Header

Jaargang 16 - Uitgawe 3/2019 - Woensdag 23 Januarie 2019

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Nuwe publieke kantoorure by sinodale kantoor

Maandag tot Vrydag 07:30 - 13:00

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Seminare

• Radioprogramme

• Familie-nuus

• Voorbidding

• Jongste Bybelkor-publikasies

• Nuut by CLF

• Giggel

Nuusbrokkies

Amper brand Pionierspark toe!

'n Stompie wat onnadenkend by 'n venster uitgeskiet is, het groot konsternasie veroorsaak by Pionierspark-gemeente gedurende Desember.

Die wind het mettertyd 'n klomp blare tussen houte ingewaai wat agter die Kategese-lokale gestoor is. Dit was toe mooi waar die stompie beland en vinnig 'n vlammetjie veroorsaak het. 

Op die foto's kan die rookwolk en skade aan die buitemuur duidelik gesien word. Die gemeente se Gebedskamer het omtrent heeltemal uitgebrand nadat die ruite gebars en die vlamme in die vertrek ingetrek het.

Gelukkig het dit alles deur die dag gebeur toe daar werkers teenwoordig was wat betyds kon alarm maak.

---

Spesiale biddag vir reën?

Clem kry die week 'n opebrief insake die huidige droogte. Ryno skryf:

"In die laat sestiger jare, was ek ‘n koshuisbrak op Outjo. Daardie jaar was dit ook bitter droog, en my pa moes met sy diere na beter weiveld trek. 

"Daar is n biddag vir reën aangekondig, en ek onthou dat die besighede vir ‘n uur of twee moes sluit om die diens te kon bywoon. Die kerk was so vol dat die kinders op die vloer moes sit. Almal het hul voor God verootmoedig, hul sondes bely en hul nood wat aan Hom bekend was, aan sy voete gelê.

"Dit het ‘n paar dae later kom reën, en my pa kon na ‘n maand met sy diere terugtrek plaas toe.

"Ek gee toe tye het verander, maar God het nie verander nie. Gebed het nog altyd sy krag behou, maar die mens loop eerder agter Mammon aan, glo eerder wat die doemprofete voorspel oor El-Nino, as wat daar saamgekom en gebid word vir reën.

"Boorgate word geboor, die boere verminder hul diere voor daar nog vrektes is, besighede maak nie geld nie, en verminder hul personeel en salarisse, en sit die prys van hul produkte op.

"Hoekom sal groot besighede hul steur aan gebed? Niemand of weinig besef wat kan gebeur as die lewensmiddel WATER sou opraak nie.

"As ek die kraan by my huis oopdraai is daar water. As daar nie water is nie skel ek die Munisipaliteit of die in-ding is, daar word gestaak! Niemand dink daaraan dat water kan opraak nie. So kan die lys al langer word, en ek kan nie sê ek hoef nie te bid om sukses in my besigheid of boerdery of huishouding te hê nie.

"Hoekom moet ons bid vir reën, as dit vanselfsprekend in die seisoentyd MOET reën?

"Jesaja 24: 5 sê: “want die aarde is verontreinig deur sy inwoners, hul was ongehoorsaam aan die Wet van God”. Is dit nie hier waar die herders van die kudde betrokke moet wees nie? Moet die herders nie ‘n biddag aankondig, en die kudde bymekaar kry nie? Dit hoef nie ‘n Angus Buchan saamtrek te wees nie, net elke dorp met sy eie verskillende gemeentes, en hul predikers. Dat God kan sien ons verkeer in ernstige nood en wil bely dat daar afgedwaal is. God sê tog in die woord dat as julle, julle sondes bely en erken dat Ek God is, sal ek julle land genees.

"In Esegiel 34:2-6, word die herders erg aangekla, en beskuldig dat hul net vir hulself sorg en nie doen wat hul veronderstel is om te doen nie. ‘n Volk is net so getrou of swak soos die leiers, of in dié geval die herders, wat moet voorgaan of lei. ‘n Trop skaap het gewoonlik ‘n voorbok wat die pad kraal toe ken, so ook die mens, anders loop elkeen sy eie koers.

"Hierdie is vir my, en ek glo daar is nog ander gelowiges wat graag sal wil sien dat gebed ‘n El-Nino kan omkeer en seën bring.

"Kyk wat se Amos 5:6-9 nl: “Vra na die wil van die Here dan sal jul lewe”.

"Wil u, asseblief die voorganger wees, en die pad vir die verdwaalde kudde aandui?"

Clem het die opebrief só beantwoord:

Dit is al sedert 2014 die gebruik in die NG Kerk Namibië om elke jaar twee reënverwante biddae op die kalender te plaas.

Die eerste Sondag in Oktober word elke jaar aangedui as dag van verootmoediging met die oog op die komende reënseisoen. Ons doen dit juis omdat ons nie aanvaar dat dit noodwendig moet reën in die reënseisoen nie. En ons doen dit elke jaar, want verootmoediging is ‘n permanente toestand voor die Here, en nie net iets wat in tye van nood gedoen word nie.

Net so word die laaste Sondag van April elke jaar aangedui as dag van danksegging na die reënseisoen. Dis soms moeilik om dankie te sê na ‘n swak reënjaar, maar moet ons dan net dankie sê vir die goeie? Bely ons dan nie dat ons alles uit God se Hand ontvang nie?

Daar gaan weekliks van feitlik alle kansels af gebede op vir reën. Is die gebede wat op ‘n openbare biddag, waar selfs besighede gesluit word, dan meer werd as die deurlopende gebede van gelowiges? Dink ons nie ten diepste dat ons die Here kan manipuleer en, met respek, boelie, as ons so spesiaal kom vra nie? Net maar om more weer voort te gaan met ‘n lewe wat Hom glad nie in berekening bring nie? 

Dis teen hierdie agtergrond dat die NG Moderamen in 2014 gesê het, kom ons vra gemeentes om liewer voortdurend in ootmoed voor die Here te leef as om van tyd tot tyd spesiale biddae uit te roep.

*Kanaal 7 het ondertussen Sondag 3 Februarie gemerk as spesiale biddag.

---

Sponsor a Child at Mondesa Youth Opportunities Trust

Mondesa Youth Opportunities Trust is a registered trust in Namibia, located in Swakopmund. They have identified the crisis in education in Namibia where too many young learners fail their first major exams, and leave school with no academic qualifications.

They offer free intensive education intervention for students from underprivileged schools who show ability and promise. The afterschool classes focus mainly on English, Math and reading, however they offer music, computer skills and life skills at the centre.

Mondesa Youth Opportunities Trust rely exclusively on donations from individuals or businesses to sustain their operations.

Imago Dei has endorsed the operations and activities of Mondesa Youth Opportunities Trust. The project’s activities and donations will be thoroughly monitored by Imago Dei.

By sponsoring a child to attend the Mondesa Youth Opportunities Trust, you provide essential aid and education to improve his or her wellbeing.

Please assist Imago Dei to raise funds for this extraordinary project.

Imago Dei believes that “children are the future of the this country and by investing in their education we are contributing to the country’s development and creating a self-sufficient society. Rick Corisono”

Sponsor a child for N$15 000-00 a year and you will receive a report twice a year regarding the operations and activities at Mondesa Youth Opportunities Trust, compiled by Imago Dei.

Donations and Sponsorships can be made at:
Imago Dei Welfare and Poverty Relief (Trust Account)
Account number: 8001 752 633
Branch Code: 481 972
Reference: MYO Trust

Contact details for Project Coordinator at Imago Dei
Charme Steyn – 081 383 4217

Please visit Mondesa Youth Opportunities Trust website: www.mondesayouth.org for more information regarding the organisation.

---

Gap year with Martyrs for Christ

---

Lees in die Kerkbode van 25 Januarie ... 

die storie van ds Juanita Greyvenstein wat met haar gemeente langs ’n sypaadjie in die besige Voortrekkerweg in Maitland, Kaapstad voor hul uitgebrande kerkgebou staan en bid: “Here…Al het ons nie woorde nie, kom luister.” - Voorblad-storie

Kom lees waarmee Neels Jackson, die uittredende Kerkbode-redakteur, homself voorts sal besig hou en hoor ook meer oor die opwindende nuwe foto-rubriek wat hy steeds op vryskutbasis vir Kerkbode sal behartig. - Profiel: Bl 20

In die lig van die dalende lidmaattal, wat blyk uit die NG Kerk se jongste koppetelling, skryf ds Danie  Mouton kerke moet leer hoe om sinvol kleiner te wees en eenvoudiger te bedien. Lees sy volledige ontleding naas ’n infografika oor die nuwe statistiek soos gepubliseer in die 2019 Jaarboek van die NG Kerk. Nuus-ontleding: Bl 4

Soms het ’n mens hulp nodig om rustig te raak. Ons hoor graag of lesers ons kerklike inkleurmeditasie-oefening nuttig en sinvol vind. Kontak ons gerus met terugvoer en nuuswenke by kerkbode@tydskrifte.co.za. Nuut & Nuttig: Bl 16

Seminare

Huwelikseminaar by Pionierspark

---

Cup of Life by Academia

Radioprogramme

Maak dit asseblief bekend in gemeentes?

Onder die Kameelboom

Daar is niemand soos God nie. Sy geregtigheid word die vreugde van 'n ouer mens. Dis een manier om Ps 71 se eerste 6 verse te tipeer. Jan Woest en Clem Marais gesels vandeesweek hieroor Onder die Kameelboom. Kuier gerus Sondag om 12:00 (of Dinsdag om 09:30) saam op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303. 

Godsdiensaktueel op Hartklop FM

Luister elke Sondagmiddag om 16:30 na Godsdiens Aktueel op Hartklop FM, voorheen bekend as die Afrikaanse Diens van die NBC. Die Ned Geref Kerk is in Januarie en Februarie verantwoordelik vir die program en dr Jan Woest is die gasheer.

Familie-nuus

Hulle verjaar in die volgende week...

Sowaar niemand nie!

Beroepe-nuus

Ds Pieter Pieterse (Oranjemund) laat weet dat Bethanie vir ds Johan Weppener (brugleraar by Allanridge) beroep het. Nou is dit vir Operasie Werkpermit.

Onder die mes...

• Erik van Zyl (Kunene vir Christus) het Maandag 'n skouer-operasie in Windhoek ondergaan. Dit goed afgeloop en hy is Dinsdag ontslaan. Die herstel-pad gaan egter meer langsaam wees en hy sal baie geduld aan die dag moet lê. Bemoedig hom by 081 149 3092 of erik@mtcmobile.com.na.

• Thijs van der Merwe (Windhoek) het Dinsdag 'n knievervanging in Kaapstad ondergaan. Hy sê hy kon dieselfde middag al met behulp van 'n loopraam (en onder toesig van 'n fisio) stap. Vandag (Woensdag) laat weet hy: "Vanoggend saam met die fisio geoefen en gestap en sy is baie tevrede. Sy sê vir my sy het nog nooit so vinnige herstel gesien nie. Gaan nou trappe klim saam met haar. Sy noem haarself fisioterroris" Hy is per Whatsapp bereikbaar op 081 124 3641 of by thijs@afol.com.na.

Voorbidding

Ons bid vir Asië

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

Oppervlakte 31,829,200 km2 ongeveer 23.5% van die wêreld se oppervlakte, Rusland uitgesluit.

Bevolking 4,166 Miljard: 2/3 van die wêreldbevolking, ongeveer 4,860 mensegroepe

Groot verskille in welvaart en ontwikkeling.

Ryk (Japan, Brunei, Singapore, Hong Kong, Golf State)

Arm (Bangladesh, Nepal, dele van Indië, Sjina en Indonesië).

Bakermat van groot nie-Christelike godsdienste, Islam, Hindoeisme, Buddisme, Shintoisme, Taoisme

• Die streek gaan gebuk onder gewapende geweld en het die meeste gewapende konflikte ter wêreld.

Die Koreaanse, Viëtnamese, Afghaanse en Golf oorloë,

Die grensgeskille tussen Indië en Pakistan, Pakistan en Bangladesh

Die geskille tussen noord en suid Korea, Sjina en Taiwan, ens.

In die Koue Oorlog het 32 state gebuk gegaan onder kommunistiese konflikte en/of regerings.

Dit is steeds die mees gemilitariseerde streek ter wêreld.

 Die afgelope drie jaar die Kalifaat van Isil / Isis wat Sunni’s, Christene en Yazidi’s teiken die verhoog gedomineer in Sirië en Irak en hulself skuldig gemaak aan onmenslike wreedheid.

Tans is Turkye besig met aanvalle teen Koerdiese magte in Sirië – volgens Turkye is dit terroriste wat vir terreuraanvalle in Turkye verantwoordelik is – die VSA ondersteun die Koerde en so id twee Navo lidlande nou oorhoops met mekaar terwyl die Russe beter betrekkinge met die Turke begin bou.

• Die enigste kontinent waar Christendom nie die grootste godsdiens is nie

Dit is die grootste uitdaging vir evangelisasie, 41% is onbereik met die evangelie.

Sluit meer as 80% van die wêreld se mins bereikte mensegroepe in.

Die invloed van godsdiens op nasionale en internasionale politieke ontwikkelinge groei steeds.

Daar is ‘n groeiende bedreiging vir godsdiensvryheid en etniese harmonie in die streek.

Muslim 26.42%; Hindu 22.86%; nie-Godsdienstig 16.82%; Boedis/ander 11.32%; Sjinese godsdienste 9.82%; Christen 8.84%; Tradisioneel etniese godsdienste 2.42%; Sikh 0.55%; Joods 0.14%; Baha'i 0.08%; Ander 1.27%.

Loof die Here vir:

• Die geweldige groei van die kerk van 2% in 1900 tot oor die 8% in 2000.

• Die groei van die laaste twee dekades van die vorige eeu veral, was ongelooflik en duur voort.

• Die grootste groei word in Sjina en Indië, met Nepal, sentraal Asië en Mongolië ‘n kortkop agter

• Die groei is te midde van vervolging en teenstand in al daardie lande.

Die vestiging van kerke in lande wat lank geslote was

• Dit sluit in Mongolië, Kazakhstan, Kyrgyzstan, Uzbekistan, Turkye en klein openinge in ander.

• Tans slegs vier lande waar daar geen bekende regmatige Christelike gemeentes bestaan nie, te wete die Maldives, Saudi Arabië, Afghanistan en Noord Korea

Suid Korea se volwasse wordende kerk wat ‘n baie sterk sendingbewussyn het en talle sendelinge uitstuur jaarliks. Dit is ook die land waar alles groot gedoen word itv kerkwees!

Indonesië is die eerste oorwegend Muslim land waar baie Muslims bekeer geraak het tot die Christendom.

Tree in vir:

• Die areas van konflik; die midde-ooste; Israel / Palestynse konflik; die Iraq oorlog; Afghanistan, dreigende konflik in Iran; en Pakistan (lg tans gebuk onder interne onrus) en die Kashmir konflik met Indië;

• Konflik binne Islam tussen Sunni en Shia ekstremiste wat verskeie lande destabiliseer; daarmee saam die stygende tendens om Jihad te misbruik vir politieke oogmerke soos deur Hamas en Al Quaida; en  die afgelope drie jaar die Kalifaat van Isil / Isis wat Sunni’s teiken

• Die groeiende huiskerkbeweging in Sjina wat die kerk dramaties laat groei, maar met vervolging bedreig word; broer Ettienne en sy eggenote wat werk met ondersteuning van verskeie Namibiese gemeentes;

• Die letterlik miljoene gelowiges wat nie vrylik kan aanbid nie en selfs in die geheim hul godsdiens moet uitleef, asook sendelinge wat onder dekmantel van ander nerings sendingwerk doen;

• Mordegai en Toinette Rossouw van Windhoek Moedergemeente wat tans in Siem Riep in Kambodja sendingwerk doen;

• Willemien van den Berg wat in Pokhra Nepal plaaslike leiers skool in 'n Gevorderde Bybelskool en haar medewerkers, veral pastor Guyon met sy Bybelskool en broer Dinesh Kc wat ‘n kinderhuis aan die gang hou in Kathamndu en oral oor die land dmv sy Ywam opleidingsprogram ‘n impak het, asook broer Surrendra wat ‘n skool vir heropleiding van ouer pastore wat min of geen formele opleiding het nie aanbied.

Jongste Bybelkor-publikasies

Van Wanhoop na Hoop - Leiersgids

PRYS: R30.00 

Van wanhoop na hoop wil jou help om jou uitkyk op die lewe na die opgestane Christus te verskuif, om deur sy oë na jouself en die wêreld rondom jou te kyk, en om God dan toe te laat om hierdie wêreld deur jou te verander.

Die meeste van ons voel vandag effens sonder hoop. Ons hoop het seergekry. Ons hoop is min. Soms voel dit selfs ons het geen hoop meer oor nie.

Dit behels
• riglyne vir kleingroepleiers en kleingroepe
• 6 preke oor hoop wat by die kleingroeptemas aanpas (GRATIS)
• ʼn nuwe lied wat spesiaal oor HOOP geskryf is
• riglyne vir hoe om ʼn veldtog te organiseer
• riglyne vir hoe om kleingroepleiers toe te rus

Besoek gerus ontdek.bybelmedia.org.za/hoop  vir meer gratis hulpmiddels.

Ons nooi graag alle gemeentes om deel van hierdie veldtog te wees.

KOOP NOU

Van Wanhoop na Hoop - Gespreksgids

PRYS: R30.00

Van wanhoop na hoop wil jou help om jou uitkyk op die lewe na die opgestane Christus te verskuif, om deur sy oë na jouself en die wêreld rondom jou te kyk, en om God dan toe te laat om hierdie wêreld deur jou te verander.

Die meeste van ons voel vandag effens sonder hoop. Ons hoop het seergekry. Ons hoop is min. Soms voel dit selfs ons het geen hoop meer oor nie.

Dit behels
• riglyne vir kleingroepleiers en kleingroepe
• 6 preke oor hoop wat by die kleingroeptemas aanpas (GRATIS)
• ʼn nuwe lied wat spesiaal oor HOOP geskryf is
• riglyne vir hoe om ʼn veldtog te organiseer
• riglyne vir hoe om kleingroepleiers toe te rus

Besoek gerus ontdek.bybelmedia.org.za/hoop  vir meer gratis hulpmiddels.

Ons nooi graag alle gemeentes om deel van hierdie veldtog te wees.

KOOP NOU

Jaarboek 2019

PRYS: R315.00

Die Jaarboek van die NG Kerk 2019 bestaan uit inligting oor sinodes, streeksinodes, ringe, gemeentes en predikante. Die Jaarboek dien al vir 169 jaar as ‘n belangrike verskaffer van inligting vir die NG Kerkfamilie. Dis gemik op predikante, kerkkantore en lidmate.

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Nuut by CLF

Die Padkos reeks,

deur Dr Attie Beetge, is nou beskikbaar as ‘n bieliepak

“Hierdie Padkos is werklik pitkos vir my persoonlike geestelike lewe en ek gebruik dit in my stiltetyd en word self ook geestelik geweldig daardeur verryk!! Dit stimuleer ook my preekgedagtes en daarvoor gee ek altyd met dankbaarheid verbaal erkenning! Nogmaals dankie en seën op die kosbare werk!”

“Die Padkos reeks bevat werklik goeie Woord-ontleding en toepassing en is absoluut die moeite werd om te bemark as ‘n geskenkpak of selfs een-een. Ek beveel dus graag, ten gunste van die skrywer, ds. Attie Beetge, die Padkos reeks ten sterkste aan!” - Ockert Struwig

Om te bestel, stuur ‘n e-pos aan order@clf.co.za of koop dit aanlyn https://clf.co.za/product/padkos-reeks-bieliepak/

Giggel

Met erkenning aan Karl Barth for dummies

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,