Header

Jaargang 15 - Uitgawe 42/2018 - Woensdag 28 November 2018

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Sinodale Kantoor sluit

Die Sinodale Kantoor sal van 1 Desember 2018 tot 6 Januarie 2019 gesluit wees.

Week van gebed 2019

Nou beskikbaar in Afrikaans en Engels.

Jaarboek 2019 - klik hier vir bestelvorm

3% korting vir bestellings voor 1 Desember 2018

Klik hier vir die 2019-datumlys.

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Radioprogramme

• Familie-nuus

• Voorbidding

• Jongste Bybelkor-publikasies

• Vakatures

• Giggel

Hierdie is die laaste uitgawe van Feldmuis von Schanzen vir 2018. Die Muis sal DV weer op Woensdag 9 Januarie 2019 sy loop neem.

Feldmuis wens sy lesers 'n geseënde Kersfees en die allermooiste vir die nuwe jaar toe.

Nuusbrokkies

Nuwe redakteur vir Kerkbode

Le Roux Schoeman (40) is as die nuwe redakteur van Kerkbode aangestel, het die direksie van Tydskriftemaatskappy pas bekendgemaak. Hy volg Neels Jackson op wat aan die einde van November uittree.

“Ons is werklik opgewonde oor Le Roux se aanstelling. Hy is ’n jonger dog ervare joernalis wat sy spore in die digitale era verdien het. Hy is ’n visueel-geletterde digitale storie-verteller wat glo in die joernalistieke ideaal van onopgesmukte stories wat goed oorvertel word. Schoeman kommunikeer net so goed met ’n videokamera as met ’n pen,” het ds Danie Mouton voorsitter van die direksie aan Kerkbode gesê.

Schoeman het ’n BTh-graad in teologie aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, waarna hy verder in joernalistiek studeer het. Hy was vir twee jaar verbonde aan The Church of England Newspaper in Londen. Daarna het 13 jaar by Media24 gevolg, onder meer as hoof van Netwerk24 se nasionale multimedia-afdeling.

’n Besoek aan Sirië in 2013 was vir hom ’n vormende ervaring. ’n Groep joernaliste het gaan waarneem hoe Gift of the Givers vrywilligers ’n hospitaal in die rebellegebied bystaan en toerus, sowat 25km van die veglinie met Basjar Al-Assad se troepe.

Schoeman vertel: “Dit het my nuwe waardering vir noodleniging gegee – nie net in oorloggebiede nie, maar ook die werk wat soveel duisende NG Kerkgangers daagliks in hulle gemeenskappe doen in ’n verskeidenheid van ‘loopgrawe’ in die stryd wat oral om ons gevoer word: teen verslawing, teen armoede, teen haweloosheid, ongeregtigheid en uitbuiting. Dis tot ’n groot mate die storie wat ek dink Kerkbode kan vertel.”

Le Roux Schoeman skakel in by die Cape Peninsula Reformed Church, die Engelstalige NG gemeente in die Kaapse middestad. Hy begin sy dienstermyn by Kerkbode in Januarie 2019.

---

Lees in die Kerkbode van 30 November ... 

waar al die kerk se nuwe proponente voorgestel word.

Lees ook meer oor die briljante, jong, swart vrou wat in Pretoria gelegitimeer is en daarmee toegelaat is tot die bediening in die NG Kerk.

Kerkbode vertel ook van die gewese dekaan van teologie wat in Stellenbosch gelegitimeer is.

Kerkbode stel ook sy nuwe redakteur voor, terwyl die uitgaande redakteur terugdink oor sy vyf jaar in die stoel.

Daar is ʼn onderhoud met dr Willem Nicol oor sy nuwe boek oor Jesus, en Henco van der Westhuizen skryf oor die Dordtse Leerreëls wat nou 400 jaar oud is.

André Bartlett skryf oor nog ʼn skildery en daar is ʼn bladsy oor boeke wat goeie Kerskgeskenke kan wees.  

---

Gee hoop hierdie fees-seisoen - skenk bloed!

Dit is die versoek van die Bloedoortappingsdiens van Namibië (NAMBTS).

In 'n brief aan kerkleiers in die Khomansstreek sê NAMBTS dat hulle jaarliks bloed kry van net 22,794 aktiewe skenkers. Dit is maar 0.9% van die bevolking. In 2016-17 het meer as 105,000 pasiënte bloed ontvang.

Die vraag na bloed styg voortdurend en die NAMBTS benodig nou meer bloed as ooit tevore.

Spesiale Saterdag-klinieke vir kerk-groepe sal op Saterdag 15 Desember gehou word by die Talstraat-sentrum (09:00 - 14:30) en die United House Sentrum (09:00 - 14:30).

Ons Lewe-met-'n-hoofletter deur die bloed van Christus. Iemand kan lewe-met-'n-kleinletter deur jou bloed.

---

Nuwe kantoor-ure in 2019 vir Sinodale Kantoor

Gemeentes moet asseblief kennis neem dat die Sinodale Kantoor van 7 Januarie 2019 af net van 07:30 - 13:00 oop sal wees vir die publiek.

Om vir Marelize geleentheid te gee om ongesteurd haar aandag aan haar boekhou-werk te gee, sal ons ongelukkig nie van volgende jaar af meer telefoonoproepe en instap-klante kan help in die middae nie.

---

Kerke vrygestel van VET-heffing

Die Staatskoerant 6760 van 5 November 2018 maak dit duidelik dat kerke nie nodig het om te registreer vir die Vocational and Training (VET)-heffing nie.

"Faith based organisations" is 'n nuwe toevoeging tot die lys van instansies wat vrygestel is. Ander instansies wat nou ook vrygestel is, is "public educational institutions" en "charitable organisations".

Privaat onderwysinrigtings, diplomatieke en konsulêre missies, skenkingsorganisasies en hulle agente, nie-winsgewende organisasies sowel as nie-regeringsorganisasies was ingevolge 'n vorige kennisgewing reeds vrygestel van die VET-heffing.

---

"Koebaai, tjeks," in 2019

Die Payment Association of Namibia het aangekondig dat tjeks as manier van betaling teen 30 Junie 2019 sal uitfaseer.

Klik hier om die volledige kennisgewing te sien.

---

WHO Africa Innovation Challenge Calls for New Solutions to Improve Health in Africa

Brazzaville, Congo. 08 November 2019 - The World Health Organization (WHO) in the African Region has launched the first WHO Africa Innovation Challenge calling for health innovations with the potential for having significant social impact and addressing the unmet health needs on the continent.

“This Innovation Challenge recognizes the critical need for innovations to address the continent’s challenges in healthcare,” said Dr Matshidiso Moeti, WHO Regional Director for Africa. “WHO champions the promotion of homegrown solutions to address health challenges in reproductive, maternal and child health, infectious diseases, noncommunicable diseases and other key areas. We hope this challenge will spark the entrepreneurial spirit of innovators and lead to credible health innovations across the continent”.

The deadline for submission of entries is Monday, 10 December at midnight (GMT+1). 

This Challenge will prioritise innovative and scalable healthcare solutions for selection. The three submission categories are Product, Service and Social Innovation. Detailed information on the criteria and the application form is available at: www.afro.who.int/innovchallenge

There will be a dedicated website/platform which will highlight these healthcare innovations.  The platform will serve as a dynamic marketplace to connect diverse stakeholders such as ministries of various sectors of the government as well as health experts, academics and public and private investors. Qualifying users on the platform will be able to leverage the global network.

Entries will be assessed by a panel of independent evaluators based on the innovation’s potential impact on health in Africa as well as the possibility of being replicated or scaled-up.

The launch of this Challenge and platform serves as a precursor to the Africa Health Forum to be held in Cape Verde in March 2019, the premier gathering of political and business leaders in the region devoted to health. 

Selected Finalists will be awarded a sponsorship covering flights, accommodation to attend the Forum. At this event, they will get the opportunity to exhibit their innovations and meet with top political, government and business leaders in the health space. They will also get a chance to exhibit their solutions at the annual meeting of Ministers of Health from the WHO African Region in August 2019, in Brazzaville, Congo.

---

Soli Philander at Huis Maerua's Fundraiser

29 November 2018

Huis Maerua Children’s Home is hosting a fundraiser on 29 November at Lemon Tree.  Food, wine and fabulous entertainment will be served all to the benefit of the Children’s Home.

This wonderful  “Black Tie” event will be hosted by Soli Philander, one of South Africa’s top and most versatile performers. With his stylishly dread locked crown and typically Cape Colored humor, Soli will bring flavor between the drumming band and dancers ensuring this an event not to be missed.

Contact Liana at 383250 or 0815869095 to book your ticket that will be delivered at your door. 

---

Huis Maerua Skoenboks-projek 2018

Radioprogramme

Maak dit asseblief bekend in gemeentes?

Onder die Kameelboom

Daar is geen uitsending van Onder die Kameelboom gedurende die vakansie nie. Die volgende uitsending is DV op Sondag 13 Januarie 2019. 

Godsdiensaktueel op Hartklop FM

Luister elke Sondagmiddag om 16:30 na Godsdiens Aktueel op Hartklop FM, voorheen bekend as die Afrikaanse Diens van die NBC. Die Geref Kerke is in November en Desember verantwoordelik vir die program.

Familie-nuus

Hulle verjaar tot na die vakansie...


Desember

• Johann Serfontein (Eros): Donderdag 06/12; 081-124-2541; jfserf@afol.com.na

• Retha Olivier (Aranos): Saterdag 08/12; 081-556-7000; arolivier@iway.na

• Marieta Marais (Sinodale Kantoor): Donderdag 20/12; 081-311-8659; juffroumarieta@gmailcom

Januarie 

• Hester van Zyl (Kunene vir Christus): Vrydag 04/01; 081 149 3092       erik@mtcmobile.com.na  

Voorbidding

Ons bid vir Verenigde Arabiese Emirate 

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

 Oppervlak: 77 700 km2 woestyn en berge in die Arabiese Golf en die Golf van Jemen; beslaan sewe Emirate, met ‘n bevolking van 4,707,3-7 (2010).

Abu Dhabi is die hoofstad; Dubai is die ander bekende stad van die Emirate

Die Britse protektorate het in 1971 onafhanklik geword.

Geen politieke partye of verkiesings word toegelaat nie, daar was ‘n tentatiewe beweging na beperkte demokrasie maar die het nie tot vrug gekom nie – die Arabiese Lente van 2011 het die land grootliks oorgeslaan maar die regering het in respons geïnvesteer in infrastruktuur in die armer noordelike Emirate – wat effektief was om die plaaslike bevolking tevrede te stel.

Die Emir van Abu Dhabi is President van die Opper Raad wat die land regeer.

Die vordering van armoede na ongelooflike welvaart in die nasie is legendaries.

Massiewe ontwikkeling en diversifikasie wat met olie welvaart ontwikkel is het toerisme, handel en die finansiële sektore.

Die grootste ekonomiese dilemma is afhanklikheid van buitelandse arbeid & afname in olie inkomste.

Islam is die staatsgodsdiens maar daar is Vryheid van geloof vir buitelanders, maar uitreiker na inheemse mense en gemeenskappe is verbode.

Moslem 67.65%; Hindoe 15.5%; Christene 8.55%; Boeddhiste 3.7%; Ander 2.4%; Nie-Godsdienstig 1.6% & Bahia 0.6%.

Loof die Here vir: Godsdienstige toleransie en openheid is aan die groei – regerende families het grond beskikbaar gemaak en toegelaat dat plekke van aanbidding gebou word deur verskeie Christen groepe, Hindoes en Sikhs. Bid dat die kerke die afspringplekke sal word vir bedieninge.

Al meer mense uit ander agtergronde kom tot bekering – Arabiere, Suid Asiërs, Oostelike Asiërs en ander ontmoet Jesus persoonlik. Sommige bedieninge raak oorweldig deur die response! Bid dat die tendens sal voortduur en ook vir meer geestelike leiers wat die nood kan hanteer.

Bid vir: Groter openheid van die mense as gevolg van die radikale veranderinge oor die afgelope paar dekades aanleiding sal gee tot groter ontvanklikheid vir die Evangelie - die opbloei van radikale Islam as ‘n reaksie op die meer oop gemeenskap het gelei tot groter beperkings. Bid dat die tendens omgekeer sal word; en dat kontak met Christene sal lei tot ‘n groei in bekerings.

Bid ook vir buitelandse Christen gemeenskappe vir wysheid in die area en waagmoed – ook dat die Here die atmosfeer in die algemeen so sal beïnvloed dat die Evangelie vrylik gedeel mag word.

Loof die Here dat Christene buitelanders toegelaat word om meer vrylik as vantevore hulself uit te leef en selfs toegelaat word om Christen verblyf kampongs op te rig wat gebruik word as plekke van aanbidding en uitreik. Bid vir bewaring, wysheid en die vermoë om diskreet te wees; ook vir die plaaslike mense wat tot geloof gekom het en wat ‘n hart vir hul eie mense het; 

Mediese fasiliteite word al meer met buitelanders beman; Bid dat die Here godvresende mense strategies sal plaas as personeel wat van daar wye invloed sal kan uitoefen.

Die Christen Arabier word blootgestel aan vervolging – Bid vir hulle bewaring; ook dat hulle getrou sal bly aan die Here en dat hulle waagmoed sal hê en getrou sal bly; ook vir buitelandse Christene om hulle te mentor en te begelei en in te lei in dissipelskap

Onbereiktes: die Arabiese bevolking – van beide opgeleide stedelinge en ongeletterde landelikes – hulle was in Islam as ‘n lewenswyse vir so lank dat geloof en die sosiale lewe onskeibaar is – dit maak dit bykans onmoontlik om na ‘n ander geloof oor te gaan en die bedreiging vanuit die geledere van ekstremiste maak dit nou nog minder waarskynlik. Bid dat die Here getroue getuies onder hulle sal plaas wat respek sal verdien van die plaaslike bevolking en sodoende effektiewe getuies sal word.

Die Moslem uitlandse gemeenskappe uit Iran, Pakistan, Somalië en Soedan, waar daar geen bekende groep gelowiges teenwoordig is nie - dat die Here hierin sal voorsien

Vroue is minder gemarginaliseerd as in ander Arabiese lande, maar is nogtans sosiaal geïsoleerd van kontak met Christene – Bid vir gemeenskap en genade vir die wat heimlik glo.

---
Gyang is a 27-year-old Christian living in Nigeria.

Gyang is a 27-year-old Christian living in Nigeria.

He is a student at the Department of Civil Engineering at the University of Jos and the only surviving member of a family of seven. Just a few weeks ago Gyang saw a post on Facebook about how his village had come under attack from Fulani militants. Almost immediately he called home to speak to his father, Rev Adamu Gyang, …

Read more.

---
Bid saam vir die #46 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Oman.

Bid saam vir die #46 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Oman.

Islam is die staatsgeloof en oorheers die samelewing, asook die politieke en die regstelsel. Daar word aanvaar dat alle burgers Moslem is. Alle staatskole bied Islam as vak aan. Alhoewel Oman baie min... Klik om verder te lees >>

Read more.

---

Jongste Bybelkor-publikasie

HARTSPLEK

PRYS: R120.00

Die plekke waar ons woon, is baie belangrik. Dit kan selfs ons geluk en lewensvreugde bepaal. Eintlik kan ons sê ons ís ons plekke. Ons identiteit word deur ons plek bepaal. Ons het ʼn adres! Ons is soos ons adres.

Wys my jou plek en ek sien jou hart. Maar plek is ook belangrik in ons geloofslewe. Juis omdat plek en identiteit so ineengevleg is. Ons geloofslewe vat grond en speel af in die werklikheid van al die plekke waar ons leef.

Ons geloofshart klop ook in ons hartsplek. Hierdie boek kyk van naderby na ons verhouding met die plekke waar ons leef, rus, werk en speel. Dit neem ons op ʼn reis na baie verskillende plekke en stel ons bekend aan die Reisgids wat ons help om sin te maak van die lewe en die plekke waar ons leef. Dit dink na oor geloof en grond. En dit bring ons hartsplekke en ons hartklop vir geloof by mekaar uit.

SKRYWER 

Nelus Niemandt

KOOP NOU

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Vakatures

NG GEMEENTE HENTIESBAAI, NAMIBIë

Onbepaalde termyn pos vir `n leraar

Sluitingsdatum: 15 Desember 2018

Hentiesbaai is `n plattelandse kusdorpie 70 km noord van Swakopmund, met ongeveer 10 000 inwoners wat die Omdel woonbuurt insluit.

Gemeenteprofiel: Hentiesbaai NG Kerk bestaan uit ongeveer 490 belydende lidmate en 27 dooplidmate. Die verspreiding tov ouderdomsgroepe behels die volgende:

• 0 – 49 is 90

• Ouer as 50 is 427

Leraarsprofiel:

Hierdie pos is vir `n leraar met bedieningsbevoegdheid in die NG Kerk en wat die ampspligte sal nakom soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde. Dit sal van die leraar verwag word om die gemeente te kan lei tot realisering van haar visie en roeping; wat lidmate kan toerus, bou en lei om gawes te ontdek, sodat lidmate kan aanmeld vir diens in Sy koninkryk; wat verantwoordelik sal wees vir eredienste en kategese asook begrafnisse, doop en troues soos benodig. Die geskikte persoon sal bereid wees om huis-, sieke- en pastorale besoeke te doen.

Vergoedingstruktuur:

`n Vasgestelde pakket volgens sinodale skaal posgraad 8 asook `n reistoelaag, mediese- en pensioenvoordele word aangebied.  Die gemeente voorsien gratis huisvesting  met ander voordele onderhandelbaar.

Diensaanvaarding: So gou moontlik

Provisio: Die kerkraad behou die reg voor, sonder opgaaf van redes, om nie `n beroep uit die aansoeke uit te bring nie.

Aansoeke: Alle aansoeke moet `n volledige CV met ten minste drie verwysings met kontaknommers insluit. Leraars wat Namibiese burgerskap het; of wat bewys van permanente verbly kan toon; of wat tans elders woon, maar wat geregtig op burgerskap is op grond van eie of ouers se geboortereg in Namibië, sal voorkeur geniet.

Navrae:

Ds Christo van den Heever (Konsulent) +264 (0) 81 149 0402

Elze Erasmus (Voorsitter: Personeel kommissie) +264 (0) 81 404 8004

Corrie Theron (Gemeente bestuurder) +264 (0) 81 206 9123 / epos: ngkhbaai@iway.na.

---

Giggel

Met erkenning aan Karl Barth for dummies

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,