Ons bid vir Turkye
Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World
Oppervlakte 779,452 km2. Gesprei oor twee kontinente; 3% in Europa, 97% in Asië (Anatolia). Dit beheer die Bosporus en die Dardanelle, belangrike see toegange na die Swartsee en die Middellandse see. Dit was vanweë die strategiese ligging deur die eeue heen van groot belang.
Bevolking: (Julie 2017 geskat) 80,845,215.
Na WO I spat die Ottomaanse Ryk uiteen en verdeel - wat lei tot ‘n rewolusie, met die gevolglike geboorte van moderne Turkye en die republiek in 1923 gelei deur die geëerde Kemal Atatürk.
Periodes van sosiale wanorde en militêre oorheersing lei tot ‘n terugkeer na demokrasie in 1983,
Spanning met Koerde in suidooste is in 2003 bygelê, maar vlam weer op en daar is opstande en insurgensies wat die land destabiliseer sedert 2014.
Tans spanning met Sirië wat wegstaan bestoking doen teen vlugtelinge onder Turkse beskerming.
‘n NAVO Lidland; oorhoops met Griekeland oor regte in die Egeïese see en beheer in Siprus.
Turkye se ekonomiese bande met Europa, kulturele bande met sentraal Asië en ligging verhoog die land se strategiese belangrikheid.
Sedert 2015 deur 2016 en steeds voortgaande beleef Turkye ‘n oplewing in terroriste geweld verbind met die lot van die Koerde in die suidooste van die land.
Op 15 Julie 2016 het elemente van die Turkse Weermag ‘n gewapende bewindsoorname geloods wat om die gewapende magte die stryd aan te sê en 100,000 sekuriteitspersoneel, joernaliste, regters, staatsamptenare, akademici is vanweë betrokkenheid by die bewindsoorname.
‘n Noodtoestand word afgekondig en duur steeds voort. ‘n Referendum is op 16 April 2017 gehou om die politieke sisteem in die land van ‘n parlementêre na ‘n presidensiële sisteem.
Ekonomie: Toerisme, landbou & industrieë bring snelle ekonomiese ontwikkeling sedert die 1980’s.
Hoë inflasie van die 1990’s en verwoestende aardbewings het ekonomiese groei ingeperk.
Geweldige ontwikkeling in die Tigris en Eufraat valleie het die ekonomie ‘n hupstoot gegee.
Teen 2010 op die rug van ‘n dekade van hoë groei van rondom 10% was dit die wêreld se 17de grootste ekonomie; sedert 2014 het die ekonomie afgeswaai na 3.2% (2016); 6.1% (2015) en 5.2% (2014); en krimp dit die eerste keer in die 3e kwartaal van 2016.
Die politieke onstabiliteit speel hierin ‘n belangrike wol.
Godsdiens Vir 1000 jaar die bastion van die Christendom, en daarna vir eeue die bewaker van die heilige plekke van Islam as Ottomaanse Ryk.
Sedert 1920 is Turkye ‘n sekulêre staat. Islam word al meer van belang polities gesproke.
Konstitusionele waarborg van godsdiensvryheid is sporadies, merkbare verbetering sedert 2000.
Sedert 1900 krimp die Christin populasie van 22% tot die huidige 0.21% Muslim 96.64% Nie godsdienstig 3.15 Jode 0.04%
Loof die Here vir: Die opkoms van ‘n klein maar belangwekkende Turkse Evangeliese Kerk.
• Die wettiging van die Turkse Protestantse Kerk en gevolglike vestiging van verskeie gemeentes.
• Die groeiende toleransie van die owerheid dat Turkye ‘n multi-kulturele, multi-godsdienstige land is.
• Vrede met die Koerdiese minderheid
Tree in vir: Turkye is steeds die grootste onbereikte land ter wêreld.
Vir 1,000 jaar was dit die bastion van die Christendom, daarna die groot bevorderaar van die Islam
Die Christin populasie het van 22% tot 0.32% gekrimp sedert 1900.
Min van die 66 miljoen Moslems het al ooit die evangelie gehoor.
Bid vir die handhawing van godsdiensvryheid.
Bid dat die vooroordele wat Christendom in die gesig staar oorkom sal word:
• Histories. Turkye se lang assosiasie met die Islam en ‘n duisend jaar van bitter oorloë met ‘Christin’ Europa maak bekering bykans ‘n daad van hoogverraad!
• Kultureel. Om ‘n Turk te wees is om ‘n Muslim te wees, al is dit net nomineel. Die druk uit die gemeenskap teen bekering en die wat hulle tot Christus gewend het, is ongelooflik hoog.
• Houdings. ‘n Diepgesetelde weerstand teen Christenskap maak getuienis bykans onmoontlik.
• Vooroordele. Evangeliese Christene word sondermeer saam gegroepeer met Armeniese terroriste en Jehova Getuies wat as rebelle gesien word.
Die erfenis van gewelddadige onderdrukking van Christin minderhede. Die onstabiliteit na WO 1 en die geweld wat gevolg het voor republiekwording het onberekenbare skade berokken en dit het steeds ‘n invloed op houdings, veral jeens die Armeniërs.
• Die antieke kerke het oorleef tot in die 20e eeu, maar is toe verwoes deur menseslagting (Armeniërs), vervolging (Assiriërs) en emigrasie (Grieke, ens.). Bid vir die klein groepies wat oorgebly het — tans ‘n beraamde 138,000 in 12 verskillende tradisies.
Die kerk het ‘n sigbare realiteit onder Turke geword al is dit baie klein, is daar tans kerk groei wat ongelukkig sedert die vroeg 21e eeu weer afgeswak het.
Bid dat die tendens wat die kerk versterk het in haar geestelike groei die platform sal word vir hernude groei.