Ons bid vir Afrika
Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World
Oppervlak: 30,212,000 km2 22.3% van die aarde se landoppervlakte.
Bevolking: 1,033,042,512 (2010); 15% van die wêreld se bevolking.
• Groei is vinnig besig om af te plat agv Vigs en die terugkeer van siektes soos malaria en tuberkulose,
• die bevolkingsaanwas is nogtans twee keer meer as die wêreld gemiddeld en een van die grootste uitdagings - Afrika kan nie meer sy mense van kos voorsien nie.
• Teen 2000 was 25 miljoen Afrikane met Vigs geïnfekteer
• 71% van alle draers is in Afrika en het dit reeds 12,5 mil. wees gelaat.
Stede Daar is 84 stede in Afrika met meer as een miljoen inwoners, 4 met meer as 10 miljoen.
Tale 2,110. Bybel vertaling is een van die groot uitdagings - 130 tale het volle Bybel;
• 237 die NT en in 250 is daar skrifgedeeltes. In 373 is daar vertalingswerk aan die gang
• Daar is ‘n nood aan vertalers in nog 297 tale
Godsdiens: Christene 48.37%, Moslem 41.32%.
• Godsdiensvryheid is wankelend maar het sedert die 1990s toegeneem
• Vervolging van Christene deur Moslems het toegeneem in Egipte, Sudan, Nigerië en die Comores.
• Die kerk het vinnige groei in Afrika beleef, militante Islam is die kerk se grootste bedeiging.
• Afrika sendelinge gaan tans na lande wat eens sendelinge na Afrika gestuur het!
Dank die Here vir:
• Groei in die kerk - die meeste bekerings kom vanuit die Animisme;
• Die vitale gebedsbewegings van Afrika - die Global Day of Prayer het in Kaapstad begin en betrek bykans die hele wereld tans.
Bid vir:
• Die Groot Mere Oorlog. Dit was Afrika se eerste groot internasionale konflik.
- 23 jaar na die menseslagting is daar nog spanning tussen die Hutu en Tutsi in Rwanda en Burundi en geweld het die afgelope twee jaar weer in Burundi opgevlam en derduisende is ontwortel
- Die ooste van die DRK ly steeds onder Hutu militias wat daar gevestig het en die land destabiliseer
- Bid vir: Blywende diepgaande vrede en versoening;
- Die vegtende faksies in die DRK om ‘n einde aan hul gevegte te maak en die herstel van vrede
- Tienduisende vlugtelinge - steeds in kampe in omliggende lande vir versorging en hervestiging
- Herstel van verwoeste lewens, gesinne en nasies.
• Die Horing van Afrika was die toneel van verskriklike voorvalle in die 1990’s en dit duur voort.
- Bid vir Somalië wat in chaos verval het en oplossings vir die situasie wat blywend en regverdig is
- Ook vir blywende herstel en vrede in Ethiopië en Eritrea.
• Die Wes Afrika debakel van die Liberiese burgeroorloë in die laaste dekade wat mense lewens en eiendom verwoes het en kinders misbruik het as kindersoldate.
- Die konflik het oorgespoel na Sierra Leneone en Guinee waar selfs erger wandade gepleeg is.
- ‘n Vredesmag van Wes Afrika en VN troepe om vrede te herstel het was gedeeltelik suksesvol.
- Die konflik het ‘n geweldige impak op die omringende lande gehad en ‘n generasie negatief geraak.
- Die konflik in Mali is steeds nie onder beheer nie en is op plekke aan die eskaleer;
- Jihad groepe het die land ingeval uit die noorde in 2012
- Die Franse regering het onlangs toegetree met lugaanvalle en ‘n vredesmag word tans ontplooi
• Die Maghreb konflikte en die Noord Afrika chaos wat in 2011 losgebars het
- Tunisië, Egipte en Libië is in chaos gedompel - met gepaardgaande hernude geweld teen Christene
- Die Algerynse burgeroorlog met nimmereindigende bloedige menseslagting
- Die onopgeloste konflik oor die Wes Sahara onder Marokkaanse besetting sedert 1974.
• Soedan se 40-jarige oorlog met Islamitiese jihad ondertoon waar die Moslem noorde die oorwegend Christen suide wou onderwerp is verby maar die skade aan mense en besittings bly
- Geweld het weer losgebars onlangs en die spanninge is aanvoelbaar in die streek.
- Suid Soedan het onafhanklikheid verkry - nou is die uitdaging om die land te maak werk.
• Die resente gewapende konflik tussen Nigeriese Christene en Moslems wys hoe vlambaar die situasie tussen die twee gelowe is - dit is die geval elders in midde Afrika ook - tree in vir vrede en versoening.