse verskil ook om by gemeentes se verskillende kontekste aan te pas. Die reekse strek van voorskoolse kinders tot belydenisklasse.

Ons hoop hierdie keusegids saam met ons Jeugkatalogus maak dit vir jou baie makliker om jou gemeente se kategeseprodukte vir 2019 te kies en ons jongmense in hulle geloofsontwikkeling te begelei en ondersteun.

Vir enige verdere inligting besoek gerus www.jeugfokus.co.za

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Giggel

Clem was by sy finansiële raadgewer...

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,