Header

Jaargang 16 - Uitgawe 12/2019 - Woensdag 27 Maart 2019

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Radioprogramme

• Familie-nuus

• Voorbidding

• Giggel

Nuusbrokkies

Oondoongi Gardens se "Maerua-plaas" vorder

Wanneer plante in potte beter vaar as hulle maters in die grond, beteken dit daar's fout met die grond.

Dit het die afgelope tyd duidelik geword by die loods-tuin van die Oondoongi Gardens op Huis Maerua se perseel. Die tamaties wat in potte geplant is, het hulle maters in die grond stof in die oë gegroei. Só kon dit nie aangaan nie, en Plan B het aan die orde gekom: Werk vir eers net in potte en bou alle nuwe beddings "bogronds" met kompos. (Dit sal beter wees as om eers die beddings uit te grawe, die "slegte grond" weg te ry en dan die kompos in die slote te gooi.)

Elario Müller, Projek-bestuurder van Oondoongi Gardens, het die afgelope tyd hard gewerk om hierdie nuwe plan realiteit te maak. Met behulp van befondsing wat van Imago Dei ontvang is vir die projek, kon hy ook benewens die drupbesproeiing, skadunette aanbring.

Op Oondoongi Gardens se "Maerua-plaas" sal die groente nou lekker onder skadunet en in potte toegerus met drupbesproeiing kan floreer.

---

Huis Maerua het nodig...

---

Maraton-erediens in Den Haag se gelukkige einde

Die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke (WCRC) berig Woensdag op hulle Facebook-profiel dat die Tamrazyan-gesin wat vir bykans 3 maande in die Bethel Kerk in Den Haag asiel geniet het tydens een, lang aanbiddingsdiens, nou verblyfreg in Nederland gekry het.

Die berig lees soos volg:

We are very pleased to report that the Tamrazyan family has received a residence permit. As you may recall this is the family who were sheltered by the Bethel Church in the Hague (Netherlands) through a marathon worship service, running continuously from October 2018 to January 2019. The service prompted the Dutch government to review its policies on residence permits for children and their families.

Hayarpi Tamrazyan, who feels the permit is a miracle, has written >>> See More

Die Tamrazyan-gesin het ná 'n wonderwerk verblyfreg in Nederland gekry.

---

C7 Family Sport Festival - 20 April

---

Orreluitvoering in Windhoek

Vertel vir jou vriende wat hou van orrelmusiek hiervan, asseblief? 

Radioprogramme

Maak dit asseblief bekend in gemeentes?

Onder die Kameelboom

Die God wat in die verlede groot dinge gedoen het, is die herskeppende Skepper wat elke dag nuut maak. Jan Woest en Clem Marais kyk na Jes 43 wanneer hulle Onder die Kameelboom kuierKuier gerus Sondag om 12:00 (of Dinsdag om 09:30) saam op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303. 

Godsdiensaktueel op Hartklop FM

Luister elke Sondagmiddag om 16:30 na Godsdiens Aktueel op Hartklop FM, voorheen bekend as die Afrikaanse Diens van die NBC. Die Geref Kerk is in Maart en April verantwoordelik vir die program.

Familie-nuus

Hulle verjaar in die volgende week...

Vanweë 'n rekenaar-uitdaging wat bietjie bokant Feldmuis se vuurmaakplek is, is die verjaardaglys nie op die oomblik toeganklik nie. Ons kan dus ongelukkig nie skinder oor wie hierdie komende week verjaar nie.

JAMMER!

Op die krukke-lys...

Dirk de Vos (Grootfontein) het hierdie week 'n hartomlyning-operasie in in die Katolieke Hospitaal, Windhoek, ondergaan. Hy is Woensdag uit die Intensiewe Sorg oorgeplaas na 'n gewone saal toe. Kontak gerus sy vrou, Lynn, vir ondersteuning by 081 244 7289.

Manus Olivier (Swakopmund) en 'n leer het 'n misverstand gehad wat uitgeloop het op 'n gebreekte arm vir Manus. (Die leer het skotvry afgekom van die onderonsie.) Gelukkig, sê hy, is dit 'n skoon breek met geen komplikasies nie. (Feldmuis wonder of iemand van Manus se jare nog op 'n leer moet klim?)

 

Voorbidding

Ons bid vir Sentraal Afrikaanse Republiek

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

Oppervlakte 622.436 km2 geleë in midde Afrika aangrensend aan die DRK, Tsjaad, Kameroen, Soedan en Suid-Soedan. Tropiese woude tot semi-woestyn dele in die noordweste. Bevolking 4,505,945 (2010) / 5,745,062 (Julie 2018 geskatte syfer.)  – 80 etniese groepe. Hoofstad: Bangui 405,000 inwoners.

Voormalige Franse kolonie en is sedert 1960 onafhanklik waarna dekades van chaos volg; in 1993 is daar ‘n mate van politieke stabiliteit gevestig maar in 2003 word die demokraties verkose regering van Pres Patasse omvergewerp deur Genl. Bozize wat verkies word as President in 2005. Hy bly in beheer deur die verkiesing van 2011 te manipuleer.

Hierna volg verdere siviele onrus en verskeie rebelle groepe vorm wat in Desember 2012 saamkom om die gewapende stryd teen die regering te koördineer. Die kom na die onderhandelingstafel in Januarie 2013 wat lei tot ‘n koalisieregering. Die hou net tot April 2013 waarna die rebelle die hoofstad beset, die regering in duie stort, Bezize landuit vlug en rebelleleier Michel Djotodia himself as president verklaar en begin met ‘n oorgangsregering wat in Januarie 2014 beslag kry met Catherine Samba-Panza as interim president.

Verkiesings in Maart 2016 bring die onafhanklike kandidaat Faustin-Archange Touadera as president in bewind wat werk aan vredesinisiatiewe met rebelle groepe; ontwapening, demobilisering, reïntegrasie en repatriëring ten einde rebelle weer op te neem in die gemeenskapslewe.

Die ekonomie is gebaseer op bestaansboerdery, tesame met myn- en bosbou.

Geweldige ryk minerale neerslae. Diamante en edelgesteentes vorm meer as 70% van uitvoere – instemming tot die Kimberley proses waarin verseker word dat sg. Blood diamonds nie verkoop word nie het die bedryf gestabiliseer in terme van internasionale verhandeling van die edelgesteente.

Sedert 2012 werp die IMF en die Wreld Bank alles in die stryd om die land se ekonomie te ondersteun en in beweging te bring deur lenings vir infrastruktuur ontwikkeling en ‘n skunking om fiskale bestuur te verbeter en so ekonomiese herstel aan te wakker.

Godsdiensvryheid word gewaarborg deur die konstitusie

Christene: 76.34% - 40% nomineel; Muslim: 13,8% - die godsdiens wat tans die vinnigste groei; tradisionele godsdienste: 8.6%; nie-Godsdienstig 0,92%; Bah’ai 0,31%

Loof die Here vir: ‘n Oop deur vir die evangelisasie ten spyte van die groot Muslim aanslag

• Snel groeiende inheemse kerkplanting en vermenigvuldiging van kerke.

•  Hernude ywer om onbereikte groepe te evangeliseer

Tree in vir:  Die ontwikkeling en produksie van hulpmiddele wat nodig is om die bekeerlinge in te lei in navolging van Christus – die groei is te vinnig vir die beskikbare hulpmiddele en hulpkragte

• Die ontwikkeling van die nodige leierskorps - tree in vir die Teologiese Skool van Bangui en die verskillende Bybelskole; en veral dat daar meer klen gelê sal word op dissipelskapsontwikkeling

• Vertalings van die Bybel of ten minste die NT in die ongeveer 80 tale wat geen vertalings het nie

• Die eenheid van die kerk - daar is baie verdeeldheid wat ook langs etniese lyne loop

• Onbereikte groepe Arabiere van die Sudan; Hausa en Fulani stamme wat Muslim is

• Die fisiese nood van die bevolking en nood aan ontwikkeling van mensepotensiaal en beter lewensomstandighede vir die bevolking is nypend; werkloosheid is ‘n geweldige probleem.

Bid vir goeie regering en oordeelkundige staatsbesteding; ook vir Christen sakelui – dat hulle ‘n transformerende invloed sal uitoefen deur voorbeeld.

---
Bid saam vir die #10 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Indië.

Bid saam vir die #10 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Indië.

Daar is groepe in Indië wat “Hindutva” ten doel het, ʼn proses om Indiese bewind eksklusief Hindoe te maak en in sommige streke is dit... Klik om verder te lees >>

Read more.

---

NIGERIA: Attacks Against Christians Persist

"The most devastating violence..." The violence against Christian communities in Nigeria continues unabated, resulting in dozens of deaths this February and March. As authorities seek how to effectively deal with the attacks, a West African court has ruled that, at least in one instance during 2016, Nigeria failed in its duty to protect citizens. Danger comes from multiple directions. The Boko …

Read more.

Giggel

Met erkenning aan The Clergy Coaching Network.

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,